Dit maak seer om te erken: NG Kerk is in ’n krisis

*******

BRIEF | Dit maak seer om te erken: NG Kerk is in ’n krisis | Rapport

Lesersbrief

Rapport

Sondag, 7 Junie 2026

Prof. Hoffie Hofmeyr, Pretoria, skryf:

Dit is met baie groot pyn dat ek hierdie skrywe rig. Die NG Kerk is immers van kindsbeen af my geestelike moeder. Ek was tot nou byna 80 jaar sedert my doop in 1947 al die jare in hierdie kerk betrokke.
{Lees verder op Netwerk24}

1 thought on “Dit maak seer om te erken: NG Kerk is in ’n krisis”

  1. Indien dit sovele jare neem, wetende daar is waarlik wesenlike gewetensverskille met strukture binne ‘n denominasie wat nie wil verander nie, en geen daadwerklike stappe word geneem om daaruit te treë nie of dit te verander nie, en dan ook komende van ‘n hoogs geleerde akademiese leier vanuit so denominasie, waar dan is die probleem? Die probleem is dan te vinde by die persoon homself en baie wat soos hy dink – of eerder, nie waarlik dink – vir sovele jare. Sodanige leier(-s) sou nooit in Moses se skoene kon staan voor die Rooi See, of selfs telkemale voor Farao nie, of soos menige ander Bybelse leiersfigure waar gehoorsaamheid aan God se Stem bykans onmiddelike gehoorsaamheid vereis het.
    Die probleem is veel veel groter: die lidmate hulself. Veral die oueres. En dit spreek boekdele. ‘n Volwaardige vol biblioteek van absolute ongeloof vanuit die ‘’ouer garde-korps’’.
    Ek onthou ‘n frase vanuit ‘n merkwaardige getuienis van ‘n leraar in die VSA – ook nie meer jonk nie – wat deur geweldige dinge in sy lewe is, en hy spreek die volgende : “…what is NOT transformed, IS transferred….”
    Dan hoef mens nie te wonder waarom menige NG kind of kleinkind begin ‘’los’’ word het van die kerk nie, want die saad van ongeloof is netso oorgedra deur voorbeeld van die pa of ma of ouma of oupa, ensomeer.
    Dit is die stoere Oumas en Oupas of ouer gardes wat ver meer waarde koppel aan die doop en belydenissertifikate en aan hul verwronge idee van ‘n (veranderbare-) Bybel vir dekades, as om waarlik die Bybel self te glo op sigwaarde. Hul glo veel meer in die sigwaarde van geldnote as die Bybel. Hoe sal baie van die nasate dan enigsins ánders kan funksioneer as vanuit so enorme korpus van disfunksionele voorbeelde?
    Daar word heeltemal te sag en te ordentlik met hul gepraat. Dit is mooi praatjies en ”goed-voel” stories Sondag na Sondag vir jare, en vele lewenslesse – en so nou en dan ‘n vermaningkie om die “ewewig” te behou – maar dit is ‘n skaal van onewewigtigheid wat menige skelm jaloers sal maak oor die langdurige sukses daarvan.
    Hul is waarlik Esegiël 23 gevalle. Die Here het nie doekies omgedraai in antieke tye nie. Maar baie van die ouer gardes dink hul is vér beter – en glo my, van hul raak wit om die kiewe as mens dit eers durf opper.
    Hul ONGELOOF is so hoog soos baie ruim wolkekrabbers in New York in die VSA.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui