44 profesieë oor Jesus vervul

Daar is baie profesieë in die Ou Testament oor Jesus wat vervul word in die Nuwe Testament (sommige beweer daar is tot 300). Dit is ’n reuse probleem vir skeptici van die Bybel wat die integriteit van die Bybel bevraagteken.

In Applying the science of probability to the scriptures word gewys wat die waarskynlikheid is dat slegs agt van die ongeveer 44 profesieë oor Jesus vervul sou word. Dit werk uit op 1×10-17. Om hierdie getal in perspektief te stel:

Die waarskynlikheid om die lotery met slegs een kaartjie te wen is 7.2×10-8.

Daar is 7 miljard mense op aarde (7×109). Die kans om een spesifieke persoon te kies uit al die mense op aarde is 7×10-9.

Hier volg 45 van die profesieë oor Jesus wat vervul is in die Nuwe Testament:

# Profesieë oor Jesus Voorspel in OT Vervul in NT
1 Die Messias sou uit ’n vrou gebore word Gen 3:15 Mat 1:20
Gal 4:4
2 Die Messias sou in Bethlehem gebore word. Miga 5:2 Mat 2:1
Luk 2:4-6
3 Die Messias sou uit ’n maagd gebore word. Jes 7:14 Mat 1:22-23
Luk 1:26-31
4 Die Messias sou uit die geslag van Abraham gebore word Gen 12:3
Gen 22:18
Mat 1:1
Rom 9:5
5 Die Messias sou ’n afstammeling van Isak wees. Gen 17:19
Gen 21:12
Luk 3:34
6 Die Messias sou ’n afstammeling van Jakob wees. Num 24:17 Mat 1:2
7 Die Messias sou uit die stam Juda gebore word. Gen 49:10 Luk 3:33
Heb 7:14
8 Die Messias sou erfgenaam van koning Dawid se troon wees. 2 Sam 7:12-13
Jes 9:7
Luk 1:32-33
Rom 1:3
9 Die Messias se troon sal gesalf en ewig wees. Psa 45:6-7
Dan 2:44
Luk 1:33
Heb 1:8-12
10 Die Messias sou Immanuel genoem word. Jes 7:14 Mat 1:23
11 Die Messias sou ’n seisoen in Egipte spandeer. Hos 11:1 Mat 2:14-15
12 ‘n Massamoord op kinders sou by die Messias se geboorteplek plaasvind. Jer 31:15 Mat 2:16-18
13 ’n Boodskapper sou die weg vir die Messias voorberei. Jes 40:3-5 Luk 3:3-6
14 Die Messias sou deur sy eie mense verwerp word. Psa 69:8
Jes 53:3
Joh 1:11
Joh 7:5
15 Die Messias sou ’n profeet wees. Deu 18:15 Hand 3:20-22
16 Die Messias sal deur Elia voorafgegaan word. Mal 4:5-6 Mat 11:13-14
17 Die Messias sou as die Seun van God verklaar word. Psa 2:7 Mat 3:16-17
18 Die Messias sou ’n Nasarener genoem word. Jes 11:1 Mat 2:23
19 Die Messias sou lig na Galilea bring. Jes 9:1-2 Mat 4:13-16
20 Die Messias sou in gelykenisse praat. Psa 78:2-4
Jes 6:9-10
Mat 13:10-15, 34-35
21 Die Messias sou gestuur word om die gebrokenes van hart te genees. Jes 61:1-2 Luk 4:18-19
22 Die Messias sou ’n priester wees volgens die priesterorde van Melgisedek. Psa 110:4 Heb 5:5-6
23 Die Messias sou ’n Koning genoem word. Psa 2:6
Sag 9:9
Mat 27:37
Mark 11:7-11
24 Die Messias sou op ’n donkie ry. Sag 9:9 Mat 21:1-6
25 Die Messias sou deur kinders geprys word. Psa 8:2 Mat 21:16
26 Die Messias sou verraai word. Psa 41:9
Sag 11:12-13
Luk 22:47-48
Mat 26:14-16
27 Die Messias se verraadgeld sou gebruik word om ’n pottebakker se grond te koop. Sag 11:12-13 Mat 27:9-10
28 Die Messias sou valslik beskuldig word. Psa 35:11 Mark 14:57-58
29 Die Messias sou stil wees voor sy aanklaers. Jes 53:7 Mark 15:4-5
30 Daar sou op die Messias gespoeg word en hy sou geslaan word. Jes 50:6 Mat 26:67
31 Die Messias sou sonder rede gehaat word. Psa 35:19
Psa 69:4
Joh 15:24-25
32 Die Messias sou saam met kriminele gekruisig word. Jes 53:12 Mat 27:38
Mark 15:27-28
33 Die Messias sou asyn gegee word om te drink. Psa 69:22 Mat 27:34
Joh 19:28-30
34 Die Messias se hande en voete sou deurboor word. Psa 22:16
Sag 12:10
Joh 20:25-27
35 Die Messias sou gespot en verneder word. Psa 22:7-8 Luk 23:35
36 Soldate sou oor die Messias se klere dobbel. Psa 22:18 Luk 23:34
Mat 27:35-36
37 Die Messias se bene sou nie gebreek word nie. Eks 12:46
Psa 34:20
Joh 19:33-36
38 Die Messias sou deur God verlaat word. Psa 22:1 Mat 27:46
39 Die Messias sou vir Sy vyande bid. Psa 109:4 Luk 23:34
40 Soldate sou die Messias in die sy steek. Sag 12:10 Joh 19:34
41 Die Messias sou saam met rykes begrawe word. Jes 53:9 Mat 27:57-60
42 Die Messias sou opstaan uit die dood. Psa 16:10
Psa 49:15
Mat 28:2-7
Hand 2:22-32
43 Die Messias sou opvaar na die hemel. Psa 24:7-10 Mark 16:19
Luk 24:51
44 Die Messias sou aan die regterhand van God sit. Psa 68:18
Psa 110:1
Mark 16:19
Mat 22:44
45 Die Messias sou ’n offer vir sonde wees. Jes 53:5-12 Rom 5:6-8

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui