Wie is Adrio König?

Adrio König (1936-20 Julie 2022) was ’n relatief behoudende teoloog van die NG Kerk. Hy het baie sterk standpunt ingeneem oor Jesus se opstanding en was uitgesproke daaroor.

Adrio KönigIn Februarie 2009 publiseer hy sy boek Die Evangelie is op die spel. Dit is hoofsaaklik in teenreaksie op die opstandingsdebakel. Die titel van die boek impliseer dat indien Jesus se opstanding ontken word, is die evangelie op die spel.

Hy kry egter baie kritiek op die boek en ’n debat volg in die media van April tot Oktober 2009. Kyk Teoloë kap König oor sy nuwe boek. Die dekaan van die fakulteit teologie aan die Universiteit van Pretoria, prof. Cas Vos, en sy kollega, prof. Dirk Human sê dat hulle wil braak oor die boek.

Dit is egter baie teleurstellend dat hy probeer het om die Bybel met evolusie en homoseks te versoen.

Artikels

Kyk ook

2 thoughts on “Wie is Adrio König?”

  1. Die Apostels van Jesus het die mense wat tot bekering en geloof gekom het in die Naam van Jesus gedoop. Hand 2,38 Hand 8,12-16 Hand 10,48 Hand 19,5.
    My vraag is wie en wanneer is dit verander?

  2. Sjoe,
    Prof Adrio Konig was my dosent in Sistematiese Teologie aan Unisa maar ek het ook kontak met hom gehad terwyl ek n deeltydse pastorale werker in Pretoria gevangenisse namens die NG Kerk in Afrika (VGK) was.
    In die akademie het hy my altyd beiindruk as hoogs intellegente dosent terwyl hy die gevangenispastoraat met groot erns en empatie benader het!
    Ek was bevoorreg om met met Prof Konig kontak te kon gehad het…
    Hein Combrinck.Pretoria

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui