Slypskool 2023: Geloof, gemeenskappe en geloofsgemeenskappe

*******

Slypskool 2023: Geloof, gemeenskappe en geloofsgemeenskappe – Kerkbode

19 September 2023

’n Verslag wat by die Algemene Sinode van 2023 gaan dien herbevestig die waarde van intergodsdienstige verhoudings in Suid-Afrika, skryf Mias van Jaarsveld.

Gedurende die naweek van 26 Maart 2022 het Bredasdorp ’n hartverskeurende voorval beleef wat in ruil die waarde van eenheid en samewerking tussen gelowe bevestig het. ’n Diensleweringsprotes het ontaard in gewelddadige xenofobiese aanvalle wat veral die Malawiese en Zimbabwiese inwoners van die Zwelitsha-woongebied geteiken het. Te midde van die chaos en vernietiging het geloofsleiers van verskeie agtergronde, Christen en Moslem by name, hande gevat om skuiling, kos en bystand aan die geraaktes te bied. Hierdie voorval, hoewel tragies, verduidelik die krag van intergodsdienstige verhoudings om ’n meer inklusiewe en harmonieuse samelewing te bou.

By die NG Kerk se Algemene Sinode van 2023 word daar opnuut lig gewerp op die waarde van intergodsdienstige verhoudings. Reeds in 1986 het die Algemene Sinode gepleit vir “gesonde buurskap en goeie onderlinge verhoudinge tussen Christen- en Moslemgemeenskappe in ons land.” Die ATLAS-verslag wat by vanjaar se sinode gaan dien, herbevestig dit en moedig gemeentes aan om die gedeelde menswaardigheid van alle mense, ten spyte van hulle geloofsverskille, te erken.

In die verslag word dit duidelik gemaak dat hierdie verhoudings nie ten koste van evangelisasie mag plaasvind of dat dit die uniekheid van Christus in gedrang (mag) plaas nie. Godsdienste se openbare rol noodsaak egter samewerking.

Soos Dion Forster, professor aan die Universiteit Stellenbosch, in 2022 skryf: “Daar is meer kerke in Suid-Afrika as munisipaliteite, skole, klinieke, voedingskemas of takke van politieke partye, en Suid-Afrikaners plaas eerder hulle vertroue in godsdienstige gemeenskappe en -leiers, as in politieke en sakeleiers.”

Volgens die ATLAS-verslag strek die begrip van intergodsdienstige dialoog verder as teologie – dit strek tot die aanpak van die dringende sosiale kwessies waarmee Suid-Afrikaners daagliks gekonfronteer word. Armoede, misdaad, geslagsgebaseerde geweld, korrupsie, swak dienslewering, klimaatsverandering en ander sosiale probleme is kwessies wat alle Suid-Afrikaners, ongeag hulle geloof, raak. In ’n samelewing waar spanninge en konflikte onvermydelik is, kan intergodsdienstige verhoudings ’n belangrike rol speel om vreedsame samelewings en verdraagsaamheid te bevorder.

Met die Bredasdorp-voorval as voorbeeld, sien ’n mens dat die hele gemeenskap – ten spyte van hulle godsdiens – na vore getree het om skuiling aan die geraaktes te bied. Hierdie daad van medelye het godsdienstige verskille oorskry, en sulke verhoudings bevorder geregtigheid, vrede en die algemene welstand van die samelewing. Die rol van godsdienstige leiers strek ook verder as net hulle eredienste. Hulle is belangrike morele stemme wat gemeenskaplike uitdagings kan aanspreek en geloofsgemeenskappe se houdings en gedrag kan vorm en beïnvloed.

In haar onderhoud met Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman, het die joernalis en skrywer Ferial Haffajee, die verantwoordelikheid van godsdienstige gemeenskappe om ’n morele stem te wees beklemtoon – veral in kontekste waar korrupsie en onreg heers. Die meeste godsdienste waardeer gelykheid en geregtigheid, en volgens Haffajee het ons tans meer dinge in gemeen as dinge wat ons verdeel. Met die oog op die nasionale verkiesing wat volgende jaar plaasvind, byvoorbeeld, kan geloofsleiers ’n kardinale rol speel deur hulle geloofsgemeenskappe aan te moedig om te gaan stem.

Godsdienstige gemeenskappe besit die vermoë om hoop te inspireer en gesprekke te fasiliteer wat sentraal staan in gedeelde bekommernisse vir ’n volhoubare toekoms. In ’n wêreld gekenmerk deur konflik, kan godsdienste optree as morele stem en voorvegters van hoop en harmonie in Suid-Afrika. Hierdie beginsel belyn ook met die Wêreldraad van Kerke (WRK) se doelwit om intergodsdienstige verhoudings te bevorder: “Interreligieuse dialoog is ’n konkrete manier waarop ons ons roeping om God en ons naaste lief te hê, uitleef … Ons moet streef daarna om brûe van vertroue en respek met bure van ander gelowe te bou en solidariteit te ontwikkel. In ruil sal dit geregtigheid, vrede en welsyn vir die hele skepping bevorder.”

  • Dr Mias van Jaarsveld is redakteur by CLF op Wellington.
  • Hierdie berig spruit voort uit die Slypskool vir Skrywers 2023. Dit is ’n jaarlikse kreatiewe leergeleentheid waar leraars en ander woordmense in die kerk se kommunikasie-ekosisteem die kans kry om in ’n rustige omgewing en met kundige begeleiding te skryf aan aktuele artikels. Die slypskool word aangebied in samewerking tussen Kerkbode en die Taakspan Navorsing. Vanjaar se tema was die inhoud van die agenda van die Algemene Sinode se sitting.

Bronne:

AS 2023. Agenda, ATLAS Vorderingsverslag: Opdrag oor intergodsdienstige verhoudings.

Foster, D 2022. “Prof Dion Forster champions justice, peace, and flourishing of humanity and rest of creation.” Stellenbosch University , 22 Augustus 2022. Soos gevind by: http://www.sun.ac.za/english/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9401

Meissenheimer, H 2022. “Geloofsgroepe in Overberg span saam om ontheemdes te help.” Kerkbode , 5 Mei 2022. Soos gevind by:

https://kerkbode.christians.co.za/2022/05/05/geloofsgroepe-in-overberg-span-saam-om-ontheemdes-te-help/

Mlaba, K 2020. “1 in 5 South Africans are living in extreme poverty: UN Report.” Global Citizen , 23 December 2020. Soos gevind by:

https://www.globalcitizen.org/en/content/1-in-5-south-africans-living-extreme-poverty-un/?gclid=Cj0KCQjw_5unBhCMARIsACZyzS335T_CHh0erZENqj7EIhMB3Gq6UIy29MRO3zhcywFFaH5MS6F0I4waAiIQEALw_wcB

Paton, N 2022. “Interfaith community rallies as xenophobia spreads to Overberg town of Bredasdorp.” Daily Maverick , 06 April 2022. Soos gevind by:

https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2022-04-06-interfaith-community-rallies-as-xenophobia-spreads-to-overberg-town-of-bredasdorp/

StatsSA, 2022. “Experience of crime in SA increased over the 2021/22 period.” Soos gevind by:

https://www.statssa.gov.za/?p=15700

Steenekamp, C & Alexander, A 2022. The World Values Survey, South Africa. Stellenbosch: Centre for International and Comparative Politics. Soos gevind by: https://polsci.sun.ac.za/the-world-values-survey/

World Council of Churches. 2023. Interreligious Dialogue and Cooperation . Soos gevind by:

https://www.oikoumene.org/what-we-do/interreligious-dialogue-and-cooperation

1 thought on “Slypskool 2023: Geloof, gemeenskappe en geloofsgemeenskappe”

  1. Die NG leierskqp – en ándere ook soos Gereformeerd, AGS, VEK, ens – vind méér waarde om intergeloofbande te “versterk”, as om “rigting” by God te vind. Die Kerk se werk kan nooit van mínder waarde wees Sy eie skape nie en waarmee hul wáárlik sukkel nie. Dit is vir gewone mense in elk geval nie veel leersaam wat NG in hul 2023 Slypskool wil bereik nie. Meesste “christene” in die sekulêre sfere, werk al jare en jare sáám mense van ánder gelowe en tale, hetsy as ingenieurs of geneeshere of verpleegsters of kassiere of “mechanics” of in SAPS of trok-busdrywers of rekenmeesters of advokate of petroljoggies of as bemarking-en verkoopspersoneel of lughawe personeel of kraandrywers of treindrywers of huishulpe of verwers of “plumbers” of tuiniere, ens ens.. Sou leraars God se skape gereeld by huise besoek, en ook in hul eie persoonlike binnekamerlewe hul afgodery voor God bely – hul valse herdersharte- sal hul merk dat hul skape vir húl eerder sal kan touwys maak oor intergeloofverhoudinge, en húl eintlik die kleuters is wat nog doeke dra, wat dié onderwerp betref. En dit raak tyd vir dié om gespeen te word van doek en melkbottel en vir baie selfs van moedersmelk. En dit vir baie alreeds 50+ jaar oud! Wat ‘n groot creché van babas en kleuters, en dan meen baie hul is geestelik volwasse? Wat sou Daniël of Jeremia of Esegiël of Amos of Moses of Joshua of Kaleb of Dawid van hul dink? ZELENSKY van Ukraine sal nooit sulke papbroeke en “sissy pants” in die Ukraine-Rusland oorlog kan gebruik nie. Wat nog te sê van ‘n geestelike oorlog? Is Walt Disney weer aan die preek dié Sondag?

    Wat mens eerder nodig het, is leraars wat 🔥 vanuit die Hemel bring na die gemeentes, en nie soos Aäron se 2 🔥 met “vleesdenke” hul eie 🔥 wil bring nie (Levitkus 10) . Of soos Eli se seuns in 1 Samuel 2 wat God eintlik getart het om die beste vir hulself te wil neem en dan ook nog hoereer.

    Maar mens wéét waarom NG en soveel ánder met idees kom wat so goed klínk, maar sonder God se 🔥, want hul was nog nie voor GOD se 🔥🔥🔥🔥🔥🔥🔥 (Openbaring 4) in hul binnekamer .nie.

    God sal van hul ” AS” maak. Niks .En New York Times en Washington Post en TIMES en Los Angeles koerante, sal nog práát van hul sáám oor MITTAL BESTUUR, veral Lakshmi en Aditya Mittal en Egbert Jansen en sy vrou. God gee nog stééds drome – en ek onthou nog ‘n droom in 2012 van só persoon in Europa, wat net sit en 📺 saam sy vrou op hul “lazy boy” stoele….té LUI om God op te soek….maar nooit TE LUI om hul eie gierigheid te verdoesel nie. In EEN ASEM sal Miittal en Kerkleiers in SA en Zuma en Obama genoem word: “The ONE LYING SPIRIT”.

    “As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtighede nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe. Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel! Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Julle eet vleis saam met die bloed en slaan julle oë op na jul drekgode en vergiet bloed — en sal julle die land as besitting ontvang? En Ek sal die land ‘n wildernis en ‘n woesteny maak, en aan sy trotse mag sal ‘n einde kom; en die berge van Israel sal woes wees sonder dat iemand daar oorgaan. En jy, mensekind, die kinders van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure van die huise — hulle spreek die een met die ander, elkeen met sy broer, en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van die Here uitgaan. En hulle kom na jou toe soos ‘n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan. En kyk, jy is vir hulle soos ‘n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie.”
    ESÉGIËL 33:13‭, ‬20‭, ‬25‭, ‬28‭, ‬30‭-‬32 AFR53
    https://bible.com/af/bible/5/ezk.33.13-32.AFR53

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui