Lys van NG gemeentes wat doleer

Hier volg ’n lys van NG gemeentes wat doleer na aanleiding van die Algemene Sinode se besluit oor homoseksualiteit in 2019 en ander besluite.

Kyk ook Lys van dolerende gemeentes hieronder.

Hier is ook ’n lys van groepe dolerende lidmate in NG-gemeentes wat nie wil doleer nie.

Hier is ook ’n lys van NG gemeentes wat verklarings uitgereik het teen die teologiese strominge in die NG Kerk, maar wat nie doleer nie.

Indien hierdie lyste ’n fout het of opgedateer moet word, laat asb ’n boodskap aan die onderkant.

Doleansie: vrae en antwoorde

* Wat is die praktiese implikasie van doleansie?

Gemeentes wat doleer voeg gewoonlik die woord “dolerend” tydelik agter hulle gemeente se naam. Dus, die gemeente se naam verander van byvoorbeeld “Spitsdakkerk” na “Spitsdakkerk dolerend”.

Meer as die helfte van gemeentes wat doleer het hulle finansiële bydraes gestaak uit protes omdat hulle voel dat hulle nie finansieel kan bydra tot die groter kerk indien die kerk nie suiwer is nie.

Oor die algemeen woon dolerende gemeentes steeds ringsittings, streeksinodes en die algemene sinode by, juis om nog daar ’n verskil te probeer maak. Sodra ’n mens wegbreek van hierdie strukture, dan verminder die kans dat jy die kerk sal omdraai en dan is die volgende stap om amptelik te skeur.

* Wat is die betekenis van doleansie?

Om te doleer is amper dieselfde as om jou naam by ’n petisielys te voeg. Dit is bloot om te wys dat jy jouself saam met ander behoudendes skaar en saam met hulle ’n pad wil stap. Dit verander niks aan die alledaagse stand van sake in die gemeente nie.

* Is doleansie kerkskeuring of ’n stap nader aan kerkskeuring?

Doleansie is nie kerkskeuring nie, maar geskiedenis het gewys dat wanneer ’n denominasie so ver weggedwaal het dat gemeentes begin protes aanteken, dan is omdraai nie baie waarskynlik nie.

* Hoe doleer ’n gemeente?

Dit is dood eenvoudig ’n kerkraadsbesluit. Die hele gemeente hoef nie daaroor te stem nie. Dit word natuurlik baie sterk voorgestel dat die gemeente goed ingelig word hieroor en ook gereeld op hoogte gehou word van die stand van sake.

Lys van dolerende gemeentes

Hier volg die lys van dolerendes. Die volgende inligting wordgegee:

Gemeentenaam | Dorp/stad | Ring | Streeksinode | Datum van doleansie

  1. Lichtenburg (Klipkerk) | Lichtenburg | Lichtenburg | Goudland | 1 Jul 19
  2. Vaalrivier | Vanderbijlpark | Vanderbijlpark | Goudland | 1 Jul 19
  3. Secunda-Goedehoop | Secunda | Evander | Hoëveld | 1 Jul 19
  4. Petrus Steyn | Petrus Steyn | Heilbron | Vrystaat | 22 Aug 19
  5. Westonaria | Westonaria | Randpoort | Goudland | 22 Oct 19
  6. Reitz | Reitz | Heilbron | Vrystaat | 25 Oct 19
  7. Kokstad | Kokstad | Port Shepstone | KwaZulu-Natal | 29 Oct 19
  8. Fochville-Noord | Fochville | Losberg | Goudland | 1 Nov 19
  9. Charl Cilliers | Charl Cilliers | Standerton | Hoëveld | 5 Nov 19
  10. Standerton-Suid | Standerton | Standerton | Hoëveld | 17 Nov 19
  11. Oudtshoorn | Oudtshoorn | Oudtshoorn | Wes-Kaapland | 18 Nov 19
  12. Oudtshoorn-Noord | Oudtshoorn | Oudtshoorn | Wes-Kaapland | 18 Nov 19
  13. Hartskroon | Jan Kempdorp | Warrenton | Noord-Kaapland | 19 Nov 19
  14. Oudtshoorn-Park | Oudtshoorn | Oudtshoorn | Wes-Kaapland | 20 Nov 19
  15. Vanstadensrus | Vanstadensrus | Smithfield | Vrystaat | 20 Nov 19
  16. Kangovalleie | Oudtshoorn | Oudtshoorn | Wes-Kaapland | 21 Nov 19
  17. Suiderkruis | Potchefstroom | Potchefstroom | Goudland | 30 Nov 19
  18. Bethal | Bethal | Standerton | Hoëveld | 9 Feb 20
  19. Brenthurst | Brakpan | Brakpan | Hoëveld | 12 Feb 20
  20. Veranderde Lewens | Roodepoort | Florida | Goudland | 15 Feb 20
  21. Sasolburg-Tuinedal | Sasolburg | Vaalrivier | Vrystaat | 26 Feb 20
  22. Clearview | Maclear | Dordrecht | Oos-Kaapland | 1 Mar 20
  23. Waterval | Johannesburg | Johannesburg | Hoëveld | 1 Mar 20
  24. Hertzogville | Hertzogville | Bultfontein | Vrystaat | 1 Mar 20
  25. Groblersdal | Groblersdal | Middelburg | Oostelike | 8 Mar 20
  26. Vanderkloof | | Hanover | Noord-Kaapland | 9 Mar 20
  27. Reitz-Wes | Reitz | Heilbron | Vrystaat | 12 Mar 20
  28. Wilgehof | Bloemfontein | Waterbron | Vrystaat | 12 Mar 20
  29. Germiston-Suid | Germiston | Germiston | Hoëveld | 15 Mar 20
  30. Heilbron-Suid | Heilbron-Suid | Heilbron | Vrystaat | 16 Mar 20
  31. Modderrivier-Ritchie | Ritchie | Griekwastad | Noord-Kaapland | 20 Mar 20
  32. Kestell | Kestell | Bethlehem | Vrystaat | 1 Jun 20
  33. Moreletapark | Pretoria | Elarduspark | Oostelike | 1 Aug 20
  34. Volmoed | Volmoed | Oudtshoorn | Wes-Kaapland | 17 Aug 20
  35. Ermelo-Oos | Ermelo | Ermelo | Oostelike | 17 Aug 20
  36. Kollegepark | Vanderbijlpark | Vanderbijlpark | Goudland | 20 Aug 20
  37. Dutoitspan | Kimberley | Kimberley | Noord-Kaapland | 23 Aug 20
  38. Witfield | Boksburg | Boksburg | Hoëveld | 24 Aug 20
  39. Evander | Evander | Evander | Hoëveld | 25 Aug 20
  40. Vierfontein | Vierfontein | Valsrivier | Vrystaat | 27 Aug 20
  41. Koppies | Koppies | Heilbron | Vrystaat | 3 Sep 20
  42. Karatara | Karatara | Knysna | Wes-Kaapland | 3 Sep 20
  43. Bothasrus | Despatch | Sondagsrivier | Oos-Kaapland | 7 Sep 20
  44. Kroonstad-Wes | Kroonstad | Valsrivier | Vrystaat | 7 Sep 20
  45. Petrusburg | Petrusburg | Fauresmith | Vrystaat | 8 Sep 20
  46. Miederpark | Potchefstroom | Potchefstroom | Goudland | 14 Sep 20
  47. Koppies-Weltevrede | Koppies | Heilbron | Vrystaat | 14 Sep 20
  48. Kroonstad | Kroonstad | Valsrivier | Vrystaat | 21 Sep 20
  49. Strubenvale | Springs | Delmas | Hoëveld | 21 Sep 20
  50. Bethulie | Bethulie | Smithfield | Vrystaat | 14 Oct 20
  51. Sasolburg-Sentraal | Sasolburg | Vaalrivier | Vrystaat | 21 Oct 20
  52. Bultfontein-Oos | Bultfontein | Bultfontein | Vrystaat | 22 Oct 20
  53. Witbank-Klipfontein | Witbank | Witbank | Oostelike | 26 Oct 20
  54. Mooifontein | Kemptonpark | Birchleigh | Hoëveld | 2 Nov 20
  55. Kloofendal | Roodepoort | Florida | Goudland | 7 Nov 20
  56. Oewer | Oewer | Suidelike Ring | Namibië | 12 Nov 20
  57. Delmas-Wes | Delmas | Delmas | Hoëveld | 15 Nov 20
  58. Albertyn | Ellisras | Waterberg | Noordelike Sinode | 15 Nov 20
  59. Heidelberg | Heidelberg | Heidelberg | Hoëveld | 16 Nov 20
  60. Excelsior | Excelsior | Sentraal | Vrystaat | 18 Nov 20
  61. Willowmore | Willowmore | Graaff-Reinet | Oos-Kaapland | 20 Nov 20
  62. Greylingstad | Greylingstad | Heidelberg | Hoëveld | 22 Nov 20
  63. Heilbron | Heilbron | Heilbron | Vrystaat | 25 Nov 20
  64. Dagbreek | Welkom | Welkom | Vrystaat | 1 Jan 21
  65. Kalkrand | Kalkrand | Suidelike Ring | Namibië | 12 Feb 21
  66. Warmbad | Warmbad | Waterberg | Noordelike Sinode | 21 Feb 21
  67. Maclear | Maclear | Dordrecht | Oos-Kaapland | 23 Feb 21
  68. Algoapark | Port Elizabeth | Algoa | Oos-Kaapland | 25 Feb 21
  69. Kempton-Krag | Kemptonpark | Birchleigh | Hoëveld | 28 Feb 21
  70. Oor-die-Vaal | Christiana | Bloemhof | Goudland | 3 Mar 21
  71. Witkerk (Middelburg) | Middelburg | Middelburg | Oostelike | 8 Mar 21
  72. Allanridge | Allanridge | Goudveld | Vrystaat | 7 Apr 21
  73. Standerton-Wes | Standerton | Standerton | Hoëveld | 16 May 21
  74. Odendaalsrus | Odendaalsrus | Goudveld | Vrystaat | 3 Jun 21
  75. Robertson | Robertson | Swellendam | Wes-Kaapland | 16 Mar 21
  76. Robertson-Oos | Robertson | Swellendam | Wes-Kaapland | 3 May 21
  77. Strand-moedergemeente | Strand | Somerset-Wes | Wes-Kaapland | 23 Jul 21
  78. Suiderhof | Windhoek | Erongo Ring | Namibië | 30 Aug 21
  79. Tsumeb | Tsumeb | Noordelike Ring | Namibië | 13 Sep 21
  80. Port Elizabeth-Wes | Port Elizabeth | Algoa | Oos-Kaapland | 2 Sep 21
  81. Kamanjab | Kamanjab | Noordelike Ring | Namibië | 29 Oct 21
  82. Jan Kempdorp | Jan Kempdorp | Warrenton | Noord-Kaapland | 31 Oct 21
  83. Dalunie | Brits | Krokodilrivier | Noordelike Sinode | 31 Oct 21
  84. Otjiwarongo | Otjiwarongo | Noordelike Ring | Namibië | 7 Nov 21
  85. Marquard | Marquard | Sentraal | Vrystaat | 16 Nov 21
  86. Port Shepstone | Port Shepstone | Port Shepstone | KwaZulu-Natal | 21 Nov 21
  87. Vryburg-Noord | Vryburg | Reivilo | Noord-Kaapland | 6 Dec 21
  88. Edenvale | Edenvale | Germiston | Hoëveld | 15 Dec 21
  89. Richmond | Richmond | Beaufort | Wes-Kaapland | 23 Feb 21
  90. Warmbad (Nam) | Warmbad | Suidelike Ring | Namibië | 9 Mar 22
  91. Hluhluwe | Hluhluwe | Melmoth | Kwazulu-Natal | 8 Nov 22
  92. Sundra | Sundra | Delmas | Hoëveld | 15 Mei 2023

Gemeentes verwyder

  1. Leeuwberg | Bloemfontein | Suidoos-Bloemfontein | Vrystaat | 8 Nov 19
  2. Tafelberg | Kaapstad | Kaap die Goeie Hoop | Wes-Kaapland | 8 Nov 19
  3. Kroonheuwel-Noord | Kroonstad | Valsrivier | Vrystaat | 21 Sep 20
  4. Springs-Oos | Springs | Delmas | Hoëveld | 10 May 21

14 thoughts on “Lys van NG gemeentes wat doleer”

  1. Tyd dat hulle n nuwe kerkgenootskap stig.

    Die NGK sal nie tot bekering kom nie.

    Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het — om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak. Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking — die einde daarvan is verbranding.
    HEBREËRS 6:4‭-‬8 AFR53
    https://bible.com/bible/5/heb.6.4-8.AFR53

    1. Beste Wynand, jy vat dit dalk ‘n bietjie te ver daar, maar in beginsel is jy reg. Die “LGBT” (Let God Burn Them) groep in the NG-Kerk gaan aanhou met hulle poging om verder van die gesonder leer af te wyk. Die motiewe is ook duidelik. Hulle wil he al die instellings moet homoseksualiteit goed keur. Die skrif is egter duidelik oor dit. Dis nie net nog ‘n sonde nie. Dit is gerig teen die skeppingsorde. En in die praktyk is dit ook ‘n manier van mense besig te hou met onderwerp, wat lankal afgehandel was… Wat trouens nooit ernstig oorweeg was in die geskiedenis vanaf die opstanding. Dit hou kerkgenootskappe weg van ander onderwerpe en vraagstukke wat dalk meer belangrik is. Weg van die evangelie en dis dalk die eintlike onderwerp wat aandag moes kry, dalk lankal. Die NGK moet homself vra hoekom hulle teiken geword het van hierdie aanslag.

  2. Koppies Weltevrede NG gemeente doleer lankal. Hoekom is dit niet in die lys nie? (Ring Heilbron)
    Is daar in die Ring van Vredefort nie eers één gemeente wat doleer nie?
    Die liberaliste in die Sinode bestuur moet agterkom hulle jaag nou nonsens aan. En dit kan nie anders nie as deur te doleer en bydraes ens terug te hou.

    1. Praise to God because these congregations have answered the call directly from God : ‘come out of her MY PEOPLE so that you not be partakers of her sins’.

  3. Tweede huwelike is teen God se wil…. Mark 10:11-12, Luk 16: 18, Rom 7:3. Hier bevestig Jesus en Paulus dat dit egbreek is. Daar is wel die alleen uitsondering as n vrou haar man verloor aan die dood… 1 Kor 7:39 , Matt 5:32 en Matt 19:9 verwys na hoereer wat n aparte sonde is Heb 13:4, Gal 5:19-21 en 1 Kol 6:9-10 (sien ouer vertaling asook KJV). Solank die NG Kerk tweede huwelike toelaat dra hul doleer geen krag nie. Dis tyd dat die NG Kerk die totale Waarheid verkondig, egbrekers is gelys met homoseksuele, moordenaars, sodomiete, ens…. 1 Kor 6:9-10. Sien ook 1 Kor 7:10-11. Egbreek is sonde, egbrekers sal nie die Koninkryk beërwe nie…. Dis die Woord.

    1. Gelukkig is God se Woord vol wonderlike beloftes. Die juweel aanhaling onder het my tot inkeer geruk. Ek het vrede in my hart.

      RY JOU VERLEDE JOU?

      Is daar dinge in jou verlede wat jou pla, wat jou laat wakker lê in die nag, wat jou nie wil laat los nie, nie laat vergeet nie? Is die duiwel besig om hierdie dinge in jou verlede te gebruik om jou te treiter sodat jy moedeloos word en glo dat daar definitief nie redding vir jou kan wees nie?

      Ook vir jou en my is daar hoop

      Moet nie in die verlede bly leef nie Jes 43:18 – 19a
      18 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie.
      19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom;

      2Kor 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

      1 Joh. 3 leer ons die volgende:

      19 Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons, ons gewete voor Hom tot rus bring.
      20 As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.
      21 Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan;
      22 en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind.
      23 En dít is sy gebod: Ons moet in sy Seun, Jesus Christus, glo en ons moet mekaar liefhê ooreenkomstig die gebod wat Hy ons gegee het.
      24 Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee.

      Verder beloof God deur Sy Woord aan ons in 1 Joh. 1:9:

      9 Maar as ons, ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons, ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

      Die voorwaarde vind ons egter in 1 Joh. 3:6 – 9

      6 Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.
      7 Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is;
      8 wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.
      9 Iemand wat ʼn kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is.

      En ons krag vind ons in 1 Joh. 5:3 – 5

      3 Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie,
      4 want enigeen wat ʼn kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.
      5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

      En die eind resultaat is die Ewige Lewe. Joh. 3:16 beloof

      16 God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

      En hou in Gedagte Heb 10: 26

      26Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie.

      Kom my vriend, kom ons kry rus vir ons verlede deur die bloed van Jesus Christus en met die krag van die Heilige Gees

  4. Al die argumente oor die huwelik, egbreek ens is geldig… dit is direk in teenstelling met die Wet van God. Maar wat van die 4de gebod? Ons mag nie 9 van die 10 gebooie breek nie, maar die Sabbatgebod kan maar oortree word. SONDAG IS NIE DIE SABBAT NIE!! Jakobus 2:12

    1. 100% Waarom is dit so moeilik vir die mens te glo wat duidelik in die skrif staan? Hoe is die mens dan nog so arrogant om die Rooms-Katolieke Kerk se gebod te aanvaar?

      1. HANDELINGE 20:7-12 AFR53
        En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek, en hy het sy rede gerek tot middernag toe. En daar was baie lampe in die bovertrek waar hulle vergader het. En ‘n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en weggesink in ‘n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel. Toe gaan Paulus ondertoe en val op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom. En hy het boontoe gegaan en brood gebreek en geëet; en nadat hy nog ‘n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek. En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was uitermate getroos. Omdat die eerste Christene alreeds eerste dag van week begin het. Paulus se ook ons is nie onder die wet nie.GALÁSIËRS 5:18 AFR53
        Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. ROMEINE 6:14 AFR53
        Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. AMOS 8:5 AFR53
        deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit — om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met ‘n valse weegskaal. AMOS 8:9 (AFR53)
        En in dié dag, spreek die Here Here, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is. Jesus se kruisiging. Die wet is Volbring.

  5. My GOD en verlosser is grootter as al hierdie kleinlike argumente. My vrede het gekom toe die heilige gees my aangeraak het. Daar is geen instruksie in GOD se woord om regter te speel vir my medemens nie. Al wat die Bybel vir my sȇ is om GOD liefde te verkondig. Ek stuikel net soveel met hoogmoed en snobisme as my medemens se geveg teen menslike vleeslikheid. Ek probeer GOD te eer deur sy wil na te kom en dit bring vir my ongekende vrede. GOD het alreeds my sondes twee duisend jaar gelede vergewe (dit sluit my vleeslike tekortkomene in tot aan die einde van my lewe) Die Bybel is baie eenvoudig en eerlik; Ek weet dat GOD my veel meer lief het as wat ek ooit kan besef (nog meer – HY hou van my en smag daarna om ‘n verhou met my te hȇ) So ek probeer om nie meer my medemens se splinter sondes te sien nie maar probeer daagliks om die balke in my eie lewe te verwyder.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui