Stemme by die sinode: Het jý die gravamina gelees?

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Stemme by die sinode: Het jý die gravamina gelees? – Kerkbode

17 Oktober 2023

By die 18de Algemene Sinode van die NG Kerk is daar 23 beswaarskrifte of gravamina opgeneem in die addendum tot die agenda. ’n Beswaarskrif of gravamen kan as volg beskryf word volgens die Kerkorde:

’n Leerstellige beswaar (gravamen) is ’n ernstige beswaar teen ’n besluit wat die Algemene Sinode geneem het ten opsigte van ’n leerstellige aangeleentheid. Benewens ’n kerkordelike prosedurele beswaar of hersiening (revisie), kan ’n lidmaat of ’n kerkvergadering wat ’n ernstige beswaar op grond van die Bybel en die belydenis teen ’n besluit van die Algemene Sinode het, die beswaar by wyse van ’n skriftelike leerstellige beswaar (gravamen) aan die Algemene Sinode voorlê.

Kerkbode het vir leraars en lidmate die volgende vrae gestel:

  1.       Het jy die gravamina (beswaarskrifte) gelees?
  2.       En wat neem jy daaruit?

Madelein van der Westhuizen, kerkraadslid die Wes-Kaap, beskryf haar ervaring as volg:

Madelein meen dat sy eers die gravamina gelees het, voordat sy die agenda aangepak het. En sy het net besef hoe kompleks die sake van die kerk is. Niks in die gravamina is ’n maklike besluit nie. Alles moet deurdink en wéér oorbedink word. Dit is ook nie maklik om ’n ingeligte besluit te maak nie en daarom is die tafelgesprekke vir haar baie belangrik. Sy voel dat dit ’n tweerigtinggesprek is wat genoeg ruimte bid vir opinie, sonder om geoordeel te word.

Christa Bester, kerkraadslid van Umhlanga in KwaZulu-Natal, vertel dat sy wel die gravamina gelees het en besef hóé divers ons in ons denke is. Diverse denke is goed. Dít wat vir een persoon aanvaarbaar en reg is, is vir die ander ’n doodsaak.

Ds Gerhard Enslin, leraar van Namibië, was besig om die gravamina te lees toe die vrae aan hom gestel is. Hy voel dat die gravamina daar is om mense se gevoelens te verwoord. Dit is moeilike gesprekke, maar elkeen wat by die sinode is, soek na die koninkryk van God. Hy meen dat verantwoordelike onderskeiding in die Woord baie belangrik is.

Ds Yolandi Kok, van Domus Dei Gemeente in Randburg, vertel dat sy die gravamina gelees het en bitter graag sal wil sien dat versoende gesprekke tussen beswaardes en sinodeleiers kan plaasvind. Dit is haar gebed en haar droom vir die NG Kerk.

Dr Tom Smith, leraar by Fountainbleau Gemeenskapskerk meen dat hy ook deur die gravamina gewerk het en vra dat ons as kerk van die Here na mekaar moet luister en dat die kerk geloofsonderskeidend gesprekke vorentoe kan neem.

Dit is opvallend dat elkeen met wie in gesprek getree is omgee vir die kerk en dat gesprek en dialoog van uiterste belang is.

Vandag, 17 Oktober 2023, word die middag en aand gewy aan die gravamina en beskrywingspunte wat in die addendum na vore kom.

Sekere van die gravamina sluit in:

  • Gravamen teen die besluit van die Algemene Sinode 2013 oor die interpretasie en toepassing van die Bybelse boodskap oor die bose en demone binne die NG Kerk.
  • Gravamen oor selfdegeslagverhoudinge.
  • Gravamen vir aandag Algemene Sinode – Die duiwel se werklike en persoonlike bestaan.
  • Gravamen rondon die Nederduitse Gereformeerde Kerk se doopbeskouing.
  • Gravamen en verklaring van ’n leergeskil op die Kerkorde 2019 se reglement 23.

Kommentaar

xxx

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui