Watter geloof is reg?

Also see the English version: Which religion is correct?.

Daar is mense wat vra: Indien daar dan ’n god is, watter een moet ’n mens glo? As jy as ’n Christen grootgemaak is, sal jy ’n Christen wees en as jy as ’n Moslem grootgemaak is, sal jy ’n Moslem wees. Maar is daar dinge wat uitstaan van die Christelike geloof? Ek dink tog so.

Die Bybel is van die akkuraatste historiese manuskripte ter wêreld

Kyk die volgende artikels:

Dit word bevestig deur ander onafhanklike bronne soos die Dooie see boekrolle:

Christenskap bied hoop en morele waardes

Harry Ironside

’n Agnos het eenkeer vir Dr. Harry Ironside uitgedaag vir ’n debat oor agnostisisme teenoor Christenskap. Ironside het gesê dat hy aan die debat sal deelneem mits die agnos die volgende twee mense sal saambring:

1. ’n Man wat onder die invloed was van slegte gewoontes wat veroorsaak het dat hy ’n patetiese lewe gely het en wat soos handomkeer verander het nadat hy ’n agnos geword het.

2. ’n Vrou wat karakterloos was, ’n uitvaagsel was, ’n swak selfbeeld gehad het en weggekruip het vir die samelewing. Nadat sy ’n agnos geword het, het haar lewe omgekeer, sy het gerehabiliteer en ’n goeie posisie in die samelewing ingeneem.

Ironside het belowe om 100 sulke mense saam na die debat te neem wat hulle lewens verander het nadat hulle Christene geword het.

Die agnos het toe besluit om nie verder deel te neem aan die debat nie.

Uit Challenge By An Agnostic To Debate Dr. Harry Ironside, Agnosticism vs. Christianity.

Afskaffing van slawerny

Christelike waardes was hoofsaaklik verantwoordelik vir die afskaffing van slawerny. Kyk:

(Sommige mense dink verkeerdelik dat die Bybel slawerny bevorder. Kyk Die Bybel oor slawe.)

Ateïsme het geen rede om morele waardes te hê nie

Ateïsme bring streng gesproke geen morele waardes na die tafel toe nie.

Moorde deur ander

Nie-Christelike nasies maak baie makliker dood as Christennasies.

Dit is so dat daar al moorde in die naam van Christenskap gepleeg is, maar die Bybel verkondig dit nie. Hierdie moorde is gepleeg uit eie bose optrede en is probeer regverdig uit die Bybel.

Ateïste se erkenning van die Christendom

Daar is selfs ateïste wat erken dat die Christendom ’n aanwins vir die samelewing is. Richard Dawkins (baie bekende Britse ateïs en skrywer van The God Delusion) het bv gesê:

“There are no Christians, as far as I know, blowing up buildings. I am not aware of any Christian suicide bombers. I am not aware of any major Christian denomination that believes the penalty for apostasy is death. I have mixed feelings about the decline of Christianity, in so far as Christianity might be a bulwark against something worse.”

Kyk ook Ateïste erken God is nodig.

Christenskap en die wetenskap

Wetenskap het gefloreer sedert kerkhervorming toe die Bybel se gesag herontdek was. Kyk Why does science work at all?.

Verder is daar ’n groot aantal Christenwetenskaplikes wat baanbrekerswerk gedoen het vir die wetenskap. Kyk bv:

Lyding en Vervolging

Christenskap is die geloof wat die meeste vervolgdes het van alle gelowe. Daar is baie Christene wat ly en selfs sterf vir hulle geloof.

Ten spyte daarvan is dit ook die geloof met die meeste sendelinge, waarvan baie van hierdie sendelinge in lande sendingwerk doen waar hulle lewens in gevaar is.

Kyk bv:

Diskriminasie teen Christenskap

Kyk:

Christelike Geloof vs Ander Gelowe

Hier volg ’n kort vergelyking van die Christelike geloof met ander. Besluit maar self watter geloof jy sou kies.

Moslem

Wat sê die Koran oor verdraagsaamheid teenoor ander gelowe:

“But when the forbidden months are past, then fight and slay the Pagans wherever ye find them, and seize them, beleaguer them, and lie in wait for them in every stratagem of war; but if they repent, and establish regular prayers and practice regular charity, then open the way for them: For Allah is Oft-Forgiving, Most Merciful” (Surah 9:5).

“Fight those who believe not in Allah nor the Last Day, nor hold that forbidden which hath been forbidden by Allah and His Apostle, nor acknowledge the Religion of Truth, even if they are of the People of the Book,9 until they pay the Jizya10 with willing submission, and feel themselves subdued” (Surah 9:29).

“Remember thy Lord inspired the angels with the message: “I am with you: Give firmness to the Believers: I will instill terror into the hearts of the Unbelievers: Smite ye above their necks and smite all their fingertips off them”” (Surah 8:12).

“O ye who believe! Fight the Unbelievers who gird you about, and let them find firmness in you: And know that Allah is with those who fear Him” (Surah 9:123).

Orals is daar gevalle waar Moslems Christene wreed vermoor. Kyk bv:

Vergelyk dit met wat die Bybel verkondig:

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Mat 22:39)

Verder is die Koran teenstrydig in die skeppingsverhaal:

  • Die Koran maak God verantwoordelik vir dood en swaarkry terwyl die Bybel sê dat dit die mens, Adam en Eva was wat dood en swaarkry in die wêreld ingebring het. (Kyk ook Death and Suffering Questions and Answers)
  • Die Koran se weergawe van die sondvloed is baie minder volledig as die Bybel se weergawe.

Blykbaar het die profeet Mohammed ook mense toegelaat dat nefies en niggies kon trou. Hierdie lei egter vandag tot groot genetiese afwykings onder die Moslems (kyk 1400 year of inbreeding). As Mohammed dit nie vooruit gesien het nie, dan is dit ’n baie goeie aanduiding dat hy ’n vals profeet was.

Kyk ook:

Mormone

Kyk die volgende artikel oor die Mormone.

Hindoeïsme

Hindoeïsme word baie keer geassossieer met a perverse seksbeheptheid. Gaan soek gerus op die internet na al die beelde wat in die Khajuraho hindoetempel voorkom (kyk bv hier). Kama Sutra (wat ’n tipe sekshandleiding is) het ook ’n hindoe oorsprong.

Blykbaar was Ghandi ook seksbehep (kyk Gandhi: Leuenaar. Rassis. Seksbelus?, JC van der Walt)

Daar is baie mense wat oorkom na die Christendom

Alhoewel dit seker waar is dat daar baie Christene is was ateïste word of ander gelowe aanneem, is daar waarskynlik baie meer van ander gelowe (veral Moslems) wat die Christelike geloof aanneem.

Kyk bv:

Christenskap oorkom die onwaarskynlike

Dit sou baie moeilik wees om die Christelike geloof te vestig net ná Christus indien die Nuwe Testament nie waar was nie. Kyk:

Baie wetenskap en waarnemings bevestig die Bybel

Argeologie

Daar is baie argeologie wat die Bybel bevestig:

Dinosourusse

Daar is baie aanduidings dat dinosourusse nie 65 miljoen jaar gelede uitgesterf het nie, maar baie meer onlangs:

Sagte weefsel in dinosourusbene

Dinosourusse saam met mense

Mitochondriese Eva

Volgens die mutasietempo in mitochondriese DNS, het mitochondriese Eva 6000 jaar gelede geleef, wat ooreenstem met die Bybel. Kyk Mitochondriese Eva.

Bevolkingsgroei

Die groeikoers vanaf Noag tot nou is 0.5% en die Joodste groeikoers van Jakob tot voor die Joodse uitwissing (haulocaust) is 0.45% wat baie ooreenstem met die huidige wêreld bevolkingsgroeikoers is 1.7%. Dit teenoor die groeikoers volgens die evolusiemodel wat ’n skamele 0.002% is!

Kyk:

Tale van die wêreld

Die gebeure by die toring van Babel stem baie goed ooreen met navorsing wat gedoen is oor die tale van die wêreld. Kyk Waar kom die tale van die wêreld vandaan?

Ander

Vir nog wetenskap en waarnemings wat die Bybel bevestig, kyk ook:

Ander leen van die Bybel

Die volgende is ’n aanduiding dat ander van die Bybel geleen het.

Sondvloed verhale

Daar is baie ander volke wat ook vloedtradisies het. Die Bybelse weergawe is egter die mees realistiese en volledigste opgeteken. Kyk:

Griekse Mitologie

Die Griekse mitologie het duidelik van Genesis geleen. Kyk:

Genesis in die Sjinese karakters

Daar is ’n hele aantal Sjinese karakters ooreenstem met die gebeure in Genesis. Kyk Genesis in die Sjinese karakters.

Ander uitstaande dinge

  • Ons jaartal begin by die geboorte van Christus
  • Die Christelike geloof is die grootste geloof in die wêreld.
  • Die Bybel is die topverkoper van alle boeke.
  • Die Bybel is die boek wat in die meeste tale beskikbaar is ter wêreld.
  • Daar is al verskeie Jesus films gemaak en duisende TV en radio programme gaan oor Jesus en die christelike godsdiens (in teenstelling met ander godsdienste).
  • ’n Groot hoeveelheid klassieke musiek besing die lof van God.
  • Daar is meer geestelike liedjies, gospel sangers en geestelike liedjieskrywers as in enige ander geloof.
  • Basiese menseregte kom van die Bybel. In die Bybel word dit egter naasteliefde genoem en die klem word gelê daarop om jou naaste te dien en bedagsaam teenoor hulle te wees – dit gaan nie om regte te geniet nie.
  • Hollywood en die media kan christenskap nie verdra nie, maar lyk nie of daar enige probleem is met ander gelowe nie.
  • Geen ander God se naam word ydelik gebruik behalwe Jesus Christus s’n nie.
  • Christenskap is die enigste geloof waar God tot die vlak van mense afgekom het (gebore te word), dood gegaan en weer opgewek is. In geen ander geloof is daar sprake van sulke almag en ook liefde vir God se kinders nie. Daarom kan ’n mens nie sy saligheid verdien nie. Dit wat God gedoen het was te groot om verdien te word.
  • Die geloof waar liefde vir God en vir jou naaste die meeste beklemtoon word.
  • Dit is die geloof waar beklemtoon word dat jy slegs gered kan word deur een God, Jesus Christus en dat God ’n jaloerse God is. Dit maak baie sin as in ag geneem word dat daar een God moes wees wat die hemel en die aarde geskape het. Die ware God sal mos nie ander valse gode duld nie.

Wat van al die slegte dinge van die kerk?

Dit is so dat die kerk in die verlede al groot foute gemaak het en sommige mense verkeerdhede in die naam van Christenskap gedoen het.

Vir ’n baie goeie artikel daaroor, kyk What about bad things done by the church? deur Jonathan Sarfati.

Ander Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui