Die Koran oor Jesus

Kyk ook:

Moslems glo die volgende oor Jesus.

  • Jesus is gebore uit die maagd Maria (Sura 3:47 en Sura 19:20-21)
  • Jesus het die profesieë vervul wat in die Tora oor Hom geskryf was (Sura 5:46-47)
  • Jesus was ook ’n profeet van Allah (Sura 3:42-48)
  • Jesus het wonderwerke gedoen (Sura 3:49)
  • Jesus was nie die seun van God nie. Hulle verwerp die drie-eenheid, want hulle beweer dat dit politeïsme is (Sura 9:30, Sura 18:4).
  • Jesus is nie gekruisig nie en het nie gesterf nie. Dit het slegs so voorgekom (Sura 4:157).
  • Allah het Jesus self hemel toe geneem (Sura 4:158).
  • Daarom verwerp hulle Jesus se opstanding uit die dood.
  • Mohammed was die laaste profeet van Allah (kyk Is Muhammad the Last Prophet?).
  • Die Koran erken die gesag van die Tora en die Evangelies (met ander woorde die Bybel) (Kyk Die Islam dilemma). Omdat die Koran en die Bybel teenstrydig is, glo Moslems dat Christene later groot dele in die Bybel verander het.

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui