Verse in die Bybel uitgelaat

In nuwer Bybelvertalings word sommige verse weggelaat. Daar is nou mense wat beweer dat dit ‘n samesweringsteorie is om die integriteit van die Bybel aan te val.

Dit is egter nie waar nie. Toe vroeër vertalings, soos die King James, geskryf is, was daar nie toegang tot soveel manuskripte soos ons vandag het nie. Bybelvertalers laat dus vandag sommige verse uit omdat hulle voel dat die verse wat uitgelaat is, nie in die oorspronklike manuskripte voorkom nie.

In sommige Afrikaans 1983 vertalings word die verse wat uitgelaat is, met voetnotas aangedui. Hier is ‘n lys van hierdie voetnotas.

Matteus 5:44

(44)Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, seën dié wat vir julle vervloek, doen goed aan dié wat vir julle haat, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg,

Voetnota: Sommige manuskripte voeg net na die woord “liefhê” die volgende sinsnede in: “seën dié wat vir julle vervloek, doen goed aan dié wat vir julle haat”, vgl. Luk 6:27-28.

Matteus 6:13

(13)en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Voetnota: Sommige manuskripte bevat ook die afsluitingsformule: “Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”

Matteus 17:21

(20)“Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos ‘n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie. (21)Maar hierdie goed kan net deur gebed en vas uitgedryf word.

Vers 21 is weggelaat.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 21″Maar hierdie goed kan net deur gebed en vas uitgedryf word.”, vgl. Mark 9:29:

  • AFR83: “Hierdie goed kan met niks anders as met gebed uitgedrywe word nie.
  • AFR53: “Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.

Matteus 18:11

(10)“Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by my hemelse Vader is. (11)Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is.

Vers 11 is weggelaat.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 11″Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is.”, vgl. Mat 9:13; Luk 19:10.

Matteus 23:14

(13)“Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder dié wat wel wil ingaan. (14)Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle palm die huise van die weduwees in en sê vir die skyn lang gebede op. Daarom sal julle swaarder straf ontvang.

Vers 14 is weggelaat.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 14″Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle palm die huise van die weduwees in en sê vir die skyn lang gebede op. Daarom sal julle swaarder straf ontvang.”, vgl. Mark 12:40; Luk 20:47.

Markus 7:16

(15)Niks wat van buite af in ‘n mens ingaan, kan hom onrein maak nie; maar die dinge wat uit ‘n mens uitkom, dít maak hom onrein. (16)As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister.

Vers 16 is weggelaat.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 16″As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister.”, vgl. Mark 4:9,23.

Markus 9:44,46

(43)“As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur. (44)Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie. (45)En as jou voet jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy kreupel die lewe ingaan as dat jy altwee jou voete het en in die hel gegooi word. (46)Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie. … (48)Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie.

Vers 44 en 46 is weggelaat.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by 44 en 46: “Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie.”, vgl. vers 48; Jes. 66:24

Markus 11:26

(25)“En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.” (26)Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemel is, ook julle oortredings nie vergewe nie.

Vers 26 is weggelaat.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 26 “Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemel is, ook julle oortredings nie vergewe nie.”, vgl. Mat 6:15.

Markus 15:28

(27)Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en een links van Hom. (28)Daarmee is die Skrifwoord vervul wat sê: “Hy is as misdadiger beskou.”

Sommige manuskripte voeg by: 28Daarmee is die Skrifwoord vervul wat sê: “Hy is as misdadiger beskou.”, vgl. Luk 22:37; Jes 53:12.

Markus 16:9-20

Voetnota: Volgens die gebruikte grondteks eindig die Evangelie hier. Verse 9 tot 20 is in sommige manuskripte bygevoeg en is mettertyd aanvaar as die gepaste afsluiting van die Evangelie. In sommige manuskripte is benewens of in die plek van verse 9 tot 20 die volgende bygevoeg: Maar die vroue het alles wat vir hulle gesê is, kortliks vir Petrus en die ander by hom vertel. Daarna het Jesus self deur hulle die heilige en onverganklike evangelie oor die ewige redding van die ooste tot in die weste laat verkondig. Amen.

Hierdie gedeelte is dus nie weggelaat nie.

Lukas 9:55

(55)Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys. “Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie,” het Hy gesê. (56)“Die Seun van die mens het immers nie gekom om die lewens van mense te verdelg nie, maar om te red.” Daarna het hulle die reis voortgesit na ‘n ander dorp toe.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg die volgende bewoording by verse 55 en 56: “Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie,” het Hy gesê. 56Die Seun van die mens het immers nie gekom om die lewens van mense te verdelg nie, maar om te red.”, vgl. Mark 10:45.

Lukas 11:11

(11)Is daar ‘n pa onder julle wat as sy seun vir hom brood vra, vir hom ‘n klip sal gee, of as sy seun vir hom ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee in plaas van die vis?

Voetnota: In sommige manuskripte lees vers 11 as volg: “Is daar ‘n pa onder julle wat as sy seun vir hom brood vra, vir hom ‘n klip sal gee, of ‘n vis vra en dan vir hom ‘n slang gee in plaas van ‘n vis?”, vgl. Mat 7:9.

Lukas 15:21

(21)Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: ‘Behandel my soos een van Pa se dagloners.’, vgl. vers 19.

Lukas 17:36

(35)Twee vroue sal koring maal, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word.” (36)“Twee mense sal op die land werk, die een sal saamgeneem word en die ander agtergelaat word.”

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 36“Twee mense sal op die land werk, die een sal saamgeneem word en die ander agtergelaat word.”, vgl. Mat 24:40.

Lukas 23:17

(16)Ek sal hom dus laat gesel en dan loslaat.” (17)“Die goewerneur was verplig om by die fees vir hulle een gevangene los te laat.”

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 17“Die goewerneur was verplig om by die fees vir hulle een gevangene los te laat.”, vgl. Mat 27:15; Mark 15:6.

Johannes 5:4

(3)waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes wat gewag het dat die water in beweging kom. (4)Van tyd tot tyd het ‘n engel van die Here in die bad neergedaal en die water in beweging gebring. Die een wat dan eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg hierby: … wat gewag het dat die water in beweging kom. 4Van tyd tot tyd het ‘n engel van die Here in die bad neergedaal en die water in beweging gebring. Die een wat dan eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.

Johannes 7:53-8:11

Voetnota: Volgens die gebruikte grondteks is 7:53-8:11 eers later ingevoeg.

Hierdie gedeelte is dus nie weggelaat nie.

Handelinge 8:37

(36)Onderweg kom hulle toe by water aan, en die amptenaar sê: “Hier is water. Wat verhinder dat ek gedoop word?” (37)“Niks nie,” antwoord Filippus, “as u met u hele hart glo.” Die hoofdienaar sê toe: “Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.”

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 37 “Niks nie,” antwoord Filippus, “as u met u hele hart glo.” Die hoofdienaar sê toe: “Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.”

Handelinge 9:5

(5)“Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg. Jy maak jou net seer deur jou te verset.

Voetnota: Enkele manuskripte voeg by: “Jy maak jou net seer deur jou te verset.”, vgl. Hand 26:14.

Handelinge 15:34

(33)Nadat Judas en Silas geruime tyd daar gebly het, het hulle teruggegaan en die groete van die gelowiges oorgedra aan dié wat hulle afgevaardig het. (34)Maar Silas het besluit om daar te bly.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 34Maar Silas het besluit om daar te bly.

Handelinge 24:6-7

(6)Toe hy probeer het om selfs die tempel te ontheilig, het ons hom gevange geneem en wou hom volgens ons wet oordeel, (7)maar kommandant Lisias het tussenbei gekom en hom met geweld uit ons hande geneem en (8)beveel dat sy aanklaers hulle tot u moet wend. As ú hom oor al hierdie dinge verhoor, kan u te wete kom waarom ons hom aankla.”

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: “en wou hom volgens ons wet oordeel, 7maar kommandant Lisias het tussenbei gekom en hom met geweld uit ons hande geneem en 8beveel dat sy aanklaers hulle tot u moet wend.”

Handelinge 28:29

(28)“Julle moet nou goed verstaan dat God se boodskap van redding na die heidennasies toe gestuur word. Húlle sal luister.” (29)Nadat hy dit gesê het, het die Jode weggegaan terwyl hulle heftig onder mekaar gestry het.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 29Nadat hy dit gesê het, het die Jode weggegaan terwyl hulle heftig onder mekaar gestry het.

Romeine 8:1

(1)Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie, vir dié wat nie volgens die sondige natuur lewe nie, maar volgens die Gees.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: … vir dié wat nie volgens die sondige natuur lewe nie, maar volgens die Gees.

Kyk ook Matteus 7:21. Die res van Romeine 8 lê ook klem op die gedagte dat daar gebreek moet word met die sonde.

Romeine 11:6

(6)En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie. Maar as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: Maar as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.

Romeine 16:23

(23)Gaius, my gasheer en ook gasheer van die hele gemeente hier, stuur ook groete. En dan ook nog groete van Erastus die stadstesourier, en van broer Kwartus. (24)Die genade van ons Here Jesus Christus is by julle almal. Amen

Voetnota: Sommige manuskripte voeg by: 24Die genade van ons Here Jesus Christus is by julle almal. Amen (vgl. vers 20; 2 Tess 3:18).

1 Johannes 5:7

(7)Daar is dus drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: (8)die Gees en die water en die bloed, en die drie se getuienis stem ooreen.

Voetnota: Enkele manuskripte voeg in: . . . in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: …

Kyk ook

1 thought on “Verse in die Bybel uitgelaat”

  1. Dit is vir my opmerklik dat die Ou Testament, sou mens wel só ”wiskundig-statistiese” formule kon bepaal – en die wiskundiges en statikusse sou kon, want hul verdiskonteer multi-veranderlikes en onbekende faktore in hul aannames – dat die geweegde gemiddelde variante % koers vir die (of ” ‘n” ) antieke Ou Testamentiese teks, in welke funksie en formaat ookal uitgedruk, waarskynlik wesenlik laer sou wees, as dié van ‘’n’’ Nuwe Testamentiese teks(te), juis omdat letterlik oorspronklike tekste, onbeskikbaar is.

    Die Ou Joodse “scribes” was absoluut ”jaloers” daarop, op ‘n mooi manier gestel, om te poog om akkuraat te kopieër. Natuurlik was ‘n goeie ”scribe” in die antieke konteks, hoog aangeslaan, en hul reputasie was op die spel sou daar foute wees, en erger nog, sou flagrante veranderinge in die oorskrywery aanwesig wees met die bron voor 👀, wat ‘’bron(ne)’’ ookal kan beteken. En net soos in die moderne eeu, was daar oor eeue heen, baie ”leuen” kopieërders, net soos vals profete en leraars.

    My vermoede is, dat die term ”WOORD VAN GOD”, ‘n totale ánder betekenis het, as bloot ”net alfabet”. Jesus Self het uitgevaar teen die Skrifgeleerdes, wat getrouheid aan God met woordspraak uit die Skrif gekoppel het, en die inhoudelike verband heeltemal misgetas en ook gruwelooslik misbruik het, tot eie voordeel.

    En daar ‘’staan en sit en loop en praat” dié Een waaroor hul Skrifte oor eeue vooruit getuig het vóór hul eie 👀, en hul eien Hom nie.

    In die moderne eeu, gebeur presies dieselfde, maar op baie groter maat. Daar is derduisende boeke oor dele in die Bybel, en interpretasies daaroor, en wissel vanuit bronne konserwatief fundamentalisties tot hiper-charismaties, en elkeen meen, hul is 95% ”daar” in terme van ‘’kognitiewe behoudendheid’’, en laat so “5%” foutekoers toe, om darem die oënskynlike nederige aard van hul hart, so ”subtiel” te openbaar aan die leser, ten einde die selfgemerkte 95% op ‘’vraestel van harstsbedoeling’’, te verkoop aan voornemende lesers as ‘’hoogs geloofwaardig’’…. en Christus noem hul ‘’addergeslag’’…‘’kinders van satan’’…hul kry toe 0% op die ‘’vraestel van harstsbedoeling’’ van Hom af.

    Dit het my laat ‘’sommetjies’’ laat maak: Wat van ‘n weduwee wie se ‘’❤doktrine’’ verskil van leraar🖤 of denominasie of interpretasie wat oënskynlik ”way off’’ blyk te wees deur ”fariseër 🖤 uit elk van die hordes verskillende denominasies”, maar haar ❤ oop om dwelmverslaafdes te help of kos te gee waar geen kos is uit relatief klein pensioen en selfs sonder een been, help om plekkie silwerskoon te maak waar sy as ”huurder” by familie gewoon het”? Sou Christus sê, haar ❤ was darem baie ”verward” en selfs ”antichristelik”? Ek het só tannie geken in Vanderbijlpark, en haar ❤ was soos die suiwer goud van Ofir, en ‘’variant tekste’’ nie eens by haar ‘n oorweging, maar wel variant🖤’e voor haar 👀, wat haar ❤ nie as ‘’waarlik opreg’’ geëien het nie.

    Só ❤ soos hare, het GEDOEN met dít voor 👀 en sy het vér bo haar sterkte en vermoë gegee. CHRISTUS het geen ”variant❤” by háár raak👀, maar slegs Sy Gees se ❤ wat sterk in haar geklop het vir ander. Met haar sterfte so paar jaar terug, het die Vaaldriehoek bitter arm geword.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui