Opgestaan (Ferdie Mulder)

*******

boek deur Ferdie Mulder.

SLEUTELBESONDERHEDE

Skrywer Ferdie Mulder
Titel Opgestaan
Subtitel Studente se stryd om geloof by Tukkies in die jare 2001 tot 2006
Publikasiedatum Julie 2011
Bladsye 368
Grootte 213 x 137 mm
Buiteblad Sagteband
Uitgewer Opgestaan Publikasies
ISBN 978-1-4316-0068-7
Prys R139.00 (BTW ingesluit)

TEIKENMARK

Christene wat wonder oor hul eie sowel as Jesus se opstanding uit die dood.

INHOUD

Sedert veral die jaar 2000 is daar voortdurend debatte in Suid-Afrika oor of Jesus regtig uit die dood opgestaan het, en of dit nie eerder as ʼn metafoor verstaan moet word nie. In hierdie boek neem Ferdie Mulder gelowiges op ʼn agter-die skerms reis om beter te verstaan hoe hierdie saak tot onlangs toe by top universiteite verloop het. Hy vertel aangrypende, maar ook skokkende verhale van sommige studente se ontnugterings, dosente se uitsprake, en ook die kontroversie rondom die gewraakte petisie waarin ʼn groep studente Jesus se liggaamlike opstanding bely het. Mulder, die inisieerder daarvan, is uiteindelik deur die NG Kerk verbied om predikant te word, en is ook lewenslank geskors van Tukkies se Fakulteit Teologie nadat hy tydens dissiplinêre verhore skuldig bevind is. Hierdie boek is nie net ʼn uitdaging aan die leser om sy of haar eie posisie aangaande Jesus se opstanding te heroorweeg nie, maar ook ʼn aangrypende getuienis van hoe die krag van God, wat Jesus uit die graf opgewek het, vandag nog met ons is om hoop, vergifnis en versoening te bewerk. Die boek is egter beslis ook kontroversieel, omdat dit moontlik opspraakwekkende getuienis wat tydens die onderskeie verhore na vore gekom het, bespreek. Hierdie is ʼn moet lees boek vir almal wat wonder en worstel oor Jesus en gelowiges se opstanding, en ook vir diegene wat meer wil weet oor wat presies in Afrikaanse teologiese opleiding gebeur het tussen 2000-2006 wat betref die opstanding van Jesus.

AANBEVELING

“. . . As Luther bykans vyf eeue gelede gesê het: ‘Hier staan ek, ek kan nie anders nie,’ is dit een ding, maar as ’n teologiestudent vandag nog genoop voel om dit te doen, móét die gevaarligte helder brand. Ek wil elke gelowige aanmoedig om Ferdie se verhaal te lees . . .”

Ds. Jaco Thom, NG Toringkerk, Paarl.

Opgestaan Publikasies, 1 Hall Drive, Cambridge, CB23 7QN, Engeland
e-pos: opgestaanpublikasies@gmail.com

Kyk ook

1 thought on Opgestaan (Ferdie Mulder)”

  1. Hierdie hele gesprek oor Jesus en wie hy was en is, laat my terugdink na die Skrifgeleerde is die tyd van Jesus. Alles was in die OT oor die die koms van Jesus en God se liefde maar omdat dit gegaan het oor die handhawing van die self wou hulle nie erken en herken wat God deur Sy profete aan hulle oorgedra is nie. Hulle het hulle eie wette en reels gemaak en God misken. Vir my as gelowige word Jesus weerspieel in sy geboorte, Karakter, bediening, sterwe en opstanding. Dit is tog so eenvouding. Glo die Evangelie en jy sal die Koninkryk van God be-erwe, maak jou eie slim stories jou lewe en mis die Koninkryk van God omdat jy nie Sy geregtigheid wil erken nie. Dis jou keuse glo dit of los dit. Indien jy nie saamstem met God se Woord soos in die Skrif vervat nie, los dit. Niemand dwing jou nie. Hou net op om soos die Skrifgeleerde jou wil en reels op gelowiges af te dwing. Indien Van Aarde en sy navolgers so seker was van hulle saak sou hulle dit nie in ander se kele afdwing nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui