Sosialisme

Sosialisme word meestal met welvaartsverdeling verwar. Hier volg ‘n kort verduideliking om die verskil tussen kapitalisme, welvaarsverdeling, sosialisme en kommunisme te verduidelik:

  • Kapitalisme: Jy besit ‘n koei. Jy verkoop die melk om jou besigheid te groei sodat jy meer melk kan verkoop. Jy besluit of jy van jou melk gratis wil weggee en aan wie.
  • Welvaartsverdeling: Jy besit ‘n koei, maar betaal baie belasting sodat almal melk kan kry.
  • Sosialisme: Die staat besit die koei en gee vir almal melk.
  • Kommunisme:
    • Teoreties: Die koei behoort aan almal. Almal melk die koei saam, en die melk word volgens elkeen se behoefte uitgedeel.
    • In praktyk: Die staat sê die koei behoort aan almal, maar ’n klein groepie besluit wie melk kry, wie die koei oppas, en wie stilbly.

Sosialisme

Sosialisme is ’n ekonomiese stelsel of ideologie waar die staat of gemeenskap die belangrikste produksiemiddele beheer of besit. Dit sluit dinge in soos:

  • myne
  • kragopwekking
  • spoorweë
  • banke
  • groot nywerhede

Dit is die idee is dat rykdom nie hoofsaaklik deur private eienaars opgehoop moet word nie, maar dat produksie tot voordeel van die hele samelewing bestuur moet word.

Kenmerke:

  • Minder private eienaarskap
  • Meer staatsbeheer
  • Meer sentrale beplanning
  • Dikwels hoër belasting
  • Fokus op gelykheid van uitkomste

Voorbeelde:

  • Kuba → sterk sosialistiese model
  • Soviet Unie → klassieke staatsosialisme
  • China onder Mao Zedong → sterk sosialisties (nou ’n gemengde model)

Welvaartsverdeling

Hier bly die ekonomie meestal kapitalisties:

  • private maatskappye besit besighede
  • mense kan ryk word
  • markkragte bepaal pryse
  • entrepreneurskap word aangemoedig

Maar die staat vat belasting en herverdeel ’n deel daarvan om ’n veiligheidsnet te skep:

  • pensioene
  • werkloosheidsvoordele
  • gratis of gesubsidieerde gesondheidsorg
  • gratis onderwys
  • behuisingsubsidies
  • kinderondersteuning

Kenmerke:

  • Private eienaarskap bly
  • Markekonomie bly
  • Hoër belasting om sosiale programme te finansier
  • Fokus op gelyke geleenthede eerder as totale gelyke uitkomste

Voorbeelde:

  • Swede
  • Noorweë
  • Denemark

Hierdie lande is nie sosialisties in die klassieke sin nie — hulle het sterk private markte, maar groot welvaartstate.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui