Vertaling van “niere” in Psalms

In die Afrikaanse 53 vertaling en die King James Bybel word die woord “niere” gebruik om te verwys na jou binneste. Hier volg ‘n lys van hoe ander vertalings dit stel:

Psalm 7

  • AFR53: (10)Laat tog die boosheid van die goddelose mense ‘n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
  • KJV: (9)…For the righteous God Trieth the hearts and reins.
  • AFR83: (10)…U wat die mens deur en deur toets, U is die regverdige God.
  • ESV: (9)…you who test the minds and hearts

Psalm 16

  • AFR53: (7)Ek sal die Here loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.
  • KJV: (7)I will bless the LORD , who hath given me counsel: My reins also instruct me in the night seasons.
  • AFR83: (7)…selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.
  • AFR20: (7)…selfs in die nag wys my hart my tereg.
  • ESV: (7)…in the night also my heart instructs me.

Psalm 26

  • AFR53: (2)Toets my, Here , en beproef my, keur my niere en my hart;
  • KJV: (2)Examine me, O LORD , and prove me; Try my reins and my heart.
  • AFR83: (2)Toets my, Here, keur my, ondersoek my deur en deur.
  • ESV: (2)Prove me, O Lord , and try me; test my heart and my mind.
  • AFR20: (2)Toets my, Here, en stel my op die proef. Suiwer my niere en my hart!

Psalm 73

  • AFR53: (21)Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,
  • KJV: (21)Thus my heart was grieved, And I was pricked in my reins.
  • AFR83: (21)Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het
  • AFR20: (21)Toe my hart verbitterd was en my niere gepyn het
  • ESV: (21)When my soul was embittered, when I was pricked in heart

Psalm 139

  • AFR53: (13)Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
  • KJV: (13)For thou hast possessed my reins: Thou hast covered me in my mother’s womb.
  • AFR83: (13)U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
  • ESV: (13)For you formed my inward parts; you knitted me together in my mother’s womb.
  • AFR20: (13)Dit is immers U wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het.

Volgens Strong se konkordansie: [H3629]:

Feminine of H3627 (only in the plural); a kidney (as an essential organ); figuratively the mind (as the interior self)

  1. kidneys
    1. a. of physical organ (lit.)
    2. b. of seat of emotion and affection (fig.)
    3. c. of sacrificial animals
  2. (TWOT) reins

TBESH:

  • 1) kidneys
    • 1a) of physical organ (lit.)
    • 1b) of seat of emotion and affection (fig.)
    • 1c) of sacrificial animals
  • 2) (TWOT) reins

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui