King James Bybel

Sommige Christene glo dat die King James Bybel die mees akkurate vertaling is wat ons het en daarom lees hulle uitsluitlik hierdie vertaling. Dit is egter nie noodwendig waar nie.

Die King James is in die 17de eeu (1611) geskryf en is gebaseer op 6 tot 12 manuskripte nie ouer as die 12de eeu nie (1100-1200 nC). Vandag het ons 5700 Griekse manuskripte, waarvan baie hiervan so vroeg as die 2de eeu (100-200 nC) dateer. Dus kan ’n mens redeneer dat die moderne vertalings meer akkuraat moet wees.

Vir meer hieroor, kyk die twee videos hieronder van Daniel Wallace en James White (beide Christene).

The King James Bible (Daniel Wallace, Youtube)

Dr. James White: Which Bible translation is the most reliable? Episode 1326 (Wretched)

In die artikel Is Your Modern Translation Corrupt? staan:

In 1516 a Roman Catholic scholar and priest, Desiderius Erasmus, published the first printed edition of the Greek New Testament. Over the course of his lifetime four more editions would come out, each differing in various ways from the other. It was this Greek text that influenced the life of Martin Luther. Indeed, all of the Reformers used this text — a point KJV Only advocates often make. We should point out, however, that their choice of the text was not due to anything other than availability. Erasmus’s text was widely published and relatively inexpensive, and hence was easily obtainable.

Waar staan ek?

Ek is verseker nie ’n King James alleen aanhanger nie en ek sal dit nie sommer as my primêre Bybel gebruik nie, vir die volgende redes:

  1. Dit is in Engels. Ek is Afrikaans. Hoekom moet ek die Woord van God in Engels lees as ek dit in Afrikaans kan lees?
  2. Dit lees moeilik (ek vind selfs die Afrikaanse 1953 vertaling redelik moeilik om te lees)
  3. Soos reeds gesê, is dit nie noodwendig die akkuraatste vertaling nie.

Indien ’n mens kon weet dat die King James Bybel wel die akkuraatste Bybel was, sou ek dit moontlik oorweeg het om dit my primêre Bybel te maak.

Ek is egter hoegenaamd nie anti-King James nie. Ek persoonlik gebruik dit steeds om gedeeltes te vergelyk.

Hoekom glo sommige mense dan dat die King James Bybel die mees akkurate vertaling is?

Ek dink hulle glo dat daar ’n samesweerdery aan die gang is om die Woord van God te verdraai. Alhoewel ek nie alle samesweringsteorieë wil afskiet nie, moet ’n mens altyd versigtig daarvoor wees.

Dus, die King James is nie noodwendig die beste vertaling nie tensy jy glo dat God die King James spesifiek aan ons in 1611 gegee het. Dit is nie onmoontlik nie, maar dit is ’n geloof: Ek sal jou nie verkeerd kan bewys nie, maar jy sal dit ook nie op ’n rasionele manier kan bewys nie.

Watter vertaling?

Die vraag is watter vertaling ’n mens as primêre Bybel moet gebruik. Ek is ’n groot voorstaander van die lees van veelvuldige vertalings. Soms gee verskillende vertalings verskillende perspektiewe oor ’n saak en is dit baie dieselfde as om verskillende Bybelkommentare te lees.

Vir meer hieroor, kyk Oor verskillende Bybelvertalings.

Verdere bronne

8 thoughts on “King James Bybel”

  1. Die informasie van die web blad; Glodiebybel, is heel moontlik gebaseer op ligtelike ondersoek. As n Engels sprekende, beveel ek jul aan om die akkurate geskiedenis van God se Woord na te gaan, voordat publikasies goedgekeur word hier. Dit is duidelik dat hedendaagse vertalings hard probeer om die leerstellings van die Vatican te vorder en is glad nie meer betroubaar as die King James vertaling nie. Asseblief oorweeg om die onware stelling op jul web blad te verwyder of gee ten minste n waardige rede vir so n stelling.

    1. Alhoewel dit waar is dat slegs ‘n paar feite oor die artikel en die debat rondom die King James Version (KJV) gegee word, kon ek niks optel wat feitlik verkeerd was nie. Wat wel foutief is, is die bewering dat moderne vertalings die leerstellings van die Vatikaan bevorder. Ek sou graag meer van Christopher hieroor wou hoor.
      Engels is my eerste taal, en ek sukkel om die KJV te lees. Daar is twee probleme: eerstens, die woorde wat ons nie ken nie, en tweedens, die woorde wat ons dink ons ken. Die eerste kategorie is maklik—ons kan ‘n woordeboek gebruik (alhoewel, soos dr. Mark Ward uitwys, het ons eintlik die 20-delige Oxford English Dictionary nodig, wat duur is). Die tweede kategorie is moeiliker. Sou ‘n man sy vrou beskryf as “an aweful wife”? Ek dink nie so nie. Die naaste moderne ekwivalent van “aweful” is “awesome”. Net so beteken “let” in die Elizabethaanse Engels van die KJV om te verhinder of te keer; “halt” beteken om te mank loop; “communicate” beteken om te deel; “suffer” beteken om toe te laat; “quick” beteken lewend; en “by and by” beteken dadelik. Dit is slegs ‘n klein voorbeeld van wat Mark Ward “false friends” noem. Hoe kan ons dus ‘n boek lees wat lyk of ons dit verstaan, maar iets heeltemal anders beteken? Dit maak net geen sin nie!
      Wat Rome se invloed betref: dit is baie interessant dat die outeur van die Textus Receptus (TR), waarop die KJV gebaseer is, tot sy sterfdag ‘n Katoliek was, en dat die TR inderdaad aan die Pous opgedra is. Die KJV is opdrag gegee deur ’n koning wat beide die regering en die kerk wou oorheers. Hy het vertalings beïnvloed sodat dit sy doelwitte sou dien. Hy het geweier dat woorde soos “gemeente” of “byeenkoms” gebruik word (wat ’n beter vertaling en nader aan die oorspronklike Grieks is), sodat die woord “kerk” gebruik kon word—dit wil sê die gevestigde kerk wat hy en sy nasate sou beheer.
      Daar is niks fout met die KJV nie—indien jy Elizabethaanse Engels verstaan. Trouens, dit is nogal elegant. Maar as jy ernstig is oor die studie van God se Woord, is daar baie moderne vertalings wat beter is. Ek raadpleeg soms die KJV—die vertalers het dikwels “vulgêre” taal gebruik wat in baie moderne weergawes versag is.

  2. Ek glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is en dat die hele Bybel God geïnspireerd is. Ons weet dat oor die jare daar verskeie pogings was van Satan om op verskeie maniere die Woord van God te verander of te bevraagteken, beginnende by “Het God werklik gesê…” in die tuin van Eden. Ons weet van pogings in die verre verlede toe daar ’n gepeuter was met die vertalings van die Bybel met betrekking tot die belangrikheid van Jesusalem v.s. Sigem in terme van die plek van God se heilige berg. Ons weet ook dat die Jode, wat Jesus as die Messias wou ontken, gepeuter het met tydlyne en stambome en ouderdomme van die vroeë voorvaders sodat Jesus volgens hulle in die verkeerd “tydperk” ge-arriveer het en dud nie die Messias kon gewees het nie. Ons weet ook dat, in die tyd van Origen en sy volgelinge, daar verskeie mistieke leringe was wat in die vorm van “korreksies” van kopië van oorspronklike manuskripte ingekruip het. Dan was daar die Roomse Kerk wat Jesus se Godheid probeer ‘uitskryf’ het deur die verdagte Textus Vatkacus en die Textus Sinaitikus te gebruik om subtiele veranderinge in vertalings teweeg te bring. Dit is vreemd dat vertalings nog steeds op hierdie verdagte, veranderde bron-dokumente gebaseer word ten spyte van die ondersteunende bewyse wat Qumran opgelewer het dat die oorgelewerde teks akkuraat was en dat ouer gedateerde brondokumente soos Textus A en Textus B nìe beter is nie. Die gepeuter is verder gevoer deur middel van die konsep van ‘tekskritiek’ wat deur die Jesuïte en die medium-geïnspireerde Westcott en Hort gebruik is, en wat tot ’n magdom verdraaide vertalings gelei het sedertdien. Daar is dus baie dinge wat bevraagteken kan word in al daardie vertalings. God is almagtig, en ek glo gevolglik dat die vyand nie sal slaag om iemand te laat afdwaal as hy regtig vir God soek nie. Daarvoor sal God sorg! Die vyand sal met al sy gepeuter nie daarin slaag om tussen God en sy kinders te kom nie. Maar die wat nie God se stem ken nie, en nie op die Heilige Gees steun vir duidelikmaking nie, mag dalk dit moeiliker vind en kan dalk verwar word.
    Ek het gevind dat die Bybel se waarskuwing om nie in sinnelose argumente te verval nie goeie raad is. Veral nie waar dit vertalings aangaan nie. Ek het gevind dat, waar ek self ’n onsekerheid ervaar ten opsigte van ’n spesifieke paragraaf of waar daar ’n potensiële twispunt kan wees, gaan ek self na die oorspronklike tale toe en kyk hoe Strong’s se woordeboek dit vertaal, met al sy kruisverwysings. Met inagneming van die bogenoemde gepeuter wat selfs met die brondokumente plaasgevind het, is dit nodig om die akkuraatste bron te gebruik. Gebaseer op dit wat ons uit Qumran geleer het, gebruik ek dus die Septuagint as ek met die Ou Testament werk en die Textus Receptus as ek met die Nuwe Testament werk. Of as ek kortpad wil volg, gebruik ek die KJV (nie die NKJV nie!), met die uitsondering van Genesis 5 en 11 waar die verkeerde ouderdomsyfers van die vroeë voorvaders nog teenwoordig is.

    Hier volg ’n verwysing na ’n video wat ek gemaak het wat ’n bietjie meer uitwei op al die gepeuter wat ek gevind het en dit addresseer ook verdraaide bewerings op die webblad van die Afrikaanse Bybelvertalers betreffende die brondokumente wat die nuwe vertalings gebruik versus die wat deur Disidereus Erasmus gebruik was, wat effektief die bron vir die reformasiebeweging was.

    https://www.youtube.com/watch?v=M6bW4vAczsI&t=1507s

    (17) Die BYBEL is UNIEK (Deel 1d) –Brontekste en Tekskritiek – YouTube

    1. Die 1933 Afrikaanse Bybel en die KJV is die beste Bybels beskikbaar. Ja, die KJV lees moeilik maar mens raak gewoond daaraan. Die 1933 Bybel word nie meer gedruk deur die Bybel genootskap van SA nie (baie swak van hulle, hoekom maak hulle dit nie beskikbaar nie?!)
      Die 1953 is nog beskikbaar maar dis nie sheeltemal so goed soos die 1933 vertaling nie.
      Vanaf die 1983 uitgawe is daar baie foute in die “Bybels” (dit behoort nie ’n Bybel genoem te word nie.
      Met beter verstaanbare Afrikaans het hulle verdraaiings en verse weggelaat. Byv. Mat. 18:11 en Hand. 8:37 wat weggelaat is. Baie belangrike verse as jy die Bybel goed ken! En Open. 22:14 waar gebooie doen met klere was vervang is. Totaal onaanvaarbaar!

  3. Ons gebruik egter die KJV, omdat dit gebaseer is op die Textus Reseptus. Westcott en Hort het egter gesê die Textus Reseptus is te ‘vile’. Hulle verander toe woord van God, om dit meer “aanvaarbaar” te maak. Die KJV is enter die mees akkuraatste vertaling, maar daar is tog foute, dis onmoontlik om al die Grieks en Hebrew te vertaal na Engels, en nog moeiliker na Afrikaans. Dit het enter daarna gelei na sin struktuur ens. wat verander, wat egter die betekenisse baie verander, natuurlik is die definisies van ons woorde baie anders as die van die oorspronklike taal.
    Ek stel voor, jy gebruik die KJV, die Interlinear van Jay P Green, ‘n Strongs Exhaustive Concordance, en ander studie materiaal soos die Cyclopedia of Biblical Theology ens…
    Jy kry geen nut daarin om net die bybel te lees nie, studeer die bybel.

  4. Hi daar,

    Luister gerus na die volgende CD’s van Chris Pinto wat ‘n dokumenter gemaak het oor die grondteks.

    http://www.noiseofthunderradio.com/audio-cds/

    CODEX SINAITICUS:
    The Oldest Bible? Or a Modern Hoax?

    Hy lig uit dat Codex Sinaiticus gebruik word op ‘n manier wat nie goed is nie, en lig uit dat mense eerder by Bybels moet bly wat Textus Receptus is. Dis nou die meerderheids grondteks.

    Groete,
    Reinhard

  5. 1. Hoofprobleme met die Textus Receptus (TR)
    • Verskeie uitgawes van die TR
    Drukker Uitgawes Belangrike Datums Notas
    Erasmus 5 1516–1535 Eerste gedrukte Griekse Nuwe Testament
    Stephanus 4 1546–1551 Het versnommers ingevoer
    Beza 10+ 1565–1604 Groot invloed op KJV
    Elzevir 3 1624–1641 Die term “Textus Receptus” geskep

    → Maar watter een is die korrekte weergawe?

    • Beperkte manuskripbasis:
    Steun hoofsaaklik op ‘n klein aantal laat Bisantynse manuskripte (12de–15de eeu), veral dié wat Erasmus gebruik het (minder as 10 manuskripte).

    Sluit vroeë en belangrike manuskripte uit, soos Codex Sinaiticus en Codex Vaticanus, wat nader aan die oorspronklike teks is en minder vatbaar is vir afskryfoute.

    • Erasmus se gehaaste samestelling:
    Die 1516-uitgawe van Erasmus was gejaag en het baie foute bevat.

    In Openbaring moes hy gedeeltes terugvertaal uit die Latynse Vulgaat weens ontbrekende Grieks, wat tot foute gelei het (bv. Openbaring 22:16–21).

    • Tekstuele variante:
    Sluit lesings in wat nie in vroeër of meerderheidsmanuskripte voorkom nie, soos die Comma Johanneum (1 Johannes 5:7–8), wat geen Griekse manuskripondersteuning het voor die 14de eeu nie. Slegs agt van die 5000 Bisantynse manuskripte bevat dit. Ontleding dui daarop dat dit deur ’n skriba genaamd Roy (of iets soortgelyk) ingevoeg is.

    Toevoegings soos Handelinge 8:37 en Johannes 8:1–11 (Perikoop oor die owerspelige vrou) het swak ondersteuning in vroeë manuskripte.

    • Vooroordeel teenoor die Bisantynse teks:
    Oorbeklemtoon die Bisantynse teks-tipe, wat moontlik latere afskryf-harmonisasies of uitbreidings weerspieël, eerder as oorspronklike lesings.

    Daar is baie variante binne die Bisantynse manuskripte self. Watter een is dan die “bewaarde” teks?

    Ignoreer belangrike variante van die Aleksandriese en Westerse teks-tipes.

    • Gebrek aan kritiese metode:
    Die TR is saamgestel sonder moderne tekskritiese beginsels, en steun op beskikbare (dikwels swak) manuskripte sonder sistematiese evaluering.

    2. Hoofprobleme met die King James-vertaling (KJV)
    • Verskeie uitgawes van die KJV
    Jaar Naam Uitgewer/Redakteur Belangrike Kenmerke en Bydraes
    1611 Eerste Uitgawe (“Gevorderde Weergawe”) Robert Barker – Oorspronklike vertaling deur 47 geleerdes
    – Het Apokriewe ingesluit, randnotas, twee weergawes: “Hy”- en “Sy”-Bybel (Rut 3:15)
    1629 Cambridge-hersiening Thomas & John Buck – Tikfoute reggestel
    – Gedoen deur twee oorspronklike vertalers (Ward en Bois)
    1638 Cambridge-hersiening Thomas & John Buck – Verdere korrekture en verbeterings
    1762 Cambridge-uitgawe Dr. Thomas Paris – Groot opdatering van leestekens en kursiewe woorde
    – Gemoderniseerde spelling en opsommings
    1769 Oxford-uitgawe Dr. Benjamin Blayney – Mees invloedryke weergawe vandag
    – Meer as 24,000 klein wysigings
    – Apokriewe verwyder in meeste Protestantse uitgawes
    1873 Cambridge Paragraafbybel F.H.A. Scrivener – Sommige kenmerke van 1611 herstel
    – Vergelyk met vroeë manuskripte
    – Paragraaf-formatering
    ~1900 Pure Cambridge-uitgawe Onbekend (Cambridge) – Gestandaardiseerde spelling (bv. “spirit” vs “Spirit”)
    – Aanvaar deur sommige KJV-alleen aanhangers as “suiwer weergawe”
    2011 400ste Herdenkingsuitgawe Verskeie uitgewers – Herdenkingsuitgawe
    – Bevat dikwels faksimilee van 1611 saam met moderne Blayney-teks

    → Maar watter een is die korrekte een?

    • Afhanklikheid van die Textus Receptus:
    Erf al die probleme van die TR, insluitend betwiste teksgedeeltes soos 1 Johannes 5:7–8 en Handelinge 8:37.

    Maak nie gebruik van ontdekkings van vroeër manuskripte soos die Dooie See-rolle of Codex Sinaiticus nie.

    • Verouderde taal:
    Gebruik 17de-eeuse Engels (bv. “thee,” “thou,” “suffereth”), wat die betekenis vir moderne lesers kan versluier.

    Woorde soos “conversation” (gedrag) en “prevent” (voorgegaan) het ander betekenisse vandag.

    • Vertaalfoute:
    Sommige weergawes reflekteer teologiese vooroordeel, soos “Easter” in Handelinge 12:4 in plaas van “Passover”.

    Woorde soos “unicorn” in Numeri 23:22 is waarskynlik ’n foutiewe vertaling van ’n Hebreeuse term wat eerder na ’n wilde bees verwys.

    Die gebruik van “Lucifer” in Jesaja 14:12 is onakkuraat — dis ‘n Latynse weergawe van die Hebreeuse “helel”, wat beteken “blink een” of “morning star”.

    • Gebrek aan teksnotas:
    Die KJV vermeld nie variante lesings of alternatiewe teksweergawes nie.

    Lesers weet nie van betwiste gedeeltes soos Markus 16:9–20 of Johannes 7:53–8:11 nie.

    • Kulturele en historiese konteks:
    Weerspieël Anglikaanse teologie van 1611 en politieke invloed (bv. die goddelike reg van konings).

    Dit is opdrag gegee om eenheid onder Engelse kerke te bevorder, wat moontlik akkuraatheid in sekere gevalle ondergeskik gestel het aan toeganklikheid.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui