Behemoot

In Job 40:10-24 word ‘n beskrywing gegee van ‘n “seekoei”, soos die meeste Afrikaanse Bybels dit vertaal het.

AFR83: (10)”Kyk die seekoei: Ek het hom gemaak toe Ek jou gemaak het, hy vreet gras soos ’n bees. (11)Daar is krag in sy liggaam, die spiere in sy lyf is sterk. (12)Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaar gevleg. (13)Die bene in sy lyf is soos bronspype, soos stukke yster. (14)Onder alles wat Ek gemaak het, staan hy eerste, net sy Maker kan hom verslaan.

Die meeste Engelse Bybels praat egter van ‘n “behemoth” (Job 40:15-24).

Vertaling: AFR53, AFR83, NLV, ABA AFR20, KJV, NIV, AMP, ESV, ASV
Woord: Seekoei Behemoot
Bybelvers: Job 40:10-19 Job 40:15-24

Dit is egter duidelik dat ons nie hier met ‘n seekoei te doen het nie. Hierdie beskrywings pas nie by hierdie dier nie. Die vraag word gevra of hier nie dalk ‘n dinosourus beskryf word nie.

Die behemoot se beskrywing pas baie goed by ‘n Brachiosaurus.

Dit pas in met die aanduidings dat dinosourusse saam met mense geleef het – kyk Dinosourusse saam met mense.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui