Die Heer het waarlik opgestaan

Ons sing dikwels die mooi lied “Die Heer, die Heer het opgestaan!” (Liedboek 422):

alt

Kyk ook:

Daar is egter sommige wat beweer dat Jesus wel dood gegaan het aan die kruis, maar nooit werklik opgestaan het nie. Dus moes die dissipels Jesus se liggaam gesteel het.

Daar is ’n paar probleme met hierdie argument:

  • Matteus probeer hierdie bewering nie eens te verdedig nie. Mat 28: (13)Julle moet sê: ‘Sy dissipels het in die nag gekom en sy liggaam gesteel terwyl ons geslaap het.’
  • Die dissipels was skelms. Dus het Jesus totaal misluk as leermeester. En wie sou oortuig word van ’n nuwe geloof verkondig deur skelms?
  • Die doeke waarmee Jesus toegedraai was, was nog in die graf en die doek wat om Jesus se kop was, was mooi, netjies opgerol (Joh 20:5-7). Dit is glad nie wat ’n mens sou verwag het indien Jesus se lyk gesteel is nie.

“Ek weet die opstanding is ’n feit en Watergate bewys dit vir my. Hoe? Want 12 mense het getuig dat hulle Jesus gesien het wat uit die dood opgewek is, en hulle het daardie waarheid vir 40 jaar verkondig, sonder om dit een keer te ontken. Almal is geslaan, gemartel, gestenig en in tronke opgesluit. Hulle sou dit nie verduur het as dit nie waar was nie. Watergate het 12 van die magtigste mense ter wêreld betrek – en hulle kon nie vir drie weke lank ’n leuen hou nie. Jy sê vir my 12 apostels kan ’n leuen vir 40 jaar hou? Absoluut onmoontlik.”
– Charles W Colson

  • Die dissipels was bereid om te sterf vir hierdie leuen (kyk Hoe is die 12 dissipels dood?).
  • Hulle was ook bereid om toe te sien dat ander mense sterf vir hulle leuen.
  • Hoekom is daar soveel getuienisse van Jesus wat aan mense verskyn het na Sy dood? Hier volg ’n lys:

Verskyning voor hemelvaart

1 Maria Magdalena Joh 20:11-17
2 Ander vroue by die graf Mat 28:9-10
3 Simon Petrus Luk 24:34, 1 Kor 15:5
4 Emmausgangers Mrk 16:12-13, Luk 24:13-31
5 Tien dissipels (Thomas uitgesluit) Mrk 16:14, Luk 24:36-51, Joh 20:19-23
6 Aan die elf dissipels ’n week na Jesus se opstanding (Thomas ingesluit) Joh 20:26-29
7 Sewe dissipels by die See van Tiberias Joh 21:1-23
8 Aan die 500 1 Kor 15:6
9 Jakobus, Jesus se broer 1 Kor 15:7
10 Elf dissipels op die berg in Galilea Mat 28:16-20
11 Aan die dissipels in die tyd van die hemelvaart Luk 24:44-53, Hand 1:3-9

Verskyning ná hemelvaart

12 Stefanus net voor sy martelaarsdood Hand 7:55-56
13 Paulus op pad na Damaskus Hand 9:3-6 en Hand 9:26-27 (vergelyk met Hand 22:6-11 en 26:13-18)
14 Paulus in Arabië Gal 1:12-17
15 Paulus in die tempel Hand 22:17-21
16 Paulus toe hy gevangene was in Siseria Hand 23:11
17 Apostel Johannes Op 1:12-20

Verskynings nie in die Bybel nie

Vandag is daar baie getuienisse van mense wat Jesus gesien het, veral onder die Moslemgemeenskap. Alhoewel dit moontlik in sommige kringe as kontroversieel gesien word, kan dit nie ontken word nie.

Kyk More than dreams of Google “jesus appears muslim dream

Waar is Jesus nou?

Hy sit aan die regterhand van God. Heb 1:3
Beoefen Sy priesterskap waar hy vir gelowiges intree. Rom 8:34
Dien as verdediger van die kerk waarvan Hy die hoof is. Ef 1:20-21
Eendag sal Hy op die wolke verskyn net soos Hy opgevaar het, om gelowiges te kom haal. Op 21:1-4

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui