Die Islamgeloof ontbloot

Kyk ook:

Inhoudsopgawe

1    Baie voorspellings oor Jesus, geen oor Mohammed
2    Bewaring en betroubaarheid van die Koran
2.1  Geskiedenis van die Koran
2.2  Teenstrydighede en abrogasie
2.3  Mohammed se gerieflikheidsopenbarings
2.4  Die Koran bevestig die gesag van die Bybel
2.5  Koran leen van die Bybel en ander stories
2.6  Jesus het waarlik gesterf en opgestaan
3    Mohammed vs Jesus
3.1  Mohammed word mislei deur Satan
3.2  Mohammed was ’n krygsman
3.3  Islam se opdrag tot geweld teenoor ongelowiges
3.4  Mohammed agteraf
3.5  Mohammed sondig
3.6  Mohammed – ’n seksverslaafde
3.7  Mohammed se houding teenoor vroue
3.8  Mohammed: ’n wit profeet met swart slawe
3.9  Mohammed doen nie wonderwerke nie
3.10 Mohammed se vernederende dood
3.11 Mohammed se laaste woorde
4    Geen geloofsekerheid nie
5    Wetenskaplike probleme
6    Allah nie lief vir ongelowiges nie
7    Allah bid vir Mohammed
8    Ander bronne

Min mense doen moeite om uit te vind waaroor die Islamgeloof werklik gaan. Oor die algemeen weet mense dat waar Moslems ’n meerderheid begin word, die probleme begin toeneem (kyk Ik snap het niet meer), maar dit is basies al.

Die doel van hierdie artikel is om vir mense te wys waaroor die Islamgeloof werklik gaan en dat hierdie geloof ’n klomp probleme het.

Voor ons egter by die probleme kom, kom ons kyk net eers wat Moslems oor die Christelike geloof glo (kyk ook Die Koran oor Jesus wat meer volledig is):

  • Jesus was ook ’n profeet van Allah.
  • Jesus was nie die seun van God nie. Hulle verwerp die drie-eenheid, want hulle beweer dat dit politeïsme is.
  • Mohammed was die laaste profeet van Allah.
  • Groot dele in die Bybel is verander deur Christene.
  • Hulle verwerp Jesus se opstanding uit die dood.
  • Oor Jesus se kruisiging en dood is daar soms verskillende sieninge, maar Moslems glo nie dat Jesus gesterf en opgestaan het uit die dood nie.

Hier volg die probleme met die Islamgeloof:

1. Baie voorspellings oor Jesus, geen oor Mohammed

In die Ou Testament vind ons heelwat profesieë wat die koms van Jesus voorspel. Jesus het almal van hulle vervul (kyk 44 profesieë oor Jesus vervul). Indien Jesus ’n profeet van Allah was en Mohammed die finale profeet van Allah was sou mens verwag dat die Bybel, veral die Nuwe Testament die koms van Mohammad sou voorspel het. Daar is egter geen profesieë van nog ’n profeet wat sou kom nie. Volgens die Bybel is die volgende groot gebeurtenis die wederkoms, wanneer Jesus op die wolke sal terugkom en die aarde vernietig.

Moslems probeer redeneer dat Mohammed in Deuteronomium 18:18 voorspel word. Christene glo natuurlik dat hierdie profesie op Jesus dui (kyk byvoorbeeld Handelinge 3:18-26). Hierdie voorspelling is ook glad nie spesifiek soos byvoorbeeld die voorspelling wat gesê het dat Jesus op ’n donkie sou ry nie (profesie in Sagaria 9:9 en vervul in Matteus 21:1-6). Daarom het Moslems gee goeie rede om hierdie profesie aan Mohammed toe te ken nie.

Kyk ook:

2. Bewaring en betroubaarheid van die Koran

2.1 Geskiedenis van die Koran

Die Koran beweer in Sura 15:9 (’n Sura is bloot ’n hoofstuk in die Koran) dat die woorde van Allah aan Mohammed bewaar sal bly:

We have, without doubt, sent down the Message; and We will assuredly guard it (from corruption).

Dit is daarom dat Moslems vandag oor die algemeen glo dat die Koran wat vandag tot ons beskikking is perfek bewaar is en ook ooreenstem met ’n tablet van die Koran in die hemel (Sura 85:21-22).

Hier volg egter ’n kort geskiedenis van die Koran:

Mohammed is in 570 nC gebore. Op 40 jarige ouderdom (610 nC) ontvang hy sy eerste openbarings van die engel Gabriël. Hierdie openbarings leer hy aan mense om te memoriseer en sommige mense skryf gedeeltes van die openbarings neer. Mohammed ontvang deurlopend openbarings tot sy dood in 632 nC. Na sy dood het nog niemand sy openbarings neergeskryf nie. Baie mense wat groot gedeeltes gememoriseer het is deur Abu Bakr (Mohammed se direkte opvolger) oorlog toe gestuur en is dood in die Slag van Yamama. 700 Moslems wat Mohammed se woorde gememoriseer het is dood. Baie inligting het so vir ewig verlore geraak. Ibn Abi Dawud, Kitab al-Masahif het byvoorbeeld gesê:

“Many (of the passages) of the Qur’an that were sent down were known by those who died on the day of Yamama . . . but they were not known (by those who) survived them, nor were they written down, nor had Abu Bakr, Umar or Uthman (by that time) collected the Qur’an, nor were they found with even one (person) after them.”

Abu Bakr wou nie nog inligting verlore laat gaan nie en stel toe Zaid ibn Thabit aan om Mohammed se openbarings neer te skryf. Zaid voltooi sy manuskrip twee jaar na Mohammed se dood in 634 nC. Daarna het nog mense hulle eie manuskripte geskryf wat tot groot dispute gelei het oor wat die korrekte inligting vir die Koran moes wees. Volgens Moslembronne het groot dele van die Koran verlore geraak. Aisha (Mohammed het met haar getrou voor sy 10 jaar oud was) het byvoorbeeld gesê dat twee-derdes van Sura 33 verlore geraak het.

In 651 nC (ongeveer 19 jaar na die dood van Mohammed) was daar soveel verskillende sieninge oor wat in die Koran moes staan, dat Uthman (Mohammed se derde opvolger) die volgende vier mense aangestel het om ’n amptelike Koran saam te stel: (1)Zaid ibn Thabit, (2)Abdullah bin Az-Zubair, (3)Sa’id bin Al-As en (4)Abdur-Rahman bin Harith. Hulle het al die dokumente wat hulle kon kry versamel, die Koran daaruit opgestel en daarna al die brondokumente verbrand om te verseker dat daar geen verdere dispute moes wees oor wat in die Koran staan nie. Almal het egter nie met Uthman se Koran saamgestem nie, onder andere twee van Mohammed se top resiteerders.

Abdullah ibn Umar, swaer en navolger van Mohammed het die volgende gesê:

“Let none of you say, “I have got the whole of the Qur’an.” How does he know what all of it is? Much of the Qur’an has gone. Let him say instead, “I have got what has survived.”‘

Mohammed self het ook van sy eie openbarings vergeet. In die Hadit word onder andere gesê:

“I am a human being like you and liable to forget like you. So if I forget remind me …”

(Bukhari: volume 1, book 8, number 394, Khan)

Kyk ook Muhammad’s perfect memory?

Dit is dus duidelik dat die bewaring van Mohammed se boodskap baie kontroversieel is en hoegenaamd nie so goed bewaar is soos Allah in Sura 15:9 gesê het nie.

Die vraag is, as Moslemgeleerdes al hierdie dinge weet, hoekom word daar nog vandag aan Moslems vertel dat die Koran perfek bewaar is?

Vir meer inligting, kyk Koran.

2.2 Teenstrydighede en “abrogasie”

Soos reeds genoem is daar baie vraagtekens oor hoe goed Mohammed se openbarings bewaar gebly het. ’n Verdere probleem is dat daar heelwat teenstydighede in Mohammed se openbarings bestaan.

Teenstrydighede

Hier is ’n paar voorbeelde van teenstrydighede in die Koran:

7:54 : Allah het die heelal in 6 dae geskep 41:9-12 : Allah skep in 8 dae.
2:29 : Allah skep die aarde voor die hemel. 79:27-30 : Die volgorde is omgekeerd.
6:14 : Mohammed is die eerste Moslem. 7:143 : Moses was die eerste Moslem.
2:125-129 : Abraham en Ismael was die eerste profete wat in Arabië aangekom. 28:46 : Mohammed was die eerste.
4:48 : Shirk is onvergeeflik 4:153 : Allah vergewe shirk.
16:103 : Koran is in suiwer Arabies geskryf Daar is egter baie ander woorde in die Koran.
2:62 : Jode en Christene hoef nie bang te wees nie, want Allah sal hulle aanvaar. 3:85 : Die enigste geloof wat Allah aanvaar is Islam.
19:76 : Die mens is uit niks geskep.

96:2 : Uit ’n bloedklont

21:30 : Uit water

16:4 : Uit ’n klein saadjie

15:26 : Uit klei en modder

3:59 : Uit stof

11:61 : Uit die aarde

20:109; 34:23; 43:86 : Intersessie sal moontlik wees op die oordeelsdag 2:123; 6:51; 82:19 : Intersessie sal nie moontlik wees nie.
10:92 : Allah het vir farao gered 17:103 : Farao het verdrink.

Abrogasie

In die Koran vind mens die beginsel van abrogasie. Dit is die opheffing van sekere dinge wat voorheen gesê is. Wanneer jy dus wil weet wat die Koran oor ’n sekere kwessie verkondig, moet ’n mens na die laaste uitspraak oor daardie kwessie gaan kyk.

Quran 2:106 We never nullify a verse, nor cause it to be forgotten, unless We bring one better than it, or similar to it. Do you not know that God is capable of all things?

Dit lyk baie asof Mohammed dinge gehoor het wat hy wou hoor. Omdat hy nie altyd konsekwent was nie, het hy met die beginsel van abrogasie vorendag gekom. In Sura 16:101 spreek mense hulle ontevredenheid hieroor uit en sê dat indien Allah werklik die beste weet, hoekom sal hy die een dag een ding sê en die volgende dag ’n ander ding.

Quran 16:101 When We substitute a verse in place of another verse—and Allah knows best what He reveals—they say, “You are an impostor.” But most of them do not know.

Hier volg ’n paar voorbeelde van abrogasie in die Koran:

Geloof behoort nie afgedwing te word nie (2:256) Beveg almal wat nie aan Allah glo nie (9:29)
Moslems moet in vrede met mense van ander gelowe leef (8:61 en 109:6) Nie-Moslems moet geweldadig aan Jihad onderwerp word (9:29, 73, 123, 48:29)
Moslems mag alkohol drink (solank hulle nie dronk by gebedsbyeenkomste opdaag nie) (4:43) Alkohol is verbode (5:90)
Straf vir seksuele sonde is huisarres (4:15) 100 houe (24:2)

Vir meer, kyk Are There Contradictions in the Quran? (Answering Islam Part 15)

Maulana Muhammad Ali (’n Moslem), het abrogasie verwerp omdat dit die aanspraak van die Koran dat dit vry van foute en afwykings is, oortree. Hy glo dat hierdie konsep ontwikkel is omdat Moslems gekonfronteer is met teenstrydighede, wat hulle nie bevredigend kon verduidelik nie:

The principle on which the theory of abrogation is based is unacceptable, being contrary to the clear teachings of the Qur’an. A verse is considered to be abrogated when the two cannot be reconciled with each other; in other words, when they appear to contradict each other. But the Qur’an destroys this foundation when it declares that no part of it is at variance with another: “Will they not then meditate on the Qur’an? And if it were from any other than Allah, they would have found in it many a discrepancy”

Dus was Mohammed se boodskap nie konsekwent nie. Dit is ’n reuse probleem vir die Islamgeloof: indien Allah alleswetend is en Mohammed sy getroue profeet is en die Koran op tablette in die hemel is, hoekom kry ons verskillende openbarings (of evoluerende openbarings) in die Koran? Abrogasie is niks anders as ’n gerieflike manier om teenstrydighede in die Koran te verklaar nie (soos Maulana Muhammad Ali self sê).

Moslems sal waarskynlik beweer dat die Bybel dieselde probleem met teenstrydighede het as die Koran. Daar is egter goeie antwoorde vir die sogenaamde teenstrydighede in die Bybel. Kyk byvoorbeeld Answering Bible skeptics.

Kyk ook:

2.3 Mohammed se gerieflikheidsopenbarings

Wanneer ’n mens Moslembronne lees, kry ’n mens die idee dat Mohammed baie gerieflikheidsopenbarings (“just in time revelations”) gekry het. Wanneer Mohammed iets wou hê, het hy baie gerieflik ’n openbaring van Allah ontvang wat gesê het dat hy dit kon kry. Aisha, een van sy vroue, het opgemerk:

“I feel that your Lord hastens in fulfilling your wishes and desires.”

Byvoorbeelde van hierdie gerieflikheidsopenbarings is:

  • Aanvanklik is elke Moslem man beperk om met vier vroue te trou (Sura 4:3). Mohammed het egter ’n openbaring ontvang dat hy meer vroue kon hê (kyk Muhammad’s Multiple Marriages).
  • Mohammed het altyd baie kuiergaste gehad wat tot laat gebly het. Hy het moeg geword vir hulle, maar het nie die moed gehad om vir hulle te sê dat wanneer hulle klaar geëet het, hulle huistoe moes gaan nie. Gelukkig het hy toe ’n openbaring van Allah gekry om vir die mense te sê om vir Mohammed nie so te pla nie.

Kyk ook:

2.4 Die Koran bevestig die gesag van die Bybel

Die Koran bevestig die gesag van die Bybel op ’n paar plekke:

Sura 3:3-4 (3)He [Allah] sent down to you the Book with the Truth [die Koran], confirming what came before it; and He sent down the Torah and the Gospel. (4)Aforetime, as guidance for mankind; and He sent down the Criterion. Those who have rejected Allah’s signs [die Koran en die Bybel] will have a severe punishment. Allah is Mighty, Able to take revenge.

Kyk ook in Sura 5:46-47, Sura 5:68 en Sura 7:157.

Die Bybel en die Koran weerspreek mekaar egter en daarom beweer Moslems dat Christene die Bybel op ’n stadium verdraai het. Die vraag is wanneer die Christene die Bybel sou verdraai:

  • Indien Christene die Bybel voor die lewe van Mohammed verdraai het, sou Allah nie die gesag van die Bybel erken het nie.
  • Indien Christene die Bybel ná Mohammed se dood verdraai het, sou daar verskille wees tussen die Bybel wat ons vandag het en die ou antieke manuskripte van die Bybel, wat ouer as 300 nC is.

Die Koran plaas Moslems dus hier voor ’n reusagtige dilemma:

  • Indien Christene die geïnspireerde Woord van God het, dan is Islam vals, want die Koran is teenstrydig met die Bybel.
  • Indien Christene nié die geïnspireerde Woord van God het nie, dan is Islam ook vals omdat Islam die inspirasie, bewaring en outoriteit van die Bybel bevestig.

Daarmee vernietig Islam homself.

Vir meer hieroor, kyk Die Islam dilemma.

2.5 Koran leen van die Bybel en ander stories

Volgens die Bybel het God vir Abraham geroep toe hy in die stad Ur gewoon het (Genesis 15:7). In die eerste eeu na Christus het Rabbi Jonathan ben Uzziel Genesis oorvertaal vanaf Hebreeus na Aramees. Die woord “Ur” is egter ’n Babiloniese woord. Hy het dit nie geweet nie en het die woord “Ur”, wat stad beteken, verwar met die Hebreeuse woord “or” wat “lig” of “vuur” kan beteken en dit daarom as “vuur” vertaal.

Sura 21 is gebaseer op hierdie fout wat sê dat God vir Abraham uit die vuur geroep het. Sura 8:31 bevestig dat Mohammed se stories nie uniek was nie en geleen was van elders:

When our signs are rehearsed to them, they say: “We have heard this before: if we wished, we could say words like these: these are nothing but tales of the ancients.”

Dit wek twyfel of Mohammed se stories werklik openbarings van Allah was.

Vir meer voorbeelde, kyk:

2.6 Jesus het waarlik gesterf en opgestaan

Soos reeds gesê glo Moslems nie dat Jesus uit die dood opgestaan het nie. In Sura 4 word die volgende gesê:

(157)And for their saying, “We have killed the Messiah, Jesus, the son of Mary, the Messenger of God.” In fact, they did not kill him, nor did they crucify him, but it appeared to them as if they did. Indeed, those who differ about him are in doubt about it. They have no knowledge of it, except the following of assumptions. Certainly, they did not kill him. (158)Rather, God raised him up to Himself. God is Mighty and Wise.

(Kyk ook Islamic views on Jesus’ death – Wikipedia).

Hierdie veroorsaak twee probleme vir die Islamgeloof:

1. Allah is verantwoordelik vir die Christelike geloof

Indien Allah werklik dit op bonatuurlike wyse laat blyk het dat Jesus dood is aan die kruis en opgestaan het, is Allah direk daarvoor verantwoordelik dat die Christelike geloof ontstaan het.

2. Teenstrydig met historiese bewyse

Dit is egter totaal teenstrydig met wat selfs sekulêre geskiedkundiges glo.

In die artikel Die Heer het waarlik opgestaan, word gewys dat daar heelwat getuienis is dat Jesus werklik opgestaan het. Een van die grootste argumente vir die opstanding is dat al Jesus se dissipels, behalwe Johannes, ’n wrede dood gesterf – kyk Hoe is die 12 dissipels dood?. Soos hulle sê: “Leuenaars maak slegte martelare.”

Kyk ook:

3. Mohammed vs Jesus

Mohammed was in wese ’n swak karakter wat hoegenaamd nie vergelyk kan word met Jesus se onkreukelbare karakter nie. Kyk ook Mohammed vs Jesus wat ’n lys van dinge noem wat Mohammed se karakter verklap.

3.1 Mohammed word mislei deur Satan

Daar is 37 Moslem bronne wat noem dat Mohammed ’n openbaring gekommunikeer het en dit later teruggetrek het en erken dat hy deur die Satan mislei is (onder andere in Koran 53). Die vroegste bronne is die duidelikste hieroor. Hier volg die storie:

Mohammed het in Mekka gepreek, maar daar was nie baie mense wat sy storie wou koop nie, onder andere omdat hulle politeïste (aanbidding van meer as een god) was. Mohammed kry toe die openbaring dat mense ook al-Lat, al-Uzza en Manat kon aanbid. Hulle was kraanvoël-godinne wat die mense se gebede na Allah sou neem. Dit het by baie byval gevind en daardeur het baie mense Moslems geword. ’n Ruk later het Mohammed tot sy sinne gekom en verklaar dat hy mislei is deur Satan en dat al-Lat, al-Uzza en Manat nie aanbid kon word nie, maar slegs Allah.

Let op dat Moslems beweer dat Mohammed in Deuteronomium 18:18 voorspel word. Vers 20 sê egter: ‘n Profeet wat hom dit aanmatig om in my Naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf. Dit geld ook van ’n profeet wat in die naam van ander gode praat.’

Dus, was Muhammed ’n vals profeet wat eintlik doodgemaak moes word.

In 1988 het Salman Rushdie die boek The Satanic Verses geskryf wat Mohammed in ’n swak lig stel. Op 14 Februarie 1989 het Ayatollah Ruhollah Khomeini van Iran hom tot die dood veroordeel. Rushdie was egter op daardie stadium in Engeland, dus kon die straf nie voltrek word nie. Vir die volgende nege jaar was hy onder polisiebewaking in Engeland tot ná 24 September 1998 toe die Iraanse regering, onder leiding van die meer gematigde Muhammad Khatami, ’n openbare verbintenis gegee het dat hulle nie die sluipmoord op Rushdie sal ondersteun of belemmer nie. Kyk The Satanic Verses Affair, vir ’n dokumentêr deur BBC oor hierdie gebeure.

Kyk ook:

3.2 Mohammed was ’n krygsman

Mohammed was meer ’n veglustige krygsman (“warlord”) as wat hy ’n profeet was. In Is it true Muhammad was a warlord who spread Islam by the sword? Skryf Mike Muluk, ’n ex-Moslem die volgende:

As mens die Bybel lees, spesifiek Handelinge, sal jy sien dat ’n godsdiens gewoonlik nie soos Islam versprei het nie. In Handelinge lees ons hoe Jesus se volgelinge predikers was wat van dorp tot dorp gegaan het en die Evangelieboodskap versprei het deur siekes te genees en die boodskap te verkondig. Hulle was betrokke by debatte en nuwe volgelinge was mense wat deur die waarheid van hul boodskap oortuig was. Die nuwe volgelinge het in effek self sendelinge geword en het weer in die wêreld uitgegaan om te preek en te genees. Hierdie kettingreaksie van dissipelskap is wat vroeë Christendom deur die bekende wêreld versprei het tot die dae van Konstantyn, 300 jaar later.

In Mohammed se eerste helfte van sy bediening het hy gepreek, maar nadat Mohammed van Mekka na Medina getrek het (die Hegira) het Mohammed egter uitsluitlik op nasiebou gekonsentreer.

Hy het wel briewe aan verskeie bure gestuur en gevra om by Islam aan te sluit, maar hierdie briewe was nie van nature sendelingbriewe nie, maar eerder bedekte dreigemente – kyk Muhammad’s letters to the heads of state. Geen wonder dat die meeste buitelandse leiers minder as oortuig was om na Islam te bekeer. Dus, as Mohammed nooit uit Medina uitgegaan het en Allah se boodskap in die wêreld gepreek het nie, hoe het hy Islam versprei?

Hier is ’n paar verse uit die Koran wat dit bevestig:

Sura 8:12 I shall terrorize the infidels. So wound their bodies and incapacitate them because they oppose Allah and His Apostle.

Sura 8:57 If you gain mastery over them in battle, inflict such a defeat as would terrorize them, so that they would learn a lesson and be warned.

Ishaq:326 If you come upon them, deal so forcibly as to terrify those who would follow, that they may be warned. Make a severe example of them by terrorizing Allah’s enemies.

En ook Sura 2:216, Sura 2:217, Sura 8:65, Sura 8:67-68, Sura 9:5 en Suran 5:33.

Dit is heeltemal teenstrydig met Jesus se opdrag in Matteus 5:38-44:

(38)“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ (39)Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. (40)As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. (41)As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. (42)Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.” (43)“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ (44)Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg,

Kyk ook:

3.3 Islam se opdrag tot geweld teenoor ongelowiges

Die Koran is baie duidelik daaroor dat nie-Moslems vervolg moet word. David Wood wys hierdie baie duidelik uit in die debat met Shabir Ally (Debate: Is the Quran a Book of Peace? Shabir Ally (Muslim) vs. David Wood (Christian) – Youtube). In kort sê hy die volgende:

Daar is drie verskillende stadiums:

Stadium 1:  Wanneer Mohammed en sy gevolg ’n klein minderheid van die bevolking was moes hulle vrede en verdraagsaamheid verkondig. (Quran 8:61, Quran 109:6)

Stadium 2: Wanneer Mohammed en sy gevolg groter was en alliansies gevorm het met verskillende stamme, maar nog nie sterk genoeg was om ander te onderwerp nie, kon hulle hulself verdedig. (Quran 2:190-193)

Stadium 3: Waar Mohammed en sy volgelinge oorheers het, het hy opdrag gegee om nie-Moslems geweldadig aan Jihad te onderwerp bloot omdat hulle nie-Moslems was nie. (Sura 9:29, 73, 123, Sura 48:29)

Kyk ook Three Stages of Jihad (David Wood).

Dit is streng gesproke slegs liberale Moslems wat nie glo dat nie-Moslems doodgemaak moet word nie. Fundamentalistiese Moslems interpreteer die Koran korrek. Hierdie liberale Moslems kan vergelyk word met Christene wat nie glo dat homoseksualiteit en saamwoon sonde is nie en dat daar nie ’n hel is nie of dat God nie mense wat goeie lewens lei, hel toe sal stuur nie.

Kyk ook Islam is nie ‘n geloof van vrede nie.

In die Bybel word egter die teenoorgestelde verkondig: nie die geweldadige onderwerping van jou vyande nie, maar om liefde aan jou vyande te betoon:

Matteus 5:43-48 : (43)“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ (44)Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, (en verder)

Lukas 23:34 : (34)Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

Die optrede van Jesus se volgelinge ná Sy hemelvaart bevestig hierdie gesindheid van die Christelike geloof. Terwyl Stefanus gestenig is het hy die volgende gesê:

Handelinge 7:60 : (60)Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!”

Sommige redeneer dat daar in die Ou Testament voorbeelde is waar God Israel beveel om nasies totaal uit te wis, vrouens en kinders ingesluit. Daar was egter baie goeie redes daarvoor gewees. Kyk Oor die uitwissing van vroue en kinders in die Ou Testament.

3.4 Mohammed agteraf

Een van Mohammed se karaktereienskappe was dat hy agteraf was. Hy het byvoorbeeld die verbreking van ’n eed met nie-Moslems geregverdig:

Bukhari:V7B67N427 The Prophet said, If I take an oath and later find something else better than that, then I do what is better and expiate my oath.

Sura 9:3 Allah is not bound by any contract or treaty with non-Muslims, nor is His Apostle.

Terwyl Mohammed in Mekka was en vrede en verdraagsaamheid verkondig het, het hy agteraf begin beplan om Mekka te onderwerp aan Islam:

At-Tabari, Volume VI, p95 Abu Talib sent for the Messenger of God, and when he came in he said, “Nephew, here are the shaykhs and nobles of your tribe. They have asked for justice against you, that you should desist from reviling their gods and they will leave you to your god.” “Uncle,” he said, “shall I not summon them to something which is better for them than their gods?” “What do you summon them to?” he asked. He replied, “I summon them to utter a saying through which the Arabs will submit to them and they will rule over the non-Arabs.” Abu Jahl said from among the gathering, “What is it, by your father? We would give you it and ten like it.” He answered, “That you should say, ‘There is no deity but God.’”

Kyk ook:

Dit is baie anders as Jesus se opdrag in Matteus 5: (37)Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’.

3.5 Mohammed sondig

Mohammed was ’n normale mens wat sonde gedoen het. Dit word bevestig in Sura 40:55, 48:2 en 47:19.

Kyk ook Muhammad the sinner.

Daar is geen rekord van enige sonde wat Jesus gedoen het nie of dat hy enige sonde bely het nie, selfs nie in die tuin van Eden voor sy kruisiging nie. Dit pas alles baie goed in die gedagte dat Hy God was, een van die drie-eenheid.

3.6 Mohammed – ’n seksverslaafde

Mohammed se seksuele waardes spreek boekdele oor sy karakter. Hier is van die dinge wat Mohammed gedoen het:

  • Het met Aisha, ’n negejarige meisie getrou (Bukhari 3895, 5133)
  • Het ten minste nege vroue op een slag gehad, selfs al het sy eie openbaringe slegs vier toegelaat (Bukhari 268, 5068, 5215)
  • Het met sy aangenome seun se vrou getrou nadat hy hulle egskeiding veroorsaak het nadat hy haar begeer het (Sura 33:37; Tabari 8:2-3)
  • Het seks gehad met sy slavinne (Sura 33:50; Nasa’l 3411[6])
  • Het die belofte wat hy met sy vroue gemaak het dat hy nie weer seks met sy slavinne sou hê nie, gebreek (Sura 66:1-2; Nasa’l 3411)
  • Het sy volgelinge toegelaat om hulle vroulike gevangenes te verkrag. (Sura 4:24; Abu Dawud 2155[7])
  • Het die mooiste vroulike gevangenes na sy eie tent geneem (Bukhari 4200; Ibn Ishaq 466)

Kyk ook:

3.7 Mohammed se houding teenoor vroue

Mohammad het nie baie gedink van vroue nie. Hulle was wel goed genoeg vir seksuele plesier:

  1. Volgens Mohammed kon mans hulle vroue slaan totdat hulle onderdanig was (Sura 4:34)
  2. Volgens Mohammed het vroue geen gesonde verstand nie omdat hul verstand gebrekkig is (Sahih Muslim 142 en Sahih Al-Bukhari 2658)
  3. Volgens Mohammed het vroue nie baie hoop gehad om hemel toe te gaan nie (Sahih Al-Bukhari 1052 en Sahih Al-Bukhari 1462). Indien hulle wel die hemel gemaak het, sou hulle waarskynlik in ’n hoek staan en wag dat die mans met hulle seks het (Sahih Al-Bukhari 4879)
  4. Die Koran laat Moslems toe om seks te hê met hul vroulike gevangenes en slawe (Sura 23:1-6 en Sura 70:22-30). En ook in die Hadit (Sahih Muslim 3432, Sahih Muslim 3371, Sahih Al-Bukhari 4138 en Sahih Muslim 3384)

Kyk ook: Women (answeringmuslims.com)

3.8 Mohammed: ’n wit profeet met swart slawe

Mohammed was ’n witman wat swart slawe gehad het en hulle nie altyd so goed behandel het nie. Hy het byvoorbeeld Ethiopiërs rosyntjiekoppe genoem. Kyk byvoorbeeld:

3.9 Mohammed doen nie wonderwerke nie

Nêrens in die Koran word enige wonderwerke van Mohammed beskryf nie.

Sura 6:37 And they [nie-Moslems] say, “If only a sign could come down to him from his Lord.” Say, “God is Able to send down a sign, but most of them do not know.”

Sura 10:20 And they say, “If only a miracle was sent down to him from his Lord.” Say, “The realm of the unseen belongs to Allah; so wait, I am waiting with you.”

Dus, indien daar wonderwerke was, sou Moslems geantwoord het deur die wonderwerke by name te noem.

Die eerste bronne wat vertel dat Mohammed wel wonderwerke gedoen het is eers 100 jaar ná Mohammed neergeskryf. Dit is dus baie duidelik dat hierdie gefabriseerde wonderwerke is.

Aan die ander kant het Jesus baie wonderwerke gedoen het. Die Johannesevangelie eindig in Johannes 21:25 : Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.

Kyk:

3.10 Mohammed se vernederende dood

Nadat Mohammed Khaibar ingeval het en baie van die mans vermoor het, het een van die Joodse vroue ’n ete (skaapvleis) aan Mohammed voorgesit. Hy en sy vriend het daarvan geëet. Hulle het agtergekom die kos het gif in maar dit was te laat. Mohammed se vriend het gesterf en Mohammed self was vir die res van sy lewe in pyn. In sy laaste dae het hy gesê dit voel of sy aorta afgesny word:

Sunnah/Bukhari/64/450: I still feel the pain cause by the food I ate at Khaibar, and at this time, I feel as if my aorta is being cur from that poison.

Ironies genoeg is dit die manier hoe Allah vals profete doodmaak (Sura 69:44-46). Verder is dit uiters ironies dat Mohammed, Allah se gunsteling profeet, die vernedering moes ondergaan om deur ’n Joodse vrou doodgemaak te word terwyl dit baie meer eervol sou wees indien hy op die slagveld sou doodgaan. Mohammed het byvoorbeeld gesê:

Sahih al-Bukhari 2797 : The Prophet said, . . . “By Him in Whose Hands my soul is! I would love to be martyred in Allah’s Cause and then come back to life and then get martyred, and then come back to life again and then get martyred and then come back to life again and then get martyred.”

Vergelyk dit met wat Moslems glo oor Jesus: hulle glo dat Jesus nie doodgemaak is nie, maar reguit opgeneem is in die hemel voordat hy gekruisig kon word.

Vir meer hieroor, kyk

3.11 Mohammed se laaste woorde

In die laaste dae van Mohammed het hy alle Jode en Christene vervloek:

Narrated ‘Aisha and ‘Abdullah bin ‘Abbas: When the last moment of the life of Allah’s Apostle came he started putting his ‘Khamisa’ on his face and when he felt hot and short of breath he took it off his face and said, “May Allah curse the Jews and Christians for they built the places of worship at the graves of their Prophets.” The Prophet was warning (Muslims) of what those had done.

Vergelyk dit met Jesus se gesindheid (ook vroeër genoem):

Lukas 23:34 : (34)Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Kyk ook Famous Last Words of Jesus, Muhammad, and Nabeel Qureshi (Youtube, David Wood)

4. Geen geloofsekerheid nie

Alle Christene het geloofsekerheid as gevolg van wat Jesus onder andere in Johannes 1:12 sê : Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

Geen Moslem het geloofsekerheid nie; inteendeel, nie eers Mohammed self het geloofsekerheid gehad nie:

Sura 46:8-9 (Meccan) Or do they say, ‘He has forged it’? Say: ‘If I have forged it, you have no power to help me against Allah. He knows very well what you are pressing upon; He suffices as a witness between me and you; He is the All-forgiving, the All-compassionate.’ Say: ‘I am not an innovation among the Messengers, and I know not what shall be done with me or with you. I only follow what is revealed to me; I am only a clear warner.’

Kyk ook Was Muhammad certain of his salvation?

5. Wetenskaplike probleme

Die Koran en Hadit maak ’n paar wetenskaplike uitsprake wat totaal verkeerd is. Hier is ’n paar van hierdie verkeerde uitsprake:

  • Verskietende sterre is pyle wat Allah skiet na demone wat die hemel wil inkom (37:6-10; 67:5).
  • As ’n vlieg in jou kos/water beland het, moet jy die vlieg behoorlik in die water doop want die een vlerk van die vlieg bevat kieme en die ander vlerk bevat die medisyne.
  • Die son gaan elke dag onder in ’n modderige poel (18:86).
  • Water is altyd rein. Dit kan altyd gedrink word, maak nie saak waar jy dit gekry het nie.
  • Manlike sperm word vervaardig tussen die rugstring en ribbekas (86:6-7).
  • Die aarde is plat (88:20).
  • Daar is sewe aardes (65:12)
  • Die son gaan om die aarde (36:38-40)
  • Menslike embrios is bloedklonte (22:5)
  • Die hemel sal op die aarde val as Allah dit nie in die lug hou nie (22:65)

Daar is wetenskaplike uitsprake wat die Koran maak wat wel korrek is, maar dit is voor die hand liggende dinge wat die mense van daardie tyd in elkgeval sou geweet het, bv dat babas van seks kom.

Kyk ook:

Mense mag moontlik redeneer dat die Bybel soortgelyke probleme het omdat dit byvoorbeeld ’n plat aarde verkondig. Dit is egter nie waar nie. Kyk Verkondig die Bybel dat die aarde plat is?.

6. Allah nie lief vir ongelowiges nie

Allah is slegs lief vir mense wat in hom glo. Dus: wees eers lief vir my (Allah), dan sal ek jou liefhê.

Met God is dit anders: Hy het ons eerste liefgehad (1 Johannes 4:19).

Kyk ook Does Allah Love Unbelievers?

7. Allah bid vir Mohammed

Volgens die Koran bid Allah vir Mohammed:

Sura 33:56 (Palmer) Verily, God and His angels pray (yusalloona) for the prophet. O ye who believe! pray for him (salloo) and salute him with a salutation!

En volgens die Hadit:

1387: Abu Umama reported that the Messenger of Allah said, “Allah and His angels and the people of the heavens and the earth, even the ants in their rocks and the fish, pray for blessings on those who teach people good.”
[at-Tirmidhi] (Aisha Bewley, Riyad as-Salihin (The Meadows of the Righteous), Book of Knowledge, 241. Chapter: the excellence of knowledge)

Die vraag is, tot wie sal Allah bid as hy God is?

Kyk ook:

8. Ander bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui