Die Bybel oor geloofsekerheid

Moslems het nie geloofsekerheid nie. Inteendeel, nie eers Mohammed het geweet of hy goed genoeg sou wees om hemel toe te gaan nie:

Sura 46:8-9 (Meccan) Or do they say, ‘He has forged it’? Say: ‘If I have forged it, you have no power to help me against Allah. He knows very well what you are pressing upon; He suffices as a witness between me and you; He is the All-forgiving, the All-compassionate.’ Say: ‘I am not an innovation among the Messengers, and I know not what shall be done with me or with you. I only follow what is revealed to me; I am only a clear warner.’

Dit is heeltemal anders as die Christelike geloof waar gelowiges sekerheid het oor hulle redding. Hier volg ’n paar verse uit die Bybel wat aan gelowiges sekerheid gee:

Johannes 1

(12) Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

Johannes 5

(24)“Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

Johannes 14

(6)Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. (7)As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”

Romeine 8

(14)Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. … (38)Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte (39)of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Romeine 10

(9)As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. (10)Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. (11)Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” (12)“Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of ’n mens ’n Jood of ’n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, (13)want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Filippense 1

(6)Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Filippense 3

(9)en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ’n mens in Hom glo.

Hebreërs 4

(11)Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie.

Hebreërs 6

(18)Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. (19)Hierdie hoop besit ons as ’n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. (20)Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.

1 Johannes 5

(13)Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. (14)En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. (15)En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

(19)Ons weet dat ons aan God behoort en dat die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is. (20)En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui