Tans aktueel

GlodieBybel visie

GlodieBybel is onbeskaamd in sy strewe om ’n konsekwente Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in die samelewing te bevorder. GlodieBybel sien dit as Christene se roeping om God te verheerlik, deur liggaam, siel en verstand onder die heerskappy van Christus te stel.

GlodieBybel ervaar dat daar selfs binne die kerk, mense is wat wetend of onwetend, kompromieë aangaan met die wêreldse tydsgees in sy verskillende gestaltes en so die eer van God aantas.

GlodieBybel wil hierdie afvallige tendense aan die lig bring en apologeties optree in belang van die Waarheid soos God dit aan ons geopenbaar het.

GlodieBybel stel hom ten doel om in hierdie debatvoering, Christus te verheerlik, deur te bly by “alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is (Filippense 4:8).

Waar GlodieBybel nie daarin slaag om te voldoen aan hierdie selfopgelegte voorneme nie, sal ek graag daarop gewys wil word.

Kort artikels

Skepping vs evolusie