King James Bybel

Sommige Christene glo dat die King James Bybel die mees akkurate vertaling is wat ons het en daarom lees hulle uitsluitlik hierdie vertaling. Dit is egter nie noodwendig waar nie.

Die King James is in die 17de eeu (1611) geskryf en is gebaseer op 6 tot 12 manuskripte nie ouer as die 12de eeu nie (1100-1200 nC). Vandag het ons 5700 Griekse manuskripte, waarvan baie hiervan so vroeg as die 2de eeu (100-200 nC) dateer. Dus kan ’n mens redeneer dat die moderne vertalings meer akkuraat moet wees.

Vir meer hieroor, kyk die twee videos hieronder van Daniel Wallace en James White (beide Christene).

The King James Bible (Daniel Wallace, Youtube)

Dr. James White: Which Bible translation is the most reliable? Episode 1326 (Wretched)

In die artikel Is Your Modern Translation Corrupt? staan:

In 1516 a Roman Catholic scholar and priest, Desiderius Erasmus, published the first printed edition of the Greek New Testament. Over the course of his lifetime four more editions would come out, each differing in various ways from the other. It was this Greek text that influenced the life of Martin Luther. Indeed, all of the Reformers used this text — a point KJV Only advocates often make. We should point out, however, that their choice of the text was not due to anything other than availability. Erasmus’s text was widely published and relatively inexpensive, and hence was easily obtainable.

Waar staan ek?

Ek is verseker nie ’n King James alleen aanhanger nie en ek sal dit nie sommer as my primêre Bybel gebruik nie, vir die volgende redes:

  1. Dit is in Engels. Ek is Afrikaans. Hoekom moet ek die Woord van God in Engels lees as ek dit in Afrikaans kan lees?
  2. Dit lees moeilik (ek vind selfs die Afrikaanse 1953 vertaling redelik moeilik om te lees)
  3. Soos reeds gesê, is dit nie noodwendig die akkuraatste vertaling nie.

Indien ’n mens kon weet dat die King James Bybel wel die akkuraatste Bybel was, sou ek dit moontlik oorweeg het om dit my primêre Bybel te maak.

Ek is egter hoegenaamd nie anti-King James nie. Ek persoonlik gebruik dit steeds om gedeeltes te vergelyk.

Hoekom glo sommige mense dan dat die King James Bybel die mees akkurate vertaling is?

Ek dink hulle glo dat daar ’n samesweerdery aan die gang is om die Woord van God te verdraai. Alhoewel ek nie alle samesweringsteorieë wil afskiet nie, moet ’n mens altyd versigtig daarvoor wees.

Dus, die King James is nie noodwendig die beste vertaling nie tensy jy glo dat God die King James spesifiek aan ons in 1611 gegee het. Dit is nie onmoontlik nie, maar dit is ’n geloof: Ek sal jou nie verkeerd kan bewys nie, maar jy sal dit ook nie op ’n rasionele manier kan bewys nie.

Watter vertaling?

Die vraag is watter vertaling ’n mens as primêre Bybel moet gebruik. Ek is ’n groot voorstaander van die lees van veelvuldige vertalings. Soms gee verskillende vertalings verskillende perspektiewe oor ’n saak en is dit baie dieselfde as om verskillende Bybelkommentare te lees.

Vir meer hieroor, kyk Oor verskillende Bybelvertalings.

Verdere bronne

6 thoughts on “King James Bybel”

  1. Die informasie van die web blad; Glodiebybel, is heel moontlik gebaseer op ligtelike ondersoek. As n Engels sprekende, beveel ek jul aan om die akkurate geskiedenis van God se Woord na te gaan, voordat publikasies goedgekeur word hier. Dit is duidelik dat hedendaagse vertalings hard probeer om die leerstellings van die Vatican te vorder en is glad nie meer betroubaar as die King James vertaling nie. Asseblief oorweeg om die onware stelling op jul web blad te verwyder of gee ten minste n waardige rede vir so n stelling.

  2. Ek glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is en dat die hele Bybel God geïnspireerd is. Ons weet dat oor die jare daar verskeie pogings was van Satan om op verskeie maniere die Woord van God te verander of te bevraagteken, beginnende by “Het God werklik gesê…” in die tuin van Eden. Ons weet van pogings in die verre verlede toe daar ’n gepeuter was met die vertalings van die Bybel met betrekking tot die belangrikheid van Jesusalem v.s. Sigem in terme van die plek van God se heilige berg. Ons weet ook dat die Jode, wat Jesus as die Messias wou ontken, gepeuter het met tydlyne en stambome en ouderdomme van die vroeë voorvaders sodat Jesus volgens hulle in die verkeerd “tydperk” ge-arriveer het en dud nie die Messias kon gewees het nie. Ons weet ook dat, in die tyd van Origen en sy volgelinge, daar verskeie mistieke leringe was wat in die vorm van “korreksies” van kopië van oorspronklike manuskripte ingekruip het. Dan was daar die Roomse Kerk wat Jesus se Godheid probeer ‘uitskryf’ het deur die verdagte Textus Vatkacus en die Textus Sinaitikus te gebruik om subtiele veranderinge in vertalings teweeg te bring. Dit is vreemd dat vertalings nog steeds op hierdie verdagte, veranderde bron-dokumente gebaseer word ten spyte van die ondersteunende bewyse wat Qumran opgelewer het dat die oorgelewerde teks akkuraat was en dat ouer gedateerde brondokumente soos Textus A en Textus B nìe beter is nie. Die gepeuter is verder gevoer deur middel van die konsep van ‘tekskritiek’ wat deur die Jesuïte en die medium-geïnspireerde Westcott en Hort gebruik is, en wat tot ’n magdom verdraaide vertalings gelei het sedertdien. Daar is dus baie dinge wat bevraagteken kan word in al daardie vertalings. God is almagtig, en ek glo gevolglik dat die vyand nie sal slaag om iemand te laat afdwaal as hy regtig vir God soek nie. Daarvoor sal God sorg! Die vyand sal met al sy gepeuter nie daarin slaag om tussen God en sy kinders te kom nie. Maar die wat nie God se stem ken nie, en nie op die Heilige Gees steun vir duidelikmaking nie, mag dalk dit moeiliker vind en kan dalk verwar word.
    Ek het gevind dat die Bybel se waarskuwing om nie in sinnelose argumente te verval nie goeie raad is. Veral nie waar dit vertalings aangaan nie. Ek het gevind dat, waar ek self ’n onsekerheid ervaar ten opsigte van ’n spesifieke paragraaf of waar daar ’n potensiële twispunt kan wees, gaan ek self na die oorspronklike tale toe en kyk hoe Strong’s se woordeboek dit vertaal, met al sy kruisverwysings. Met inagneming van die bogenoemde gepeuter wat selfs met die brondokumente plaasgevind het, is dit nodig om die akkuraatste bron te gebruik. Gebaseer op dit wat ons uit Qumran geleer het, gebruik ek dus die Septuagint as ek met die Ou Testament werk en die Textus Receptus as ek met die Nuwe Testament werk. Of as ek kortpad wil volg, gebruik ek die KJV (nie die NKJV nie!), met die uitsondering van Genesis 5 en 11 waar die verkeerde ouderdomsyfers van die vroeë voorvaders nog teenwoordig is.

    Hier volg ’n verwysing na ’n video wat ek gemaak het wat ’n bietjie meer uitwei op al die gepeuter wat ek gevind het en dit addresseer ook verdraaide bewerings op die webblad van die Afrikaanse Bybelvertalers betreffende die brondokumente wat die nuwe vertalings gebruik versus die wat deur Disidereus Erasmus gebruik was, wat effektief die bron vir die reformasiebeweging was.

    https://www.youtube.com/watch?v=M6bW4vAczsI&t=1507s

    (17) Die BYBEL is UNIEK (Deel 1d) –Brontekste en Tekskritiek – YouTube

    1. Die 1933 Afrikaanse Bybel en die KJV is die beste Bybels beskikbaar. Ja, die KJV lees moeilik maar mens raak gewoond daaraan. Die 1933 Bybel word nie meer gedruk deur die Bybel genootskap van SA nie (baie swak van hulle, hoekom maak hulle dit nie beskikbaar nie?!)
      Die 1953 is nog beskikbaar maar dis nie sheeltemal so goed soos die 1933 vertaling nie.
      Vanaf die 1983 uitgawe is daar baie foute in die “Bybels” (dit behoort nie ’n Bybel genoem te word nie.
      Met beter verstaanbare Afrikaans het hulle verdraaiings en verse weggelaat. Byv. Mat. 18:11 en Hand. 8:37 wat weggelaat is. Baie belangrike verse as jy die Bybel goed ken! En Open. 22:14 waar gebooie doen met klere was vervang is. Totaal onaanvaarbaar!

  3. Ons gebruik egter die KJV, omdat dit gebaseer is op die Textus Reseptus. Westcott en Hort het egter gesê die Textus Reseptus is te ‘vile’. Hulle verander toe woord van God, om dit meer “aanvaarbaar” te maak. Die KJV is enter die mees akkuraatste vertaling, maar daar is tog foute, dis onmoontlik om al die Grieks en Hebrew te vertaal na Engels, en nog moeiliker na Afrikaans. Dit het enter daarna gelei na sin struktuur ens. wat verander, wat egter die betekenisse baie verander, natuurlik is die definisies van ons woorde baie anders as die van die oorspronklike taal.
    Ek stel voor, jy gebruik die KJV, die Interlinear van Jay P Green, ‘n Strongs Exhaustive Concordance, en ander studie materiaal soos die Cyclopedia of Biblical Theology ens…
    Jy kry geen nut daarin om net die bybel te lees nie, studeer die bybel.

  4. Hi daar,

    Luister gerus na die volgende CD’s van Chris Pinto wat ‘n dokumenter gemaak het oor die grondteks.

    http://www.noiseofthunderradio.com/audio-cds/

    CODEX SINAITICUS:
    The Oldest Bible? Or a Modern Hoax?

    Hy lig uit dat Codex Sinaiticus gebruik word op ‘n manier wat nie goed is nie, en lig uit dat mense eerder by Bybels moet bly wat Textus Receptus is. Dis nou die meerderheids grondteks.

    Groete,
    Reinhard

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui