Bybelverse verskillend vertaal

Bybelafkortings:

Kode Volle naam Bible.com #
AFR83 Afrikaanse nuwe vertaling (ANV) 6
AFR53 Afrikaanse ou vertaling (AOV) 5
NLV Nuwe lewende vertaling 117
AFR20 Direkte vertaling 3499
ABA Bybel vir almal/dowes 2
DB Die Boodskap 50
KJV King James 1
ASV American standard version 12
ESV English standard version 59
MSG The Message 97
NIV New International Version 111
GNB Good News Bible 296
ERV Holy Bible easy-to-read version 406
MEV Modern English Version 1171
AMP Amplified Bible 1588
CAB23 Contemporary Afrikaans Bible 3660

Hier volg ‘n lys verse wat wesenlik verskil in verskillende Bybelvertalings.

Job 1:11

  • AFR53: (11)Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het — waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
  • AFR83: (11)Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.”

Dit is redelik voor die handliggend dat die AFR53 vertaling ook “vervloek” bedoel, maar dit is ‘n argaïese woordgebruik.

Job 40

In Job 40:10-14 en Job 40:15 (Engels Job 40:15 en Job 41:1) gebruik sekere vertalings “seekoei” en “krokodil” terwyl sommige vertalings “behemoot” en “leviatan” gebruik:

  • Seekoei en krokodil: AFR53, AFR83, NLV, ABA
  • Behemoot en leviatan: AFR20, KJV, NIV, AMP, ESV, ASV

Dit is egter duidelik dat dit nie ‘n seekoei en krokodil is wat beskryf word nie – kyk Behemoot en leviatan.

Psalm 22:16/17

AFR53: (17)…hulle het my hande en my voete deurgrawe.

AFR83, ABA, NLV: (17)…My hande en voete is vasgemaak.

AFR20: (17)…hulle het my hande en my voete deurboor.

ASV, NIV, ESV, KJV: (16)…They pierced my hands and my feet.

Strong se konkordansie: Psalm 22: [H3738] A primitive root; properly to dig; figuratively to plot; generally to bore or open

Handelinge 26:28

  • AFR83: Agrippa sê toe vir Paulus: “Jy dink seker jy kan my sommer gou-gou ‘n Christen maak.”
  • AFR53: En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word.

Volgens die 53-vertaling lyk dit of Paulus amper vir Agrippa oortuig het om ‘n Christen te word, terwyl dit volgens die 83-vertaling lyk of Agrippa vir Paulus sê dat hy nie moet dink dat Paulus hom sommer so vinnig ‘n Christen gaan maak nie.

Die King James lyk of dit dieselfde sê as die 53-vertaling, maar die NLV, AFR20, ESV en NIV stem ooreen met die 83-vertaling.

1 Korintiërs 5:18

Kyk 1 Korintiërs 15:8 (Paulus ontydig gebore).

Kolossense 3:19

  • AFR83: Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie.
  • AFR53: Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.

Die 83-vertaling gee ‘n opdrag hoe jy jou vrou moet hanteer terwyl die 53-vertaling ‘n opdrag gee oor wat in jou hart moet wees teenoor jou vrou.

  • AFR53: Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.
  • KJV … be not bitter against them.
  • AFR20 … en nie verbitterd teenoor hulle raak nie.
  • CAB23 … en nie teen hulle verbitterd wees nie.
  • NLV: … julle moenie griewe teenoor hulle opbou nie.
  • ASV: … be not bitter against them.
  • AFR83: … moenie die lewe vir hulle bitter maak nie.
  • ABA: … Julle moenie vir hulle laat swaarkry nie.
  • NIV: … do not be harsh with them.
  • ESV … do not be harsh with them.

Die volgende Bybels stem dus ooreen met die 83-vertaling: ABA, ESV en NIV.

Die volgende vertalings stem ooreen met die 53-vertaling: AFR20, NLV, KJV, ASV, AMP, CAB23).

1 Timoteus 3:2,12

  • AFR53: (2) ’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig; (12)Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.
  • AFR83: (2)’n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; (12)’n Diaken moet aan sy vrou getrou wees en sy kinders en sy eie huisgesin goed beheer.

Die KJV, ESV en ABA stem ooreen met die AF53 terwyl die NIV en NLV ooreen stem met die AFR83.

Alhoewel eersgenoemde nader aan die grondteks is, gee laasgenoemde waarskynlik die bedoeling van die skrywer beter weer.

Kyk ook 1 Timoteus 3:2,12 (wat beteken “die man van een vrou”)

Openbaring 14:20

Volgens die KJV: (14)And the winepress was trodden without the city, and blood came out of the winepress, even unto the horse bridles, by the space of a thousand and six hundred furlongs.[G4712]

Volgens  Strong se konkordansie: [G4712] = a stadium, one eighth of a Roman mile

Dus is 1600 furlongs/stadion = 1/8×1600 = 200 myl = 320 km

  • AFR53 vertaling gebruik “200 myl”.
  • NLV het “320 km” afgerond na “300 km”.
  • Al die ander Bybels gebruik 1600 furlongs/stadion.
  • Die AFR83 gebruik egter “sestien honderd kilometer”. Hierdie is hoogs waarskynlik verkeerd en die ander vertalings korrek.

Waarna hierdie afstand verwys is onseker. Sommiges spekuleer dat dit na die lengte van Palestina verwys en ander glo dat dit moontlik na die breedte van Italië kan verwys.

3 thoughts on “Bybelverse verskillend vertaal”

  1. Die elektromagnetiese spektrum laat mens dikwels herinner hoe min ‘lig’ ons in moderne tye waarlik het aangaande GOD en Sy Seun Christus, die ‘waaragtige Lig’ (Johannes 1:9), ‘erfgenaaam van alles’ (Hebreërs 1:2), ‘afskynsel…en afdruksel van Sy (God ) se heerlikheid’, ‘…die Lam is sy lamp’(Openbaring 21:23), ens.

    Saamgestelde of wit lig in die elektromagnetiese spektrum, wat byvoorbeeld van ‘n gloeilamp of die son afkomstig is, bestaan uit ‘n kombinasie van al die golflengtes. Die ‘spektrum’ van hierdie wit lig kan op verskeie maniere verkry word. Die algemeenste metode is breking met behulp van ‘n prisma of ‘n diffraksierooster. Die ligbundel wat op hierdie manier verkry word, het die kenmerkende kleurpatroon van die spektrum, naamlik violet, indigo, blou, groen, geel, oranje en rooi. Dieselfde spektrum word waargeneem in die reënboog, wat gevorm word deur die weerkaatsing en die breking van lig deur reëndruppels. (https://af.wikipedia.org/wiki/Elektromagnetiese_spektrum en https://af.wikipedia.org/wiki/Spektroskopie)

    Verskeie groeperinge van frekwensies bestaan in die elektromagnetiese spektrum soos Oudiofrekwensies, Radiofrekwensies, Infrarooi, Sigbare spektrum, Ultraviolet, X-strale, Gammastrale en Kosmiese strale. In die hedendaagse konteks, bespeur mens ‘n ‘christus’ in soveel predikinge en vele gedagtegange, wat nie die volle spektrum van ‘Christus’ van die Bybel reflekteer nie, maar ‘n ‘christus’ wat onbetrokke of afwesig was in Genesis 1:1, of selfs in die Egiptiese uittog, of die Wildernis Tabernakel, of Salomo se Tempel, of in die Psalms, of Jesaja 53, of Jeremia, of Esegiël, ens. En dié gedagtegange, maak van Christus ‘n vergestalting wat moet buig voor elke kultuur, of tradisie, of taalgroep, of nasie, of politiese aanhang, of sosiale stand, of filosofie, of rasionele argument, en ook voor vele teologiese argumente. Maar die ware Christus buig voor geen van hierdie beskouinge nie, en ook voor geen sielkundige of ‘siele kenner’ nie.

    Net soos God se Ewige krag en goddelikheid duidelik in Sy Skeppingswerke gesien kan word, wat insluit die onsigbare dinge (Romeine 1:20), netsó is daar in die Skrif dinge wat ook op Christus betrekking het vanuit Moses en al die profete. In Lukas 24:27 – of ook om ‘n vanuit ’n ander hoek te kyk, “Jesus Christus se Sabbatsrus in Hebreërs 4:12-13 ”- spreek Christus vanuit Sy Verrese Heerlikheid ná die gemoedsbehoefte van die Emmaüsgangers. Hy praat nie vanuit die konteks van ‘Swaard-van-die-Gees-Operasie-Skalpel’ nie, soos wat menig die Bybel inderdaad gebruik, en dan tot vele verwonding, en/of ook misleiding. Ook is dit nie hoe Hy die méns as sulks hanteer nie, as mens Openbaring 19 lees, maar wel wat betref rebelse en sataniese werkinge . Christus het nie ‘sag’ met Fariseërs, of oor Herodes, of met die ‘tempelwoekerwins-gierigaards’ gepraat nie, maar wel met dié wat waarlik hul verlorenheid en gebrokenheid, vir Hóm gegee het. Dit beteken egter nié dat kompromieë, of verkeerde doktrines, by Hom toegelaat was nie. Hy het die WET 100% gehoorsaam, maar na die onderliggende bedoeling, en nie na die ‘letter’ nie. Die Emmaüsgangers se harte het gebrand met God se Gees toe ware ‘Gees-Woord Skrifuitleg’ tot hul ontvanklike harte gespreek het (Luk24:32).

    ALBERT MOHLER verwys in ‘n artikel op sy webblad, dateer 27 April 2007, onder andere ook na “There’s Not Much Lord in this Church Service”
    (https://albertmohler.com/2007/04/27/theres-not-much-lord-in-this-church-service 1/2) . Hy skryf ter voorbeeld,
    ‘’The movement toward gender-neutral language for God has picked up steam in recent years, and liberal churches have been busy rewriting language for worship and theology. Just last year the Presbyterian Church(USA) voted to “receive” a document that called for Father, Son, and Holy Spirit to be replaced or supplemented with triads such as “Sun, Light, and Burning Ray,” “Overflowing Font, Living Water, and Flowing River,” and “Fire that Consumes, Sword that Divides, and Storm that Melts Mountains.”

    Die dilemma in denkpatrone spruit natuurlik nie voort vanuit ‘n ‘nuwe manier van dink’ nie. Dit is maar die ‘ou manier van slang-praat-met-Eva’ waar die geografie, die mondering, tydsbestekke en mediums verskil, maar die stem(me) en motivering(e) spruit vanuit dieselfde bron.

    Luther het dit self ook beleef, en skrywe ‘’when in the year 1517 indulgences were sold (I mean to say promoted) in these regions for most shameful gain…I began to dissuade the people, urging that they not listen to the clamors of the indulgence hawkers…In these matters it seemed to me that the pope would be my patron, in whom I at that time put my trust, given that in his decrees [from canon law] he clearly condemned immoderation by the quaestors (which is what he called indulgence preachers)’’ (https://en.wikisource.org/wiki/Works_of_Martin_Luther,_with_introductions_and_notes/Volume_1/Disputation_on_Indulgences#Ninety-five_The… 16/22 ).

    Luther skryf ook aan die Pous (POPE LEO X), ‘’In your voice I shall recognize the voice of Christ directing you and speaking in you. If I have deserved death, I shall not refuse to die. For the earth is theLord’s and the fulness thereof. He is blessed forever. Amen.May He have you too forever in His keeping. Amen.’’

    Die Pous was toe inderdaad allesbehalwe wat Luther aangeneem het (“voice of Christ’’), en na my mening, was die millieu en rituele en dogma van die Rooms Katolieke kerk nog te diep verweef in sy gemoed, om die ware aard en karakter van die bedoelde kerkleier(s) te kon onderskei in sy skrywes op daardie spesifieke tydstip. Maar die lig het vir hom begin brand vanuit ‘n baie donker plek, wat hy nooit gemeen het, so uiters donker was nie. So gebeur dit ook met ons dikwels, omdat die Skrifte nie alléénreg op ons bewussyne het oor ‘n lang periode nie en die Skrifdieptes nie waarlik dieptes in ons gevind het nie, maar eerder ándere se soms skewe, of selfs diaboliese interpretasies van die Skrif.

    Die vraag wat dikwels by my opkom: ”Staan Christus wérklik in mens se gees?’’ Lê daar nie ‘n probleem by “Christus het Opgestaan in die mense-gees by wedergeboorte’’, maar die denke spandeer méér tyd by Golgotha se kopbeen waar Christus se Liggaam graf toe geneem is, en nie ‘GeGló’ word wat die Skrifte spreek nie, en vir dekades die “3-dae-Christus-is-dood-mondering’’ te dra, eerder as om op die Sondagmôre te kan sién die klip is weggerol, en ‘’Christus se Geregtigheidskleed in die Gees” aan te trek, soos die Skrif spreek?

    Daar is na my mening, ‘n ongeloof in Christus se Nuwe Verbond by vele. Die Gees wat wedergeboorte bewerkstellig het vir die sondaar wat Hy tot bekering gelei het, word van mín gemaak, so asof Hy maar so soort van ‘krag’ of ’toeskouer’ is. Is dié Gees, nie die Gees van Christus nie? Die Heilige Gees in ’n mens, is nie ‘n wurm nie, of ‘n ashoop nie, of ‘n klomp kopbene nie, of ‘n slaaf nie. Die Gees maak van wedergebore mens, ‘kind van God’, en dié verwantskap, het ‘n koninklike aard. Vele ‘kruip weg’ agter ‘wees nederig’ – wat wáár is in die bedoelde konteks van die Skrif – maar dit is ook so, dat dié wat so ‘nederige teologiese monderinge’ aantrek, heel moontlik, nie die knieg buig voor God in die binnekamer nie, en ook nie daarbuite nie. Fariseërs was netsó.

    Die absolute verwronging en/of misplaaste beskouing van die Skrif, is nie beperk tot ‘n bepaaalde tydsgees of taal nie, en ook nie tot slegs Afrikaans in 2023 nie. Vele talegroepe het al toegang tot die Bybel of dele daarvan gehad, soos die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ook na verwys (https://biblesa.co.za/).

    Dit is egter tragies, dat in Suid- Afrika se 1800-2023 tydsvak, vele vertalings beskikbaar gestel is aan verskeie bevolkingsgroepe, met absolute vryheid om die Bybel te kan bestudeer aangaande God se werke en bedoelinge met die mens, terwyl die 21-eeuse gemiddelde Suid-Afrikaner, hom en haar of min daaraan steur, of interpretasies daaraan toedig na willekeur, amper so wyd soos selfs die elektromagnetiese spektrum.

    Mens wonder hoe die Suid-Afrikaner, of ‘New Yorker’, of dié van Washington DC of Los Angeles, of Londen in Engeland, of Moskou in Rusland, of Beijing in China, of Parys in Frankryk, of wie ookal, ondergenoemde verskillende taalinterpretasies sal interpreteer met die ‘vleesbril van die wêreld se lig’ wat gedra word in vele kerk ruimtes en staatskantore en werksplekke? Wat is die Gees se bedoeling met Psalm 119:130?

    Dr. Thomas Manton het ‘n baie goeie preek gelewer oor Psalm 119:130. Hy verwys na ál die Skrifte in sy uitleg daaroor, en dan dínk die moderne leraars hul preke is soos ‘n golfspel se ‘hole-in-one’: Rom. 1:14, 2 Peter 3:16, Rev. 3:7, Luke 11:52, Prov. 2:10, 1 Thes. 1:9, Ps. 116:6, 2 Cor.1:12, 1 Cor. 3:18, Mat.11:25, Job 11:12, Prov. 1:4, Prov. 8:5, Mat. 7:14, Heb. 5:12–14, Mark 4:33, Prov. 2:4, 1 Cor. 3:1, 2, 2 Peter 1:5. Col. 1:23,2 Peter 1:2, Phil. 1:9, Heb. 5:12, Heb. 6:1, 2, Acts 20:21, Acts 5:31, 1 Cor. 14:20, 2 Tim. 3:16, Heb. 11:6, John 17:3, Mat. 16:16, John 6:69, John 14:6, Heb. 7:25, Heb. 5:9; Acts 4:12, Heb. 6:1, Gen. 18:19, Deut. 6:6, 7, Eph. 6:4; Prov.4:18, 1 Peter 2:3, 4, James 1:18, 19, Prov. 6:23, 1 John 1:5; Col. 1:12, 1 Cor. 13:12, Eph. 5:13, Ps. 119:105, John 8:12, Eph. 5:14, Ps. 19:8, Ps. 4:6, 7, Jer. 6:16, Eph. 5:8, John 1:5, John 3:19, 2 Cor. 4:3, 4, Isa. 50:10, 1 John 2:11, Prov. 2:3, Ps. 1:2, John 7:17, Rev. 5:5. Acts 17:11, James 3:17, Luke 24:25, Eph. 4:14, Prov. 3:5, 6,Ps. 19:7, Micah 6:8, Deut. 30:11, 12, Deut. 17:18, 19, Ps. 1:2, Deut. 6:6, 7, 1 John 2:13, 2 Tim. 3:15,1 Peter 2:2, Eph. 6:17, John 7:49 John 3:20, Prov. 8:4, 5, Prov. 9:3–5, Ps. 25:8, 9; Prov. 2:2–5. Rev. 3:17, 18, John 9:39.

    Ook moet mens byvoeg by bovermelde baie goeie uiteensetting:
    1. Het Dr. Manton vir Christus sien staan by die weggerolde klip, waar Christus met die vroue gespreek het?
    2. Die Gees se uitstoring in Handelinge, en die vele wonders en tekens, daarna, insluitend die vervolginge van christene, Stefanus se dood, Paulus se boeie en nood, ensomeer? ‘Lig’ in die Skrif se konteks, as nie bloot ‘verstaan’ en ‘memoriseer’ van Skrif nie, maar aktiewe deelname aan wat die Skrif voorhou?
    3. Sou Dr. Manton, Esegiel en Jeremia se gehoorsaamheid aan God se woorde, óók insluit as ‘lig wat onkundiges verlig’? En Hosea se verbintenis met ‘n bepaalde vrou in ‘n konteks wat totaal deur die Wet verbied was? En ‘n profeet se ‘kaal’ word, om aan Israel hul ‘kaalheid voor God’ te wys? Ens?

    Ek vermoed ons sit met ‘teologiese puriste’ vir eeue – met wonderlike preke- soos met baie hedendaagse teoloë en leraars/pastore en kuber ‘predikers’, wat elegante redevoeringe het, en ’n ‘pure image radiance’ voorhou, maar beslis nie Christus se wandel wérklik gevolg het óf volg nie. Christus het Homself in woord en daad, in die openbaar en privaat, met duiwelbesetenes bemoei, soos ook met ander sondaars, en inderdaad in omvang, so wyd soos die elekromagnetiese spektrum. Hy sien en weet tog alles van ‘n mens, soos Hebreërs 4:13 spreek, en Sý praat en omgang is mýle verwyderd van meesste hedendaagse en selfs histories voorbeelde.

    Vele is genooi na Sy Maaltyd, maar die uitnodiging is nie na die wense van vele uitgenooides nie, want wat kán die Gasheer hul dan méér bied, as hul onmiddelike omgewing of milieu of eie aanbiedinge? En die Gasheer het hul herinner, maar als verniet. Die Skrif praat juis wié dan genooi word: dié in die strate, en in donker hoeke, en dié wat nooit kon dink, hul sal ’n uitnodiging ontvang nie.

    1933/195: 130Die opening van u woorde gee lig; dit (119:130Ps. 19:8;Spr. 1:4 ) maak die eenvoudiges verstandig.
    1983: 130Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
    Bybel vir Almal 2007: 130Wanneer mense verstaan wat U gesê het, dan is dit vir hulle soos ‘n lig, dit wys vir jongmense wat hulle moet doen.
    2020: 130As u woorde oopgaan, gee dit lig; dit gee insig aan onkundiges.
    King James Version (ENGKJV): 130The entrance of thy words giveth light; it giveth understanding unto the simple.
    IsiZulu 2020 (ZUL20): 130Ukwambulwa kwamazwi akho kunika ukukhanya, kuyabaqondisa abangenalwazi.
    Sepedi 2000 (NSO00): 130Kutollo ya tše o di boletšego e a sedimoša; ba go hlalefetšega gabonolo e a ba hlalefiša.
    Tshivenda 1998 (VEN98): 130Maipfi ane wa bula a a vhonetshela, vha shayaho nḓivho a vha funza u ṱalukanya.
    IsiXhosa 1996 (XHO96): 130Lithi lakuchazwa ilizwi lakho kutsho kuthi qwenge; abangazi nto libanika ukuqonda.
    The Holy Bible, English Standard Version Anglicised 2016 (ESV): 130The unfolding of your words gives light; it imparts understanding to the simple.
    Xitsonga 1929/2012 (TSO29): 130Hlavutelo ya marito ya wena ya voninga, Yi nyika lavo rivala ku twisisa.
    Siswati 1996 (SWA96): 130(Hla. 19:7, 2 Thim. 3:15 )Kwembuleka kwemavi akho kuveta kukhanya, kuletse kuhlakanipha kulabangenakucondza.
    Sesotho 1989 (LO) (SSO89LO): 130Qaqiso ea mantsoe a hao ea elisa, ba hlokang mano e ba nea kutloisiso.
    Setswana 1908/1992 (NO) (TSW08NO): 130Go bolelesega ga mafoko a gago go a senola; go tle go neye ba ba sa tlhalefang tlhaloganyo.
    IsiNdebele 2012 (SND12): 130Isambulo selizwi lakho sikukhanya; sinikela ukuzwisisa kwabanganalwazi.
    French Bible – Louis Segond (1910) (LSG): 130(119:130 Ps 19:9 ) La révélation de tes paroles éclaire Elle donne de l’intelligence aux simples.
    Bhaibheri Dzvene MuChiShona Chanhasi (SCB): 130Kuzarurwa kweshoko renyu kunopa chiedza; kunopa kunzwisisa kuna vasina mano.
    Biblica® Tsekulani Mawu a Mulungu mu Chichewa Chalero (OCCL): 130Mawu anu akamaphunzitsidwa amapereka kuwunika; ngakhale anthu wamba amamvetsetsa.
    Almeida Revista e Corrigida (ARC): 130A exposição das tuas palavras dá luz e dá entendimento aos símplices. 
    Dios habla Hoy Estándar 1994 (DHHS94): 130La explicación de tus palabras ilumina, instruye a la gente sencilla.

    Die ‘TYD’ sal op 12 uur slaan vir vele, en olie lampies van vele wat ‘gereed is’, was inderdaad nie gereed nie. Die Heilige Gees verlig, en sonder die Gees se werking in die hart en verstand, is dit pikdonker. Dit is mens se begeerte om Sy Gees se lig na Sy bedoeling te verstaan, en nie Sy tydsbestekke en geleenthede vir die mens te mis nie, en ek dink vele het nie waarlik die Gees se lig wat brand in die hart nie, maar meen tog so, en selfs meen hul kén en verstaan die Skrif na die Here se bedoelinge.

  2. Vir myself as absolute leek in teologiese insigte en hermeneutiek en geen formele tersiêre teologiese opleiding, was dit ‘n groot ontdekking om te leer, dat daar woorde spruit vanuit antieke tekste van die Ou Testament, wat sogenaamde ‘’variant readings’’ bevat, hetsy die gevolg van oorskryffoute, of vanweë die feit dat antieke tekste se ‘’antieke hebreeus’’, aanvanklik uit konsonante bestaan het sonder aanduiding (“pointing’’) van die korrekte vokaalgebruik. Hierdie woorde, by gebrek aan omliggende, of ander kontekstuele getuienis of ánder skrifbronne of ‘’mondelingse oorleweringsgetuienis’’, het dus meer as 1 moontlike getuienis. Desnieteenstaande dié feit, is die Ou Testament die enigste oorgelewerde teks met ‘n verstommende en geweldige oormaat getuienis van betroubaarheid oor eeue heen. Nie eens beroemde antieke filosowe se ‘kopieë’’, kan op soortgelyke getuienis aanspraak maak nie. Die ‘’WOKE-ism’’ gedagtegange -veral die afgelope 300 jaar- maak aanspraak op die gesaghebbende aard van dié filosowe en ook heelwat ‘’antieke teoloë/kenners/rabbi’s’’’ se skrywes, maar die historiese “eeue-oue” getuienis van die Ou Testament, oorskadu hul argumente soos Tafelberg teenoor ‘n muskiet. Daarby saam, het Jesus Sélf tog geweet van dié bepaalde ‘woord verskille’ in die Joodse tradisie, maar nooit eers daarna verwys nie. Sy dénke is duidelik ánders as dié van ‘n gewone mens.

    Die Nuwe Testament het heelwat meer ‘’variante’’, en selfs sinne of frases, wat soms vervang was in sommige manuskripte, met die ouer geskrifte of fragmente se ‘’kant aantekeninge’’. Ook is daar sg. dispute oor die verwysings in Grieks na die Ou Testament se Hebreeus, waar woorde “100% aanhalings” blyk te verskil met die antieke teks, en ook afhangend van welke bron van antieke teks, met sý (hul) onderskeie taal-en-kultuur oorsprong. Wat ek hier skrywe, sou ek enige een aanbeveel om eerder kenners te raadpleeg, soos bv. Michael Kruger van die ‘Reformed’’ tradisie in die VSA, of ‘’Evangelical Textual Critisism’’ in Engeland, of ‘’Tyndale House’’, maar daar is heelwat ánder uitstekende bronne ook, soos ek verstaan. Rekenaars het dié werk natuurlik geweldig vergemaklik, wat elke fragment of deel van ‘n teks (met hul unieke nommering) of volledige teks, wat digitaal beskikbaar is aan akademici om te bestudeer.

    Daar is ook interressante artikels wat die Afrikaans 2020 vertaalgroepe se hoofde geskryf het, en dit is jammer die gemiddelde kerklidmaat, lees dié artikels nie eens, wat die leek so kykie gee in die gedagtegange van ‘n vertaler, en die geweldige taak van ‘n vertaling. Persoonlik dink ek, ongeag die denominasie, of selfs konserwatiewe of liberale teologiese voorbehoud van die 2020 vertalers (wat dìt ookal mag beteken), blyk dit asof daar waarlik ’n poging was om die Antieke Tekste so betroubaar moontlik, in dié vertaling op te neem. Ek vind die 2020 vertaling by verre die beste Afrikaanse vertaling nóg, maar dit is my persoonlike mening, en sonder die motief om ánder Afrikaanse vertalings, af te skiet as van geen waarde. Die ABA vertaling is ook merkwaardig, en ons is in Afrikaans, bevoorreg om oor ’n poel van só hoë standaard vertalers te beskik. Ek was nog altyd verstom oor die hoë 1933/1953 kaliber vertalers, wat geen duit hoef terug te staan het vir die 1611 KJV gedagtegange nie. Afrikaans is ongelukkig ‘n taal wat deur so baie afgeskiet word, maar ek rus by dié wete, dat die Here ALLE tale as gelykwaardig sien, en in Afrikaans praat Sy Gees tog netso helder as in Hebreeus of Grieks van eertyds.

    Onlangs het ekself só ‘‘textual variant’’ raakgeloop, toe ek Openbaring 22:14 se verskeie vertalings lees met behulp van E-Sword se ‘’parallel module’’ asook die 2020 Afrikaanse Vertaling:

    a. AFR1983“Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.
    b. AFR2020 Gelukkig is diegene wat hulle lang stolas was#, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe, en die stad deur die poorte kan binnegaan

    c. AFR1933/1953 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

    d. KJV(AV1769) Blessed are they that do his commandments, that they may have right to the tree of life, and may enter in through the gates into the city.

    e. ESV2001 Blessed are those who wash their robes, so that they may have the right to the tree of life and that they may enter the city by the gates.

    #AFR2020 22:14(lang stolas):In Grieks stolas. Stolas was lang gewade wat byvoorbeeld deur skrifkenners, priesters en geleerdes gedra is tydens besondere geleenthede. Dit het gestrek tot op die voete en is hier ‘n simbool van hemelse heerlikheid en reinheid.

    Die volgende interressante kommentaar, het ek die volgende opgemerk in E-Sword. Dit sal insiggewend wees om ook wyer leeswerk te doen van ander kommentare deur vertalers en teoloë hieroor:

    1. David Guzik ‘’Enduring Word Commentary’’ ©2020

    i. Regarding the phrase ‘’those who do His commandments’’ some translations have those who have washed their robes instead. The difference is between two ancient Greek words:

    – HOIPLUNONTESTASSTOLAS (washed their robes) or

    – HOIPOIOUNTESTASENTOLAS (do His commandments)

    ii. This is a good example of how a copyist’s error can cloud a text in rather minor ways, without affecting the essential meaning of the passage. Even allowing for the small percentage of disputed texts, we can trust our Bibles

    2. “Great Texts “ volumes van ‘’Rev. James Hastings 1911-1916 public domain’’

    The Blessed

    We are face to face at once with a difficulty of reading. The A.V. had “Blessed are they that do his commandments,” following one reading; the R.V. “Blessed are they that wash their robes,” following another. The difference, which seems so great in English, is due to the exchange of only a few letters in Greek. But the change from the Authorized Version to the Revised is generally hailed by expositors as a relief. “Blessed are they that do his commandments,” says Maclaren, carries us back to the old law, and has no more hopeful a sound in it than the thunders of Sinai. If it were, indeed, among Christ’s last words to us, it would be a most sad instance of His “building again the things he had destroyed.” It is relegating us to the dreary old round of trying to earn heaven by doing good deeds; and I might almost say it is “making the cross of Christ of none effect.” The fact that that corrupt reading came so soon into the Church and has held its ground so long, is to me a very singular proof of the difficulty which men have always had in keeping themselves up to the level of the grand central gospel-truth: “Not by works of righteousness which we have done, but according to his mercy he saved us.”

    Dean Vaughan speaks even more strongly against the reading. If this is the saying of Christ, he says, we must bow to it. If it pleased Him to leave as His last word to the Churches the condemning

  3. ‘n Meer vollediger kommentaar. My eie vingers doen toe ook so paar “copyist errors” en ander sintaksfoute 🙂

    Vir myself as absolute leek in teologiese insigte en hermeneutiek en geen formele tersiêre teologiese opleiding, was dit ‘n groot ontdekking om te leer, dat daar woorde spruit vanuit antieke tekste in die Ou Testament, wat sogenaamde ‘’variant readings’’ bevat, hetsy die gevolg van oorskryffoute, of vanweë die feit dat antieke tekste se ‘’antieke hebreeus’’, aanvanklik uit konsonante bestaan het sonder aanduiding (“pointing’’) van korrekte vokaalgebruik. Hierdie woorde, by gebrek aan omliggende, of ander kontekstuele getuienis of ánder skrifbronne of ‘’mondelingse oorleweringsgetuienis’’, het dus meer as 1 moontlike getuienis. Desnieteenstaande dié feit, is die Ou Testament die enigste oorgelewerde teks met ‘n verstommende en geweldige oormaat getuienis van betroubaarheid oor eeue heen. Nie eens beroemde antieke filosowe se ‘kopieë’’, kan op soortgelyke getuienis aanspraak maak nie. Die ‘’WOKE-ism’’ gedagtegange -veral die afgelope 300 jaar- maak aanspraak op gesaghebbende aard van dié filosowe en ook heelwat ‘’antieke teoloë/kenners/rabbi’s’’’ se skrywes, maar die historiese “eeue-oue” getuienis van die Ou Testament, oorskadu hul argumente soos Tafelberg teenoor ‘n muskiet. Daarby saam, het Jesus Sélf tog geweet van dié bepaalde ‘woord verskille’ in die Joodse tradisie, maar nooit eers daarna verwys nie. Sy dénke is duidelik ánders as dié van ‘n gewone mens.

    Die verskillende Nuwe Testament Vertalings, is die gevolg vanweë heelwat meer ‘’variants’’ woorde, en selfs “variant” sinne of frases, wat soms vervang was in sommige manuskripte, met ouer geskrifte of fragmente se ‘’kant aantekeninge’’. Ook is daar sg. dispute oor die verwysings in Grieks na Ou Testament sprake in Hebreeus (of Grieks…Septuagint) waar aanhalings blyk te verskil met die antieke teks, en ook afhangend van welke bron van antieke teks, met sý (hul) onderskeie taal-en-kultuur oorsprong. Wat ek hier skrywe, sou ek enige een aanbeveel om eerder kenners te raadpleeg, soos bv. Michael Kruger van die ‘Reformed’’ tradisie in die VSA, of ‘’Evangelical Textual Critisism’’ in Engeland, of ‘’Tyndale House’’, maar daar is heelwat ánder uitstekende bronne ook, soos ek verstaan. Rekenaars het dié werk natuurlik geweldig vergemaklik, wat elke fragment of deel van ‘n teks (met hul unieke nommering) of volledige teks, digitaal beskikbaar stel aan akademici om te bestudeer.

    Daar is ook interressante artikels wat die Afrikaans 2020 vertaalgroepe se hoofde geskryf het, en dit is jammer die gemiddelde kerklidmaat, lees dié artikels nie eens, wat die leek so kykie gee in die gedagtegange van ‘n vertaler, en die geweldige taak van ‘n vertaling. Persoonlik dink ek, ongeag die denominasie, of selfs konserwatiewe of liberale voorbehoud van die 2020 vertalers (wat dìt nou ookal mag beteken), blyk dit asof daar waarlik ’n poging was om die Antieke Tekste so betroubaar moontlik, in dié vertaling op te neem. Ek vind die 2020 vertaling by verre die beste Afrikaanse vertaling nóg, maar dit is my persoonlike mening, en sonder die motief om ánder Afrikaanse vertalings, af te skiet as van gener waarde. Die ABA vertaling is ook merkwaardig, en ons is in Afrikaans, bevoorreg om oor ’n poel van só hoë standaard vertalers te beskik. Ek was nog altyd verstom oor die hoë 1933/1953 kaliber vertalers, wat geen duit hoef terug te staan het vir die 1611 KJV (en 1769) gedagtegange nie. Afrikaans is ongelukkig ‘n taal wat deur so baie afgeskiet word, maar ek rus by dié wete, dat die Here ALLE tale as gelykwaardig sien, en in Afrikaans praat Sy Gees tog netso helder as in Hebreeus of Grieks van eertyds.

    Onlangs het ekself só ‘‘textual variant’’ raakgeloop, toe ek Openbaring 22:14 se verskeie vertalings lees met behulp van E-Sword se ‘’parallel module” tesame met die 2020 Afrikaanse Vertaling:

    a. AFR1983“Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.
    b. AFR2020 Gelukkig is diegene wat hulle lang stolas was#, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe, en die stad deur die poorte kan binnegaan

    c. AFR1933/1953 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

    d. KJV(AV1769) Blessed are they that do his commandments, that they may have right to the tree of life, and may enter in through the gates into the city.

    e. ESV2001 Blessed are those who wash their robes, so that they may have the right to the tree of life and that they may enter the city by the gates.

    #AFR2020 22:14(lang stolas):In Grieks stolas. Stolas was lang gewade wat byvoorbeeld deur skrifkenners, priesters en geleerdes gedra is tydens besondere geleenthede. Dit het gestrek tot op die voete en is hier ‘n simbool van hemelse heerlikheid en reinheid.

    Die volgende interressante kommentaar, bestaan in die E-Sword rekenaarbybelstudie-program. Dit sal insiggewend wees om wyer leeswerk te doen van ander kommentare deur vertalers en teoloë, hieroor:

    1. David Guzik ‘’Enduring Word Commentary’’ ©2020

    i. Regarding the phrase ‘’those who do His commandments’’ some translations have those who have washed their robes instead. The difference is between two ancient Greek words:

    – HOIPLUNONTESTASSTOLAS (washed their robes) or

    – HOIPOIOUNTESTASENTOLAS (do His commandments)

    ii. This is a good example of how a copyist’s error can cloud a text in rather minor ways, without affecting the essential meaning of the passage. Even allowing for the small percentage of disputed texts, we can trust our Bibles

    2. “Great Texts “ volumes van ‘’Rev. James Hastings 1911-1916 public domain’’

    The Blessed

    We are face to face at once with a difficulty of reading. The A.V. had “Blessed are they that do his commandments,” following one reading; the R.V. “Blessed are they that wash their robes,” following another. The difference, which seems so great in English, is due to the exchange of only a few letters in Greek. But the change from the Authorized Version to the Revised is generally hailed by expositors as a relief. “Blessed are they that do his commandments,” says Maclaren, carries us back to the old law, and has no more hopeful a sound in it than the thunders of Sinai. If it were, indeed, among Christ’s last words to us, it would be a most sad instance of His “building again the things he had destroyed.” It is relegating us to the dreary old round of trying to earn heaven by doing good deeds; and I might almost say it is “making the cross of Christ of none effect.” The fact that that corrupt reading came so soon into the Church and has held its ground so long, is to me a very singular proof of the difficulty which men have always had in keeping themselves up to the level of the grand central gospel-truth: “Not by works of righteousness which we have done, but according to his mercy he saved us.”

    Dean Vaughan speaks even more strongly against the reading. If this is the saying of Christ, he says, we must bow to it. If it pleased Him to leave as His last word to the Churches the condemning sentence, it is not for us to remonstrate or to rebel. If it was the will of Christ to replace His Church, by the very latest of His revelations, on a footing of meritorious obedience, it must be so, and, though with downcast looks and tottering steps, we must set ourselves to follow. Yet we cannot check the rising thought, “We trusted that it has been he which should have redeemed Israel.”

    But is there this difference between the readings? There is, and more than this difference, if they who “do his commandments” have not yet “washed their robes”; or if, to put it from the other side, the washing of the robes were not one of the commandments that had to be done, and indeed the sum and substance of them. It is quite true that our right of access to the Tree of Life is not of works, but of grace; yet when we have been saved by grace we proceed to keep the commandments of God. This is the evidence of our salvation, and the enjoyment of it. “If a man love me, he will keep my words”—that is doing His commandments—“and my Father will love him, and we will come unto him, and make our abode with him” (Joh_14:23)—that is enjoying access to the Tree of Life.

    Swete has some difficulty in deciding between the readings. If the Greek letters were changed in the course of transcription, he thinks it slightly more probable that “wash their robes” arose out of “do his commandments,” than that the reverse occurred. But the evidence of the documents is in favour of “wash their robes”; and in the Johannine Writings the phrase is “keep his commandments,” “do” occurring only once, in 1Jn_5:2. On the whole, then, he thinks, “wash their robes” may with some confidence be preferred.

    1. I need not remind you, I suppose, says Maclaren, how continually this symbol of the robe is used in Scripture as an expression for moral character. This Book of the Apocalypse is saturated through and through with Jewish implications and allusions, and there can be no doubt whatever that in this metaphor of the cleansing of the robes there is an allusion to that vision which the Apocalyptic seer of the Old Covenant, the prophet Zechariah, had when he saw the high priest standing before the altar clad in foul raiment, and the word came forth, “Take away the filthy garments from him.” Nor need I do more than remind you how the same metaphor is often on the lips of our Lord Himself, notably in the story of the man who had not on the wedding garment, and in the touching and beautiful incident in the parable of the Prodigal Son, where the exuberance of the father’s love bids them cast the best robe round the rags and the leanness of his long-lost boy. Nor need I remind you how St. Paul catches up the metaphor, and is continually referring to an investing and a divesting—the putting on and the putting off of the new and the old man. In this same Book of the Apocalypse, we see, gleaming all through it, the white robes of the purified soul: “They shall walk with me in white; for they are worthy.” “I beheld, and, lo, a great multitude, which no man could number,” who had “washed their robes, and made them white in the blood of the Lamb.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui