Beroep op outoriteit

Beroep op outoriteit of appél tot gesag (in Engels “Argument from authority“) is ’n vorm van ’n argument wat in debatte gebruik word waar die opinie van ’n kenner ingeroep word om jou eie saak te versterk. ’n Tipiese voorbeeld is:

James Barr, ’n Hebreeuse kenner erken effektiewelik dat skeppingsleerders die Bybel verstaan soos wat die skrywer(s) van Genesis 1 tot 11 oorspronklik bedoel het.

Dus, omdat James Barr dit gesê het, dra die opinie gewig.

Nog ’n voorbeeld is: Evolusioniste en aanhangers van aardverwarming is soms vinnig om te sê dat mense wat anders dink maar ’n klein minderheidsgroepie is.

Dit is nie noodwendig ’n ongeldige argument nie, maar in die wetenskapswêreld moet ’n mens dit probeer vermy waar moontlik. Trouens, ’n mens kan selfs redeneer dat die wetenskap vanself behoort te spreek.

Wetenskaplike kennis word die beste gevestig deur bewyse en eksperimente eerder as deur die aanvoering van outoriteit, aangesien daar geen plek vir gesag in die wetenskap is nie.

Carl Sagan (‘n ongelowige) het dit goed gestel:

Een van die groot gebooie van die wetenskap is, “wantrou argumente van gesaghebbendes.” … Te veel sulke argumente was op die ou einde pynlik verkeerd. Gesaghebbendes moet hul betoog soos alle ander bewys.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui