Behemoot en leviatan

Behemoot (seekoei)

In Job 40:10-24 word ‘n beskrywing gegee van ‘n “seekoei”, soos die meeste Afrikaanse Bybels dit vertaal het.

AFR83: (10)”Kyk die seekoei: Ek het hom gemaak toe Ek jou gemaak het, hy vreet gras soos ’n bees. (11)Daar is krag in sy liggaam, die spiere in sy lyf is sterk. (12)Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaar gevleg. (13)Die bene in sy lyf is soos bronspype, soos stukke yster. (14)Onder alles wat Ek gemaak het, staan hy eerste, net sy Maker kan hom verslaan.

Die meeste Engelse Bybels praat van ‘n “behemoth” (Job 40:15-24).

Leviatan (krokodil)

In Job 40:2041:25 word ‘n beskrywing gegee van ‘n krokodil:

AFR83: (40:20)”Kan jy ’n krokodil met ’n hoek vang of hom ’n tou in die bek sit? (40:21)Kan jy ’n lyn deur sy neus steek of sy kakebene met ’n hoek vastrek? (40:22)Sal hy jou soebat om genade of by jou mooipraat? (40:23)Sal hy ’n ooreenkoms met jou aangaan om vir altyd jou slaaf te wees? (40:24)Sal jy hom kan mak maak soos ’n voëltjie of kan jy hom met ’n lyn vasmaak vir jou dogtertjies? (40:25)Sal handelaars oor ’n prys vir hom kan kibbel? Sal hy onder kopers verdeel kan word? (40:26)Sal jy harpoene deur sy vel kan gooi of hom met ’n haak aan die kop kan vang? (40:27)Pak hom gerus met kaal hande: jy sal die geveg onthou, jy sal nie weer probeer nie. (40:28)Jy sal die slegste daarvan afkom. Wanneer jy hom sien, is jy al klaar oorweldig. (41:1)Hy is wreed as jy hom wakker maak. “Wie wil dan nog teen My standhou? (41:2)Wie wil aan My eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is? Alles onder die hemel behoort aan My. (41:3)”Ek wil nog verder praat oor die krokodil, oor sy krag en sy liggaamsbou. (41:4)Wie kan sy bek oopmaak? Wie kan met ’n toom naby sy tande kom? (41:5)Wie kan sy kakebene oopbreek, sy kakebene met die verskriklike tande? (41:6)Op sy rug lê die skubbe in rye vas aan mekaar gesluit: (41:7)die een so teen die ander dat die wind nie daardeur kan waai nie; (41:8)die een is vas aan die ander, hulle kleef aan mekaar en kan nie geskei word nie. (41:9)As hy nies, spat die vonke, sy oë is so rooi soos die daeraad. (41:10)Daar kom vuur uit sy bek, die vonke waai deur die lug. (41:11)Daar trek rook uit sy neusgate, soos uit ’n kokende pot op ’n vuur. (41:12)Sy asem steek vure aan, daar skiet vlamme uit sy bek. (41:13)Daar is groot krag in sy nek; wie hom sien, word deur angs oorval. (41:14)Sy vleis is saamgepak asof dit aan hom gegiet is, dit gee nie mee nie. (41:15)Sy hart is so hard soos klip, so hard soos ’n maalklip. (41:16)Sterkes vlug as hy die water roer. By die eerste rimpeling gee hulle pad. (41:17)Wie hom met die swaard steek, rig niks uit nie, ook nie met ’n spies, ’n pyl of ’n assegaai nie. (41:18)Yster is vir hom soos strooi, brons soos vrot hout. (41:19)Met pyl en boog jaag jy hom nie op die vlug nie, klippe uit ’n slingervel is vir hom niks nie. (41:20)Aan ’n knopkierie steur hy hom nie, hy lag as ’n swaard op hom afkom. (41:21)Die skubbe aan sy onderkant het punte soos potskerwe, soos ’n dorsslee maak dit merke op die modder. (41:22)Hy laat die diep water kook soos in ’n pot, hy laat die water van die meer skuim. (41:23)Agter hom lê ’n blink streep op die water, lê die diep water wit van die skuim. (41:24)Op die grond is niemand sy gelyke nie, hy is ’n ondier sonder vrees. (41:25)Hy kyk met minagting na diere groter as hy, hy is baas selfs oor al die groot diere.”

41:9 kan ook soos volg vertaal word: “As hy nies, is daar ’n lig wat skyn. Sy oë is so rooi soos die ooglede van die oggendson.”

Die Engelse vertalings gebruik egter die woord “leviathan”.

AFR53, AFR83,
NLV, ABA
AFR20, KJV, NIV,
AMP, ESV, ASV
Afrikaans Engels
Seekoei Behemoot Job 40:10-19 Job 40:15-24
Krokodil Leviatan Job 40:2041:25 Job 41:1-34

Dit is egter duidelik dat ons nie hier te doen het met ‘n seekoei en krokodil nie. Hierdie beskrywings pas nie by hierdie diere nie. Die vraag word gevra of hier nie dalk dinosourusse beskryf word nie.

Die behemoot se beskrywing pas baie goed by ‘n Brachiosaurus en die leviatan by ‘n Sarcosuchus imperator.

Kyk ook

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui