Dink jy dat jy ’n goeie mens is?

(For the English version, see Do you think you’re a good person below)

Kyk ook:

Die volgende is ’n fiktiewe gesprek tussen twee persone wat wys dat ons almal sondaars is en dat alle mense slegs gered kan word deur God se genade en geloof in Jesus.

Dink jy dat jy ’n goeie mens is?

Persoon B: Ja. Ek dink ek is ’n goeie mens!

Mag ek jou ’n paar vrae vra om te sien of jy ’n goeie mens?

Nou, die tien gebooie vertel vir ons hoe ons moet leef. Dit sê …

JY MAG NIE STEEL[1]

Het jy al ooit iets gesteel? Iets geneem wat nie aan jou behoort nie, maak nie saak hoe klein dit was nie?

Persoon B: Ja

Wat maak dit jou?

Persoon B: ‘N DIEF.

JY MAG NIE VALS GETUIENIS TEEN ’n ANDER GEE NIE[2]

Het jy al ooit ’n leuen vertel? Selfs ’n wit leuen? Wat van oneerlikheid in besigheid of jou werk?

Persoon B: Ja, ek het.

Wat maak dit jou?

Persoon B: ‘N LEUENAAR.

JY MAG NIE EGBREEK PLEEG NIE[3]

Het jy al ooit na ’n vrou met wellus gekyk? Die Here Jesus het gesê dat as jy na ’n ander vrou met begeerte kyk, jy reeds owerspel in jou hart pleeg.[4] Nie net is seks voor of buite die huwelik (manlik en vroulik alleen) sonde teen God nie, maar ook begeerte na wellus en onbehoorlike beeldmateriaal[4].

Persoon B: Ja

Wat maak dit jou?

Persoon B: ‘N EGBREKER!

JY MAG NIE MOORD PLEEG NIE[5]

Het jy ’n gevoel van haat teenoor ’n ander persoon?

Persoon B: Ja, ek het!

Die Woord van God sê selfs as jy jou naaste haat is jy … ‘N MOORDENAAR![5]

Haat wat oorheers het in Kain se lewe, het hom daartoe gelei om sy broer Abel dood te maak.

JY MAG NIE MY NAAM YDELLIK GEBRUIK NIE[6]

Het jy al ooit die naam van God of Jesus ydellik gebruik? As ’n vloekwoord wanneer jy kwaad of gefrustreerd was? Dit is bekend as laster.

Persoon B: Ja.

Wat maak dit jou?

Persoon B: ‘N GODSLASTERAAR.

Jy is dus ’n selferkende dief, ’n leuenaar, ’n egbreker, ’n moordenaar en ’n godslasteraar en dit is jy van nature! As jy God se wet een keer ’n dag verbreek, is dit gelyk aan 30 keer per maand, 365 keer ’n jaar en van die ouderdom 10 tot 60 = 365×50 = 18 250 keer! Trouens, as jy slegs in een opsig struikel, dan is jy reeds skuldig ten opsigte van al die gebooie (Jakobus 2:10). Dink jy nogsteeds dat jy ’n goeie mens is?

Wanneer jy eendag voor God by die Groot Wit Troon van Oordeel staan[7], wat sal die uitspraak wees vir die oortreding van Sy heilige wet – die Tien Gebooie? Skuldig of onskuldig?[8]

Persoon B: Beslis skuldig! Ek ken myself.

JA, en net soos enige goeie regter op aarde geen misdaad kan verskoon of ignoreer nie, so sal die ALMAGTIGE GOD niemand verskoon vir die oortreding van Sy heilige wet nie.

  • “Daar rus ’n vloek op elkeen wat nie stiptelik alles doen wat in die boek van die wet geskrywe staan nie.”[9]
  • “…deur die wet leer ’n mens wat sonde is.”[10]

Dink jy ’n regter op aarde sal regverdig en goed wees as hy ’n skuldige persoon in die hof vry laat gaan? Of, kan hy ’n persoon vrylaat wat sê: “Ek is jammer”?

Persoon B: Natuurlik nie! Die wet is gebreek. Daar moet gestraf word. Om ’n goeie burger te wees sal nie help om my te bevry van my skuld nie.

WAAR! Ook sal die ALMAGTIGE GOD nie toelaat dat een van Sy geskape kinders vrygeskeld word wat gesondig het deur Sy heilige wet te breek of te verontagsaam nie! “…want Hy het ’n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur ’n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan. “[11]

“… God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dood by Sy verskyning en Sy koninkryk … sal oordeel”[12]

Die straf vir die sonde en vir die oortreding van God se wet is die tweede dood[13] – ewige skeiding van God se teenwoordigheid vir ewig in die poel van vuur![14] Ons besef die erns van ’n misdryf wanneer ons kyk na die straf wat dit kry.

Liewe vriend, jy sal veroordeel word tot die ewige verdoemenis in die poel van vuur, as jy aanhou om te lewe in jou sonde en dan in jou sonde sterwe. Al die leuenaars, diewe, godslasteraars, egbrekers, moordenaars ens sal hulle plek in die poel van vuur kry.[15]

GOD is regverdig, heilig en ewig. Dit is waarom die straf in ooreenstemming met Sy karakter moet wees. “Sal die regter van die hele aarde dan nie reg laat geskied nie?”[16]

GOEIE NUUS

Weet jy wat God in sy GENADE[17] en ONTFERMING[18] vir jou gedoen het sodat jy nie voor die groot wit troon van oordeel vir ewig tot die verdoemenis veroordeel word nie?

Persoon B: Nee, vertel my asseblief. Wat het hy gedoen?

Iemand wat onskuldig is[19] van die verbreking van God se wet, het jou sonde en skuld op Homself geneem[20]. Hy het vir jou gesterf, jou straf op Homself geneem en daardeur die geregtigheid van God en die eise van die wet bevredig[21].

Persoon B: Wie is Hy?

Die wet van Moses, die Psalms en die Profete het voorspel dat die Messias sou kom. God die Seun[22], die Here Jesus Christus, het Sy hemelse heerlikheid opgegee, is uit ’n maagd gebore[23], het ’n sondelose lewe gelei, het die perfekte wil van God gedoen, het Sy lewe aan die kruis vir jou neergelê en is op die derde dag uit die dood opgewek[24]. Hy het teruggegaan na die hemel om aan die regterhand van God te sit, van waar Hy sal terugkeer[25] om die lewende en die dode te oordeel en Sy koninkryk vir ewig te vestig[26].

Persoon B: Wat moet ek doen?

– BELY

Draai weg en verlaat jou sondige lewenswyse[27]. Verander jou denke oor jouself = jy is skuldig en is dus ’n verlore sondaar.

– ERKEN

Opregte belydenis van jou sondes aan God wat alle geheime ken[28].

– VERTROU

deur die geloof in dit wat die Here Jesus Christus vir jou aan die kruis gedoen het. Glo in Hom alleen vir redding. Draai weg van die afgode en vertrou Hom as Here en Verlosser.

Hy belowe om jou die volgende te gee:

* Verklaar dat jy nie skuldig is nie[29],

* Vergifnis van jou sonde[30],

* Versekering van verlossing[31],

* Die nuwe geboorte[32],

* Versoening met Homself[33],

* Bevry jou van die mag en straf van sonde[34], en

* Die ewige lewe[35].

Persoon B: Heilige, regverdige en barmhartige God. Ek erken dat ek ’n verlore sondaar is en dat ek nie myself kan red nie. Ek het U wet verontagsaam. Ek bely my sondes en bid vir vergifnis. Ek is bereid om van my sonde weg te draai. Ek glo dat die Here Jesus die enigste Verlosser van sonde en die ewige oordeel is. Red my asseblief van my sonde. Ek sal U volg en U Woord gehoorsaam. In Sy naam bid ek. Amen

“Jy sal … My vind as julle na My vra met julle hele hart.” – Deut. 4:29

“Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.” – Heb. 10:31

“Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sê die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.” – Eseg. 18:32

SKRIFVERWYSINGS UIT DIE WOORD VAN GOD

(Die 66 boeke van die Bybel):

[1]Eksodus 20:15 (8ste gebod)

[2]Eksodus 20:16 (9nde gebod); 2 Konings 5:20-27; Handelinge 5:1-11

[3]Eksodus 20:14 (7nde gebod)

[4]Matteus 5:27-32; Hebreërs 13:04

[5]Eks. 20:13 (6de gebod), 1 Johannes 3:15,12

[6]Eks. 20:7 (3de gebod)

[7]Openbaring 20:11-15

[8]Romeine 3:19-20; Markus 7:21-23

[9]Galasiërs 3:10

[10] Romeine 3:20; 7:7

[11] Handelinge 17:30,31

[12] 2 Timoteus 4:1; Handelinge 24:25

[13] Romeine 1:29-32; 5:12-21

[14] 2 Tessalonisense 1:7-9

[15] Johannes 8:24; Openbaring 21:8,27; 22:15

[16] Genesis 18:25; 1 Timoteus 6:14-16

[17] Efesiërs 1:7; 2:4-5

[18] Titus 3:3-7

[19] 2 Korintiërs 5:21

[20] Jesaja 53:5-6; Romeine 4:25

[21]Galasiërs 3:13; Romeine 3:23-28

[22] Eksodus 12:1-13; 1 Petrus 1:18-21; Numeri 24:17; Lukas 1:32-33; Daniël 9:25-26; 1 Korintiërs 15:3-8; Lukas 24:44-48

[23] Matteus 1:18-23; Jesaja 7:14

[24] Lukas 24:46-47; Filippense 2:6-11

[25] Lukas 21:25-33

[26] Matteus 25:31-34

[27] Handelinge 17:30-31

[28] Psalm 32:5; Spreuke 28:13

[29] Romeine 5:1,9

[30] Kolossense 1:14,21

[31] 1 Johannes 5:11-13; Romeine 8:16

[32] Johannes 3:3; Titus 3:4-7

[33] 2 Korintiërs 5:18-20

[34] Romeine 8:1-4; Galasiërs 5:24-25

[35] Titus 1:2; Johannes 5:24; 6:40; Lukas 16:19-31; Johannes 5:28-29

AS JY INDERDAAD TOT BEKERING GEKOM HET EN DIE VERSEKERING VAN VERLOSSING ONDERVIND:

1. Bestudeer die Bybel daagliks en wees daaraan gehoorsaam: 1 Petus 2:1-3; Jakobus 1:19-27; 2 Petrus 1:19-21; Psalm 119:9-11,133

2. Bid tot jou Hemelse Vader: Matteus 6:5-15; 1 Petrus 4:7; 1 Timoteus 2:1-6.

3. Leef ’n suiwer en eerlike lewe: 1 Tessalonisense 4:3-8; Efesiërs 4:17-32; 5:1-21.

4. Vernuwe jou gedagtes oor die daaglikse lewe: Jakobus 1:2-18; Kolossense 3:1-25; 4:1-6.

5. Vertel ander van die komende oordeel en die Verlosser: 2 Tessalonisense 1:7-9, Lukas 12:2,4-9; 1 Petrus 4:12-19; ??Lukas 24:44-48.

6. Volhard totdat Hy weer kom: Lukas 9:23-26; Hebreërs 10:32-39; Lukas 21:34-36; Romeine 13:8-14; 1 Johannes 2:15-17,28; 1 ??Tessalonisense 1:9-10

********************************

DO YOU THINK YOU’RE A GOOD PERSON?

Person B: Yes. I think I am a good person!

May I ask you a few questions to see whether you are a good person?

Now, the TEN COMMANDMENTS tell us how we must live. It says …

YOU SHALL NOT STEAL[1]

Have you ever stolen something? Taken anything that does not belong to you, no matter how small?

Person B: Yes

What does that make you?

Person B: A THIEF.

YOU SHALL NOT LIE[2]

Have you ever told a lie? Even a white lie? What about dishonesty in business or work?

Person B: Yes, I have.

What does that make you?

Person B: A LIER.

YOU SHALL NOT COMMIT ADULTERY[3]

Have you ever looked at any woman with lust? The Lord Jesus said if you look at another woman with lust, you have already committed adultery in your heart.[4] Not only is sex before or outside marriage (male and female only) sin against God, but also lust in the heart and certain things your eyes feast upon[4].

Person B: Yes

What does that make you?

Person B: AN ADULTERER!

YOU SHALL NOT MURDER[5]

Do you have feelings of hatred towards another person?

Person B: Yes, I have!

The Word of God says even if you hate your fellowman you’re … A MURDERER![5]

Hatred that dominated Kain’s life, led him to murder his brother Abel.

YOU SHALL NOT USE MY NAME IN VAIN[6]

Have you ever used the name of God or Jesus in vain? As a curse word when angry or frustrated? It’s called blasphemy.

Person B: Yes.

What does that make you?

Person B: A BLASPHEMER.

By your own admission, you are a thief, a liar, an adulterer and murderer at heart and a blasphemer! If you break God’s law once a day, it equals 28 times a month, 336 a year and from age 10 to 60 = 16 800 times! Do you still think you are such a good person?

When you one day stand before God at the Great White Throne Judgment[7], what will the verdict be for breaking His holy Law – the Ten Commandments? Guilty or not guilty?[8]

Person B: Definitely guilty! I know myself.

YES, and the same as any good judge on earth can’t excuse or overlook any crime, so ALMIGHTY GOD won’t excuse anyone for breaking His holy law.

  • “Cursed is everyone who does not continue to do everything written in the Book of the Law.”[9]
  • “By the Law is the knowledge of sin.”[10]

Do you think a judge on earth will be just and good if he lets a guilty person in court go free? Or, can he let that person go free who says “I am sorry”?

Person B: Of course not! The law has been broken. There must be punishment. Being a good citizen won’t help free me from my guilt.

TRUE! Neither will ALMIGHTY GOD let anyone of His created ones go free who have sinned by breaking and disobeying His holy Law! For “He has set a day when He will judge the world with justice by the Man he has appointed. He has given proof of this to all men by raising Him from the dead.”[11]

“… God and the Lord Jesus Christ, who will judge the living and the dead at His appearing and His kingdom … “[12]

The penalty of sin and for breaking God’s law is the second death[13] – eternal separation from God’s presence forever in the lake of fire![14] We realise the seriousness of an offence when we look at the punishment it gets.

Dear friend, you will be sentenced to eternal damnation in the lake of fire, if you continue to live in your sins and then die in your sin. All liars, thieves, blasphemers, adulterers, murderers etc. will have their place in the lake of fire.[15]

GOD is just, holy and eternal. That is why the punishment must be in accordance with His character. “Shall not the Judge of all the earth do right?”[16]

GOOD NEWS

Do you know what God in his MERCY[17] and GRACE[18] has done for you not to face Him at the great white throne judgment and be damned forever?

Person B: No, please tell me. What did He do?

Someone who is innocent[19] of breaking God’s law, had to take your sin and guilt on Himself[20]. He died for you, took your penalty on Himself and thereby satisfied the justice of God and the demands of the law[21].

Person B: Who is He?

The law of Moses, the Psalms and the prophets foretold that the Messiah (Yeshuah Ha Mashiach Nagid) would come. God the Son[22], the Lord Jesus Christ, gave up his heavenly glory, was born of a virgin[23], lived a sinless life, did the perfect will of God, laid down His life for you on the cross and was risen[24] on the third day from death. He went back to heaven to sit at the right hand of God, from where He will return[25] to judge the living and the dead and set up His kingdom forever[26].

Person B: What shall I do?

– REPENT

Turn away from and leave your sinful lifestyle[27]. Change your thinking about yourself = you’re guilty and therefore a lost sinner.

– CONFESS

Sincere confession of your sins to God who knows all secrets[28].

– TRUST

by faith in what the Lord Jesus Christ did for you on the cross. Believe in Him alone for salvation. Turn from idols and trust Him as Lord and Saviour.

He promises:

* to declare you not guilty[29],

* to forgive your sin[30],

* give you assurance of salvation[31],

* the new birth[32],

* reconcile you with Himself[33],

* free you from the power and penalty of sin[34], and

* give you eternal life[35].

Person B: Holy, righteous and merciful God. I admit that I am a lost sinner and can’t save myself. I disobeyed your Law. I confess my sins and pray for forgiveness. I am willing to turn from sin. I believe the Lord Jesus is the only Saviour from sin and eternal judgment. Save me from my sin. I will follow Him and obey His word. In His name I pray. Amen

“You will… find Me when you seek Me with all your heart.” – Deut. 4:29

“It is a dreadful thing to fall into the hands of the living God.” – Heb. 10:31

“For I have no pleasure in the death (eternal wrath in the Jake of fire) of the one who dies,” says the Lord God. “Therefore turn and live!” – Ezek. 18:32

SCRIPTURE REFERENCES FROM THE WORD OF GOD

(the 66 books of the Bible):

[1] Ex. 20:3-7,12-17

[2] Ex. 20:16; 2 Kings 5:20-27; Acts 5:1-11

[3] Ex. 20:14

[4] Matt 5:27-32; Heb. 13:4

[5] Ex. 20:13; 1 John 3:15,12

[6] Ex. 20:7

[7] Rev. 20:11-15

[8] Rom. 3:19-20; Mark 7:21-23

[9] Gal. 3:10

[10] Rom. 3:20; 7:7

[11] Acts 17:30,31

[12] 2 Tim. 4:1; Acts 24:25

[13] Rom. 1:29-32; 5:12-21

[14] 2 Thess. 1:7-9

[15] John 8:24; Rev. 21:8,27; 22:15

[16] Gen. 18:25; 1 Tim. 6:14-16

[17] Eph. 1:7; 2:4,5

[18] Titus 3:3-7

[19] 2 Cor. 5:21

[20] Isaiah 53:5,6; Rom. 4:25

[21] Gal. 3:13; Rom. 3:23-28

[22] Ex. 12:1-13; 1 Pet. 1:18-21; Num. 24:17; Luke 1:32-33; Dan. 9:25-26; 1 Cor. 15:3-8; Luke 24:44-48

[23] Matt 1:18-23; Isaiah 7:14

[24] Luke 24:46-47; Phil. 2:6-11

[25] Luke 21:25-33

[26] Matt 25:31-34

[27] Acts 17:30-31

[28] Ps. 32:5; Prov. 28:13

[29] Rom. 5:1,9

[30] Col. 1:14,21

[31] 1 John 5:11-13; Rom. 8:16

[32] John 3:3; Titus 3:4-7

[33] 2 Cor. 5:18-20

[34] Rom. 8:1-4; Gal. 5:24-25

[35] Titus 1:2; John 5:24; 6:40; Luke 16:19-31; John 5:28-29

IF YOU HAVE INDEED REPENTED AND EXPERIENCE ASSURANCE OF SALVATION:

1. Study and obey the Bible daily: 1 Pet. 2:1-3; James 1:19-27; 2 Pet. 1:19-21; Ps. 119:9-11,133

2. Pray to your heavenly Father: Matt. 6:5-15; 1 Pet. 4:7; 1 Tim. 2:1-6.

3. Live a pure and honest life: 1 Thess. 4:3-8; Eph. 4:17-32; 5:1-21.

4. Renew your mind about daily living: James 1:2-18; Col. 3:1-25; 4:1-6.

5. Tell others about the coming judgment and the Saviour: 2 Thess. 1:7-9; Luke 12:2.4-9; 1 Pet. 4:12-19; Luke 24:44-48.

6. Persevere until He comes again: Luke 9:23-26; Heb. 10:32-39; Luke 21:34-36; Rom. 13:8-14; 1 John 2:15-17,28; 1 Thess. 1:9-10

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui