Ferdie Mulder videos

Kyk ook:

*******

 

4 thoughts on “Ferdie Mulder videos”

  1. Sit juis met Andrew Murray se agtste druk van “Gebedslewe en die Binnekamer” neffens my, soos oorvertaal deur Timo Kriel en uitgegee deur N.G. Kerk Uitgewers uit die oorspronklike “Het Gebedsleven en De Binnenkamer”. Dié merkwaardige en diepsinnige boekie het verskyn as nabetragting van die Predikante-konferensie op Stellenbosch in 1912. In die Voorwoord by die eerste en ook in hierdie agtste druk, is daar ‘n verwysing na ‘n skrywe van Ds. J.C. Hefer van Parys, met die volgende woorde : “Groot is die TE-VEEL van organisasie en ander uiterlike kerklike bedrywighede (ook in die lewe van die indiwu) wat put veral uit menslike vernuf, menslike entoesiasme en menslike wilsinspanning. Groot aan die ander kant is ook die TE-MIN van ingaan en verskyn voor Gods aangesig. Hierdie onewewigtigheid lê ten
    grondslag aan al die kragteloosheod wat daar op sedelike en geestelike gebied heers.”.

    Ek het hierdie boekie die eerste keer raakgeloop in 2014/2015(?) en vir R10 aangekoop by ‘n AGS-gemeente in Vanderbijlpark se uitverkoping vanuit hul min-bibliotekie se oortollige voorraad, en het ‘n soortgelyke kopie kon opspoor by een van die pelgrims van die Afrika Evangelisasie Bond by ‘n konferensie in Port Elizabeth 2018/2019(?). En wat ‘n boekie! Dit spreek ten diepste tot die leraar en die leser.

    Het hierdie boekie al by vele aanbeveel, maar sonder sukses. Ook bespeur mens: Jesus Christus Self is nie waarlik welkom meer by meesste gemeentes, hetsy NG, AGS, ensomeer: vele getuig van ‘n klaarblyklike diepe geloof aan die woorde van BYBEL, maar wat ‘n infame leuen uit hul monde, hetsy dominee of pastoor of lidmaat. Laat mens nie eens praat van vorige of huidige ouderling/diakens nie – soos WITGEPLEISTERDE GRAFTE. Al vir jare en jare…

    En baie van hul lede se leuens is so sigbaar by hul sekulêre werke/beroepe – baie verwys na Jakob Zuma se Nkandla-sage, maar hul eie koninkrykies en leuenmonde wat so baasspeel in hul eie harte – hoogmoed in harte so ontsettend vér BO Christus se Hart van absolute ontlediging aan Golgotha se kruis en Sy loop op aarde oor 33 jaar. Ons sit as’t ware met miljoene “Nkandla-harte” in Suid-Afrika en biljoene in die Wêreld ….en hier in Port Elizabeth….en daar in Vanderbijlpark se Staalomgewing …sit Fariseër-harte soos min…soos satan op ‘n troon, soos na verwys in Openbaring, is hul harte. Baie selfs getroue “bybelstudie en biduur deelnemers”.

    “Gebedslewe en die Binnekamer” Deel II, hoofstuk 7 verwys na “Met die Hele Hart”. Die ooreenstemming van bovermelde met Adolf Hitler/Nazi-lede se alliansies met Vrymesselary (“Freemasonry”), is verstommend. Nie Adolf Hitler/Nazi-lede of bovermelde verwysings, blyk te geglo het dat belydenis eens nodig was nie. Is Hitler nou in die hemel of die hel, sou mens vra. Dit blyk mens sou kon kan aflei dat Adolf Hitler in die hemel is, aldus NG Kerk se nuwe liberale denke. Persoonlik dink ek, hy is in die hel, tensy hy Christus ontmoet het in sy laasste oomblikke. Dit is ook so: Christus kan waarlik vergewe wat die mens dink nie moontlik is nie, maar so is dit ook: Christus is die ENIGSTE Weg, Waarheid en Lewe waartoe God bereik kan word. Het al bespeur by die plaaslike NG dominee hier in Port Elizabeth, dat sy lede hel toe gestuur word met ‘n glimlag op die gesig….hy dink als wat mens sê of kwytraak, is een groot grap…soos baie ander ook plaaslik en wêreldwyd.

    Trots en Hoogmoed is nie welkom in die hemel nie. Soos die Woord ook spreek: hul sal hulself te pletter loop teen die Hoeksteen wat verwerp was. En dit geld ook vir die skynheilige bidders in Suid-Afrika… Meesste se harte was nog nooit waarlik gebreek voor Christus eens oor hul eie sonde nie…

    Soveel kla oor EVKOM en loop met die vraag: wat as Suid-Afrika se kragvoorsieningsnetwerk in duie stort? Maar daar is ‘n ander probleem wat EVKOM se probleme soos ‘n baba-speelding laat voorkom: wat as GOD Sy Gees onttrek by mense/gemeentes? Die ironie is: meesste het DEKADES reeds geen Hemelse Krag en LIG meer, en wis nie dit nie eens, want hul maak staat op hul eie vleeslike krag en eie denke en vertrou eerder hul EIE sogenaamde “weerkaatsende lig”. Hul beskou hul woorde as VERHEWE bo die woorde en lig in die BYBEL.

    Jesus Christus as Lig van die Wêreld, weerkaats net van een rigting: die Gees se Lig uit Homself. Maar NG Kerk en baie, baie ander, net soos die Joodse Rabbi’s, dink hul eie denke se lig = EVANGELIE. As mens dus die duiwel wil “sien”, is dit nie eens nodig om ver te gaan…. hy is sommer orals rondom ‘n mens, so lief om GOD se Lig te verbloem as die “lig uit die mens”. Absolute selfaanbidding is by meesste…

    Ek vermoed die leraar is nie wedergebore nie, want as die Gees WAARLIK in mens brand, word die Bybel soos ‘n Lig uit die Hemel…..

  2. Stephan, ek hoor elke woord wat hierbo geskryf staan. Mag die Here ons genadig wees, deurdat talle “eredienste” geskied in die “Naam van Jesus Christus” terwyl die leraar geen wedergebore kind van God is nie. Die Heilige Gees is nie teenwoordig nie, daarom gedy die liberale teologie in baie NG gemeentes en ander kerke.

    Die tyd is lankal verstreke dat ons in vrees en bewing verval as die Sinode of ASM sekere besluite neem asof hulle alleen die mag in eie hande het. Alle wedergebore kinders van God het vrye toegang tot Sy genadetroon. Daarom waardeer ek/ons jou eerlike en opregte kommentaar. Al die eer aan Hom alleen..

    1. Ek wil ook graag byvoeg – vir almal wat my nie ken nie – dat ek meer as 40 jaar gelede dramaties tot bekering gekom het. Na só ‘n gebeurtenis is jou treë aanvanklik versigtig, omdat mens die liefdesgebod wil gehoorsaam. Met die groeiproses in heiligmaking, ontwikkel mens vertroue en word die ontsettende sondebande waarin mense vasgevang is, al duideliker/helderder. Jy sit in ‘n kerk(e) en hoor hoe profete/leraars mense pamperlang – mense wat dieselfde sonde oor en oor pleeg. Jesus sê egter vir hulle: “Bekeer jou!”, en kom weg uit die modderpoele van die
      lewe. Jou opmerkings oor sonde raak al meer direktief en jy word al fermer in jou uitsprake..
      Stephan (ek ken hom geensins) se kommentaar hierbo, getuig vir my van iemand wat dekades gelede wederbaar en deur God se Gees vervul is. Daar is geen tyd meer vir doekies omdraai nie; hy sê die waarheid soos dit is, waarvoor ek/baie ander opregte waardering het. Dis mense soos hy wat Jesus se ware kerk nou nodig het.

    2. Hulle wil nie met christus gekruisig wees. Dud domineer maar die begeertes van die vlees daar. En die begeerte is na leuen, dwaling en nog ‘n paar ander dinge toe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui