Wat gaan dié week in NGK gebeur?

Kyk ook Godsdiens en die Koerante | Episode 435 | Bernhard Ficker (22 Okt 2023) waar hierdie artikel bespreek word.

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Wat gaan dié week in NGK gebeur? | Netwerk24

Gerhard Mahne, Kaapstad

17 Oktober 2023

Berigte die laaste tyd laat ’n mens wonder wat vandeesweek by die NG Kerk (NGK) se algemene sinode in Boksburg ten opsigte van onder meer gay-verhoudings gaan gebeur.

Die moderator van die NGK sê steeds “gemeentes (kan) self besluit oor selfdegeslagverbintenisse” (“NG Kerk se sinode praat weer oor gays”, 07.10).

Adv. Jeremy Gauntlett SC sê dis nie waar nie. Volgens hom het die algemene sinode met sy 2019-besluit oor selfdegeslagverhoudings geen gemeente met ’n keuse gelaat nie” (Netwerk24, 07.10). Dit laat vrae en skep net verdere verdeeldheid.

Nog ’n verdelende faktor lê in die voorstel oor gesamentlike aanbidding – dat Christene en Moslems en ander gelowe saam sal aanbid.

Prof. Hoffie Hofmeyr is van mening dat die vraag gevra moet word “wat presies is tans aan die gang en waar gaan dit alles eindig”? (“As geloof oor die afgrond tuimel”, Rapport, 08.10).

Ten opsigte van waar alles gaan eindig, is hy nie ten gunste van skeuring nie, maar wel van verdeling. Daar kan plek gemaak word vir twee kategoriale strome in die NGK wat as gevolg van ’n vasgelooptheid in Bybelse beginsels verdeel.

Dit klink na ’n billike voorstel. Elke entiteit kan dan immers die naam NG Kerk behou, plus watter bynaam (of byname) hy ook al vir homself sou wou uitdink.

Die groot vraag is dus: Wat gaan nou gebeur? Die algemene sinode het veral die afgelope vier jaar sy bes gedoen om die Namibiese sinode en die sowat 100 dolerende gemeentes te verseker dat hulle nie bekommerd hoef te wees nie, want die besluit oor gay-verhoudings is opsioneel, wat nou blyk nie te wees nie.

En nou kom die gesamentlike aanbidding-kwessie ook nog op die tafel. Dalk beteken dit uiteindelik dat Namibië en ander sinodes nou met vrymoedigheid art. 37 van die NGK se kerkorde kan deurvoer om hulself van die algemene sinode los te maak.

Bygesê, tensy die algemene sinode hom van sy Skrif-vreemde besluite bekeer, soos wat Namibië vroeër vanjaar versoek het.

Kommentaar

Daniel Louw

Dit sou sinneloos wees om twee kategoriale strome binne een denominasie te hê. Indien dit ‘n opsie is, sou alle kerke deel kon word van die Wêreldraad van Kerke (WRK), maar almal beweeg bloot in verskillende teologiese strome?

Kyk ook Artikel 37 as oplossing vir uiteenlopende teologiese sieninge.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui