Liberalisme

In die algemeen is liberalisme (afgelei van die Latynse liber “vry”; liberalis “vryheidsliewend, vry, vryheids-“) ’n stewe na ’n vrye orde. Liberalisme word gewoonlik daarmee vereenselwig dat daar weg beweeg word van die ou, bekende strukture en die skep van nuwe, vryer strukture, gebruike en idees.

Wanneer daar na die persoon verwys word, word die volgende woorde gebruik: liberaliste, vrysinniges of verligtes.

Liberalisme staan in teenstelling met konserwatisme of behoudendheid. Konserwatisme (afgelei van die Latynse werkwoord conservare “bewaar”) is ’n strewe om die bestaande orde te bewaar, te behou of ’n vroeëre orde te herstel. Die uitgangspunt is: as dit nie stukkend is nie, gooi jy dit nie weg nie.

In die konteks van geloof staan liberaliste teenoor behoudendes of konserwatiewes. Op hierdie webblad word daar na liberaliste verwys as mense wat die kernwaarhede van die Bybel bevraagteken of selfs verwerp. Dit sluit dinge in soos:

  1. Bestaan van die duiwel en die hel
  2. Redding slegs moontlik deur Jesus Christus
  3. Jesus se godheidmaagdelike verwekkingopstandingwonderwerke en hemelvaart
  4. Profesieë in die Bybel
  5. Jona was vir drie dae in ’n vis se maag
  6. Die uittog uit Egipte en al die gepaardgaande wonderwerke
  7. Abraham as historiese figuur
  8. Homoseksualiteit as sonde

Homoseksualiteit word ook hierbo gelys oor die volgende twee redes:

  1. Die Bybel is baie duidelik daaroor. Om dit te verwerp, moet die gesag van die Bybel ook verwerp word.
  2. 1 Korintiërs 6:9-10 noem dit as ’n sonde wat jou laat opeindig in die hel. Jesaja 5: (20)Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg…

Alhoewel ’n letterlike verstaan van Genesis 1 tot 11 uiters belangrik is en in wese nie ’n randkwessie is nie, word Genesis skipperaars op hierdie webblad nie as liberaliste geklassifiseer nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui