Geskiedenis van die Bybel

Die woord “Bybel” kom van dieselfde Griekse basis as “papirus”. Papirus is materiaal waarop van die eerste boeke van die Bybel oorspronklik geskryf is.

Die Bybel bestaan uit 66 boeke: 39 in die Ou Testament en 27 in die Nuwe Testament.

Daar is ook 14 apokriewe boeke wat nie in die Bybel opgeneem is nie.

Die oudste afskrifte van die Nuwe Testament wat vandag bestaan, is:

  • Codex Alexandrius
  • Codex Sinaiticus in die Britse Museumbiblioteek in Londen
  • Codex Vaticanus in die Vatikaan

Hulle dateer terug na ongeveer die 300’s nC.

Jaar Beskrywing
4004 vC Skepping
1491 vC God skryf die 10 gebooie met Sy vinger[i]
1400(?)
-400 vC
Boeke van die Hebreeuse Ou Testament word geskryf.[ii]
500 vC Ou Testament in Hebreeus word afgehandel.
200 vC Die Griekse vertaling van die Ou Testament, die Septuagint, word gefinaliseer.
45-85(?) Boeke van die Griekse Nuwe Testament word geskryf.
90 &
118
Konsilie van Jamnia bevestig die Ou Testamentiese kanon van 39 boeke (dus apokriewe boeke uitgesluit).
1ste eeu nC Die 27 boeke van die Nuwe Testament word afgehandel (in Grieks op papirus). Die voorwaarde vir die insluiting van ’n boek in die Nuwe Testament is dat dit geskryf is deur óf ’n apostel (iemand wat ooggetuie was van Jesus se opstanding) óf iemand wat dit van ’n apostel neergeskryf het.
200 Origenis (geleerde en vroë Christelike teoloog) gebruik alreeds die 27 boeke van die Nuwe Testament, alhoewel daar nog nie 100% sekerheid is oor Hebreërs, Jakobus, 2 Petrus, 2 Johannes, 3 Johannes en Openbaring.[iii]
367 Attanasius (biskop van Alexandrië): Gee in ’n brief erkenning dat die 27 boeke van die Nuwe Testament algemene gebruik is in die kerk.[iv]
382 St. Jerome vertaal die Bybel vanaf Grieks in Latyns in opdrag van Pous Damasus (dit word die Latynse Vulgaat). Die Romeine (in Italië) praat Latyns. Dit bestaan uit 80 boeke: 39 OT +27 NT + 14 Apokriewe boeke. Langs die 14 apokriewe boeke skryf hy ’n nota: hy weet nie of dit geïnspireerde skrif is en of dit bloot Joodse historiese geskrifte is wat saam met die Ou Testament gekom het nie.
400 Die Rooms-Katolieke Kerk begin met ’n skrikbewind wat ’n 1000 jaar lank sou duur (400 tot 1400 nC). Dit word die Donker- en Middeleeue genoem.
500 Die Bybel is beskikbaar in 500 tale. Dit sou egter nie vir lank so wees nie. Die Rooms-Katolieke Kerk laat nie Bybels in enige ander taal toe nie. Diegene in besit van nie-Latynse geskrifte word tot die dood veroordeel. Die heiliges in kloosters kopieer die Bybel slegs in Latyns.
563 In hierdie donker eeue hou God egter steeds Sy kerk in stand. Op die Skotse Eiland van Iona begin ’n man genaamd Columba, ’n Bybelkollege. Vir die volgende 700 jaar was dit die bron van baie van die nie-Katolieke, evangeliese Bybelonderrig tydens die Donker- en Middeleeue. Die studente van hierdie kollege word “Culdees” genoem, wat “seker vreemdeling” beteken. Die Culdees was ’n geheime organisasie, wat die oorblyfsels van die ware Christelike geloof deur baie eeue lewendig gehou het tot die Protestantse Hervorming.
600 Agv die Rooms-Katolieke kerk se skrikbewind is die Bybel teen 600 nC slegs in een taal beskikbaar, naamlik Latyns. Teen hierdie tyd is die Rooms-Katolieke kerk die enigste georganiseerde en erkende kerk.
651 Die Koran word opgeskryf. Kyk Koran.
1384 Die geheime organisasie van die Culdees kies John Wycliffe om die wêreld uit die Donkereeue te lei. Hy en sy medewerkers vertaal die Bybel (39+27+14=80 boeke) in Engels vanuit Latyns(?????).
1455 Gutenberg ontwikkel die boekdrukkuns. Boekrolle word uitgedien en vervang met boeke wat baie makliker stoor. Die eerste gedrukte boek is die Bybel in Latyns.
1516 Desiderius Erasmus (Nederlandse priester, teoloog, filosoof en skrywer) publiseer die eerste gedrukte uitgawe van die Griekse Nuwe Testament. Oor die loop van sy leeftyd publiseer hy vier uitgawes, wat op verskillende maniere van mekaar verskil. Dit was hierdie Griekse teks wat die lewe van Martin Luther beïnvloed het.
1522 Omdat die Bybel slegs in Latyns beskikbaar is, kon die gewone man op straat nie die Bybel lees nie. Die gevolg was dat die Rooms-Katolieke Kerk ’n vals leer onderrig het met persoonlike finansiële gewin as motief. Martin Luther, ’n Duitse monnik, vertaal die Bybel in Duits. Dit begin die groot protestantse hervorming. Vir die eerste keer word die 14 apokriewe boeke apart van die Bybel gepubliseer.
1526 William Tyndale vertaal die Nuwe Testament in Engels. Hierdie vertaling is die eerste Engelse Bybel wat direk uit die Hebreeuse en Griekse vertaal is en die eerste Engelse Bybel wat voordeel trek uit die drukpers. Hy boet egter met sy lewe daarvoor in 1536.
1527 Desiderius Erasmus publiseer sy vierde uitgawe wat ’n parallelle Bybel is van Grieks, Latynse Vulgaat en Erasmus se Latynse weergawe.
1560 Johannes Calvyn (Franse teoloog en predikant gedurende die Protestantse Hervorming): Hy woon in Geneve in Switserland en skryf die Geneefse Bybel. Vir die eerste keer is daar verse en hoofstukke in die Bybel.
1611 Die King James Bybel sien die lig. Aanvanklik hou die Christene nie van hierdie Bybel nie, omdat hulle glo dat die skrywers nie na die hervorming wou oorkom nie. Shakespear gee egter die King James Bybel status.
1637 Die Hollandse statevertaling of die Statebybel word voltooi in opdrag van die Sinode van Dordrecht. Voorheen is verskillende Bybelvertalings gebruik, selfs die Bybelvertaling van Martin Luther in Hoogduits.
1933 Die eerste Afrikaanse vertaling word gepubliseer. Maak baie van die Statebybel gebruik.
1953 Die 1933 vertaling ondergaan geringe veranderinge om bietjie makliker te lees.
1983 Sekere dele word uitgelaat met voetnotas (Onse Vader, Romeine 8:1)

Voetnotas

[i] Eksodus 31:18

[ii] Kyk Did Moses really write Genesis?

[iii] New Testament (Wikipedia)

[iv] 367 Athanasius Defines the New Testament, Athanasius Lists the New Testament Writings, Athanasius on the Canon

Ander bronne

3 thoughts on “Geskiedenis van die Bybel”

  1. Baie dankie, Daniel! Ek sou net by 1983 byvoeg dat dit nie net so eenvoudig is dat verse uitgelaat is nie. Dis ’n heel nuwe vertaling gebasseer op ouer brontekste (wat jy goed bo verduidelik) wat nie hierdie verse bevat (wat in die Textus Receptus is nie). Ongelukkig het die 1983 vertalers ook besluit om ’n meer dinamiese vertaling te doen (teenoor ’n letterlike vertaling) wat ongelukkig heelwat persoonlike interpretasie laat deursluip het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui