Gesamentlike aanbidding in die NG Kerk

Gesamentlike aanbidding in die NG Kerk

Dr Etienne Liversage

9 Oktober 2023

As deel van die agenda van die Algemene Sinode van die NG Kerk, wat vanaf 15-20 Oktober 2023 plaasvind, is ‘n verslag van die ALGEMENE TAAKSPAN LEER EN AKTUELE SAKE (ATLAS) vir goedkeuring daarin opgeneem. Hierdie verslag, wat oor gesamentlike aanbidding met verskillende geloofsgroepe handel, stel nagenoeg die volgende vir goedkeuring voor:

Dat Christene – veral dan ook as gemeentes op plaaslike vlak – nie sal huiwer om gesamentlike geleenthede te reël nie. Dit sou op “neutrale” plekke kon plaasvind, maar dit sou ook ‘n besondere gebaar van gasvryheid teenoor mense van ander godsdienste kon wees om sulke byeenkomste in ons kerkgeboue te hou. By sulke geleenthede is wedersydse respek vir mekaar se tradisies en rituele van uiterste belang. Christene kan en moet by sulke geleenthede nie daarop aandring dat mense van ander godsdienste die Christelike tradisies moet volg nie. Eweneens sou Christene ook nie die eiesoortigheid van hul gebedstradisies en -rituele hoef op te gee nie. Sulke gesamentlike byeenkomste kan só ingerig word dat almal geleentheid gegun word om (ná mekaar, of parallel met mekaar) (Moslems) die kwessies wat bespreek is in gebed op te dra. Wanneer Christene dit ook opreg in teenwoordigheid van mense van ander godsdienste sou doen, kan dit ‘n besondere getuienis lewer.”

“Godself is die Een wat ons harte toets en deurgrond – ons s’n, maar ook die harte van mense van ander godsdienste. Dus word die oordeel aan God alleen oorgelaat.”

Hieroor word met die grootste erns finaal gevra: NG Kerk “Quo Vadis”? Verstaan ATLAS waarvoor hier, namens gewone lidmate gevra word? Watter geestelike doel kan tog hiermee gedien word, om byvoorbeeld saam met Moslems in die huis van die Here te aanbid? Besef die kerk dat deur vir Moslems plek te maak, diep gelowige lidmate uit die “ruim huis” verdryf sal word, wat om verskeie ander redes reeds gebeur? Het hulle enige begrip van wat die Moslem werklik glo?

Die Islam vind sy oorsprong in die geskiedenis, reeds in Genesis 16.  Omdat Sarai nie vir Abram ‘n kind kon baar nie, het Abram op haar voorstel ‘n kind by die slavin Hagar verwek. Uit jaloesie het Sarai haar slavin toe so sleg behandel dat sy weggeloop het. ‘n Engel van die Here het egter in die woestyn by haar aangesluit en aan haar opdrag gegee om terug te gaan en haar aan Sarai te onderwerp. Dog dit het met ‘n besondere belofte vanaf die Here gepaard gegaan: “Ek sal jou nageslag so baie maak dat hulle te veel sal wees om te tel.” Die seun wat sy in die wêreld sou bring moes sy Ismael noem.(16:10-11) So het Ismael die vader van die Arabiese bevolking van verskillende stamme  woestynbewoners geword.

Uit een van hierdie stamme is Muhammed in nagenoeg 570, nC in Mekka (tans in Saudi Arabië) gebore. Op 40-jarige ouderdom het hy, volgens sy eie getuienis, ‘n geestelike ontmoeting met die engel Gabriël gehad van wie hy verskeie visioene ontvang het. Mohammed wat nie kon lees of skryf nie, het hierdie inligting eers etlike jare later, onsuksesvol aan Arabiere in Mekka verkondig. Terwyl verskeie vorms van afgodediens daar beoefen is, is Mohammed se idees as vreemd en as selfs ‘n bedreiging vir handel in Mekka beskou. Toe sy lewe bedreig is, het hy in 622 nC vanaf Mekka na Medina, ongeveer 338 kilometer verder noord, gevlug. Daar het hy ‘n burgeroorlog help beëindig, waarna hy al hoe meer volgelinge agter hom verenig het. Teen 630 het hy met sy magte na Mekka teruggekeer, die stad onderwerp, asiel aan sy opponente verleen, wat dadelik sy volgelinge geword het. Mohammed is op 8 Junie 632 nC op 62-jarige leeftyd oorlede. Hy is by die al-Masjid an-Nabawi  moskee in Medina begrawe.

Eers hierna en oor dekades heen het sy volgelinge sy mededelings, wat hy van Allah ontvang het, in die Quraan verwoord en sy eie heilige opdragte in die Sunnah. Hy het aan sy god, Allah erkenning gegee vir alles wat geskape is en wat, volgens hom, universeel magtiger as Jahve is, omdat laasgenoemde slegs die god van die Jode is. Hulle is nie dieselfde god nie. Moses, Abraham, Noag en ander uit die Tora, asook Johannes die Doper en Jesus uit die Nuwe Testament word as profete erken. So word daar ook ‘n hele hoofstuk in die Quraan aan Maria, as die heiligste van alle vroue, afgestaan en verskyn haar naam meer in die Quraan as in die hele Nuwe Testament. Na die kruisiging word hoegenaamd nie verwys nie. Die belangrike gebeure rondom sy voorvader Ismael, geniet prominensie.

In sy studiestuk, “Is the true God monotheistic in all sense?” laat Phillip Coetzee die klem op meer verskille tussen Jahve en Allah val om te bevestig dat hulle nie dieselfde god is nie:

“The doctrine of the Trinity is arguably the most crucial doctrine of the Christian faith, proclaiming the Father, Son, and Holy Spirit as distinct persons but also fully God. Allah is a single entity and undivided. The Quranic view is that Allah has not begotten a son (Jesus), and nor does he have any partners (Holy Spirit or Jesus). He is the one and only creator of heaven and earth (Q.25:2). Thus a god who is near to his people (Sura 50:16) and a forgiving god.(Q.17:44) Allah does not appear in person to his created beings but through nature and prophets so that they can identify his power, wisdom, and mercy to become faithful (Q.16:65-69). Islam is not to know their God, but only to obey him. Allah is not limited to anything, not even by his character. Muhammad made most of the declarations in the Qur’an, sometimes without acknowledging his God as the author thereof (Q.7:158).

Because of all the contradictory verses in the Qur’an and different views expressed by Islamic scholars, it is clear that Allah’s only plan for his creation is a conscious and intentional process by which Muslims must bring non-Muslim people under Islamic rule firstly through dawah, (people submitting to Islam) regardless of their will. If not successful, Islam promotes Allah’s plan through force, fear, and finally war (jihad). This plan will continuously change throughout history in an ever-changing world, a world that needs to be controlled through political and social force for Islam to be in control of all nations

It is therefore conclusive that the God of the Bible and Allah are not the same god but rather proof of Islamic identity theft. Also, Muslim scholars will use many Quranic passages  to strip away Jesus’ divinity and reduce Him to the level of a mere servant messenger, whereas Mohammed is hailed as the great prophet, which again represents the ultamate form of identity theft”.

Die Quraan en Sunnah se uiteensetting van Moslem eskatologie is finale bewys van omgekeerde identiteitsbedrog. Die oorspronklike Bybelse teks word verdraai om ‘n valse Moslem weergawe daarvan op te dis en die Islam weergawe te voed. Islam eindtyd sal ook deur ‘n tydperk van groot verdrukking, onsedelikheid, oorlog en bonatuurlike gebeure gekenmerk word, wat op ‘n oordeelsdag, die “Yawm ad-din” sal uitloop.

Op daardie dag sal alle liggame en siele herenig word, waarop oordeel vir elk, ooreenkomstig menslike dade en verdienste, gefel sal word, waarna die paradys of die hel wag. Tussen hierdie plekke is ‘n ondeurdringbare versperring, die “ḥijāb”, waarvandaan wel oor en weer gekommunikeer sal kan word. (Vergelyk Lukas16 se verhaal van Lazarus en die ryk man)

Dit is insiggewend dat die Quraan selfs die Christelike uitverkiesingsleer naboots: “Nothing will ever befall us except what Allah has destined for us” (Q.9:51). Allah leaves whoever He wills to stray and guides whoever He wills.” (Q.14:4). And among us are those who have submitted ˹to Allah˺ and those who are deviant. So ˹as for˺ those who submitted, it is they who have attained Right Guidance. And as for the deviant, they will be fuel for Hell.’” (Q.72:14-15)

In Islam eskatologie is daar drie tekens van die einde van tyd en elk word deur ‘n man verteenwoordig:

Die eerste is die koms van die Mahdi (al-mahdīy), ‘n afstammeling van Muhammad, wat op ‘n wit perd sal arriveer. (Dit vergelyk met Openbaring 6:2 waar Johannes ‘n wit perd sien. Sy ruiter hou ‘n boog vas, dog met geen pyle nie, omdat hy kwansuis nie wil oorlog voer nie. ‘n Oorwinnaarskroon is aan hom gegee. Hy is die Antichris, die sjarmante orator wat die sewe jaar verdrukking met ‘n valse vredesooreenkoms inlei en Israel spesifiek daarby betrek.) Die Mahdi sal hom in Jerusalem op die tempelberg vestig en bonatuurlike tekens en wonders doen. Almal sal hom aanhang, aanbid en sy lof besing. Hy sal verborge manuskripte naby die See van Galilea ontdek, wat die “egte” Moslem weergawes van die Tora en die evangelies bevat.

Hierdie Mahdi, wat Islam se redder is, is dus die perfekte replika van die Bybelse Antichris, soos spesifiek beskryf word in Openbaring 13. Hy is die monster uit die see waar die draak, (Satan) op die seestrand op hom wag. Die draak gee dan enersyds sy mag aan die dier om wonders te kan doen, dog andersyds ook koningheerskappy oor die bose ryk van Satan, wat groot gesag oor elke stam, volk, taal en nasie insluit. Niemand kan met hom vergelyk word nie. Hy is “toegelaat om teen die heiliges oorlog te voer (soos die Mahdi gaan doen) en te oorwin… Al die aardbewoners sal hom aanbid, elkeen wie se name sedert die grondlegging van die wêreld nie opgeskryf is in die boekrol van die lewe en van die Lam wat geslag is nie.” Die dier uit die see, wat die drie en ‘n half jaar (42 maande) van die groot verdrukking inlei, is dus die Islam se Mahdi en hy sal skreiend godslasterlik teenoor Jahve spreek en doen.

Die apostel Paulus bevestig dit: “Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.” (2 Tessalonisense 2:3–4). Jesus verwys in Matteus 24:15 self hierna: ”Wanneer julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniël die ding wat ‘n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan- wie dit lees, moet dit goed begryp- dan moet die wat in Judea is, die berge in vlug.” Hierdie heidene “sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.” (Openbaring 11:2) Dit is die tweede helfte van die groot verdrukking. (Islam eskatologie bevestig dat die Mahdi die hoof van ‘n magtige leer sal wees, wat swart vlae dra met die woord “straf” daarop. Hulle sal na oral opruk en diegene wat hulle nie tot die Islam bekeer nie, onmiddellik teregstel. Dit sal ook die Jode se lot wees. Hy sal sodoende w reldoorheersing vermag.)

Die tweede persoon in die Islam eskatologie is Jesus (Īsā). Hy sal deur Allah na die aarde teruggestuur word en twee engele sal hom op hul vlerke na benede dra. Hy sal egter aan die Mahdi ondergeskik wees en hom en Allah aanbid. (Anders as wat Jesus reeds in die woestyn geweier het om te doen, Matteus 4:9-10.) Hierdie “Moslem Jesus” sal ‘n pelgrimstog na Mekka onderneem en Christen gelowiges oortuig om dieselfde te doen. Hy sal kruise versplinter en verpletter, wat op die metaforiese vernietiging van die Kerk dui. Hy sal met die volmag van die Mahdi, (die eerste dier uit die see) optree en al die bewoners van die aarde oortuig om die Mahdi te aanbid. Hierin sal hy almal met allerlei tekens en wonders mislei.

Weer eens ‘n verdigsel van die valse profeet, die dier uit die aarde, soos in Openbaring 13:11-18 beskryf: “Hy oefen al die gesag van die eerste dier namens hom uit. Hy maak dat die aarde en die bewoners daarvan die eerste dier aanbid…Hy doen groot tekens, sodat hy selfs vuur vanaf die hemel af op die aarde laat kom vir die mense om te sien.” (Dit verwys terug na Elia wat sy uitdaging aan die Baälpriesters met vuur vanaf die hemel bekragtig het en sodoende ook sy profeetskap bewys het. (1Konings 18:25-46)

Die derde persoon van belang is die al-Dajjāl. Hy is ‘n Moslem ongelowige verleier wat sal voorgee dat hy die ware Jesus is en sal gedurende die groot verdrukking na die aarde kom, terwyl hy op ‘n muil ry. Weer eens die skreiende vergelyking met Jesus die Messias se intog in Jerusalem, terwyl hy op die rug van ‘n jong donkie ry. (Matteus 21:1-10: Jesaja 62:11) Hy sal in een van sy oë blind wees, krul hare hê met die Arabiese letters k-f-r op sy voorkop, wat ongelowige beteken. Hierdie verleier sal ook met valsheid mense agter hom skaar, dog wanneer hy die Mahdi bedreig, sal die Moslem Jesus hom vermoor en sy volgelinge verslaan.

Faith Jones, ‘n erkende student van beide Christen en Islam eskatologie stel dit so: ”In The Dragon and the Beast, the end time prophecies of the two religions align nearly perfectly. With the help of the false prophet (Islam’s “Prophet Jesus”), the Mahdi will overcome the Al Dajaal, “the Liar” who besieges Jerusalem with his army of Christians and Jews. The Mahdi and the “Prophet Jesus” will then rule the earth together from Jerusalem, imposing the Bismillah of Islam as the mark of the beast. These parallels in prophecy, and the fact that both Daniel and Revelation point to the Middle East as the heart of the beast’s empire, are strong evidence that Islam will be the false religion of the beast, and that its Mahdi will be the Antichrist”.

Opsommend, in kontras met die Christelike leer van die uitverkiesing uit genade alleen en sonder verdienste, glo die Moslem bloot sy god is goed en dit moet met daaglikse gebed (tot vyf keer per dag) en toewyding bevestig word. So verdien hy sy saligheid deur goeie werke (amal salih) te doen en bevestig dit verder deur Mekka, Mohammed se geboorteplek, ten minste een keer in sy leeftyd te besoek. In ‘n uiterste vorm van verdienste, offer hy sy eie lewe vir Allah op, (in teenstelling met dit wat Christus reeds vir alle uitverkorenes gedoen het) om dan direk tot sy “hemel” toelating te kry en 73 maagde as beloning te ontvang. Vir Moslem sondaars, veral hulle wat nie deur uitsonderlike verdienste tot die hemel toegelaat word nie, is daar ‘n hel, die Jahannam gereserveer. Daar bestaan egter ook ‘n spesiale hel vir alle Jode, die al-Laza en nog ‘n hel vir alle Christene, die al-Hutama, waar verterende vuur wag. Een teoloog verwys na hierdie omvattende Islam eskatologie as “the perfect Satanic counter fit.”

Mohammed het duidelik verklaar dat hy al sy onthullings van die engel Gabriël ontvang het. Belangrik om daarop te let dat die engel Gabriël, as Jahve se boodskapper, aan slegs drie verskillende Bybelse figure verskyn het. In Daniël 8 en spesifiek vanaf vers 9-14, lees ons dat die engel Gabriël ‘n visioen aan die profeet Daniël oordra. Alhoewel Daniël vir geruime tyd met die betekenis daarvan worstel en selfs daaroor siek en gedaan was (8:27), kan hy dit nie verstaan nie. Hieroor bid hy ernstig tot God in hoofstuk 9 en dan lees ons in vers 21: “terwyl ek nog so aan die bid was, het Gabriël, die man wat ek die vorige keer in die visioen gesien het, by my aangevlieg gekom… en vir my gesê: “Daniël, ek het gekom om jou deeglik in te lig. Toe jy met jou smeekgebed begin het, is daar ‘n antwoord (deur God) gegee en ek het gekom om dit vir jou te vertel, want God het jou lief. Gee dus ag op wat ek sê, sodat jy die visioen kan verstaan.”

God gee dan aan Daniël in hoofstuk 9:24-27 die uitleg van die eindtydvisioen wat oor sy Seun handel. God stuur die engel Gabriël dus ‘n tweede keer na Daniël om hierdie uiters  belangrike uitleg oor te dra. In Matteus 24:15 verwys Jesus self na die profeet Daniël in die lig hiervan.

Die engel Gabriël verskyn hierna aan slegs twee ander persone, albei uitverkorenes van God, naamlik een keer elk aan Zagaria, om hom oor die koms van Johannes die Doper en sy belangrike rol rakende die Messias in te lig (Lukas 1:19) en een keer aan die maagd Maria (Lukas 1:26) oor haar rol as moeder van Jesus.

Beide Paulus in byvoorbeeld 2 Thessalonisense 2:3-4,8-9 en Johannes op die eiland Patmos, in verskeie gedeeltes van die boek Openbaring, verwys na profetiese uitsprake in die boek Daniël, wat van die engel Gabriël ontvang is en wat telkens oor Jesus gehandel het.

In die lig hiervan, het Gabriël werklik aan Mohammed verskyn of was dit nog ‘n geval van identiteitsbedrog? Gegee dat hy self nie  kon lees of skryf nie, van wie anders sou Mohammed so ‘n deurlopende mondelingse oorsig van die heilige geskrifte in vervalste vorm ontvang het? Mohammed maak so ‘n ophef van sy ontmoetings met die engel, dat Gabriël mettertyd selfs die status van “heilige gees” in die Islam verdien en vandag steeds het. Wat was Jahve se goddelike plan toe hy die “ontelbare nasate” van Ismael uitverkies het om ‘n valse godsdiens aan te hang, wat Hy self deur sy engel, na bewering, geïnisieer het? Waar lê die waarheid?

In sy boek  “Die A-Z van Openbaring” som professor Jan du Rand dit op bladsy 412 soos volg op: “Die twee monsters rond die bose trio af wat in die oorlog teen God stelling inneem: teenoor God word die Satan (die draak) geteken, teenoor Christus die antichris (die monster uit die see) teenoor die Heilige Gees die vals profeet (die monster uit die aarde).” In die Islam eskatologie vorm die laaste twee egter ‘n trio met Allah, wat volgens hulle al die gebeure vanuit die hemel bestuur. Dit kan egter nie wees nie, aangesien die hemel die alleen woonplek van Jahve is, waar geen ander god bestaan nie.

Die Bybel bevestig dit. Die draak was eens, voor die skepping, in die hemel dog hy wou homself bo God stel: “Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval…jy wat gedink het: ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre…ek klim op tot bokant die wolke, ek word soos die Allerhoogste self.” (Jesaja 14:12-14)  ‘Klim op tot bokant’, (Engels ‘ascend, climb’) is die Afrikaanse vertaling van die Hebreeuse woord עָלָה “alah”, daardie posisie van absolute mag bokant God. In Arabies  word alah met “god” vertaal. So het die draak self sy naam Allah gekies.

Hierdie uitdaging van God se gesag in die hemel, is egter met oorlog begroet, toe die draak deur Migael en sy engele verslaan is. Die groot draak wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel tot op die aarde gegooi “en sy engele saam met hom.” (Openbaring 12:7-9) Hy het homself, nagenoeg 600 jaar na Christus, deur een van sy eie naamlose “engele”, wat voorgegee het dat hy Gabriël is, aan ‘n eenvoudige, ongeletterde dog intelligente Arabier in die woestyn van Saudi Arabië openbaar. Hierdie “Gabriël” het die waarheid van die Tora en die Nuwe Testament met die Satan se weergawe daarvan opgedis en daarna die “hele wêreld verlei” om dit te glo. Die Islam het in die moderne tyd tot nagenoeg 1,7 biljoen in getal gegroei en vermeerder jaarliks vier keer meer as Christene. Die draak het dus weer eens deur identiteitsbedrog, vir homself sy weergawe (die replika) van die ware God geskep en die naam Allah aangeneem, waar hy as hoof van die onheilige trio nie vanuit die hemel nie, maar op die aarde onbetwisbaar as Satan heers.

Meer en meer studente van Islam eskatologie kom lank reeds tot hierdie gevolgtrekking, dog hang dit nie maklik aan die groot klok nie, uit vrees vir die reaksie teen hulle uit Moslem geledere. Die ATLAS- taakspan verkies skynbaar om draaie om hierdie waarheid te loop en eerder binne die kerk se ruim tentseile, selfs aan Satan aanbidders gelyke status met Christene aan te bied, deur kerkdeure landwyd vir “gesamentlike aanbidding” oop te gooi!

Wanneer al die vyande van Jahve by Armageddon saamtrek, sal Allah (die draak) se volgelinge daar wees. Sal hulle die ware God op daardie dag steeds laster wanneer “groot  haelstene, elkeen omtrent vyftig kilogram swaar,” van die hemel af op hulle val? (Openbaring 16:21) Sal doodsangs hulle vul wanneer die dier, (die Mahdi, hulle “redder”) gevange geneem en “saam met die vals profeet, wat die wondertekens vir die dier gedoen het… lewend in die vuurpoel gegooi word wat met swael brand?” Hulle sal teenwoordig wees wanneer die vyande van God “doodgemaak word met die swaard wat uit die mond gaan van die Ruiter op die wit perd.” (Openbaring 19:20-21)

Wil ATLAS werklik hê die NG Kerk moet saam met Moslems aanbid? Watter deel van die eerste gebod is onverstaanbaar? “Ek is die Here jou God…jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.” (Exodus 20:2-3. 1953 vertaling) Daarom mag jy geen besluit namens alle gelowiges in my kerk neem, om valse gode my heilige plek binne te nooi om godslasterlike gesamentlike aanbidding te beoefen nie…en dit dan boonop aan My “oordeel alleen oor te laat.” Ek tree vir julle in: ”Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Lukas 23:34)

Dr Etienne Liversage, Ladysmith, KZN

Oktober 2023

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui