Kan ’n Christen sy redding verloor?

Inhoud

Daar is ‘n debat onder gelowiges of ‘n Christen sy redding kan verloor. Volgens “Gereformeerde teologie” is dit nie moontlik nie. Dit word genoem: die volharding / bewaring van die heiliges (perseverance of the saints).

Daar word geredeneer dat indien dit blyk dat ‘n persoon eers gered was en dan afvallig word, hy nooit in die eerste plek gered was nie. Hierdie argument loop ook sterk saam met die uitverkiesingsleer: wanneer God iemand uitverkies het, kan die persoon nie anders as om gered te word nie.

‘n Mens sou kon vra wat die doel van hierdie debat is. Ek moet erken, ek twyfel self.

Voorstaanders van “jy kan nie jou redding verloor nie” sal sê dat dit vertroosting gee en selfs geloofsekerheid dat jy nooit jou redding kan verloor nie. Die vraag is dan, wat van diegene wat wel afvallig geraak het? Hoe weet ek dat ek sal volhard tot die einde toe? Hierdie vrae help nie baie om sekerheid te gee nie.

Hier volg verse in die Bybel wat die twee kante van die argument stel.

Bybelverse: jy kan nie jou redding verloor nie

Psalm 37:23-24

(23)Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. (24)As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.

Lukas 22:31-32

(32)Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.”

Johannes 6:37-40

(39)En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan.

Johannes 10:28-29

(28)Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. (29)Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.

Romeine 5:1

God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

Romeine 8:29-39

(29)Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, … (30)Dié wat Hy daartoe bestem het, … Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie. … (33)Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. … (38)Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte (39)of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Romeine 11:29

(29)As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie.

1 Korintiërs 1:8-9

(8)Dit is Hy wat julle ook end-uit sal laat vas staan, …

2 Korintiërs 5:17

Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Die argument is dat wanneer jy ‘n nuwe mense is, kan jy nie weer teruggaan vanwaar jy kom nie.

Efesiërs 1:13-14

(14)Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos.

Efesiërs 4:30

(30) … Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.

Filippense 1:6

…God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Die argument is dat wanneer God iets begin, kan niemand dit omkeer nie.

1 Tessalonisense 5:23-24

(23)Mag God … julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al … so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! (24)Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou.

2 Timoteus 1:12

(12) … ek is daarvan oortuig dat Hy magtig is om wat Hy aan my toevertrou het, tot op die dag dat Hy weer kom, in stand te hou.

1 Petrus 1:3-5

(3) … Nou het ons ‘n lewende hoop (4)op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. (5)En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

1 Petrus 1:18-19

18Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. 19Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder

1 Johannes 2:19

(19)Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons is nie.

Judas 1:24

(24)Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou

Bybelverse: jy kan jou redding verloor

Esegiël 18:24

as iemand wat altyd my wil gedoen het, ophou om dit te doen … , sal hy nie bly lewe nie. Nie een van die goeie dinge wat hy gedoen het, sal in sy guns tel nie, want hy het ontrou geword en hy sal sterf op grond van sy sonde wat hy gedoen het.

Matteus 10:22

… Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.

Die woord “volhard” impliseer dat dit inspanning verg van Christene om nie afvallig te raak nie.

Matteus 13:20-21

(20)Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. (21)Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig.

Matteus 24:13

Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.

Lukas 21:19

Deur julle volharding moet julle julleself red.

Hier word geïmpliseer dat jou redding van jouself afhang.

Johannes 15:1-6

(2)Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; … (4)Julle moet in My bly en Ek in julle. …  (6)As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos ‘n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

Romeine 2:7

(7)aan dié wat in goeddoen volhard … , gee Hy die ewige lewe;

Romeine 11:20-22

(22)Let dan op die goedheid en strengheid van God: sy strengheid oor die afvalliges, en sy goedheid oor jou. Maar dan moet jy uit sy goedheid lewe, anders kan jy ook uitgekap word.

1 Korintiërs 9:27

Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

Galasiërs 5:4

…, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur.

1 Timoteus 1:19-20

(19)Hou vas aan die geloof en behou ‘n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely. (20)Onder hulle is daar Himeneus en Aleksander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle daardeur kan leer om God nie te laster nie.

1 Timoteus 4:1

Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang.

1 Timoteus 4:16

(16)Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.

2 Timoteus 2:12

(12)as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer

Hebreërs 3:14

(14)Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.

Hebreërs 6:4-6

(4)Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees, (5)die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wêreld ondervind het (6)en dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring…

Hebreërs 10:26-29

(26)Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. … (29)Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het en die Gees van genade beledig het?

Hebreërs 10:16

(36)Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het.

Hebreërs 12:1

(1) … laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,

Jakobus 1:4

(4)En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

2 Petrus 2:20-22

(20)Mense wat van die besmettinge van die wêreld vrygekom het deurdat hulle ons Here en Verlosser, Jesus Christus, leer ken het, en wat weer daarin vasgevang en daardeur oorweldig word, is aan die einde slegter daaraan toe as aan die begin. (21)Dit sou vir hulle beter gewees het as hulle die wil van God nie leer ken het nie as dat hulle dit wel leer ken het en daarna afgewyk het van die heilige gebod wat aan hulle oorgedra is. (22)Van hulle is die spreekwoorde waar: “‘n Hond gaan terug na sy braaksel toe

Openbaring 2:3

(3)Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie.

Openbaring 2:5

Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat!

Openbaring 3:5

(5)Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.

Hierdie vers sou vir beide argumente gebruik kon word.

Openbaring 3:10

(10)Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Dus, wanneer die mens volhard, sal God ook die belofte van Sy kant nakom.

Openbaring 13:10

(10)… Hier het die gelowiges volharding en geloof nodig.

Openbaring 14:12

(12)Hier het die gelowiges volharding nodig, …

Verdere leeswerk

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui