2023 NGK homoseksuele besluit

Hier volg die NG Kerk se algemene sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudings in 2023. In kort is die volgende besluit:

  1. Daar word volstaan by die 2019-besluit (punt 3)
  2. Gemeentes kan aansoek doen om by ander streeksinodes in te skakel (punt 5). Dit moet goedgekeur word deur:
    1. die gemeente se huidige streeksinode
    2. die streeksinode waarheen die gemeente wil gaan
    3. die Algemene Sinode of Algemene Sinodale Moderamen

 

*******

Selfdegeslagverbintenisse-besluit

20 Oktober 2023

1. Die Algemene Sinode 2023,

1.1 het kennis geneem van al die verslae, beskrywingspunte en gravamina oor die besluit van die Algemene Sinode 2019 oor selfdegeslagverbintenisse. Hierdie stukke was vooraf in die agenda opgeneem en is aan die vergadering voorgelê;

1.2 het na aanleiding van hierdie dokumente opnuut ‘n openhartige geloofsonderskeidende gesprek oor die 2019-besluit gevoer. Daar is onder andere in kleiner tafelgesprekke én in die groter vergadering na ‘n verskeidenheid van standpunte geluister;

1.3 het onder die indruk gekom van verwarring, verwonding en vervreemding wat deur baie lidmate oor ’n lang tydperk in hierdie proses beleef is. Ons is opreg jammer dat dít gebeur het;

1.4 erken dat daar ’n diepe verdeeldheid hieroor in ons kerkverband bestaan. Dit  belemmer ons meelewing met mekaar, ons getuienis oor die versoening in Christus, en ons vervulling van ons roeping; en

1.5 het óók bewus geword dat daar ‘n opregte verlange in ons Kerk leef na groter eensgesindheid in ons getuienis en roeping nou, al ís ons in hierdie saak nie eenstemmig nie.

2. Die Algemene Sinode 2023 bevestig

2.1 dat ons voortgesette nadenke, gesprek en besluitneming oor menslike seksualiteit en selfdegeslagverbintenisse, ten diepste voortvloei uit ons belydenis oor die Skrif as Woord van God. Ons gebed is dat wanneer ons dit lees, ons deur God gelei sal word tot meer geduld met mekaar, ’n beter verstaan van sy boodskap aan ons, en ‘n groter afhanklikheid van God; en

2.2 dat ons nadenke, gesprek en besluitneming oor selfdegeslagverbintenisse binne die raamwerk van ons Kerkorde én die grondwet en regstelsels van ons onderskeie lande geskied. Daarin word die beginsels van nie-diskriminasie, die waardigheid van alle mense en die vryheid van geloofsoortuiging en -assosiasie beskerm.

3. In die lig van bogenoemde, volstaan die Algemene Sinode 2023 daarom met die besluit van 2019, en beklemtoon ons:

3.1 dat die huwelik as ’n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou, ’n Godgegewe veilige ruimte is waarin die waardes van liefde en trou, wedersydse respek en versorging tot vervulling kom;

3.2 dat daar onder ons verskillende sieninge oor die status van selfdegeslagverbintenisse bestaan;

3.3 dat alle vorme van losbandigheid en promiskuïteit verwerp word;

3.4 dat daar ruimte geskep is vir kerkrade en predikante wat hul weg oopsien om burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag te bevestig, asook vir hulle wat nie hul weg daartoe oopsien nie.

4. Die Algemene Sinode 2023 besluit derhalwe,

om in die uitvoering van hierdie besluit, dit nie net as ‘n etiese- of kerkregtelike kwessie te hanteer nie, maar in die eerste instansie pastoraal in gemeentes waar ons mekaar as medegelowiges liefhet, bemoedig en God saam wil dien.

5. Die Algemene Sinode

5.1 wysig Artikel 32 van ons Kerkorde sodat dit sal lui:

“Die sinode word saamgestel uit afgevaardigdes van gemeentes wat geografies ‘n eenheid vorm en maklik vergader. Die groepering kan deur die Algemene Sinode/Algemene Sinodale Moderamen gewysig word op versoek van en met goedkeuring van die betrokke sinode(s)/sinodale kommissie(s).”

5.2 Gemeentes wat by ‘n ander sinode wil inskakel, doen aansoek by beide sinode(s)/sinodale kommissie(s) (vgl. voetnoot 1 wat dit oorweeg aan die hand van prosedures soos deur die Algemene Sinode/Algemene Sinodale Moderamen in oorleg met die Algemene Taakspan Regte vasgestel). Indien beide die betrokke sinodes/sinodale kommissies die aansoek goedkeur, word dit aan die Algemene Sinode/Algemene Sinodale Moderamen voorgelê vir goedkeuring.”

5.3 besluit om aan die hand van Artikel 45 van die inwerkingstelling van die wysiging op te skort onderhewig daaraan dat –

a. Die besluit verwys word na samestellende sinodes/sinodale kommissies om insette van hul te bekom ten opsigte van die prosedure vir die uitvoering van Artikel 32; en

b. die insette soos bekom deur die ASM in oorleg met die ATR goedgekeur is.

6. Die Algemene Sinode dra dit aan die Moderamen (ASM) op om:

6.1 in konstruktiewe gesprek met die samestellende sinodes oor ons besluit rakende selfdegeslagverbintenisse en hul hantering van die besluit, te bly; en

6.2 om die samestellende sinodes en ringe in daardie sinodes, konstruktief te ondersteun in hul verdere gesprekke met gemeentes, kerkrade, leraars en lidmate wat ’n behoefte daartoe het.

4 thoughts on “2023 NGK homoseksuele besluit”

  1. Ek is hartseer dat mense God wil speel en wil sê dat God verkeerd is. Doktors wat se dit is reg om van die selfde gesalf geslag in diens van my God te plaas. Ds., Dr. jammer om te sê julle gaan die bruilof van God mis, kom tot inkeer laat julle doop met die doop van die Heilige Gees. My gebed is moet nie kerk, kerk speel nie neem God aan en verkry die ewege lewe. Ek self het teologie geleer en lewewdit uit. Vergeet om God te wees en doen wat Hy van ons vrae. Ek het niks teen die mens nie, my broer is self een van die abc mannetjies maar ek haat die sonde wat die woord van God se, maar vir hom het ek lief soos ‘n boetie hom moet lief hê. So sê my of ek dan teen God se prikkel skop of handel ek volgens my God wat was, wat is en in my lewe. Ek wag vir U e-pos en Christus liefde vir jou.

  2. Kom ons almal kyk n bietjie na harde feite, sommer in engels , want dit beklemtoon dit meer ……
    There is no such thing like same sex marriage
    The ceremony defiles the true meaning of a real marriage
    They celebrate an demonic lifestyle prepared by satan
    It is an offence to heaven and the Throne of God
    Its not an wedding , its their own false, despicable will
    This wedding is a deceitful and abomination pit
    It carries the weight of destructive sin
    They themselves withdrew from God’s principals and commandments.
    They have accepted to be under the bondage of satan’s lust demons.
    Ngk … vat vir jou !!!

  3. Beide Koos Swarts en Anton se paragrawe is veroordelend, kyk weer na Matt 7v1..
    My Pa was lank Hoofdiaken in NG Kerk, en ek was die swartskaap. Dit daar gelaat, het ek ook ñ 3jaar pastoor kursus gedoen en stel ek God eerste. In 2008? het ek ñ besef van Bo af gekry wat sê As God eerste is in jou lewe maak dit nie saak of jy gay of straight is nie. Paulus het ook gesê Hy het alles geword (alle tipes mense) om ook sommige van Hùlle te wen. God kan ook sex gebruik om iemand te wys dat Hy hom nie oordeel nie, en hom nader aan die Heilige Lewe te bring. Maak nie saak wat sy orientasie is nie. Ek stem dus saam met die Sinode se besluit – aanvaar die instelling maar nie die aksie nie. Lev 18v22 veroordeel ook nie homosex nie, net penetrasie. Jammer as dit te platvloers of reguit (Lol) gestel is.

  4. Ek stem saam dat die ‘ huwelik’ ñ hetero samelewing se instelling is, ñ verbintenis tussen selfde geslag kan mos ñ vennootskap wees, met nodige erkenning deur banke, ens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui