#AlgemeneSinode2023: Só lyk die agenda vir saamkoms van 15-20 Oktober

*******

#AlgemeneSinode2023: Só lyk die agenda vir saamkoms van 15-20 Oktober – Kerkbode

11 September 2023

Te midde van konflik tussen lidmate en ’n mengelmoes van uitdagings in Suid-Afrika, sal afgevaardigdes “van die NG Kerk se 10 samestellende kerke” gevra word om te besin oor “ons gesamentlike identiteit en roeping, ekumeniese verhoudinge, publieke getuienis en die viering van ons onderlinge verbondenheid, ons eenheid en diversiteit,” skryf dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, in ’n voorwoord tot die agenda van die agtiende vergadering van die Algemene Sinode. (Sien die volledige agenda onderaan dié berig.)

Dit sitting sal van 15 tot 20 Oktober in Boksburg plaasvind – in die jaar nadat die Algemene Sinode 60 jaar oud geword het.

Maar “entoesiasme vir ’n algemene kerkverband is nie op dieselfde vlak as ’n dekade of wat terug nie,” skryf Claassen. Hy voeg by dat vrae oor die kerkverband en “die sinvolheid van” ’n algemene sinode temas is wat toenemend opduik. Nietemin bult die agenda van 404 blaaie met verslae oor die kerk se werksaamhede en beloof die saamtrek om groot belangstelling onder lidmate uit te lok.

In Oktober 2019 het sowat 33 000 lesers altesaam 200 000 keer op Kerkbode se webwerf gekliek om meer te lees oor die besluite wat afgevaardigdes van regoor die land en Namibië by die sitting van die Algemene Sinode geneem het. Verreweg die meeste webverkeer was by die besluite, beriggewing en lesersbydraes rondom selfdegeslagverbintenisse.

“Die besluite van (die vorige sinodesitting in) 2019 oor selfdegeslagverbintenisse (SGV’s) het nie oral byval gevind nie en verg steeds aandag en gesprek om beter begrip vir verskillende standpunte binne die kerkverband te bewerkstellig,” skryf Claassen in ’n kort voorwoord wat die “uitdagende konteks” waarbinne die NG Kerk tans staan, op die naam noem. “Die afgevaardigdes vergader … om aan die hand van die Woord en Belydenis, ter wille van die eer van die Here van die NG Kerk, haar roeping te vervul. Om hierdie rede vergader ons met oop Bybels in die teenwoordigheid van die Hoof van die Kerk. In hierdie geloofsonderskeidende prosesse gaan die vergadering onder leiding van die Gees luister na die Woord, na mekaar en na ander stemme (vergelyk Reglement 1.5).”

Die mees gelese inhoud op www.kerkbode.co.za tydens 2019 se Algemene Sinode was: 

AGENDA AS 2023 Elektronies

  • Hierdie berig is ná publikasie bygewerk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui