Johann Ernst oor AS2023 agenda

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

Op Maandag 11 September lewer Johann Ernst soos volg kommentaar op Facebook op die agenda van die Algemene Sinode 2023:

Na verneem, het prof Nelis Niemandt homself aangebied as oudste afgevaardigde predikant om die vergadering te open en aanvanklik te lei. Maar hy is nie ingevolge die Kerkorde ‘n afgevaardigde predikant nie. So ook wil die “moderatuur” of “dagbestuur van die ASM” die vergadering lei totdat ‘n nuwe moderatuur aan die einde van die vergadering gekies word. Hiervoor gaan selfs Artikel 41 aan die begin van die vergadering verander word. Maar dit kan nie! Wat gebeur as ‘n lid van die vorige verkose moderatuur nie afgevaardig is nie? Dan word ‘n vergadering gelei deur ‘n nie-afgevaardigde. Die aanwys van 10 dosente met volle sittingsreg is ook onkerkordelik. Teologiese opleiding is ‘n sinodale aangeleentheid en ‘n taakspan van die algemene sinode kan tog nie afgevaardigdes wat in sinodale diens is na ‘n vergadering van die Algemene Sinode aanwys nie. Al die ander afgevaardigdes was as ampsdraers (predikante en kerkraadslede) na hulle sinode afgevaardig en afgevaardigdes kan by ‘n sinode van sinodes net namens hulle sinodes, en wel per geloofsbrief van die sinode, verskyn. Is die kritici nie dalk reg dat die Algemene Sinode nou kerkordelik in duie stort nie? Die onkerkordelike samestelling en funksioneeing van die Algemene Sinode gaan ook sy besluite tot niet maak! Waarvoor kom die vergadering dan saam?

Kommentaar

Daniel Louw

Dit is alles goed en wel om onkerkordelike praktyke uit te wys, maar die vraag is of daar iets aan gedoen gaan word…

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui