Probleme met die oerknal

In Om God te geniet … op grond van die oorsprong van die heelal skryf prof Harm Moraal die volgende oor die oerknal:

“Die eenvoud van die oerknalmodel is so oortuigend dat daar geen wetenskaplike gelyke daarvoor is nie. Sy elegansie blyk eers duidelik as jy dit in terme van die wette van die fisika ontleed.”

Dit is egter ver van die waarheid. Later in sy artikel erken hy self die volgende:

“Maar die mooi samehangende wêreldbeeldmodel is nie volmaak of finaal nie. Galaksies (sterrestelsels) roteer vinniger as wat hulle behoort. Die verklaring daarvoor is dat daar, behalwe sigbare materie in sterre, ook donker (onwaarneembare) materie moet wees wat sterker aantrekking, en daarom vinniger rotasie veroorsaak. Die heelal sit vinniger uit as wat hy behoort te doen. Ons skryf dit toe aan donker (onwaarneembare) energie.”

altDie oerknal word soms soos hierbo voorgestel as ’n tydlyn. Die x-as is tyd en die y-as is die diameter van die heelal. Heel aan die begin het die heelal baie vinnig uitgesit. Tans word die diameter van die heelal groter teen ’n versnelde tempo.

Hierdie is groter probleme vir die oerknal as wat hy wil voorgee. Kom ons kyk na die volgende probleme waarmee die oerknal sit:

  1. Donkermaterie
  2. Donkerenergie
  3. Ligtyd-probleem (Horison probleem)
  4. Hubble se wet en NGC 7319
  5. Uranus en Neptunus se magneetvelde
  6. Wetenskaplikes self

1. Donkermaterie

Wanneer ’n kleiner hemelliggaam (soos die aarde) om ’n groter hemelliggaam (soos die son) draai, moet drie dinge in balans wees sodat die klein hemelligaam in ’n wentelbaan om die groter hemelliggaam bly:

  1. Die massa van die groot hemelliggaam (M)
  2. Die afstand tussen die hemelliggame (r)
  3. Die spoed van die klein hemelliggaam om die groot hemelliggaam (v)

Hierdie balans word beskryf deur die volgende formule: M = v2.r/G (waar die universele gravitasiekonstante is).

Daar word egter iets anders waargeneem by roterende sterrestelsels: hulle draai te vinnig om in ewewig te wees. Dus, volgens hierdie formule moet liggame in roterende sterrestelsels wegbeweeg van die middel. Dus klop waarnemings nie met die wiskunde nie. Om hierdie probleem op te los het wetenskaplikes verklaar dat daar materie in die heelal is wat ons nie kan sien nie en wat die hemelliggame aantrek en verhoed om uit hulle wentelbaan te beweeg. Hierdie “materie” word donkermaterie genoem en kan tot vandag toe nie verklaar word nie.

Vir meer hieroor, kyk Donkermaterie: ’n Knoeifaktor.

2. Donkerenergie

Vandag neem ons waar dat die heelal uitmekaar beweeg (ons noem dit “uitbreiding”). Omdat alle hemelliggame massa besit, trek hulle mekaar aan. Dit sal veroorsaak dat hierdie uitbreiding ’n vaartvermindering sal ondergaan (dit sal al hoe stadiger weg van mekaar beweeg). Later sal alle hemelliggame tot stilstand kom en weer na die middel inval. As deel van die Supernova Kosmologie Projek in 1998 wou bepaal word wat die vaartvermindering van hemelliggame was. Groot was hulle verbasing toe gevind is dat hemelliggame nie vaart verminder nie, maar versnel (hulle word nie stadiger nie, maar vinniger)! ’n Mededingende groep, die High-Z Supernova Soekspan, het tot dieselfde gevolgtrekking gekom en meer onlangse opnames toon dat die teenstrydigheid steeds voortduur.

Soos in die geval van donkermaterie, moes daar weer van ’n knoeifaktor gebruik gemaak word om hierdie verskynsel te verklaar. Donkerenergie is ingespan.

Skeppingsleerders se kosmologiese modelle het nie die knoeifaktore donkermaterie of donkerenergie nodig nie.

Vir meer hieroor, kyk Donkerenergie: ’n Knoeifaktor.

3. Horison probleem

Volgens oerknallers is die na-gloei (“afterglow”) ’n oorblyfsel van die oorspronklike vuurbal van die oerknal. Dit word ook die kosmiese mikrogolf-agtergrondstraling (KMA) (of “cosmic microwave background” [CMB] in engels) genoem. Hierdie KMA is egter ’n groot probleem vir die oerknal: Ontploffings lei gewoonlik tot wanorde of chaos, maar die temperatuur van die KMA is baie eweredig versprei oor die heelal, presies die teenoorgestelde as wat verwag word. Alhoewel oerknallers glo dat die heelal 15 miljard jaar oud is, sou daar nie genoeg tyd wees vir energie om sulke ver afstande te beweeg om hierdie baie eweredige temperatuurverspreiding te bewerkstellig nie. Hierdie word die horisonprobleem genoem.

Oerknallers se oplossing vir hierdie probleem word “inflasie” genoem: Dit is die hipotese dat die uitdying van die heelal vinniger as die spoed van lig gebeur het. Indien dít aanvaar word, wys berekeninge dat die probleem verdwyn. Een van die vroeë pioniers, Paul Steinhardt, wat vir 20 jaar hieraan gewerk het, het erken dat hierdie “oplossing” geen wetenskaplike basis het nie en dat dit steun op onbewysbare aannames.

Vir meer hieroor, kyk Light-travel time: a problem for the big bang.

4. Hubble se wet en NGC 7319

Rooiskuif kan gebruik word om die afstand te bepaal wat ’n hemelliggaam van die aarde is – kyk Wat is rooiskuif?

Binne-in sterrestelsel NGC7319 is daar ’n kwasar genaamd ULX. Volgens Hubble se wet is die sterrestelsel NGC7319, 360 miljoen ligjaar ver (z=0.022) en kwasar ULX 100 keer verder – 35 miljard ligjaar ver (z = 2.114). Daar is egter baie goeie bewyse dat die kwasar definitief deel is van NGC7319, dus moet hulle ongeveer dieselfde rooiskuif hê (hulle is ewe ver van die aarde).

Hierdie is ’n reuse probleem vir die oerknal vir twee redes:

  1. Dit vernietig die sleutelaannames oor die ontstaan van materie in die oerknal.
  2. Dit bevraagteken baie rooiskuifafstande wat bepaal is deur kwasar rooiskuif.

Vir meer hieroor, kyk:

5. Uranus en Neptunus se magneetvelde

In 1984 het dr Humphreys voorspel dat die magneetvelde van Uranus en Neptunus ongeveer 100000 keer groter is as die voorspellings van oerknallers se dinamoteorie. Die twee mededingende modelle is getoets toe die Voyager 2 ruimtetuig in 1986 en 1989 verby hierdie planete gevlieg het. Die magneetvelde vir Uranus en Neptunus was net soos Humphreys voorspel het. Tog beweer baie evolusioniste dat skeppingsleerders onwetenskaplik is omdat dit geen voorspellings maak nie.

Vir meer hieroor, kyk:

Wetenskaplikes self

Dit is nie net skeppingsleerders wat probleme het met die oerknal nie. Ook sekulêre wetenskaplikes. Kyk byvoorbeeld:

Nog verwante artikels

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui