Kyk ook:
Daar is heelwat redes hoekom mense depressief is.
Mislukking
Die ergste van mislukking is die vernedering wat daarmee gepaard gaan. Die gedagte: wat dink die ander mense van my.
In so ‘n geval help dit om te vergeet wat ander van jou dink en te fokus op wat God van jou dink en hoe Hy jou wil gebruik.
Verwerping
Wanneer jy verwerp voel, herinner jou daaraan dat God jou nooit verwerp nie en dat dit slegs God se opinie oor jou is wat saak maak. Hy laat alles ten goede meewerk. (Romeine 8:28)
Spanning
Wanneer daar te min ure in die dag is om alles te doen wat jy wil doen, tree spanning in.
God verwag nooit van jou om te doen wat bo jou vermoë is nie. Hierdie verwagting kom altyd van ander mense of van jouself.
- As dit van ander kom, vra God vir wysheid waarvoor om nee te sê.
- As dit van jouself afkom, probeer jy waarskynlik om ander te beïndruk. Moenie.
Finansiële druk
Wanneer jy finansiële druk ervaar kan die bron daarvan twee dinge wees:
- ‘n Gebrek aan selfdissipline. Dit grens aan verslawing. Vra God vir hulp en raadpleeg ook ander mense.
- “Keeping up with the Joneses”: Moenie geld spandeer wat jy nie het om ander te probeer beïndruk nie.
Onvergifnis
Onvergifnis kan depressie veroorsaak. Kyk Vergifnis.
Sonde
Wanneer daar sonde in jou lewe is, kan dit tot depressie lei omdat jy weet dat jy besig is om God teleur te stel. Vra God vir hulp.
’n Paar los gedagtes oor depressie
Wees versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe (Spreuke 4:23).
Die enigste opinie oor jou wat saak maak, is God se opinie.
Gebruik kritiek oor jou altyd tot jou voordeel. Vra jouself wat God daarvan dink. As die kritiek waar is, verander jouself. As dit nie waar is nie, gooi dit in die asblik.
Die sin van die lewe is nie om gelukkig te wees nie, maar om geregtig (na God se wil) te lewe.
Indien jou huidige omstandighede die lewe is wat God vir jou beplan het, sal jy tevrede wees daarmee?
Om gelukkig te wees is nie die punt nie. Die punt is om ‘n Goddelike lewe te lei.
Maak seker jou identiteit lê in God. Met ander woorde, as iemand jou vra wie jy is, moet jou eerste reaksie wees dat jy God se kind is.
Depressie is selfbejammering.
Het jy al elke fasset in jou lewe aan God gegee?
Het jy al Otto Koning se pynappelstories geluister?
Depressie se oorsprong is nie selfhaat nie, maar selfliefde.
Dink aan die persoon wat jou held is. Dit mag ‘n sport- of musiekster wees, ‘n akteur, skrywer of die president van ‘n land wees. Wat sal jy gee om ‘n dag saam met daardie persoon deur te bring? Tog vergeet ons dat ons enige tyd met die skepper van die heelal kan praat.
Daar is baie mense wat al deurgemaak het wat jy tans beleef. Moenie dink jy is die enigste een wat swaarkry ervaar nie.
Neem jou kruis op en volg Hom.
Vergelyk jouself meer met mense wat minder as jy het. (Met wie vergelyk jy jouself?)
Moenie jouself so ernstig opneem nie.
Om nie te vergewe nie is soos om gif te drink en te hoop die ander persoon gaan dood.
Depressie neem die fokus weg van wat God met jou lewe beplan. Verskuif die fokus weg van jou en na God.
Kan jy vrede daarmee maak dat jy nie altyd die doel sal weet van waardeur jy tans gaan nie?
Lag meer.
Vra minder “hoekom” en vra meer “Here, wys my hoe ek vandag tot U diens kan wees.”
Moenie bang wees om hulp by ander mense te kry nie. Daar is iets terapeuties daaraan om jou probleme en emosies verbaal te uiter.
Wees versigtig vir antidepressante. Dit plak bloot ‘n pleister en verhoed dat die werklike probleem uitkom.
Ware geluk is nie om in die regte omstandighede te kom nie, maar om goddelik te leef in die omstandighede waarin jy tans is.
Dink jy dat Jesus, Paulus en al die ander dissipels in die Bybel rede gehad het om depressief te wees?