3 thoughts on “4 Dinge waaroor die NG Kerk DWAAL”

  1. “DA ONE IN CHARGE” (Hawaian)
    Die NG-kerk mag met baie unieke dinge worstel, maar ‘n veel groter(-wordende) dilemma is teenwoordig waarmee bykans elke moderne kerk in die wêreld worstel; selfs die mees sogenaamde ‘‘Bybelfundeerde/Behoudende-kerk’’ of lidmaat is onder hierdie ‘‘misleidende ruim huis se plafon’’. Die aanbidding van die ‘‘self”’ is inteendeel so diep en intens in die moderne klimaat, dat dit nie eens meer geëien word deur ‘‘self’’ ten behoewe van ‘’self’’ nie. Wat wel geëien word (of altans, moet word, so blyk dit van menige hedendaagse sprekers) – is veel eerder die sonde van ánder (en ja, inderdaad, sonde bly sonde, en kan nie weggesteek word vir God nie). Die sonde by ‘’self’’ deur ‘’self’’’ word selde – indien ooit – waarlik gesien en/of erken.
    Mens wonder onwillekeurig of die deursnit Afrikaanse lidmaat ooit nog ‘’redbaar’’ is, of nog erger, meen ‘’redbaar’’ behoort tot ‘n historiese tydvak in die geskiedenis, en is nie van toepassing of van krag (of behoort nie te wees) in ‘n huidige of toekomstige bedeling nie. Een van vele uiters groot probleme ten diepste wese vanuit die Afrikaanse kultuur, is hul eie liefde vir hul eie kultuur met n intensiteit vér, vér meer as vir hul naasste wat nie vanuit hul eie kultuur voortkom nie (vir 100,200, 300+? jaar). Mens impliseer nie hul moet liefde toon teenoor die ander kultuur self as ‘n sosiale vorm nie, maar vir die ménse vanuit ander kulture. Hul is dikwels ook veel liewer vir ‘’self’’ as vir GOD Homself.
    Miskien (altans ek vertrou so) kan hul bietjie kers opsteek vanuit die ‘’ ‘Hawai ‘i Pidgin Kultuur’’ se Bybel, wat diep spreek tot die hart van ‘n saak:
    Agtergrond:
    ‘n Deel van die inheemse sprekers van Hawai ‘i Pidgin beskik oor ‘n lae vaardigheid in standaard Engels. Hulle woon op Hawaii, Alaska en die vasteland van die Verenigde State , en spreek tale wat mens kan noem Pidgin, Hawai ‘i Creole en Hawai’i Creole Engels. Dit word nie-amptelik in howe gebruik, soms met tolke, en word gebruik in persoonlike kommunikasie, “blue collar work”, landbou, visbedryf, en onder vriende in byna alle sosiale groepe. Dit word deur baie aanvaar as ‘n belangrike deel van die plaaslike kultuur en funksioneer as ‘n kenmerkende plaaslike taal, maar tog word dikwels op neergesien deur ander.
    “Da Good An Spesho Book”
    Daar is ‘n merkwaardige vertaling vir hul van die Bybel om die Bybel aan hul te kommunikeer soos hul praat en soos hul verstaan, wat genoem word die “Da Good An Spesho Book – Hawaii Pidgin Bible” (m.a.w. die Goeie en Spesiale Boek), en die sterk Engelse invloed is duidelik afleibaar.
    Sekere Bybelboeke in hul taal is baie uniek omskryf, bv.
    Da Start Genesis (Genesis),
    OutaEgypt (Eksodus),
    Local Leada Guys Story (Rigters),
    Songs Fo God (Psalms),
    Wat Da Smart Guys Tell (Spreuke),
    Jesus Guys Wat Dey Wen Do (Handelinge), Wat Jesus Show John (Openbaring), ensomeer.
    In OutaEgypt 20, lees mens ook die volgende deel:
    Da Ten Main Rules
    “1 Den God tell all dis: Rule Numba One
    2 “Dis me, Da One In Charge, yoa God, dat stay talk. Was me wen get you guys outa da Egypt land, wea you guys was slaves.
    3 You no go take odda gods fo you, cuz me, I da ony God fo you. Rule Numba Two
    4 ✡“No make idol kine gods fo you dat look jalike someting from up dea inside da sky, o from down hea on top da earth, o from inside da watta dat stay undaneat da groun.
    5 ✡No go down in front da odda gods fo show um love an respeck, an no work fo dem. Cuz I yoa God, az me, Da One In Charge! An if you go down in front da odda gods, I one jealous God! Az why I goin punish da peopo dat do bad kine tings an da ones dat hate me. An if dea kids do da same ting, I punish dem too, an same ting wit dea grankids, an even dea great-grankids. 6 But wen peopo show me love an aloha an do wat I tell um fo do, I stay tight wit dem, an dea kids, an dea grankids fo tousan generation!”
    En in Markus lees mens die volgende:
    Da Main Rule (Matthew 22:34-40; Luke 10:25-28; Rules Secon Time 6:4-5, 25; Joshua 22:5; Prieses 19:18; Isaiah 45:21)
    “28 One teacha dat teach da Rules From God stay standing dea. He hear how dey talk, an he know dat Jesus wen shut up da Sadducee guys. So he tell him, “Eh, from all da Rules God wen give us, wat da main Rule?”
    29 ✡Jesus tell him, “Da main Rule dis: ‘Lissen, all you Israel peopo! Da One In Charge, he oua God, an he da one an ony Boss.
    30 Go all out fo show love an aloha fo Da One In Charge, yoa God, wit eryting inside, wit how you feel, wit how you tink, an wit all yoa powa.’
    31 ✡An da nex main Rule jalike dis one, ‘Get love an aloha fo da odda guy jalike you get love an aloha fo you.’ No mo anodda Rule mo importan den dis two Rules.”
    32 ✡Da teacha dat teach da Rules From God tell um, “Eh, Teacha, right on! Dass right wat you tell, ‘God, he one God, an no mo anodda God. Ony get him.’
    33 ✡Us guys gotta go all out fo show love an aloha fo him wit eryting inside us, wit how we tink, an wit all oua powa. An we gotta go all out fo show love an aloha fo odda guys jalike we get love an aloha fo us. Dass mo importan den make da burn up kine offering an da odda sacrifices.”
    34 ✡Jesus know dat da guy tink real good wen he tell dat. He tell him, “You stay nea God, fo get him fo yoa King.” From dat time, erybody sked fo aks Jesus odda stuff”

    Mag die kerke in die wêreld die EIE OOG eers raaksien.

    1. Iemand het verseker nie gedwaal nie maar verdwaal. Ek het geen idee wat hier gesê word nie.

      1. Die Skrifgeleerdes het ook uitgebasuin hulself is nie verdwaal nie.
        Selfs Judas Iskariot het só gemeen, alhoewel op ‘n soort van stille maar ‘agteraf-manier’, maar tog so verbysterend briljant, dat geen dissipel sy vermomming kon eien vanuit hul binnekringe nie.
        Dié ‘vingerwys-mense’ het gemeen Jesus Self is verdwaal; selfs afgedwaald en komende van die Bose, was hul oortuiging.
        En die ‘vingerwys-mense’ het ook gemeen dat Sy ‘raaisel praatjies’ se kognitiewe konteks, veel meer in pas marseer op bevel van ‘n drilsersant se ‘antieke diagnostiese en statistiese handleiding vir geestesversteurings (DSM-5TR)- marseerstem’, as met die Stem van Christus en die van die Bybel, veral die Ou Testament se Getuienis.
        Selfs 5 maagde het eens gemeen hul is nie verdwaal nie en is uitverkose gaste van die Bruidegom.
        Toe kom die ontnugtering.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui