Kort na die NG Kerk se algemene sinode van 2011 het die Ring van Louis Trichardt die volgende dokument uitgereik waarin hulle hul besware teen Belhar, die besluit oor die bestaan van die duiwel, en die besluit oor saamwoon uitgespreek het:
Na die NG Kerk se 2015-besluit oor selfdegeslagverhoudings het die Ring van Louis Trichardt standpunt ingeneem daarteen:
- Afstig-kerkrade kan als verloor (18 Okt 2015)
- Besluit oor gays ‘soos apartheid’ (27 Okt 2015)
Tydens die Noordelike Sinode 2022 het die Ring van Louis Trichardt ‘n beskrywingspunt ter tafel gelê, maar dit is verwerp.
Na al hierdie jare se werk en besware het die Ring van Louis Trichardt in 2026 besluit dat hulle gebruik gaan maak van die ruimte wat aan hulle gebied word om hulle eie standpunte oor onder andere SGV te handhaaf terwyl hulle steeds binne al die strukture van die NG Kerk bly.
- ‘Die pad vorentoe is nie afskeiding óf parallelle strukture nie, maar volharding binne kerkverband’ – Vraag en antwoord met Ring van Louis Trichardt (18 Feb 2026, Kerkbode)