Koran

Die Koran beweer in Sura 15:9 (’n Sura is bloot ’n hoofstuk in die Koran) dat die woorde van Allah aan Mohammed bewaar sal bly:

We have, without doubt, sent down the Message; and We will assuredly guard it (from corruption).

Dit is daarom dat Moslems vandag oor die algemeen glo dat die Koran wat vandag tot ons beskikking is perfek bewaar is en ook ooreenstem met ’n tablet van die Koran in die hemel (Sura 85:21-22).

Hier volg egter ’n kort geskiedenis van die Koran:

Mohammed is in 570 nC gebore. Op 40 jarige ouderdom (610 nC) ontvang hy sy eerste openbarings van die engel Gabriël. Hierdie openbarings leer hy aan mense om te memoriseer en sommige mense skryf gedeeltes van die openbarings neer. Mohammed ontvang deurlopend openbarings tot sy dood in 632 nC. Na sy dood het nog niemand sy openbarings neergeskryf nie. Baie mense wat groot gedeeltes gememoriseer het is deur Abu Bakr (Mohammed se direkte opvolger) oorlog toe gestuur en is dood in die Slag van Yamama. 700 Moslems wat Mohammed se woorde gememoriseer het is dood. Baie inligting het so vir ewig verlore geraak. Ibn Abi Dawud, Kitab al-Masahif het byvoorbeeld gesê:

“Many (of the passages) of the Qur’an that were sent down were known by those who died on the day of Yamama . . . but they were not known (by those who) survived them, nor were they written down, nor had Abu Bakr, Umar or Uthman (by that time) collected the Qur’an, nor were they found with even one (person) after them.”

Abu Bakr wou nie nog inligting verlore laat gaan nie en stel toe Zaid ibn Thabit aan om Mohammed se openbarings neer te skryf. Zaid voltooi sy manuskrip twee jaar na Mohammed se dood in 634 nC. Daarna het nog mense hulle eie manuskripte geskryf wat tot groot dispute gelei het oor wat die korrekte inligting vir die Koran moes wees. Volgens Moslembronne het groot dele van die Koran verlore geraak. Aisha (Mohammed het met haar getrou voor sy 10 jaar oud was) het byvoorbeeld gesê dat twee-derdes van Sura 33 verlore geraak het.

In 651 nC (ongeveer 19 jaar na die dood van Mohammed) was daar soveel verskillende sieninge oor wat in die Koran moes staan, dat Uthman (Mohammed se derde opvolger) die volgende vier mense aangestel het om ’n amptelike Koran saam te stel:

  1. Zaid ibn Thabit
  2. Abdullah bin Az-Zubair
  3. Sa’id bin Al-As
  4. Abdur-Rahman bin Harith.

Hulle het al die dokumente wat hulle kon kry versamel, die Koran daaruit opgestel en daarna al die brondokumente verbrand om te verseker dat daar geen verdere dispute moes wees oor wat in die Koran staan nie. Almal het egter nie met Uthman se Koran saamgestem nie, onder andere twee van Mohammed se top resiteerders.

Abdullah ibn Umar, swaer en navolger van Mohammed het die volgende gesê:

“Let none of you say, “I have got the whole of the Qur’an.” How does he know what all of it is? Much of the Qur’an has gone. Let him say instead, “I have got what has survived.”‘

Mohammed self het ook van sy eie openbarings vergeet. In die Hadit word onder andere gesê:

“I am a human being like you and liable to forget like you. So if I forget remind me …”

(Bukhari: volume 1, book 8, number 394, Khan)

Kyk ook Muhammad’s perfect memory?

Dit is dus duidelik dat die bewaring van Mohammed se boodskap baie kontroversieel is en hoegenaamd nie so goed bewaar is soos Allah in Sura 15:9 gesê het nie.

Die vraag is, as Moslemgeleerdes al hierdie dinge weet, hoekom word daar nog vandag aan Moslems vertel dat die Koran perfek bewaar is?

Vir meer inligting oor die bewaring en betroubaarheid van die Koran, kyk:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui