Proff Dirk Human, Jurie le Roux en Julian Müller. Persverklaring rakende “dwaalleer-brief” van mnr Ferdie Mulder en ander

Die volgende artikel is van kerkweb.org gekopieer.

*************

Proff Dirk Human, Jurie le Roux en Julian Müller. Persverklaring rakende “dwaalleer-brief” van mnr Ferdie Mulder en ander

2005-11-29

Met groot teleurstelling neem ons kennis van die openbare Verklaring rondom die opstanding van Jesus Christus, waarin ons saam met ander kollegas verkeerdelik geëtiketteer en onbillik behandel word deur die inisieerder daarvan, mnr Ferdie Mulder en diégene wat hom ondersteun. Met groot teleurstelling neem ons kennis van die openbare Verklaring rondom die opstanding van Jesus Christus, waarin ons saam met ander kollegas verkeerdelik geëtiketteer en onbillik behandel word deur die inisieerder daarvan, mnr Ferdie Mulder en diégene wat hom ondersteun.

Die Verklaring skep valse persepsies oor ons persoonlike standpunt rondom die opstanding en kom neer op openbare naamskending. Op ’n onverdiende wyse bereken hierdie valse persepsies vir ons persoonlike en openbare skade. Verder werk dit negatief in op enige openbare teologiese debatte. Ons vind dit egter totaal vreemd dat sogenaamde yweraars van die christelike waarheid hierdie weg van optrede volg, want nêrens het mnr Mulder of enige ondertekenaar met ons ?n ?broederlike gesprek? oor die aangeleentheid kom voer nie ? dit sou tog pas;

  • Niemand het ons by die kuratorium van die kerk of by die universiteitsowerhede van dwaalleer of verkeerde optrede aangekla nie;
  • In die Verklaring word die inhoud en gees van ons akademiese werk misken en verdraai, sodat dit klink asof ons ’n dwaalleer oor die opstanding verkondig – hierdie optrede vind ons onchristelik en liefdeloos;
  • Dit blyk dat mnr Mulder talle studente mislei het in die ondertekening van hierdie protesskrif.

In aansluiting by die gees en inhoud van ons dekaan, prof Cas Vos se brief van 25 Junie (Fakulteit oor sy taak, Skrif, Christus) bevestig ons dat ons Sondae die opstanding van Jesus Christus, saam met die kerk bely, soos dit in die Apostoliese geloofsbelydenis verwoord is.

Proff Dirk Human, Jurie le Roux en Julian Müller, dosente, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria.

Kommentaar

Daniel Louw

Interessant dat die naaste waaraan Proff Dirk Human, Jurie le Roux en Julian Müller kom om die opstanding van Jesus te erken is deur te sê: “…bevestig ons dat ons Sondae die opstanding van Jesus Christus, saam met die kerk bely, soos dit in die Apostoliese geloofsbelydenis verwoord is.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui