Lys van leerdwaling aanklagtes

Die volgende is ’n lys van leerdwaling aanklagtes:

Hierdie lys is nie volledig nie.

Jy is meer as welkom om nog tugsake in die kommentaar onderaan te noem.

Vroeg 1900’s: Johannes du Plessis

Kyk Wie is Johannes die Plessis?

1990s: Louis Jonker

Klagte: Die hele Skrifgedeelte van Genesis 1-11 is mitiese stof.

Aanklaer: Pieter Pelser

Kyk ook:

2000: Ben du Toit

Klagte: Dinge wat gesê word in sy boek

Aanklaer: ?

Kyk ook:

Ongeveer 2003: Sakkie Spangenberg

Twee klagtes van leerdwaling word teen Sakkie ingebring.

Die eerste klagte is onsuksesvol.

In die middel van die tweede klagte, waarin hy aangekla word dat hy die leer oor die Drie-eenheid bevraagteken, bedank hy self uit die NG Kerk.

Kyk Sakkie Spangenberg.

Ongeveer 2005: Anton van Niekerk

Klagte: Dinge wat gesê word in sy boek, Om eietyds te glo: credo van ‘n onseker gelowige

Resultaat: Onskuldig

Kyk ook:

2006: Jurie le Roux

Klagte: Bevraagteken Jesus se liggaamlike opstanding

Aanklaer: Ferdie Mulder

Resultaat: Onskuldig. Die Ring van Pretoria-Oos het onder ander die volgende bevind:

“Dit was vir die kommissie duidelik dat prof Le Roux nie van die hermeneutiese verstaanraamwerk, soos neergelê deur die Algemene Sinode (1998, 2000 en 2002) rakende: Die Gesag Van Die Skrif, Belydenisskrifte As Historiese Dokumente, Die Messiaanse Tekste, Die Verstaan En Funksie Van Die Ou Testament In Die Kerk, afgewyk het nie”

(Uit Kerk se onreg teen Ferdie Mulder en Ring van Pretoria-Oos Bevinding van ondersoekkommissie oor klag teen Prof. Jurie Le Roux).

Kyk ook:

2006: Julian Müller

Aanklaer: Ferdie Mulder

Resultaat: Onskuldig.

Die kommissie het in die aanhoor en bestudering van die klagte en die verweer, deurlopend rekening gehou met die besluite van die Algemene Sinodes (1998, 2000, 2002) rakende die gesag van die Skrif en die Belydenisskrifte as historiese dokumente. … Die kommissie is van oordeel dat prof Müller in sy taak as teoloog hom kan beroep op die uitsprake van die Algemene Sinode. Dit is duidelik dat die Sinode in sy uitsprake oor skrifgesag en belydenisskrifte ‘n brug bou tussen “die tradisie” en “kritiese geloofsverantwoording.”

2006: Dirk Human

Aanklaer: Ferdie Mulder

Resultaat: Onskuldig.

2006: Louis Jonker

Volgens Neels Jackson se berig van 20 Mei 2002 in Beeld antwoord Louis Jonker soos volg op ’n vraag deur Frits Gaum:

Frits: Jy praat van die léwende Here, die léwende Christus, Louis. Maar sê nou Jesus het nie uit die dood opgestaan nie?

Louis: As wat jy nou vra, sou beteken dat Jesus dalk nie fisies uit die dood opgestaan het nie, sou dit steeds geen probleem vir my geloof skep nie. God se menswording het volledig plaasgevind. Dit het begin deurdat God as baba uit ’n vrou gebore is, en het geëindig deurdat God as mens aan die kruis gesterf het. Tussen Kersfees en Goeie Vrydag bewys God volledig aan ons God se gesindheid teenoor ons! Wat ons ná Goeie Vrydag probeer sê, bly altyd voorlopig weens ons gebrekkige insig. As dit sou blyk dat Jesus nie fisies uit die dood opgestaan het nie, neem dit niks weg nie van die feit dat ek God ná God se menswording as lewende Here kan bely, ervaar en uitleef deur ’n lewe van geloof” (Gaum 2004:25-6)

(Uit Die ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood – ’n Teologiese agtergrond)

Hieroor word hy aangekla, maar onskuldig bevind.

Kyk ook:

Ongeveer 2008: Izak du Plessis

Izak is aangekla deur lidmate nadat hulle besef het dat sy Godsbeskouiing uiters vaag was. Hy het die klag suksesvol afgeweer, selfs al moes hy gebruik maak van sy reg om te swyg. Op die ou einde het hy uit die NG Kerk bedank en eintlik erken dat die klag teen hom geregverdig was. Hy het ook ’n bydrae gemaak in die boek Hier staan ek … (2011).

Kyk Izak du Plessis.

2013: Ben du Toit

Klagte: Ben du Toit verbreek sy legitimasie-eed omdat hy die bestaan van die duiwel ontken

Aanklaer: Wynand Louw

Resultaat: Omdat die NG Kerk amptelik in 2011 ruimte gemaak het vir mense wat nie aan die duiwel glo nie, is hy onskuldig bevind.

Kyk ook:

2019: Riaan de Villiers

Klagte: Universalisme

Aanklaer: Rheiner Nel

Resultaat: Uitspraak nog nie gefinaliseer nie.

Kyk ook:

2022: Peter Nagel

Klagte: Bevraagteken Godheid van Jesus

Aanklaer: Chris van Wyk

Resultaat: Legitimasie aanvanklik opgeskort, maar weer herstel nadat hy homself weer tot sy legitimasie-eed verbind het.

Kyk ook:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui