Nog UP-studente los protesbrief

*******

Nog UP-studente los protesbrief | Beeld

Beeld, 30 Jun 2005 (Donderdag) bl. 12, Johannesburg

Johannes de Villiers

Kaapstad. — Nog tien teologiestudente aan die Universiteit van Pretoria het hul gedistansieer van ‘n protesbrief teen hul dosente.

Die studente sê hulle het die brief, waarin van hul dosente van “dwalings” oor Jesus se opstanding beskuldig word, onderteken omdat hulle mislei is, het dr. Flip du Toit, skriba van die kuratorium, gister gesê.

Die tien studente is almal lidmate van die NG Kerk. Sewe studente wat aan die Presbiteriaanse Kerk behoort en wie se name ook onderaan die protesbrief verskyn, het hul vroeër van die skrywe gedistansieer.

Die brief is glo opgestel deur mnr. Ferdie Mulder, ‘n vierdejaarteologiestudent.

Dit bevat die name van 46 studente. Dit is na kerklike media gestuur omdat “broederlike gesprekke” tussen die opstellers en die betrokke teoloë glo op niks uitgeloop het nie. Dr. Ben du Toit, kommunikasiehoof van die sinode Wes- en Suid- Kaapland en een van die teoloë wat in die brief genoem word, ontken dat dié gesprekke ooit plaasgevind het.

Hy het gesê dat die brief ‘n “leuenagtige projek” is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui