Die NG Kerk en aborsie

Die volgende gee ’n opsomming van die geskiedenis van aborsiebesluite in die NG Kerk.

*******

Inhoudsopgawe: 1986, 1994, 2002, 2019, 2021

1986

Tydens die Algemene Sinode van 1986 dien die verslag van die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake. Daarin word onder andere gesê:

Die Algemene Sinode doen ’n beroep op die owerheid om nie die wetgewing te wysig ten einde die uitvoering van aborsies te vergemaklik nie.

5.1 “Die Sinode besluit dat, aangesien die omstandighede vir aborsie “in hoogs uitsonderlike gevalle” nie uitgespel is nie, die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake versoek word om ’n kommissie saam te stel, waarin ook vakkundiges behoort te wees, om hieraan aandag te gee vir voorlegging aan die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake met die oog op finale afhandeling.

Kyk 1986 NGK besluit: Aborsie.

1994

Tydens die Algemene Sinode van 1994 verskyn die volgende in die agenda:

Die Sinode bevind, in die lig van die Skrifgegewens en die stand van wetenskaplike gegewens, dat aborsie ontoelaatbaar is. In die hoogs uitsonderlike gevalle van volkome onafwendbaarheid, bly dit nog steeds ’n saak wat nie volgens God se geopenbaarde wil is nie en daarom slegs met diepe worsteling, skuldbelydenis, pyn en onder felle protes aanvaar kan word.

Dus word daar baie versigtig ruimte gemaak vir aborsie in baie uitsonderlike gevalle.

Daar word kennis hiervan geneem. Geen besluit word geneem nie.

Kyk 1994 NGK besluit: Aborsie.

2002

Aborsie is weer op die agenda, maar die behoudende besluite van die verlede word bevestig. Dus word geen nuwe besluite geneem nie. Kyk 2002 NGK besluit: Aborsie.

2019

Tydens die Algemene Sinode word ATLAS versoek om navorsing te doen oor aborsie deur middel van ’n inklusiewe en deelnemende proses. Kyk 2019 NGK besluit: Aborsie

2021

Tydens ’n RSG-onderhoud het Nadia Marias, teologiese dosent aan die Universiteit Stellenbosch, ’n standpunt ingeneem ten gunste van aborsie. Dit was gedoen onder die vaandel van vroueregte.

Kyk RSG: NG Kerk teologiese dosent is pro-aborsie (13 Sep 2021)

2023

Na aanleiding van die besluit in 2019 om meer navorsing oor aborsie te doen, versprei ATLAS ‘n gespreksdokument oor aborsie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui