Kyk ook:
- King James Bybel
- Bybelverse verskillend vertaal
- Ontleding van vyf verse in die Bybel oor homoseksualiteit
- ‘n Kort beoordeling van die 2020 vertaling (Jan Louw, 30 Apr 2021)
- Geskiedenis van die Bybel
- Ná 90 jaar praat Bybel steeds Afrikaans, al klink dit anders (24 Aug 2023)
- Bible.com se Bybelnommers
- Strong se Konkordansie
Inleiding
Die oorspronklike Bybel is geskryf in Hebreeus (Ou Testament) en Grieks (Nuwe Testament).
In 500 vC is die Ou Testament vasgestel in Hebreeus. In 200 vC is die Ou Testament reeds in Grieks vertaal.
Die oudste afskrifte van die Nuwe Testament wat vandag bestaan, is:
- Codex Alexandrius
- Codex Sinaiticus in die Britse Museumbiblioteek in Londen
- Codex Vaticanus in die Vatikaan
Hulle dateer terug na ongeveer die 300’s nC.
Doel van vertalings
Die doel van verskillende Bybelvertalings is om die Woord van die Here effektief by mense uit te bring. Vertalings probeer om vir mense vandag oor te dra wat in die oudste geskrifte van die Bybel vir ons opgeteken is.
Twee verskillende benaderings
Daar word onderskei tussen twee soorte Bybelvertalings:
- Direkte vertaling: Die vertalers probeer om woorde so direk as moontlik te vertaal. Byvoorbeeld, as daar “slang” in die oorspronklike teks staan, sal dit met “slang” vertaal word.
- Vry vertaling: Die vertalers probeer die bedoeling van die destydse Bybelskrywers oor te dra in hedendaagse taal en uitdrukkings.
Probleem
Dit mag lyk of ’n direkte vertaling ’n beter opsie sou wees om te bepaal wat die oorspronklike geskrifte wou oordra. Dit is nie noodwendig so nie.
Vry vertalings
Vry vertalings is maklik om te lees en te verstaan. Die probleem is dat jy grootliks aan die vertaler se interpretasie uitgelewer is.
Direkte vertalings
Direkte vertalings mag dalk meer direk wees, maar:
- Gewoonlik lees hierdie Bybels baie moeiliker (bv die King James en selfs die Afrikaans 1953-vertaling).
- Jy is steeds nie gevrywaar teen die vertaler se interpretasie nie: Selfs die Afrikaans 1953-vertaling, wat ’n meer direkte vertaling is, vertaal die woord “behemoth” met “seekoei” en die woord “leviathan” met “krokodil”. Dit is egter duidelik dat dit nie die geval is nie (kyk Die Bybel oor skepping vs evolusie en Dinosourusse). Ook die Afrikaans 2020-vertaling, wat ’n direkte vertaling is, loop deur onder persoonlike interpretasie – kyk ‘n Kort beoordeling van die 2020 vertaling (Jan Louw, 30 Apr 2021)
- Tale verander met tyd. Jy mag dus ’n verkeerde interpretasie maak.
- Kyk byvoorbeeld 1 Timoteus 3:2,12 (wat beteken “die man van een vrou”)
- 2 Tessalonisense 2:7
Watter vertaling?
Ek is ’n groot voorstaander van die lees van veelvuldige vertalings. Soms gee verskillende vertalings verskillende perspektiewe oor ’n saak en is dit baie dieselfde as om verskillende Bybelkommentare te lees.
Persoonlik het ek groot geword met die Afrikaans 1983 vertaling, dus ken ek dit redelik. Op ’n stadium het ek die Nuwe Lewende vertaling gelees. Dit was vir my ’n baie verrykende ervaring. Dit het my nuwe insigte gegee oor sommige verse omdat ’n gedeelte anders gestel is. Ek stem egter nie met al die interpretasies in die Nuwe Lewende vertaling saam nie.
Ek is nie oortuig dat dit krities belangrik is om “die regte” Bybel te lees nie. Ek dink nie daar is enige van die hoofstroom Bybels wat ’n totaal skewe Evangelie verkondig nie.
Dit is veel belangriker dat jy iemand is wat die waarheid met opregtheid soek. Dan gaan dit jou soms dwing om te gaan kyk wat ander vertalings en kommentare oor ’n gedeelte sê.
As ek twyfel oor ’n gedeelte, gaan kyk ek gewoonlik wat die volgende vertalings daaroor sê:
- Afrikaans 1983
- Afrikaans 1953
- Nuwe Lewende vertaling
- King James
- English Standard Version (ESV)
En ’n mens sou selfs die New International Version (NIV) kon byvoeg.
Wat van Die Boodskap Bybel (The Message Bible)?
Die Boodskap Bybel is ietwat kontroversieel omdat dit uit en uit ’n vry vertaling is.
Christene sal nie hulle geloof verloor indien hulle Die Boodskap Bybel lees nie. Dit kan mens selfs nuwe insigte bring oor sekere gedeeltes, maar ek sal dit glad nie aanbeveel as jou primêre Bybel nie. Indien jy dit lees, is dit belangrik om dit te toets teen ander vertalings. Ek sou dit hoogstens een keer deurlees, en dan weer ‘n ander Bybel my primêre Bybel maak.
Voorbeeld
Ek vergelyk Spreuke 1:7 hieronder as voorbeeld:
- 1983: Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
- 1953: DIE vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
- NLV: Kennis begin met eerbied vir die HERE, net dwase verag wysheid en dissipline.
- KJV: The fear of the LORD is the beginning of knowledge: But fools despise wisdom and instruction.
- ESV: The fear of the LORD is the beginning of knowledge; fools despise wisdom and instruction.
My kommentaar
- 1983: Hier word afgewyk van die woord “vrees”, wat ek glo van sy betekenis verloor.
- 1953: Dit is argaïes en moeilik om te verstaan, veral vir kinders.
- NLV: Ek hou baie van die woord “eerbied”. Spreuke 23:17 gebruik die woord “ontsag” wat ek glo ook ’n goeie woord is.
- KJV: Geen kommentaar.
- ESV: Geen kommentaar.
Die 1933/53 vertaling se ou taal gee in baie gevalle ’n voller betekenis. Bv lankmoedig beteken vir my meer as geduldig. Ook byvoorbeeld in Psalm 82 is die Ou Vertaling meer akkuraat as meeste vertalings (ook Engelse vertalings). Dit is eers die nuwer letterlike vertalings soos die ESV wat dit soortgelyk vertaal. Die ESV is ’n baie goeie vertaling, want dit is letterlik, maar gebaseer op meer getroue grondtekse wat die getuienis vd dooie see rolle in ag neem. Vgl ESV Deut 32:8-9 wat Ef 3 ’n voller betekenis gee.
Ek dink tog dat die manier van vertaal van die Bybel ‘n redelike groot verskil maak. Die 1983 Afrikaanse vertaling is een waar die dinamies ekwivalente metode gebruik is, met dikwels ‘n teks wat heelwat ander lees asb bv die 1933/53 vertalings van Afrikaans of die 1951 Nederlandse vertaling. Kan bv die gebruik van “jaloerse God” (1933 Afrikaans), “besitlike God” (2020 Afrikaans), “naijverig” (Nederlands 1951 – lees na-ywerige) met “eis onderverdeelde trou” vergelyk word? Duidelik is die woorde in die 1983 vertaling heeltemal verander, en wat my betref die betekenis ook. Ek erken graag dat die Textus Receptus nie dieselfde gesag as grondteks het as die Nestle Aland weergawes nie, maar in die 1983 vertaling word die beter grondteks oorskadu deur die vrye vertaling. Mense se denke oorskadu dan die boodskap. Ek ervaar die 2020 vertaling daarom as ‘n aansienlike beter vertaling as die 1983 vertaling. Lees gerus die boekie van JC Erasmus “Bewaar my Woord – kritiek op die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel”. Dis geskryf in Junie 1988 in reaksie op die 1983 vertaling. Laastens, bybelvertalers het in die 1983 vertaling in Openbaring 21:16 en 17 SI eenhede gebruik, wat maar taamlik kunsmatig lyk. Hulle moes eerder by stadia of el gehou het. In die 1933 Afrikaanse vertaling is 1500 myl gebruik in plaas van 12 000 stadia. Hierdie is duidelik verkeerd, die simboliek van die getalle gaan verlore.
Daar kan geen twyfel bestaan by opregte gelowiges dat die Vader self by die King James Bybel se vertaling berokke was en dat ons vandag so Engels as hoof internasionale en wêreldwye globale taal in gebruik geneem het. Johannes Gutenberg se drukkery uit die 1400’s was natuurlik die rede vir die algemene verspreiding van die Bybel wêreldwyd en is ook ons Afrikaanse Bybel vertaal vanuit hierdie konteks. Die ou vertaling van ons Bybel in 1953 is beslis nie te moeilik om verstaan te word nie aangesien God wel bewus was dat die toekoms soos ons vandag terdee bewus is, vil is van die gaos en onsekerheid in die kerk en die wêreld hier in Suid Afrika direk agv die feit dat die nuwe vertaling(s) deur valse en afvalligheid van die oorspronklike teks behels. Min naslaan en verwysing en studie word benodig om hierdie voldone feit uit te lig. Dit is my mening dat die vyand hierdie onmin en verdraaing van die Bybel al vir eeue haarfyn beplan het en vandag so te sê volbring het. Die Gees se integriteit word betwyfel deur skrywers en predikers wat waarheid pen en beskryf met ‘n bevraagtekens kennis wat dui op ‘n trotsheid in die studie en uitleg van die Woord van God: ‘n suiwer en heilige skrif wat Vader self onderteken en seel met die Gees. Ek bid dat ons sal herroep en beken en vergifenis sal ontvang vir hierdie dwaalleer wat uiters onvergenoeg versprei word vanuit geleerdes en geeerdes onder ons nasie se teologiese leierskap en beinvloeders. Mag God julle denke draai in Sy ewige verbond met Israel as verbondsvolk vandag en die uitleef van profesiee wat telkens vervul is veral vanaf 1948 en so die moederskerke beskuldig vir hul valse leer en verdraaings volgens geloofshelde van ons kerk soos Luther en Augustines. Hiermee saam gaan gepaard die tipiese verlies van waarheid en die begin van algemene afvalligheid vanuit ons kansels sedertien. Ek bid en glo dat wanneer God Sy Seun terugstuur om Sy bruid uit hierdie aarde uit weg te kom ruk, die agtergeblewenes sal besef dat hulle geloof onvolwaardig was en dat valse leer baie mense weggedraai het van ‘n hoop en besef dat Jesus die Christus die antwoord op die soeke soos verwword in die KJB en sy direkte vertalings, waarheid en integriteit bevat het tot aan die uiterste waarhede soos bepaal deur die Gees, bedoel vir die mens en manse van ons land, kultuur en taal. Mag Hy so ook vir geleerdes wat opgeneem sal word op daardie versnellend nader dag, ‘n blik gee op die wat hul verstaan en verwoord van Waarheid ook gevul was met vertwyfeling en verraad vir die aanhoorders en lesers daarvan, soveel so dat die indringende werkinge van Sy Gees reeds in die hier en nou baie kansels se harte sal tref en oortuig van die valsheid van die leer van veral die moederskerke as institusie van ons mooie land. So het ons talle versinsels en buite invloede toegelaat as ‘n menslik lui nasie van die moderne tye wat soos altyd weier om terug te kyk en enige besluite van die verlede te herroep om die fyn lyn van Waarheid weer te vind. So is ons steeds onder hemesle verdenking en staan die talle getuienisse teen ons Afrikaanse kerke met al hul vuil vrymesselaars tekens en bekentenisse tussen ons as bastion van rebelsheid vanuit die poorte van die hel. Mag God ons vergewe.