Die “Ou Weë”

Ek hou van die “Ou Weë”, toe Mammas by die huis was.
Pa’s was by die werk. Broers het weermag toe gegaan.
En susters het getrou VOORDAT hulle kinders gehad het!

Misdaad het nie betaal nie; Harde werk het;
En mense het die verskil geken.

Mammas kon kook; Pa’s sou werk; Kinders sou hulleself gedra..

Mans was liefdevol; Vrouens was ondersteunend; En kinders was beleefd.

Vroue het die juweliersware gedra; En mans het die broek gedra.
Vroue het soos dames gelyk; Mans het soos here gelyk;
En kinders het skaflik gelyk.

Mense het die waarheid liefgehad en die leuen gehaat;
Hulle het kerk toe gekom om IN te gaan, nie om UIT te kom nie!

Gesange het Goddelik geklink; Preke was nuttig;
Vreugde het normaal geklink; En huil het opreg geklink.

Om te vloek was goddeloos; Om te drink was boos; en egskeiding was ondenkbaar.

Die vlag is vereer; Amerika was pragtig; En God was welkom!

Ons het die Bybel in die openbaar gelees; In skole gebid; En van huis tot huis gepreek.
Om ‘n Amerikaner genoem te word, was die moeite werd om voor te sterf;
Om ‘n Christen genoem te word, was die moeite werd om voor te leef;
Om ‘n verraaier genoem te word, was ‘n skande!

Seks was ‘n persoonlike woord. Homoseksualiteit was ‘n ongehoorde woord, en aborsie was ‘n onwettige woord.

Predikers het gepreek omdat hulle ‘n boodskap gehad het;
En Christene was bly omdat hulle OORWINNING gehad het!
Predikers het uit die Bybel gepreek; Sangers het uit die hart gesing;
En sondaars het hulle tot die Here gewend om gered te word!

‘n Nuwe geboorte het ‘n nuwe lewe beteken; Verlossing het ‘n veranderde lewe beteken; Navolging van Christus het gelei tot die ewige lewe.

Om ‘n prediker te wees het beteken dat jy die woord van God verkondig het;
Om ‘n diaken te wees het beteken dat jy die Here sou dien;
Om ‘n Christen te wees het beteken dat jy vir Jesus sou lewe;
En om ‘n sondaar te wees, het beteken dat iemand vir jou gebid het!

Wette was gebaseer op die Bybel; Die Bybel is in huise gelees;
En kerke het in die Bybel onderrig.

Predikers was meer geïnteresseerd in nuwe bekeerlinge, as nuwe klere en nuwe motors.
God is aanbid; Christus is verhoog; en die Heilige Gees is gerespekteer.

Kerk was waar jy Christene op die Here se dag gevind het, eerder as in die tuin, op die spruit se oewer, op die gholfbaan, of om op ‘n ander plek vermaak te word.

Ek hou steeds meer van die Ou Weë! Jeremia 6:16

  • Geskryf deur ‘n afgetrede predikant wat in Tennessee woon.

1 thought on “Die “Ou Weë””

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui