Hoe is die 12 dissipels dood?

Die volgende gee ’n lys van Jesus se 12 dissipels en hoe hulle dood is. Almal behalwe Johannes het as martelare gesterf vir hulle geloof.

Sommige skeptici beweer dat Jesus nie werklik opgestaan het nie en dat die dissipels Jesus se liggaam gesteel het. Dit stem glad nie ooreen met die feit dat al die dissipels (behalwe Johannes) ’n martelaarsdood gesterf het vir hierdie “leuen” nie. Sou die dissipels werklik bereid wees om te sterf vir die Evangelie van Christus, selfs meer as 30 jaar nadat hulle kwansuis Jesus se liggaam gesteel het? Baie onwaarskynlik!

Die dissipels word gegee in Matteus 10, Markus 3:14-19, Lukas 6:13-16 en Handelinge 1:18-26. Die Engelse name word in krulhakies gegee.

Dissipels

“I know the resurrection is a fact, and Watergate proved it to me. How? Because 12 men testified they had seen Jesus raised from the dead, then they proclaimed that truth for 40 years, never once denying it. Everyone was beaten, tortured, stoned and put in prison. They would not have endured that if it weren’t true. Watergate embroiled 12 of the most powerful men in the world – and they couldn’t keep a lie for three weeks. You’re telling me 12 apostles could keep a lie for 40 years? Absolutely impossible.”
– Charles W Colson

1. Petrus (Simon) (broer van Andreas) {Peter}

Hy was ongeveer 66 nC ’n martelaar in Rome gedurende die bewind van keiser Nero. Na bewering het Petrus gevra om onderstebo gekruisig te word omdat hy nie gelyk aan Jesus gestel wou word nie. Jesus het twee keer voorspel dat Petrus ’n martelaarsdood sou sterf (Johannes 13:36 en 21:18-19). Kyk ook Petrus se dood.

2. Andreas (broer van Simon Petrus) {Andrew}

Hy is na bewering gekruisig.

3. Jakobus (seun van Sebedeus, broer van Johannes) {James}

Volgens Handelinge 12:1-19 is Jakobus op bevel van Herodus, met ’n swaard doodgemaak. Kyk ook Matteus 20:20-23 en Markus 10:35-39.

4. Johannes (seun van Sebedeus, broer van Jakobus) {John}

Johannes was die enigste oorspronklike dissipel wat nie ’n geweldadige dood gesterf het nie. Hy het in Patmos gesterf ongeveer 100 nC.

5. Filippus {Philip}

Hy is in die Egiptiese stad Heliopolis geslaan, in die gevangenis gegooi en in 54 nC gekruisig.

6. Bartlomeus {Bartholomew}

Hy is in Indië doodgemaak. Daar is twee weergawes:

  1. Ongeduldige afgodsdienaars het hom geslaan en toe gekruisig.
  2. Hy is lewendig geslag en onthoof.

“Die dissipels se gewilligheid om te ly en te sterf vir hul oortuigings, dui daarop dat hulle daardie oortuigings waarlik as waar beskou het. Die saak is sterk dat hulle nie opsetlik oor die verskynings van die opgestane Jesus gelieg het nie. Leuenaars maak swak martelare.” – Gary Habermas & Michael Licona

7. Tomas {Thomas}

Is met ’n spies doodgemaak in Indië.

8. Matteus (die tollenaar) {Matthew}

Hy het in Etiopië gesterf waar hy vermoedelik in die rug gesteek is deur ’n swaardvegter wat deur koning Hertacus gestuur is, nadat hy die koning se sedes gekritiseer het.

9. Jakobus, seun van Alfeus {James the son of Alphaeus}

Op 94-jarige ouderdom is hy deur vervolgers geslaan en gestenig, en daarna is hy vermoor deur hom met ’n knuppel oor die kop te slaan.

10. Taddeus (Lebbeus / Judas), seun van Jakobus {Thaddaeus / Lebbaeus / Judas / Jude}

Volgens baie stories is hy gekruisig by Edessa in 72 nC.

11. Simon die fanatikus / Kananeër / Seloot / Yweraar {Simon who was called the Zealot}

Hy is in England gekruisig 74 nC.

12. Mattias (vervang vir Judas Iskariot) {Matthias}

Hy is in Sirië verbrand.

Ander

Paulus {Paul}

Soos Petrus was hy ongeveer 66 nC ’n martelaar in Rome gedurende die bewind van keiser Nero. Hy is onthoof.

Lukas {Luke}

Hy was ’n Griekssprekende mediese dokter en is in Griekeland gehang juis omdat hy so dikwels vir die verlorenes gepreek het.

*********

Vandag word hierdie feite as een van die belangrikste bewyse voorgehou dat Jesus werklik uit die dood opgestaan het. Die vraag is: het God nie juis toegelaat dat hierdie mense op wreedaardige manier te sterwe moes kom om vandag vir ons as getuienis te dien nie?

Babylon Bee is soms geneig om die grense te rek, maar die volgende video wys hoe belaglik die hipotese is dat die dissipels Jesus se liggaam gesteel het.

If Jesus’ Resurrection Were A Hoax (30 Mar 2023, Babylon Bee)

Bronne

4 thoughts on “Hoe is die 12 dissipels dood?”

  1. It is very important to the believers to know these scriptures of how these important apostles secrifice there lives for the church praise the name of Jesus be blessed

  2. Baie goed om te weet hoe is elke dissipel van Jesus om die lewe gebring. Johannes is al een wat nie wreed vermoor is of op ’n kruis gehang nie, maar aan wat is hy oorlede? Ouderdom dalk, of ’n siekte?

    1. Johannes die geliefde dissipel van Jesus Christus, is wel dood aan “natuurlike oorsake” en of dalk ouderdom verwante oorsake.
      Die Bybel geskiedenis lees ons dat “AL” die dissipels van Jesus Christus vervolg en gemartel was vir hulle geloof, Johannes was ook nie gespaar nie. Hy was tydens ‘n vervolging na Rome geneem en in [‘n pot] kokende olie gegooi, maar die olie het hom geen skade aan gerig nie. Die Here het hom bewaar net soos Daniel {in die leeukuil} en sy drie vriende {in die vuuroond} ook bewaar was. {Johannes die geliefde dissipel was deur God beskerm sodat hy die laaste Bybel boeke kon skryf.} Die keiser het, omdat Johannes nie in die kokende olie gesterf het nie, hom [Johannes] na die eiland Patmos verban soos die Bybel ons leer, daar het Johannes eers “Openbaring” geskryf ongeveer in 86nC. en daarna die 1, 2, 3 Johannes briewe asook die “Johannes evangelie”. Hy het vermoedelik al die dissipels oorleef en het gesterf ongeveer in die jaar 98 nC. oud en afgeleef.

  3. Wat wel hier net weer opkom, is dat daar baie keer ‘n Toyota-tipe evangelie verkondig word: Alles loop reg altyd reg.

    Hier lees ons net weer dat dit nie so is nie. Aanvalle gaan kom, seisoene gaan verander, uitdagings word net meer. Ek beleef dit in my eie lewe en sien dit in ander Christene se lewens ook. Deur dit alles, kan ons getuig, God is en bly goed. God bly voorsien. Blessings!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui