Die ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood – ’n Teologiese agtergrond

Ferdie Mulder het die artikel “Die ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood – ’n Teologiese agtergrond” geskryf.

***********

Die ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood – ’n Teologiese agtergrond

Referaat gelewer by die VCHO[1]

Deur Ferdie Mulder[2]

25 Augustus 2007

Die volledige artikel met voetnotas en bronnelys is hier te vinde: Laai dit af, die voetnotas is net so insiggewend as die artikel self!

1. Inleiding

’n Paar weke voordat my oupa in Despatch se Checkers aan ’n hartaanval beswyk het, het hy die volgende oor die telefoon aan my ma gesê:

Elreza, as hulle jou bel en sê Frikkie Kelber is dood, dan moet jy hulle nie glo nie: want dan leef ek eers!

Byna 15 jaar later, net nadat ek ’n Ou Testament vraestel by Tukkies voltooi het, het ek opgestaan en by die deur van die eksamenlokaal met prof. Jurie le Roux, my dosent gesels. Hy vra my toe hoe dit gegaan het met die vraestel. Ek het met groot opgewondenheid gesê dat ek dit baie geniet het.[3] Dit was heel duidelik dat hy onkant gevang was deur my antwoord. Vir byna viér jaar verskil ek so sterk van hom in die klas, en nou sê ek dat ek die vraestel baie geniet het. Voordat my woorde nog koud was maak prof. Le Roux toe die volgende stelling aan my:

“Vir die eerste eeuse Christene het Jesus opgestaan omdat dit deel van hul wêreldbeeld was, vandag kan ons dit nie meer so verstaan nie”.[4]

Wat maak dat ’n Bybelwetenskaplike dit kan waag om te sê: Jesus se liggaam is verskeur deur wilde honde? Of, Jesus se liggaam het ontbind in ’n graf?[5] Ek weet persoonlik van geen teoloog wat sy akademiese loopbaan afgeskop het met so ’n stelling nie – dit is waarskynlik eerder die eindresultaat van baie jare se onkritiese aanvaarding van sekere filosofiese en hermeneutiese stromings dat so ’n ongelowige standpunt ontwikkel.[6]

Om hierdie tipe “ontwikkeling’ in denke te illustreer haal ek vir u aan uit ’n e-pos van ’n NG teoloog met twee doktorsgrade, wat die afgelope paar jaar ten nouste saamgewerk het met teoloë aan die Universiteit van Pretoria:

“Hulle konklusies .. is .. die logiese konklusie van wat hulle eie studies, leeswerk, navorsing ens hulle by uitgebring het … hulle het net konsekwent die implikasies van hul kennis uitgespel …Ook hulle was op ’n kol ’geshatter’ deur die verlies van die geloof van hul eie kinderdae, al lyk dit nou of hulle nie daaroor gepla is nie.”[7]

Vervolgens bespreek ek ’n paar van die onderliggende vertrekpunte wat implisiet elangrik is wanneer oor Jesus se opstanding gepraat word.

2. Absolute waarhede en betroubare feite

Kan daar nog in die 21ste eeu van absolute waarhede gepraat word? Bestaan daar nog iets soos betroubare feite? Vir ware gelowiges is daar tot vandag toe nie regtig debat hieroor nie – daar word gewoon in die geloof aanvaar dat gebeure soos Jesus se opstanding histories gebeur het en ’n kernwaarheid van die Christelike geloof is.[8]

Een mooi voorbeeld uit die Bybel wat só as ’n betroubare feit aan ons voorgehou word is Handelinge 2:32 en 36:

”God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies .. Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak.”

Die Griekse woord wat vertaal word met “vas en seker” is ασφαλως (asphaloos). Die vertaal moontlikhede sluit die volgende woorde in: vastigheid; sekerheid; vas;definitief; sonder enige twyfel (Arndt 1996:118-119). Vir ware gelowiges bevat die Bybel dus tot vandag toe die waarheid en letterlike geskiedkundige gebeure.[9]

Dit is egter veral sedert die 18de eeu, met die opkoms van die historiese bewussyn wat die letterlike historiese verstaan van Jesus se lewe en werk in sekere kringe onder geweldige druk gekom het. In lyn met hierdie paradigma het Gotthold E. Lessing byvoorbeeld beweer dat daar ’n groot aaklige afgrond tussen ons en die gebeure van2000 jaar gelede bestaan. Hiervolgens is dit eintlik onmoontlik om te weet wat regtig gebeur het in die geskiedenis (McGrath 2002:285).[10] Grafies lyk dit so:

alt

Vir diegene wat ongenuanseerd só redeneer het dit gevolglik geweldige implikasies vir hoe die Bybel vandag gelees en verstaan word. Ek verwys kortliks na Jurie le Roux en Albert Schweitzer:

Moontlik onder die invloed van die historiese bewussyn soos Lessing dit verduidelik, maak Jurie le Roux die volgende stelling oor geskiedenis:

“Geskiedenis is maar net ’n interpretasie en is voorlopig van aard … Daar is niks vas aan geskiedenis nie en die historisiteit,
feitelikheid en historiese presiesheid van gebeure moet ook nie as basis vir die geloof gebruik word nie” (Le Roux 2006:5-6).

Verder beweer hy dat:

“Historiese feite bestaan nie, jy maak dit .. jy selekteer dit wat jy… later gaan noem as feite … feite is iets wat jyself
maak…” (Verhoor 2006:771).[11]

In sekere teologiese kringe is dit veral Albert Schweitzer wat bekend geword het vir die stelling dat wie hom met die historiese Jesus besig hou, sê eintlik meer van homself of haarself as van die historiese Jesus (Le Roux 2002:97, Van Aarde 2001:1-3). Sien die bespreking oor Andries G. Van Aarde in die voetnota hier onder.[12]

Schweitzer sê verder:

elke daaropvolgende era van teologie het sy eie gedagtes in Jesus gevind, dit was, inderdaad, die enigste wyse waarop Jesus vir hulle
lewend gemaak kon word … elke individu het Hom geskep in ooreenstemming met sy eie karakter (Schweitzer 1910:5).

As Afrikaanssprekende laat hierdie tipe stelling mens nogal dink aan Koos du Plessis se liedjie: Kinders van die wind wat praat van “swerwers sonder rigting, soekers wat nooit vind ..” Vir Schweitzer en diegene wat hom volg gee die Bybel dus nié betroubare inligting oor Jesus nie en is dit daarom onmoontlik om te weet wie Jesus nou eintlik was en wat Hy gedoen het.[13]

Anders as hierdie posisie is daar ’n groot hoeveelheid teoloë en Christene wat eenvoudig glo dat ons in die Bybel geloofwaardige getuienis oor Jesus kry.[14] Op akademies-wetenskaplike gebied is daar modelle soos die Engelse Analitiese Taalfilosofie[15] en Kritiese Realisme[16] wat hulpmiddels vir gelowiges kan wees om met geloofwaardigheid oor die Bybelse aansprake van Jesus te getuig. Oor wetenskaplike hulpmiddels in die algemeen stel niemand dit so treffend soos Johannes Calvyn nie:

“As ons een maal die Heilige Skrif gelowig aanvaar het, dan is bewysvoeringe tot bevestiging daarvan wat anders nie van veel waarde
sou gewees het nie, vir ons kragtige hulpmiddels om die sekerheid in ons te versterk” (Calvyn 1951:50).

Die Nuwe Testamentikus William Lane Craig[17] maak hieroor ook ’n belangrike stelling wanneer hy tereg aantoon dat geloof en kennis nie los van mekaar moet staan nie:

Omdat geloof ’n volledig-besielende vertoue of “commitment” is, kan dit nie op enige manier gekant wees teen beide kennis of getuienis nie … Inteendeel, Paulus en die Evangelies nooi ons om te glo op grond van die bewyse. Geen Bybelse skrywer kon’n teenstrydigheid konstrueer, sodat wanneer iemand die opgestane Jesus gesien het, dat so ’n persoon nie meer hoef te glo nie.[18]

Die Christelike geloof is ’n historiese godsdiens – gegrond op geloofwaardige historiese gebeure waarvan Jesus se opstanding par exellance ’n voorbeeld is. Die Nederlandse sistematiese teoloog van die 20ste eeu G.C. Berkhouwer sê dit treffend as hy sê:

“Christus se opstanding het verrykende konsekwensies. Dit is ’n historiese feit wat met die hart geglo moet word … Dit word duidelik dat die Kerk nog altyd met daadwerklike oortuiging die historiese realiteit van Christus se opstanding verdedig het teenoor diegene wat dit misverteenwoordig het” (Berkhouwer 1976:181-2).

3. Bonatuurlike wonders

’n Verdere saak in hierdie hele debat wat krities belangrik is, is die vraag: Kan daar nog vandag geglo word in die bonatuurlike opstanding van Jesus uit die dood? Net soos met die voorafgaande saak is daar vir ware Christene vandag geen debat hieroor nie – daar word gewoon in die geloof aanvaar dat Jesus uit die dood opgestaan het.

Dit kan tereg gestel word dat geloof in die bonatuurlike gebeure rondom Jesus die goue draad is wat ware gelowiges oor 21 eeue saam bind – daarsonder is die Christelike godsdiens kragteloos en bloot die gekonkel van mense.

Dit is ook veral sedert die 18de eeu dat daar ’n kritiese afkeur in bonatuurlike wonderwerke posgevat het in sekere kringe.[19] David Hume wat bekend geword het met sy opstel “Of Miracles” beweer dat natuurwette vás is wat impliseer dat die kosmos ’n geslote sisteem is. Wonderwerke wat momenteel hierdie atuurwette sou kon deurbreek is gevolglik onmoontlik (Habermas 1987:15).[20] Daarom het Jesus dus ook nie uit die dood opgestaan nie. Hume het die weg gebaan vir verskeie ander wat hierdie bewering aanvaar of ge-akkomodeer het en gevolglik op ander maniere probeer het om ’n verklaring vir Jesus se opstanding te vind.

Ek verwys kortliks na D.F. Strauss, F.E.D. Schleiermacher en Julian Müller.[21]

David Friedrich Strauss, het in sy 1860 boek The Life of Jesus ’n teorie ontwikkel dat verál die wonders in die Bybel mities[22] is, en nie na bonatuurlike gebeure teruggaan nie. Strauss sê deur die kerk word die evangelieverhale ontvang as histories: by die kritiese teoloog, word dit groot en deels beskou as blote miete (Strauss 1860:898).

Die bekende “vader” van die Praktiese Teologie[23] Friedrich Ernst Daniel Schleiermacher beweer dat Jesus nie régtig gesterf het aan die kruis nie. Hy beweer verder dat Jesus na drie dae “wakker” geword het in die graf, as’t ware die stof afgeskud het en uit die graf gestap het.[24]

Nader aan die huis hier in Suid Afrika kan mens dink aan die sogenaamde Nuwe Hervorming wat die posisie van “skeptiese natuurwetenskaplikes” inneem, deur ook Jesus se opstanding te bevraagteken. Die opstanding word slegs metafories verstaan. Sien aanhalings oor prof. Sakkie Spangenberg, Louis Jonker en Anton van Niekerk in die voetnota hieronder.[25]

In sy boek Opstanding, wil Julian Müller juis hierdie alternatiewe interpretasies van Jesus se opstanding as ’n aanvaarbare alternatief voorhou wanneer hy sê:

“beide die skeptiese natuurwetenskaplike èn die mistieke dromer kan saam sê: ‘ek glo in die opstanding,’ terwyl hulle waarskynlik heel verskillende konsepte daarop nahou. Maar in daardie eenvoudige klassieke belydenis
word ons saamgesnoer as broers en susters ..”(Müller 2006:89).

Sien bespreking oor Ben du Toit, Johann Symington, Willem Nicol en die Noordelike Sinode in die voetnota hier onder.[26]
Müller sê ook elders oor Jesus se opstanding:

“Die mense wat vreeslik klem lê daarop dat alles net so letterlik gebeur het en waar is, én dié wat glo dat dit meer figuurlik en metafories[27] verstaan moet word, glo almal op grond van die geloof wat ons ontvang het ..” (Müller 2006:68).[28]

Tydens die universiteitsverhoor was die volgende vraag aan Müller gestel: Behoort ’n predikant wat die liggaamlike opstanding van Jesus ontken skuldig bevind te word aan leerdwaling?

Sy antwoord was onder meer:

“Meneer die voorsitter, dit begin tog klink na strikvrae wat aan my gevra word. So ek weet nou nie wat is ’n strikvraag en wat is nie ’n strikvraag nie. Dit is duidelik waarheen dit gaan, maar op hierdie punt sou ek tog wil sê dat die konsep waarmee gewerk word, of die uitgangspunt waarmee gewerk word met die formulering van so ’n vraag, is ’n situasie van ’n kerk wat met rigiede reëlswerk, baie presies en spesifieke formulerings of ’n vereniging soos u dit nou noem en as iemand nie by daardie spesifieke, presiese formulering inpas nie dan is hy ’n dwaalleraar en dan moet hy ook vervolg word as ’n dwaalleraar.

Dit is soort van wat ek nou hoor, die agtergrond van die wyse waarop u u vraag vra en daarom kan ek nie eenvoudig daarop ‘ja’ of ‘nee’ antwoord nie want die konteks waarbinne ek funksioneer, die van die NG Kerk, die wyse waarop die NG Kerk omgaan met leerstellighede en leerdwalinge is lank nie gelyk aan dit nie. Met ander woorde die NG Kerk gaan nie meer, as mens kyk na die besluite .. van die Algemene Sinode, die interpretasie oor Skrifuitleg, interpretasie van die Belydenisskrifte, dan is die NG Kerk se manier van omgaan met hierdie goeters nie modernisties nie .. “ (Verhoor 2006:297-8).[29]

Tydens dieselfde verhoor beweer Müller verder dat ons nié kan sê dat die Nuwe Hervorming se standpunte oor Jesus se maagdelike geboorte en opstanding nié aanvaar sal kan word in die NG Kerk nie.[30]

Die Skrif ken hoegenaamd geen kompromie wanneer dit by Jesus se opstanding uit die dood kom nie. Om maar een voorbeeld te noem: In II Timoteus 2 verse 16 tot 19 noem Paulus mense by die naam wat leerdwaling oor die opstanding van gelowiges verkondig. Sy taalgebruik is ook baie reguit:

“Maar die onheilige en sinlose praatjies moet jy vermy, want dié wat dit versprei, sal nog verder in goddeloosheid verval, en hulle woorde sal voortvreet soos kanker. Onder hulle is daar Himeneus en Filetus, wat van die waarheid afgedwaal het deur te sê dat die opstanding alreeds plaasgevind het. Daarmee vernietig hulle die geloof van sommige. Nogtans, die hegte fondament wat God gelê het, staan vas …”

In die teologiese boekreeks Handleiding by die Nuwe Testament V word die volgende oor bogenoemde gesê:

“Daar is ook .. die kenmerkende gnostiese dualisme te bespeur deurdat hulle op grond van ’n hoëre kennis (gnosis) waarop hulle hulle beroem die opstanding spiritualiseer as iets wat alreeds sou plaasgevind het. Hierdie dwaalleer kan miskien die beste beskryf word as ’n Joodsgnostiese sinkretisme” (Du Toit 1988:188-189).[31]

Of dit nou die gnostiese dwaling van Himeneus en Filetus is hierbo; of die “moderne” dwaling van groepe soos die Nuwe Hervorming, of diegene wat hierdie standpunte akkomodeer – aan die einde van die dag is dit die verwerping van die hart van die Christelike geloof.

4. Die inhoud van ons geloof?

Geloof in die opstanding van Jesus Christus uit die dood verklap iets voorafgaande: die genadige reddende werking van die Heilige Gees in ’n nietige sondaar mens. Die Heidelbergse Kategismus stel dit steeds onverbeterlik wanneer dit sê dat ware geloof ’n vaste vertroue is wat die Heilige Gees, uit lóútere genade in die hart bewerk (HK Vraag en antwoord 21).[32] Daarom is die mens se eie sukkelende en selfs opregte “probeer glo”, nié in staat om ware geloof te genereer nie. Sien bespreking oor Wilhelm Jordaan hier onder in die voetnota.[33]

Professor Gary H. Habermas, wat self ’n ateïs was maar later tot bekering gekom het, en vandag as ’n wêreldklas kenner oor Jesus se opstanding bestempel word, verduidelik dat dit die Heilige Gees is wat mens oortuig dat die Christelike geloof waar is:

Die Christen het die Heilige Gees wat hom oortuig dat die Christelike geloof waar is en dat hy aan God behoort. (Habermas 2004:33).

In sekere kringe is dit egter veral sedert die opkoms van die 19de eeu se historiese Jesus navorsing wat die standpunt ontwikkel het dat geloof ’n sprong in die duister is – die spreekwoordelike “pie in the sky”.[34] Om hierdie posisie te illustreer haalWilliam Craig vir D.H. Van Daalen aan wat sê:

geloof is ’n sprong in die donker. Dat so ’n sprong in die donker ’n moeite werd risiko is, kan net uitgevind word deur dit in der
waarheid te doen. (Craig 1989:338, 31n).[35]

Karl Bart en Rudolf Bultmann se dogmatiek professor: Wilhelm Herrmann het daarvoor bekend geword om in dieselfde rigting geloof op ’n soort eksistensialisme,[36] lós van Jesus se liggaamlike opstanding, te plaas.[37] Daniel L. Deegan toon aan hoedat vir Herrmann, sy kategorie van die ‘innerlike lewe’ van Jesus funksioneer as die grond vir geloof en hoe Herrmann hierdeur dink dat ons die voorwaarde vir geloof in ’n opstandingswonderwerk as deel van hierdie grond kan vermy (Deegan 1965:87).[38]

Ek verwys kortliks na drie voorbeelde waar geloof in God lós kan staan van dieliggaamlike opstanding van Jesus.[39] Hulle is Gerd Lüdemann, Sandy Wedderburn en Dirk Human:

’n Goeie voorbeeld van ’n Bybelwetenskaplike wat aanklank gevind het by Wilhelm Herrmann se verstaan van geloof, is Gerd Lüdemann. In sy boek The Resurrection of Jesus. History, Experience, Theology, bou Lüdemann voort op Lessing se historiese bewussyn[40] en kom hy tot die konklusie dat Jesus se opstandingverskynings aan Paulus en Petrus hallusinasies was.[41] Met dankbare erkenning aan Herrmann verklaar Lüdemann dat hy ten spyte van hierdie toedrag van sake, homself steeds Christen kan noem (Lüdemann1995:253,703n;706n). ’n Paar jaar later doen híérdie soort geloof dit egter nie meer vir hom nie en roep hy die Christelike geloof vaarwel (Lüdemann 1999:2-4).

Op ’n ander vlak, maar in dieselfde rigting is daar diegene wat fokus op ’n mistieke geloofservaring. Hierdie mistieke belewenis kan ook klaarkom sonder geloof in die liggaamlike opstanding van Jesus Christus. ’n Goeie voorbeeld van ’n Bybelwetenskaplike wat hierby aanklank vind is Sandy Wedderburn.[42] In sy boek Beyond Resurrection werk Wedderburn ook met ’n sterk ontwikkelde historiese bewussyn en kom tot die konklusie dat dit nie moontlik is om in Jesus se liggaamlike opstanding te glo nie. Hy stel dit so:

Die logiese konklusie … lyk daarom te wees ’n ongelukkige en volledig onbevredigende ‘Weet nie’, ’n historiese agnostisisme wat enige belydenis van geloof ondermyn, tensy mens op een of ander manier geloof onafhanklik van enige historiese gebeure veranker (Wedderburn 1999:96-7).

Dit is binne hierdie soort agnostisisme wat die mistiek vir Wedderburn ’n handvatsel bied. Hiervolgens kan God uitgedruk word in beide ’n reis uit die self .. of ’n reis binne in die dieptes van die self (Wedderburn 1999:214).[43]

Sien Wilhelm Jordaan en sy “verwondering en ontvouende misterie” hier onder in die voetnota.[44]

Tydens die universiteitsverhoor het Dirk Human verklaar dat ’n mens, volgens sy artikel oor Jona en die “opstandingsgeloof”,[45] kan deel in die opstandingsgeloof”[46] sónder om in die liggaamlike opstanding van Jesus te glo:

Voorsitter:”.. u praat ’n bietjie verder van ‘mense en kerk wat slegs die histories-letterlike opstanding ’n voorwaarde wil maak.’ Nou normaalweg as iemand ’n voorwaarde maak dan sê hy, ek wil dit so hê en op geen ander manier nie en as dit in daardie sin verstaan kan word hierso, beteken dit nie dat hier is ’n sleutel vir mense wat buite om die voorwaarde van die histories-letterlike ook nog in die opstandingsgeloof kan deel? Maw iemand wat sê, ‘ek glo nié in die letterlike, fisiese opstanding nie’ dat die sleutel die deur vir hom ook oopmaak om in die opstandingsgeloof te deel?

Human: Inderdaad. Vanuit die perspektief, vanuit die, as ek dit so kan formuleer, vanuit ’n Bybelse perspektief hoe ek dus die
opstandingsgeloof verstaan.

Voorsitter: Ja, ek wil u net nie .. mislei nie, ek weet u het gepraat van meer .. maar kan hierdie nie gelees word as ‘anders’? Maw as aan my voorwaarde nie voldoen word nie, my voorwaarde dat dit ’n letterlike, fisiese opstanding moet wees, dan is daar ook ’n ander moontlikheid wat erken kan word ..

Human: Ek dink so …

Voorsitter: Nie ‘meer’ nie, ‘anders’?

Human: Ek dink so, ek sou, ja, daarop kon antwoord”

(Verhoor 2006:619-620).

In Human se artikel wat hierbo ter sake is, plaas hy as voorbeeld van die “opstandingsgeloof” ’n voetnota naas die “histories-letterlike opstanding van Jesus”, waarin daar verwys word na prof. Sakkie Spangenberg van die Nuwe Hervorming in ’n dwaalleer ondersoek by die ring van Lyttleton:

“Terwyl die ring sê die ‘Christelike geloof kan nie losgedink word van die liggaamlike opstanding van Christus nie waarby die Christendom staan of val’, sê Spangenberg dis vir hom moeilik om aan die fisieke opstanding uit die dood en Christus se herverskynings te glo. Dit gebeur gewoon nie in sy leefwêreld nie… Christus se verskynings aan sy dissiplels verklaar hy daaruit dat hulle so intens met Jesus saamgeleef het dat Hy ná sy dood steeds vir hulle ’n werklikheid was” (Mischke 2004:2).[47]

Of dit nou die eksistensialisme van Wilhelm Herrmann; die mistieke ervaring van Sandy Wedderburn; of die “opstandingsgeloof” van Dirk Human is wat ruimte kan laat vir die Nuwe Hervorming, wáre geloof in God kan nie losgemaak word van Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood nie.[48] Gerd Lüdemann se tragiese verhaal [49] bevestig dit:

• In 1984 bely hy die liggaamlike opstanding – na die ongenuanseerde aanvaarding van die historiese bewussyn, en die gepaardgaande soeke na die historiese Jesus,

• beweer hy in 1994 dat Jesus se liggaam ontbind het in ’n graf – hierna help Wilhelm Herrmann hom om vir ’n paar jaar nog te “glo”,

• en in 1999 skryf hy ’n brief aan Jesus waarin hy die Christelike geloof vaarwel roep (Mulder 2006:21-2).

In hierdie konteks is Willie Jonker daarom reg wanneer hy sê:

“ die hele evangelie staan en val by die waarheid van die liggaamlike opstanding van Christus” (Jonker 1987:14).[50]

Daarom is dit gepas om met Paulus se bekende woorde af te sluit:

“as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is
julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook die wat in Christus gesterf het verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense” (I Korinthiers 15:17-19).

Slot

Ten slotte kan dit dus gestel word: Die ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood gebeur wanneer die Heilige Gees nog nie geloof as gawe aan ’n mens geopenbaar het nie. Ons het gesien dat ongeloof verskillende vorme kan aanneem en die gevolg kan wees van jarelange blootstelling en onkritiese aanvaarding van sekere filosofiese en hermeneutiese strominge. Dit behels onder meer:

a. Die verwerping van enige absolute waarhede;

b. Die aanvaarding van ’n eensydige historiese bewussyn waarvolgens dit onmoontlik sou wees om te weet wat 2000 jaar gelede gebeur het;

c. Die verwerping van bonatuurlike wonders;

d. ’n Eensydig-menslike geloofservaring gestroop van konkrete Christelike geloofsinhoude soos Jesus se liggaamlike opstanding.

Wanneer die Heilige Gees ’n mens oortuig van die liggaamlike opstanding van Jesus Christus, dan is dit diesélfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het wat ook in die gelowige werk. Dáárdie krag is wat maak dat miljoene mense, 2000 jaar na Jesus se liggaamlike opstanding Hóm volg as dié Weg, dié Waarheid en dié Lewe!

Kyk, Hy kom weer en álmal sal Hom sien!

Ferdie Mulder kan gekontak word by opgestaanpublikasies@gmail.com

Voetnotas

[1] Hierdie kort referaat is op uitnodiging van die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys vir hulle 2007 jaarvergadering. Omdat daar ’n groot behoefte aan Afrikaanse teologie is, vertaal ek Engelse aanhalings in Afrikaans.

[2] ’n Substansieële komponent van hierdie referaat is geskoei op my MTh navorsingsproefskrif o.l.v prof. dr. Jan van der Watt. Die tema daarvan is: The Resurrection of Jesus: Recent major figures in the debate. Hierdie artikel dra ek eerstens op aan klasmaat Riaan Rossouw wat, t.s.v. enorme druk hom herverbind het tot die 15 Junie 2005 Status Confessionis aangaande Jesus se opstanding uit die dood – hy was die enigste student wat ditgedoen het. Die Here het in Riaan vir my ’n broer in Christus gegee waarvoor ek Hom baie dank. Vir ses jaar het ons saam die teologie deurgemaak – saam gehuil, saam gelag, saam geworstel en ’n diepe liefde vir die evangelie en gereformeerde teologie ontwikkel. Riaan het op die 19de Julie uit die NG Kerk bedank, agt dae nadat ek ook uit geloofsoortuiging bedank het. Veral twee sake het hiertoe aanleiding gegee:

a) ’n Jaar of wat gelede het ons ’n belofte gemaak dat ons nie bereid sal wees om predikante in die NG Kerk te word as homoseksuele gedrag in die Kerk toegelaat word nie.

b) Die ander groot saak hou verband met die onskuldigbevindings aan enige leerdwaling van Tukkies en Stellenbosch teoloë. By Tukkies was dit proff. Dirk Human, Jurie le Roux, Julian Müller en drr. André van Niekerk en James Kirpatrick van die kuratorium. In die Kaap was dit proff. Louis Jonker, Anton van Niekerk en dr Ben du Toit. Mag die Here gee dat die volle waarheid oor klagtes van dwaalleer eendag aan die lig kom.

Tweedens dra ek hierdie artikel op aan prof. Hoffie Hofmeyr wat oor baie jare probeer het om ’n gebalanseerde teologiese opleiding by Tukkies te verwesenlik – hy moes vele klagtes van studente hanteer het. Hy het met integriteit en waardigheid sy bes gedoen – maar is elke keer afgejak! Prof. Hofmeyr het die pakslae met mannemoed verduur. Maar, so is my indruk, het hy na jare se onsuksesvolle broederlike gesprekke uit geloofsoortuiging by die punt gekom dat hy nie langer kon saam gaan met die rigting waarin die Teologiese Fakulteit by Tukkies beweeg nie. Laastens, dra ek hierdie artikel op aan al die teologie studente by Tukkies wat steeds identifiseer met my standpunt oor Jesus se opstanding. Ek sal nie vergeet wat op 2 Februarie 2007 met my gebeur het nie. Ek en my dogtertjie was by Menlyn winkelsentrum in die CUM Christelike boekwinkel. Die volgende oomblik stap ’n teologie student van Tukkies, wat ek nie baie goed geken het nie op my af met die volgende woorde: “Ferdie, die meerderheid studente staan agter jou”. Ek kon dit nie glo nie. Die student was ernstig. Die student wou, soos al hoe meer ander studente ook die vorige jaar opskop. Ek kon die moedeloosheid op die student se gesig sien.

[3] Die “geniet” was nie daarin geleë dat ek die teorieë klakkeloos aanvaar het in die vraestel nie – eerder was dit ’n geval dat ek n.a.v. verdere studie klarigheid in my eie gemoed gekry het dat ek met sekere sake fundamenteel verskil.

[4] Le Roux se weergawe van dié stelling: “Ek het dit gesê, maar ek onthou die sin anders: ‘Vir die eerste eeuse Christene het Jesus opgestaan omdat dit deel van hul wêreldbeeld was, maar vandag hoef ons dit nie meer so te sê nie’ “(Le Roux 2006:2).

[5] Vgl. Marcus Borg, John Domminc Crossan, Gerd Lüdemann, John Selby Spong ens. Sulke geleerdes beweer geloof in Jesus se liggaamlike opstanding is belaglik en ongeloofwaardig. Hieroor skryf Gert Jordaan tereg: “Maar solank as wat Christene ’n werklik liggaamlike opstanding van Jesus probeer handhaaf en verdedig, sê die geleerdes, maak hulle hulleself belaglik en ongeloofwaardig in die oë van die moderne wêreld” (Jordaan 2001:5).

[6] Dit is onmoontlik om in een artikel op al die filosofiese en hermeneutiese strominge in te gaan wat relevant is. Latere artikels sal d.v. daarop kan ingaan. Een voorbeeld van iemand wat oor die jare onder invloed van sekere strominge sy standpunt dramaties verander

het is Gerd Lüdemann van die Universiteit van Göttingen. In 1984 was sy standpunt dat daar konsensus is in navorsing dat volgens 1 Korintiers 15, Christene ’n liggaamlik opgewekte liggaam sal ontvang na die eindoordeel (Lüdemann 1984:241-2). In 1999 is sy standpunt, vervat in ’n “brief” aan Jesus totaal anders wanneer hy beweer dat Jesus se liggaam ontbind het in ’n graf, of verskeur is deur aasvoëls en jakkalse (Lüdemann 1999:3). Vir ’n meer volledige bespreking van Lüdemann se hermeneutiese voorveronderstellings, sy eksegese oor Jesus se opstanding en kritiese bespreking sien: Mulder, F. 2006. The Resurrection of Jesus. Recent mayor figures in the debate. pp 19-28; 181-199.

[7] Hierdie e-pos is op die 12de Augustus 2005 aan my gestuur kort nadat ek my dokument “Kommentaar Kuratorium Uitnodiging” aan omtrent 1000 predikante uitgestuur het. Daarin het ek die bewering gemaak dat sekere teoloë by veral Tukkies en Stellenbosch nie eerlik is as hulle sê dat hulle nie ’n dwaalleer oor die opstanding van Jesus verkondig nie. Met goeie rede hou ek die e-pos anoniem – t.w.v. die teoloog se akademiese loopbaan.

[8] Hierdie tipe waarheid beskryf Jan van der Watt as deel van die Christelike meesterverhaal wat nie ’n skugter moontlike waarheid naas ander waarhede is nie. Openbaring spreek outoritatief aan (Van der Watt 2005:257-8).

[9] Hierdie posisie moet nié verwar word met die histories positiwistiese geskiedsteorie (of historisme) wat in veral die Duitse Liberale Teologie ontwikkel het nie. Laasgenoemde benadering se absolute eis vir verifikasie, het dit verder as sy oortuiging gestel dat die Bybelse teks vir ons niks sê nie. Dit het alleen iets te sê gehad vir die mense van daardie tyd, en dit alles behoort tot die verlede (Van Aarde 2004:27). Totaal anders as hierdie láát ontwikkeling glo Christene sedert Jesus se lewe en werk hier op aarde in die letterlike geskiedkundigheid van Jesus se opstanding. In lyn hiermee toon Tom Wright aan dat ’n teks soos 1 Korintiërs 15 verse 1 tot 11 duidelik getuig van ’n publieke gebeurtenis waarvoor daar bewyse is in die vorm van getuies wat iets gesien het en wat gekruisondervra kon word (Wright 2003:382). Wright is daarvan oortuig dat Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan het. Vir ’n meer volledige bespreking van Wright se hermeneutiese voorveronderstellings, sy eksegese oor Jesus se opstanding en kritiese bespreking sien: Mulder, F. 2006. The Resurrection of Jesus. Recent mayor figures in the debate. pp 36-45; 144-170.

[10] Daniël Veldsman praat ook van “die Lessingkloof” en die “geskiedeniskloof” (Veldsman 1989:262).

[11] Die volgende stelling uit Yolanda Dreyer se 1998 proefskrif sluit op ’n ander vlak hierby aan: “Die ongemaklike werklikheid is dat ons oor niks beskik wat absoluut is nie. Dit geld ook op die gebied van Skrifbeskouing. In die post-moderne paradigma het die insig deurgebreek dat ons nie direkte woorde van God het/besit nie. Ons besit God nie. Ons het/ besit nie ’n absolute stel norme en waardes nie” (Dreyer 1998:368).

[12] Die historiese Jesus is ’n term wat veral in die 19de eeu gebruik was om te verwys na die historiese persoon Jesus van Nasaret wat na bewering totaal anders is as die Christelike beskouing oor Jesus soos in die Nuwe Testament en belydenisskrifte voorgehou word (McGrath 1995:429). Spatsels hiervan kan waargeneem word in die volgende stelling van Yolanda Dreyer: “Die Skrif is die bron waarin die norm, die persoon Jesus, gesoek moet word. Ons moet egter nie dink dat ons Jesus het of besit, dat ons presies weet wie Jesus is (vasgevang in ons dogmas), wat Jesus gedoen en gesê het (vasgevang in die geloofsoortuigings uitgedruk in die Bybel) en wat Jesus se bedoeling was (vasgevang in ons interpretasie) nie” (Dreyer 1998:368). Die bekendste Afrikaanse teoloog wat oor die historiese Jesus geskryf het is Andries van Aarde in sy boek Fatherless in Galilee. Tydens die verhoor het Le Roux sý verstaan van prof. Van Aarde se boek soos volg verwoord: “As mens kan onderskei tussen ’n ‘high christology and a low christology’, ’n ‘hoë christologie’ en ’n ‘lae christologie’, as ek die terme kan gebruik om te illustreer wat ek sê, dan sou ’n ‘hoë’, ‘a high christology’ so werk soos wat ons sal sê: Jesus kom van God af; hy is Seun van God; hy is gebore; hy het wonderwerke gedoen; hy het gesterwe, hy het opgestaan; hy het opgevaar en someer. Van Aarde wil nie die weg kies nie. Van Aarde wil Jesus sien as ’n gewone mens onder gewone mense en daarom sê hy, Hy is soos ‘a nobody’ eintlik gebore; sy pa het, ek kan nie meer so mooi onthou nie, sy pa is onegte, kon ’n Romeinse soldaat gewees het; hy is buite-egtelik gebore; hy is ’n vyfde-kategorie-kind. Maar die aangrypende van Van Aarde se Jesusbeeld is dat Jesus radikaal vir die ander omgee” (Verhoor 2006:756-7). Le Roux is waarskynlik korrek wanneer hy beweer dat Van Aarde nie die weg van die Goddelike Jesus wil kies nie. Oor Jesus se opstanding sê Van Aarde byvoorbeeld: Die totstandkoming van die kerk … moet nie terugherlei word na ’n fondasionele gebeurtenis in die lewe van die historiese Jesus nie. Nadat Jesus se erg mishandelde lyk nie in ’n familiegraf neergelê was nie, het Jesus in die ‘kerygma’ opgestaan. Met ander woorde, Jesus het voortgeleef in die oorvertellinge van sy saak (Van Aarde 2001:185). In sy artikel oor dié boek sê Jurie le Roux: “Van Aarde se boek oor die historiese Jesus is ’n hoogtepunt in die Suid-Afrikaanse Bybelwetenskap. Dit dwing ons om histories te dink, na die vroegste bronne oor Jesus deur te dring, Jesus as ’n eerste-eeuse Mediterreense mens te waardeer, en sy totale menswees raak te sien … ’n Vaste greep op die historiese Jesus was en is nog steeds byna onmoontlik … Uiteindelik is Van Aarde se skets van Jesus anders, selfs skokkend anders, maar daarin lê juis sy skoonheid en aantrekkingskrag” (Le Roux 2002:97). Na aanleiding van die publikasie van Van Aarde se boek het daar ’n heftige debat in die media en kerkgemeenskap gewoed. Lina Spies, professor van Stellenbosch het gesê dat dit veral na die lees van Andries van Aarde se ‘Fatherless in Galilee’ was, dat haar geloof verander het. Sy sê byvorbeeld: “Ek kan Jesus wat op aarde gewandel en gewerk en gesterf het, nie vereenselwig met die ewige, onsienlike en alomteenwoordige God nie. Dit is waar my breuk met die tradisionele godsdiens kom” (Spies 2003). Sien: Van Aarde, A.G. 2001. Fatherless in Galilee – Jesus as Child of God. Harrisburg: Trinity Press International. Sien veral pp 195-205. In Junie 2001 berig die tydskrif INSIG dat “prof. Andries van Aarde, teoloog van die Hervormde Kerk aan Tuks, moes onlangs voor sy kerk se Kommissie van die Algemene Vergadering vure doodslaan toe nuus oor sy boek oor Jesus, Fatherless in Galilee, bekend geraak het” (Müller 2001).

Die opskudding wat dié boek veroorsaak het, het Van Aarde genoop om te reageer. Hy het ’n “belydenis” met die titel “Ek glo ..” in die Hervormde kerk se koerantjie geskryf. Hierdie “belydenis” moes meer duidelikheid oor sy persoonlike oortuigings bring. Hierdie “belydenis” was nie deur almal aanvaar nie. My gesprek met Daan van Wyk (jnr), voorsitter van die Hervormde kerk se kuratorium is relevant in dié verband:

Mulder: “.. ek het ook prof. van Aard e se belydenis ‘ek glo’ oordentlik deurgewerk en soveel gate daarin gekry.

Van Wyk: Ja nee, daar is baie gate in, hy stel dit só wyd, die oomblik as jy hom in ’n hoek wil druk, dan skryf of praat hy so wyd dat ’n ossewa daarbinne kan draai, en dat jy hom nie in die hoek kan druk nie … Ek weet nou nog nie presies wat bedoel Van Aarde met “altered state of consciousness” (in die konteks van Jesus se opstanding – FM) nie … Ek het hom baie keer probeer in ’n hoek druk. Daar sit vir my nog ’n stuk wollerigheid daar rondom. Ek het al vir hom gesê ek dink nie ek en hy glo dieselfde oor Jesus as ons oor sy Godheid praat nie … Ek is oortuig hy het ’n ander beskouing oor die kanon as die kerk. Dis ‘open ended’

Mulder: Prof. Yolanda (Dreyer FM) ook.

Van Wyk: Sy dink van ’n ‘kanon voor die kanon’, en sy ‘Jesus saak’.

Mulder: ‘Kanon in die kanon’

Van Wyk: Dit is ’n dwaling uiteindelik, en ek is seker ons gaan dit uitpluis op die lang duur. Maar dit is die een ding wat ek in my proefskrif geskryf het wat ek en hy nie kon oor gelyk kom nie .. Dit het my proefskrif tot ’n jaar vertraag, daaroor, wat ek net gesê het ek gee nie om wat hy doen nie. Wat hy gesê het, hy gee nie toe nie, ek moet ’n ander tema vat. En ek het net gesê nee, en ek het weer gedink, en dit was moeilik jong. Ons verhouding het ongelooflik versuur in daardie tyd, jy weet dat hy, hy’t my ongelooflik verkwalik. Hy het geglo hy gaan my oortuig om te skrywe wat hy wil hê ek moet skryf. En ek was nie bereid, veral op daai een punt, om dit te doen nie. Mm, so ek sê nog steeds uiteindelik moes hy ook maar skik. Jy weet dit was op die punt dat ek gesê het ek gaan na Stephan Joubert toe. En ek het gesê, dit was net toe die gesamentlike fakulteit begin was, ek moet ’n ander studieleier kry. En hy’t nie voorsien die ding gaan so skeef loop, en wat dan ’n saak sou geword het, en deur die kerk hanteer sou moes word. Die kuratorium sou moes ingryp om te sê, maar hoekom verander ’n ou om so ’n rede van studieleier? Toe was hy bietjie ontstig gewees, nie oor wat ek geskryf het nie .. Ek dink daar sal ruimte wees om Van Aarde van dwaalleer aan te kla, spesifiek oor sy kanonbeskouing. Ek dink ek sal hom kan skuldig kry daaraan” (Mulder 2005a).

[13] Le Roux spel die implikasie hiervan so uit: “gelowiges (behoort FM) die moed van (hulle FM) oortuiging aan die dag (te FM) lê om na die historiese Jesus (gestroop van alle latere interpretasie) te soek (Van Aarde 2001:204). So ’n soeke na die historiese Jesus het groot betekenis vir die soeker. Elkeen sal ontdek wie hierdie Jesus vir hom of haar in sy of haar daaglikse lewensgang is” (Le Roux 2002:98). Met Van Aarde se artikel in gedagte, sê Le Roux dit selfs nog sterker met ’n retoriese vraag tydens die leerdwaling Ringsondersoek: “.. wie bepaal die wese en nie-wese van die geloof?” (Le Roux 2006:12). Sien ook: Van Aarde, A.G. 2001. Fatherless in Galilee – Jesus as Child of God. Harrisburg: Trinity Press International. pp 1-3; 204.

[14] Jan van der Watt en Stephan Joubert stel die geloofwaardigheid van Jesus se opstanding só: “Die feit van die liggaamlike opstanding van Jesus is bevestig deur die belydenis van die ganse kerk van Christus die afgelope 2 000 jaar. Jy stel jouself dus nie bloot aan een of ander onnadenkende aktiwiteit as jy dié belydenis met jou eie lewe vandag nog agternasê nie” (Van der Watt, Joubert 2001:7).

[15] Austin en Searl is die bekendste verteenwoordigers van hierdie benadering. Anthony C. Thistleton het ook ’n goeie uiteensetting hiervan in sy boek: New Horizons in Hermeneutics: the theory and practice of transforming biblical reading. In kort behels die Analitiese Taalfilosofie dat taal terugverwys na aksies in die geskiedenis. So byvoorbeeld kan ek sê: My dogtertjie het op die 5de Maart 2005 ’n blou sokkerbal agter in my tuin geskop. Die analogie vir die Bybel spreek dus vanself: Wanneer Paulus sê dat Jesus op die pad na Damaskus aan hom verskyn het; en hy op die grond geval het – dan beskryf die woorde in die teks fisiese aksies/gebeure wat plaasgevind het. Die twee duisend jaar gaping tussen ons en die teks word dus verbreek deur die aksie wat die woorde as’t ware dra. Hiervolgens kan woorde oor millenia heen steeds toegang bied tot konkreet geskiedkundige gebeure.

[16] Vir ’n bespreking oor Kritiese Realisme, sien: Mulder, F. 2006. The Resurrection of Jesus. Recent major figures in the debate. pp 41, 156-170. Tom Wright span Kritiese Realisme in om juis met geloofwaardigheid die historisiteit en letterlikheid van Jesus se opstanding aan te toon. Nog iemand wat Kritiese Realisme vrugbaar gebruik is Alaister McGrath. Hy sê dat ongeag hoe gebroke en gefragmenteerd taal kan wees, besit taal steeds die kapasiteit om te funksioneer as ’n medium waardeur God Homself kan bekendmaak, en gevolglik ’n transformerende ontmoeting tussen die opgestane Jesus en ’n gelowige te bewerkstellig (McGrath 2002b:26). Saunders toon ook aan hoedat Alistair McGrath anders as George Lindbeck se postliberale teologie glo dat beide die Skrif en Christelike dogma waarheid uitdruk – beide bring kennis van ’n eksterne objektiewe realiteit (Saunders 2002). Lindbeck se postliberale model werk met wat hy noem ’n kultuur-linguistiese model waarvolgens godsdienstige oortuigings soos ’n taal is wat binne verskillende gemeenskappe normatief geld (Sien Lindbeck, G. 1984. The Nature of Doctrine. Philadelphia: The Westminster Press). Die probleem met hierdie model is dat waarheid net “vir my” waar is binne my gemeenskap en dat daar geen universele absolute waarhede is nie. ’n Teks soos Johannes 14:6 Ek is die weg die waarheid die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie – kan hiervolgens normatief binne ’n gemeenskap “vir my” funksioneer maar nie universeel absoluut wees nie. Tydens die Geestelike Oorlogvoering Seminaar wat op 15 Februarie 1998 by Universiteitsoord gehou was het Julian Müller aansluiting gevind by Lindbeck se kultuur-linguistiese model in sy bespreking oor bose geeste en die pastoraat. Hy sê byvoorbeeld: “Die gereformeerde pastor .. opereer .. nie eerstens met ’n absolute waarheid nie, al sou baie mense gereformeerdheid so wil af maak asof dit gaan oor absolute waarhede..” (Müller 1998 – My eie transkripsie van die video opname). Johan Buitendag, visie-dekaan by Tukkies se Teologiese Fakulteit, het ook oor George Lindbeck en die postliberale teologie geskryf. Alhoewel Buitendag beweer dat hy “saam met en soos die Kerk, Christus as die enigste Middelaar van harte bely” (Jackson 2005:4) is dit die teenoorgestelde van wat die voorsitter van die Hervormde kerk se kuratorium, Daan van Dyk (jnr) oor Buitendag se postliberale artikel sê tydens ’n gesprek met my:

Mulder: “Hy’t nou ’n ding oor die pos tliberale teologie geskryf.Wat my krisis met hom is, ek het dit deur gewerk, en hy kan nie meer sê, Jesus Christus is universeel, alleen, die weg, waarheid en lewe nie .. die teologie, dit is ’n linguistiese konstruk. Waarheidsaansprake funksioneer binne gemeenskappe, en jy kan met egtheid binne jou tradisie sê “vir my”, maar jy kan nie meer…

Van Wyk: Dit universeel sê nie?

Mulder: Jy kan nie. Johan Buitendag leer dit. Gaan lees sy artikel.

Van Wyk: Hy sê dit tog duidelik.

Mulder: Dit is onaanvaarbaar.

Van Wyk: Ek het vir hom gesê dit is ’n relatiwisme, hy’t klaar in ’n relatiwisme verval ..” (Mulder 2005a).

[17] Craig is daarvan oortuig dat die Nuwe Testament leer dat Jesus liggaamlik opgestaan het uit die dood. Vir ’n meer volledige bespreking van Craig se hermeneutiese voor veronderstellings, sy eksegese oor Jesus se opstanding en kritiese bespreking sien: Mulder, F. 2006. The Resurrection of Jesus. Recent mayor figures in the debate. pp 8-11; 144-170.

[18] Dit is moeilik om die Engels presies in Afrikaans weer te gee. Die Engels sê: “Because faith is a whole-souled trust or commitment, it cannot in any way be opposed to either knowledge or evidence. On the contrary, Paul and the gospels invite us to believe on the basis of the evidence .. No biblical writer could construct a dichotomy such that if one saw the risen Jesus, then one no longer needed to believe..” (Craig 1989:339, 31n).

[19] Berkhouwer vat dit goed saam: Veral sedert die laaste eeu is die wonder en gevolglik die feit van die opstanding beskou as ’n onmoontlikheid op grond van rassionalistiese en deterministiese gronde (Berkhouwer 1976:182).

[20] Habermas is daarvan oortuig dat die Nuwe Testament leer dat Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan het. Vir ’n bespreking van Habermas se hermeneutiese voorveronderstellings, sy eksegese oor Jesus se opstanding en kritiese bespreking sien: Mulder, F. 2006. The Resurrection of Jesus. Recent mayor figures in the debate. pp 12-18; 144-170.

[21] Hierdie teoloë moet nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Elkeen het sy unieke teologie.

[22] Miete kan baie dinge beteken – in Strauss se geval beteken dit o.a. dat iets soos Jesus se opstanding nie letterlik waar is nie maar ’n legende op dieselfde vlak as die Griekse en Romeinse legendariese verhale van Romulus en Ceazer (Strauss 1860:789).

[23] Oor Schleiermacher se rol in die praktiese teologie sê Julian Müller: “Schleiermacher is ’n bekende teoloog, normaalweg word na hom verwys as die een by wie die moderne praktiese teologie ook begin het … Ek sou dink dat Schleiermacher nie ’n negatiewe naam het in die teologie in die algemeen nie” (Verhoor 2006:12-3).

[24] Jesus het dus later gesterf soos alle ander mense. Hierdie teorie staan bekend as die “swoon theory” (Habermas 2001:1; Bennett 2001:105). Theissen en Merz toon aan dat Schleiermacher hierin vir H.E.G. Paulus navolg wat gesê het dat dit gelýk het of Jesus gesterf het en vir die oomblik teruggekom het om te lewe (Theissen & Merz 1998:476). Bietjie op ’n ander vlak, kan verwys word na Ben du Toit, parlementêre verteenwoordiger van die NG Kerk wat in sy boek God? Geloof in ’n postmoderne tyd, Jesus se kruisdood en opstanding vergelyk met energie wat nie vernietig kan word nie. Jan van der Watt; Stephan Joubert; Jan du Rand en Adrio König het skerp hierteen reageer in ’n Kerkbode artikel. Gegewe sy standpunt “.. is dit nie duidelik waarom Du Toit sy idee van die mens se voortbestaan na die dood (die veranderde vorm van energie) ‘opstanding’ noem nie. In die Bybel veronderstel opstanding tog die beëindiging van lewe, wat volgens hom onmoontlik is ..” (Van der Watt et al 2001:9).

[25] Vgl Neels Jackson se berig van 20 Mei 2002 in Beeld:

“Prof. Sakkie Spangenberg, Ou-Testamentikus van Unisa, meen daar is ruimte vir mense wat die maagdelike geboorte, opstanding en hemelvaart van Jesus as metafore wil aanvaar en tog wil sê dat Jesus oor hul pad gekom het en hul lewe verander het.”

Louis Jonker, professor in Ou Testament van Stellenbosch is nie ’n Nuwe Hervormer nie. Let egter op hoe hy antwoord op ’n vraag van Frits Gaum aan hom oor Jesus se opstanding:

“{Frits:} Jy praat van die léwende Here, die léwende Christus, Louis. Maar sê nou Jesus het nie uit die dood opgestaan nie?
{Louis:}As wat jy nou vra, sou beteken dat Jesus dalk nie fisies uit die dood opgestaan het nie, sou dit steeds geen probleem vir my geloof skep nie. God se menswording het volledig plaasgevind. Dit het begin deurdat God as baba uit ’n vrou gebore is, en het geëindig deurdat God as mens aan die kruis gesterf het. Tussen Kersfees en Goeie Vrydag bewys God volledig aan ons God se gesindheid teenoor ons! Wat ons ná Goeie Vrydag probeer sê, bly altyd voorlopig weens ons gebrekkige insig. As dit sou blyk dat Jesus nie fisies uit die dood opgestaan het nie, neem dit niks weg nie van die feit dat ek God ná God se menswording as lewende Here kan bely, ervaar en uitleef deur ’n lewe van geloof” (Gaum 2004:25-6).

Nog ’n professor uit Stellenbosch, Anton van Niekerk beskou hom nie as ’n Nuwe Hervormer nie. In sy boek Geloof sonder sekerhede, waarvan hy ’n bondige opsomming vir Rapport geskryf het, vra hy egter die retoriese vraag:

“het ons die leer van die … lewe ná die dood werklik nodig om steeds deel van die kerk te kan bly?” (Van Niekerk 2005).

[26] Wanneer die belydenisskrifte praat van die opstanding van Jesus is die bedoeling nooit om ruimte te laat vir die “skeptiese natuurwetenskaplike” se ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding nie. Die apostoliese geloofsbelydenis, een van die oudstes van die kerk praat duidelik van die opstanding van die vlees. Vgl Adrio König se 18 Mei 2006 artikel in Beeld: Müller moet verduidelik oor sy Opstanding boekie asook sy 12 Mei 2006 Kerkbode artikel: Julian en opstanding: nog nie duidelikheid. Iets van Müller se akkomodering kan dalk ook gesien word in die onderhoud tussen Ben du Toit en Izak de Vries van Litnet. Tydens die gesprek stel Ben du Toit dat die kruis en opstanding van Jesus sentraal staan in sy teologie. Hierna berig de Vries egter dat Du Toit laasgenoemde verbind met “onsterflike energie” en ook ruimte wil laat vir diegene wat die opstanding “as ’n simboliese idee” wil sien: “Hy neem weer die idee van ’n onsterflike energie op toe ek hom daaroor pols. Dat Jesus ánders was na die opstanding as voor die tyd, sal hy ook aanvaar. “Goed,” wou ek weet. “Maar wat van mense wat regtig sukkel om so ver te gaan? Wat daarvan as iemand eerder die opstanding as ’n simboliese idee sien?” Daarmee het Du Toit nie ’n probleem nie. Hy kies, binne die postmoderne onsekerhede, om sy spiritualiteit te vestig op ’n daad wat vir ons postmodere breine moeilik mag lyk, maar sal ander toelaat om hulle spiritualiteit te vind in die ontginning van simbole. Hy voel dit moet nie ’n struikelblok wees nie” (de Vries 2005). Tydens ’n leerdwaling ondersoek na die leersuiwerheid van Du Toit, het Bernard Combrink, afgetrede dekaan van die Teologiese fakulteit in Stellenbosch hom bygestaan. Du Toit is onskuldig bevind op alle aanklagtes. Vgl ook die volgende voorbeelde:

1. Johann Symington, Kerkbode Redakteur se 5 April 2007 artikel in Die Burger: “Waarom opstanding steeds vir Christene geld” waarin hy ruimte wil gee aan lede van die Jesus Seminar soos Marcus Borg wat Jesus se liggaamlike opstanding ontken. Hy noem Borg ’n “gelowige”. Borg beweer dat dit heel moontlik is dat Jesus se liggaam ge-eet is deur wilde honde (Symington 2007).

2. Willem Nicol wat in Maart 2003 die volgende bewering maak: “Die tyd is eintlik verby dat ’n mens mense uit die kerk kan afsny jy weet. Ons soek nou die ouens wat sê nou maar sê ons glo nie meer in die letterlike opstanding van Jesus nie en sny hulle nou af. Jy kan nie meer nie ..” (Nicol 2007).

3. Die Noordelike Sinode: “Na lang debate oor die nuwe hervorming het die NG Kerk in Noord-Transvaal gister opnuut sy geloof bevestig dat Jesus sy verlosser en lewende en opgestande Heer is. Die sinode wou egter nie ’n kategoriese uitspraak lewer oor die geskiedkundigheid van die maagdelike geboorte of Jesus se liggaamlike opstanding nie” (Jackson 2003:6). Kobus Gerber, tans algemene sekretaris van die Algemene Sinode, was ten tye van hierdie gebeure moderator van Noord-Transvaal. Sien ook James Kirkpatrick, onlangs verkose voorsitter van die NG Kerk se Leer en Aktuele Sake kommissie, se kommentaar in dié koerantberig. Hy vra ruimte vir “gelowiges” wat nie meer die “ortodokse” taal van die kerk kan napraat nie. Die appèlle in die leerdwaling ondersoeke van proff. Jurie le Roux en Julian Müller sal teen September ’n jaar gelede reeds ingedien wees by die Noordelike sinode.

[27] Müller bedoel hier die Jesus Seminar en/of Nuwe Hervorming.

[28] Tydens die verhoor verduidelik Müller sy bedoeling met hierdie standpunt verder: “.. ek probeer met die preek bietjie ’n nuwe lyn sny, om deur die preek ’n nuwe invalshoek te gee…” (Verhoor 2006:314). Die misterie en wonder van die opstanding is ’n werklikheid, maar kan nie ’n regverdiging vir ’n eensydig-metaforiese herinterpretasie wees nie. Hoffie Hofmeyr stel dit mooi duidelik wanneer hy sê: “Daar word .. te veel in sommige teologiese kringe klanke gehoor dat byvoorbeeld die opstanding van Christus bloot metafories of as ’n beeld verstaan moet word. Diegene wat die opstanding nie as beide ’n misterie van God, maar ook as ’n liggaamlike werklikheid aanvaar nie, het die bande losgemaak met wat die Christelike kerk deur alle eeue tot vandag bely het” (Hofmeyr 2006).

[29] Die voorsitter van die verhoor het ook die volgende vraag aan Müller gevra:

Voorsitter: “.. dit lyk vir my as leek of daar in die of op die gebied van die teologie, miskien meer ruimte van meningsverskil bestaan as op baie plekke elders in die wêreld of in die wetenskappe. Gaan dit byvoorbeeld so ver dat in die Belydenis van die kerk, advokaat Helberg het die verskillende belydenisskrifte genoem. Nou, in die belydenis van die kerk daar ruimte is vir twee gelowiges om te sê ons bely altwee presies dieselfde Belydenis maar ek, die eerste ene, glo in die fisiese, letterlike, daadwerklike opstanding van Jesus Christus, en ék, nommer twee, wat baie meer wetenskaplik en modern ingestel is kán dit nie glo nie maar ek glo in die wese daarvan dat daar op een of ander manier wat ek nie kan pyl nie ’n opstanding van Christus plaasgevind het. Kan dit altwee of kan altwee, ek druk my swak uit, hierdie, kan altwee hierdie feite sieninge, tuisgebring word volgens moderne interpretasie, huidige interpretasie, onder dieselfde Belydenisskrifte?

Muller: Ek glo so Voorsitter omdat deur die loop van die eeue binne die gevestigde ruimte van die gevestigde Teologie daar ’n verskeidenheid van interpretasies gemaak is oor die opstanding, oor presies hoe dit verstaan moet word” (Verhoor 2006:88-9).

[30] Müller het tydens die verhoor verskeie uitsprake oor die Nuwe Hervorming gemaak. Ek noem twee voorbeelde:

1. Voorsitter: “Net om dit meer konkreet te stel, is daar tans binne die NG Kerk ruimte vir mense om aan die een kant te sê, ek glo in die letterlike opstanding van Christus en Sy maagdelike geboorte, en ek bely volgens die kerkvoorskrifte op grond daarvan, terwyl aan die ander kant daar mense is wat sê, ek glo nie in die letterlike opstanding en die maagdelike, ek glo wel dat daar ’n opstanding was? Maar op grond daarvan bely ek ook ooreenkomstig die voorskrifte van die kerk, is daar ruimte vir die sort akkommodasie?

Müller: Ek glo so. Ek dink soos wat die NG Kerk en sy Teologie ontwikkel op die oomblik is dit veel meer inklusief as eksklusief en die klem val daarop om na mense te luister ..” (Verhoor 2006:265).

2. Advokaat: “Hulle (die Nuwe Hervorming FM) standpunt oor Jesus se maagdelike geboorte en oor Sy opstanding sal nooit akkomodeer kan word in die NG Kerk nie en daaroor ook is daar ’n Sinodale uitspraak?

Müller : Ek sal nie so maklik sulke uitsprake maak nie. Maak nie saak waaroor ons praat nie om te sê, dit sal nooit kan nie ..” (Verhoor 2006:271).

Die Sinodale uitspraak waarna hier verwys word is die NG Kerk se amptelike standpunt oor die Nuwe Hervorming soos dit in April 2003 se uitgawe van die tydskrif Lig gepubliseer was: “Omdat die ‘Nuwe Hervorming’ hier by ons in ’n groot mate in di e spoor van die Jesus Seminar loop, betwis hulle saam met die Jesus Seminar sake wat deur die eeue as die hartaar van die Christelike geloof beskou is. Hulle het bedenkinge oor Jesus se geboorte uit ’n maagd – en dus oor ons geloof dat Hy die God-mens is, verwek deur die Heilige Gees, gebore uit ’n meisie sonder dat sy met ’n man gemeenskap gehad het. Hulle wek twyfel oor sy werklike, liggaamlike, historiese opstanding uit die dood en bring dus die kern van ons geloof in ’n opgestane Here in die gedrang. Paulus sê immers nie verniet nie dat, as Christus nie uit die dood uit opgewek is nie, ‘is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud’ (1Kor 15:14)” (NG Kerk 2003:4-5). Let op dat hierdie verklaring van die NG Kerk ooreenkom met die studenteverklaring van 15 Junie 2005: Ons glo dat Jesus Christus histories-letterlike en liggaamlik uit die dood opgestaan het.

[31] Een van die mooiste kort bondige uiteensettings oor Jesus se opstanding wat ook verwys na ’n vergeesteliking daarvan word gegee deur wyle Willie Jonker: “Waarom is dit vir die Christelike geloof so belangrik om vas te hou aan die liggaamlike opstanding van Jesus uit die graf? Kan ons dit nie maar op ’n geestelike wyse interpreteer om die besware van die wetenskaplike moderne mens tegemoet te kom nie … Dit is hoe beroemde moderne teoloë dit voorstel, in die hoop dat hulle daarmee ’n groot deel van die aanstoot kan verwyder wat vir die moderne mens aan die idee van die liggaamlike opstanding van Jesus kleef. Wie so redeneer, moet egter besef dat hy daarmee volgens Paulus die evangelie in sy hart aantas. Dit is nie eers die moderne mens wat probleme ondervind het met die liggaamlike opstanding van Jesus nie. Wat dit betref, was die mense in Bybelse tye ook al merkwaardig modern. Die verhale oor die opstanding was vir hulle van huis uit net so ongeloofwaardig as vir mense van ons dag. Paulus moes al die hele hoofstuk 15 van sy eerste Brief aan die Korintiërs daaraan wy! Die kern van wat Paulus daar sê, is dat die hele evangelie staan en val by die waarheid van die liggaamlike opstanding van Christus” (Jonker 1987:14).

[32] Wáre geloof behels dus ook basiese geloofsinhoude. Sybrand Strauss van Bloemfontein stel dit só: “Is daar enige algemeen erkende maatstaf waaraan iemand se geloof moet voldoen om as Christelike geloof te kwalifiseer? Wat moet ’n Christen glo? Hierop antwoord alle erkende kerke: Ons moet die beloftes van die evangelie glo, wat in ‘die artikels van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof’ geleer word” (Strauss 2002:6). Dit sou interessant wees om n.a.v. Daniël Veldsman se onlangse artikel reeks: “Om in Pretoria in 2007 God te ervaar en om oor God te dink en te praat” sy opinie op hierdie stelling van Strauss te kry.

[33] In aansluiting by André van Niekerk beweer Wilhelm Jordaan byvoorbeeld: “.. soos (Hans FM) Küng geskryf het, berus die geheel van ons geloof op die integriteit van ons toewyding en nie op die korrektheid van ons aansprake oor wat waar is nie. En dié toewyding kan volkome en lewensveranderend wees, selfs al is ons aansprake en vertolkings vals of foutief” (Jordaan 2005:10). In aansluiting by Jordaan beweer Julian Müller: “Daar moet ook ruimte wees vir die misterie van ’n sukkelende, maar opregte geloof … Inderdaad verwoord Jordaan dit goed as hy sê: ‘Is die belydenis van onsekerheid; die begeerte om te glo – in God se genadige oë – iets geringers, iets minders, as die vaste geloof dat alles net so gebeur soos dit aan ons vertel is’ ” (Müller 2006:27-29).

[34] Die bekende uitdrukking “blind faith”, of blinde geloof is afkomstig van Søren Kierkegaard. Hiervolgens is daar slegs een bewys vir die waarheid van die Christelike geloof, en dit is afkomstig van die emosies (Kierkegaard 1938:1926, Mulder 2007:192).

[35] Op ’n ander vlak beweer Andries van Aarde: Teoloë .. moet nie .. daarop aandring dat geloof, om ware geloof te wees, gegrond moet wees op historiese feite nie (Van Aarde 2001:203).

[36] In baie gevalle is eksistensialisme ’n geloofservaring wat ontwikkel n.a.v. die historiese bewussyn van veral die 18de eeu (Mulder 2006: 192-4). Bekende name wat met eksistensialisme verbind word sluit in: Kierkegaard, Sartre, Heidegger, Marcel, Schleiermacher, Herrmann en Bultmann. Bennett toon aan hoe Kierkegaard, wat Heidegger beïnvloed het, ’n oplossing vir Lessing se aaklige groot afgrond ontwikkel het deur hierdie “afgrond” te 14lós van Jesus se liggaamlike opstanding, te plaas.

[37]Bultmann het op sy eie manier in hierdie rigting beweeg terwyl Bart dit duidelik nie gevolg het nie. Sien D.F. Ford (red) se bespreking oor Bultmann (Ford, D.F. 1997. The Modern Theologians. An introduction to Christian theology in the twentieth century. Blackwell Publishers. University of Cambridge).

[38] Daniël Veldsman, wat onlangs as NG professor in Sistematiese Teologie by Tukkies aangestel is, het nogal substansieël navorsing oor Herrmann gedoen. Sien: Veldsman, D.P. 1989. Etisering, personalisering, eksistentialisering van die geloofsbegrip. DD Proefskrif. Universiteit van Pretoria. pp. 72-116; 239-261. Veldsmann self het in 1993 in HTS ’n artikel geskryf waarin hy eksperimenteer met die idee dat Jesus se liggaam deur van sy dissipels gesteel is. Sien: Veldsman, D.P. 1993. Opwekking van Jesus. HTS 49/4. Universiteit van Pretoria. In dieselfde rigting as Herrmann kan Schleiermacher se geloofsbeskouing geplaas word. In sy bekende werk Christian Faith, neem hy die posisie in dat geloof in Jesus se liggaamlike opstanding onnodig is, aangesien sy “religious significance” ervaar kan word daarsonder. Jesus se invloed en geestelike teenwoordigheid is al wat regtig saak maak. Volgens R.E. Van Harn is hierdie posisie van Schleiermacher een van sy grootste nalatenskappe vir die modern teologie (Van Harn 2004:138).

[39] Hierdie drie persone kan nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Elkeen het sy eie unieke teologiese benadering.

[40] Lüdemann sê byvoorbeeld dat dit onmoontlik is om die historiese afstand tussen die geskiedenis en vandag te oorbrug en nog wil vashou aan die Nuwe Testament as die Woord van God (Lüdemann1996:2).

[41] So beweer Lüdemann byvoorbeeld dat Paulus ’n skuldige gewete gehad het oor wat hy aan die Christene gedoen het, en eintlik begeer het wat hulle het. Dít noem hy ’n “Christ-complex” en was gevolglik die katalisator vir die gebeure naby Damaskus. Hy stel dit só: Toe Paulus Damaskus nader, was daar ’n katastrovale deurbraak van ’n lang-onderdrukte begeerte … Paulus het van die pynvolle situasie ontvlug binne-in na die ander wêreld van hallusinasie (Mulder 2006:96; Lüdemann 1995:83). Alhoewel Andries Van Aarde verskil met Lüdemann wat betref die gebeure rondom Maria Magdalena, is hy moontlik instemmend wat betref Petrus en Paulus se opstandingservaringe. Van Aarde self noem dié ervaringe egter nooit hallusinasies nie. Hy verkies die term “altered state of consciousness” wat in Afrikaans ’n veranderde bewussynstoestand kan wees (2001:185).

[42] Vir ’n meer volledige bespreking van Wedderburn se hermeneutiese voorveronderstellings, sy eksegese oor Jesus se opstanding en kritiese bespreking sien: Mulder, F. 2006. The Resurrection of Jesus. Recent mayor figures in the debate. pp 29-35; 181-199.

[43] Alister McGrath toon aan in sy boek Christian Spirituality hoedat mistisisme/ misties/ mistiek verskillende dinge vir verskillende mense kan beteken. Hy gee dan verskillende moontlike verklarings. Een van hierdie verklarings sluit heel moontlik aan by Wedderburn se posisie: Mistisisme is ’n benadering tot spirituele sake .. wat die innerlike ervaring beklemtoon. Gevolglik word die kognitiewe of gemarginaliseer of totaal verwerp. In hierdie sin, dui die mistiek op ’n potensieël irrasionele en anti-intelektuele benadering tot ervaringe, wat weersprekinge as ’n deug voorhou (McGrath 1998:6). ’n Voorbeeld van ’n Afrikaanse teoloog wat moontlik hierby sal aanklank vind is Abel Pienaar wat homself ’n “Gnostiese Christen” noem. Pienaar glo nie in Jesus se liggaamlike opstanding nie en spesialiseer in Oosterse meditasie. Sien die onderhoud met hom by www.eastern.co.za in Junie 2006.

[44] Op ’n ander vlak kan ook genoem word van Wilhelm Jordaan se fokus op “verwondering en ontvouende misterie” in sy bydrae tot die veelbesproke boek Die Nuwe Hervorming. In ’n samevattende artikel in Rapport oor Jordaan se artikel word beweer, dat in sommige gemeentes “is die prediking en pastoraat wél lankal met aanpassings besig. En sulke aanpassings is aan die groei. Wesenlik kom dit daarop neer dat die prediking en pastoraat nie meer die outoritêre afkondiging van onbetwisbare waarhede behels nie, maar dat daar soekend en uitnodigend te werk gegaan word. Daarmee saam is ’n bereidwilligheid om in gesprek te tree, juis oor dié dinge waaroor baie mense steeds struikel, maar nog verbonde voel aan God en Christus – kwessies soos die maagdelike geboorte van Jesus en sy opstanding. En die historiese gegewe ‘teologie’ van ontwyfelbare, en haas onkorrigeerbare, sekerheid maak plek vir ’n ‘teologie’ van verwondering en ontvouende misterie. Dis ’n verwondering wat insluit ’n skuiwende horison waardeur ’n mens jou kan oopstel vir nuwe moontlikhede tot verdiepte spiritualiteit” (Jordaan 2002:18). Jordaan praat ook elders van die mistiek: “.. ek glo die misterie van God en Christus is ontvouend en dit laat my toe om dit wat vir my vreemd geword het, in te klee en uit te brei met die mistiek van altyd soekende verwondering ..” (Jordaan 2003:13). Sien ook Jordaan se Geloof berus op integriteit van toewyding in Beeld van 13 Julie 2005; en sy artikel wat pleit dat Sakkie Spangenberg se standpunte oor Christus óók gesien moet word as deel van die “ontvouende geheim van God en Christus” (Jordaan 2004:16).

[45] Die volledige titel: Jona se “opstanding uit die dood”: Perspektiewe op die “opstandings-geloof” vanuit die Ou Testament.

[46] Human verstaan onder ‘opstandingsgeloof’: “Die verhaal van Jona in die Eerste Testament lewer getuienis van die Bybelse ‘opstandingsgeloof’. Hierdie geloof behels die erkenning dat die Here Jahwe alleen die mag het om die krag van die dood te breek deur lewe uit die dood te laat verrys” (Human 2004:235).

[47] Let op dat ’n belydenis van die “werklikheid” van Jesus se opstanding ruimte kan laat vir die ontkenning van die liggaamlike opstanding. Vgl met Jurie le Roux se gebruik van “werklikheid” in: Le Roux, J.H. 2001. Geskiedenis van die Pentateugnavorsing. Departement Ou Testament. Universiteit van Pretoria. pp 36-38 asook Le Roux, J.H. 2001. Waar is Abraham dan? Verbim et Ecclesia. Jrg 22 (2). Departement Ou Testament. Universiteit van Pretoria. Human het die volgende drie berigte as voetnotas geplaas: Mischke, A. 2004. Spangenberg hou voet by stuk oor sy “dwaling”. Rapport, 21 Maart, 2002. Jackson, N. 2004a. Teoloog “klaar met NG Kerk, dogmas”. Beeld, 20 Maart, 2004. Jackson, N. 2004b. Ewige waarhede bestaan nie, sê prof Spangenberg. Beeld, 20 Maart, 2004. Daar is appèl aangeteken teen die onskuldigbevinding van leerdwaling in die ondersoek van prof. Dirk Human. Binne die voorgeskrewe tyd was daar by die ringskriba appèl aangeteken, soos wat die NG Kerkorde bepaal. Die Oos Transvaalse Sinode het egter bevind dat die appèl by die Sinode skriba ingedien moes word. Gevolglik is die appèl op hierdie tegniese punt uitgegooi.

[48] In teenstelling hiermee noem die gevolmagtigde kommissie van die Ring van Pretoria-Oos tydens die leerdwaling ondersoek van prof. Julian Müller, die Nuwe Hervormers, wat Jesus se liggaamlike opstanding verwerp, Christene (Uitspraak 2006:10). Sien ook Eduan Naudé (wat sy doktorsgraad in Ou Testament onder Dirk Human behaal het) se stelling oor die Nuwe Hervorming: “Die vraag wat gestel is, is: Is die ‘nuwe hervormers’ christene? Ek antwoord onomwonde ‘ja’ daarop..” (Naudé 2005).

[49] Nie almal wat die liggaamlike opstanding van Jesus ontken volg Lüdemann se pad nie. Wedderburn ontken dit ook, maar wil homself nogsteeds ’n Christen noem. Dit geld ook vir Suid Afrikaanse teoloë soos Sakkie Spangenberg. Hierdie artikel betoog egter dat hulle almal eintlik sélf die bande met die Christelike geloof verbreek het.

[50] Dit is duidelik dat Jonker sterk hieroor gevoel het want twee jaar later skryf hy toe in dieselfde kolom: “Wie die werklikheid van die liggaamlike opstanding van Jesus prysgee, gee daarmee die evangelie self prys, of hy dit so bedoel of nie. Daarmee gee hy ook die Christelike hoop prys, wat op die boodskap van die opstanding van Christus as die waarborg van ons eie salige opstanding rus” (Jonker 1989:12).

Bronne

Arndt, W. 1996, c1979. A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature : A translation and adaption of the fourth revised and augmented edition of Walter Bauer’s Griechisch-deutsches Worterbuch zu den Schrift en des Neuen Testaments und der ubrigen urchristlichen Literatur. University of Chicago Press: Chicago.

Bennett, C. 2001. In Search of Jesus. Insider and Outsider Images. London & New York: Continuum.

Berkhouwer, G.C. 1976 (4th ed) transl. Lampregtse C. The Work of Christ. Studies in Dogmatics. Eerdmans. Grand Rapids.

Craig, W.L. 1989. Assessing the New Testament Evidence for the Historicity of the Resurrection of Jesus. Studies in the Bible and Early Christianity. Volume 16. Queenston: The Edwin Mellen Press.

Deegan, D.L. 1965. The Theology of Wilhelm Herrmann: A Reassessment. Journal of Religion.Vol. 45, No. 2, Apr., 1965.

Dreyer, Y. 1998. Pastorale interaksie met vroue. ’n Prakties-teologiese begronding. DD proefskrif. Universiteit van Pretoria. (Alhoewel hierdie proefskrif in Praktiese Teologie gedoen is, is prof. Andries van Aarde, ’n Nuwe Testamentikus die mede-promoter).

Duvenhage, A. (vertaling) Calvyn, J. 1951. Die Institusie van Calvyn. SACUM. Bloemfontein.

Du Toit, B. in De Vries, I. 2005. (NG) Kerk stoot Postmoderne deure oop. Internet artikel. www.litnet.co.za (13 Junie 2005).

Ford, D.F. 1997. The Modern Theologians. An introduction to Christian theology in the twentieth century. Blackwell Publishers. University of Cambridge.

Habermas, G.R. 2001. The Late Twentieth-Century resurgence of Naturalistic Responses to Jesus’ Resurrection. TRINJ, Vol 22 no 2.

Habermas, G.R. 2005. Resurrection Research from 1975 to the Present: What are Critical Scholars Saying? JSHJ, 3.2.

Hofmeyr, J.H. 2006. WAT KERKHERVORMING VANDAG VAN ONS VRA. Die Kerkbode. 27 Oktober 2006. www.kerkbode.co.za (27 Oktober 2006).

Human, D.J. 2004. Jona se “opstanding uit die dood”: Perspektiewe op die “opstandings-geloof” vanuit die Ou Testament. Departement Ou-Testamentiese Wetenskap. Universiteit van Pretoria.

Jackson, N. 2002. Gee ruimte in die geloof; Dogma met losstaande tekste gebou. Beeld, 20 Mei 2002. Johannesburg.

Jackson, N. 2003. Sinode vir eers stil oor maagdelike geboorte. Beeld, 5 September 2003. Pretoria.

Jonker, L. in Gaum, F. 2004. Twintig gesprekke oor die Opstanding van Jesus uit die dood. Kaapstad. Ex – Amino Boeke. Kaapstad.

Jonker, W.D. 1987. Die Verlossing is Totaal. Geestelike Waardes. Rubriek. Die Burger, 25 April 1987.

Jonker, W.D. 1989. Verskraalde Evangelie. Geestelike Waardes. Rubriek. Die Burger, 8 Julie 1989.

Jordaan, G. 2001. Die liggaamlike opstanding van Jesus. Die Kerkbode, 10 Februarie 2001.

Jordaan, W. 2002. Kerke kán aanpas by veranderende wêreld. Rapport, 19 Mei 2002.

Jordaan, W. 2003. Here, ek glo. Help my in my ongeloof.. Beeld, 25 Junie 2003.

Jordaan, W. 2004. Sakkie en ring moet skik, dis nie ’n keuse nie. Beeld, 24 Maart 2004.

Jordaan, W. 2005. Geloof berus op integriteit van toewyding. Beeld, 13 Julie 2005.

Kierkegaard, S. 1938. The Journals of Søren Kierkegaard (translated by Alexander Dru), Oxford University Press. New York.

König, A. 2006. Müller moet verduidelik oor sy Opstanding boekie. Beeld, 12 Mei 2006.

König, A. 2006. Müller se opstanding boekie: nog nie duidelikheid. Kerkbode, 18 Mei 2006. www.kerkbode.co.za (18 Mei 2006).

Le Roux, J.H. 2001. Geskiedenis van die Pentateugnavorsing. Deptartement Ou Testament. Universiteit van Pretoria.

Le Roux, J.H. 2001. Waar is Abraham dan? Verbim et Ecclesia. Jrg 22(2). Departement Ou Testament. Universiteit van Pretoria.

Le Roux, J.H. 2002. Andries van Aarde se Vaderlose Jesus. HTS. Jrg 58(1). Departement Ou Testament. Universiteit van Pretoria.

Le Roux, J.H. 2006. Antwoord aan die Ringskommissie van die Ring van Pretoria-Oos. Departement Ou Testament. 22 Januarie 2006.

Lindbeck, G. 1984. The Nature of Doctrine. Philadelphia: The Westminster Press.

Lüdemann, G. 1984. Paul apostle to the Gentiles. Studies in Chronology. Philadelphia: Fortress Press.

Lüdemann, G. 1995. The Resurrection of Jesus. History, Experience, Theology. London: SCM Press.

Lüdemann, G. 1996. HERETICS. The other side of Early Christianity. Stuttgart: Radius Verlag.

Lüdemann, G. 1999. The Great Deception and what Jesus Really Said and Did. New York: Prometheus Books.

McGrath, A.E. 2002 (1995). The Christian Theology Reader. Second Ed. University of Oxford: Blackwell Publishers.

Mulder, F.S. 2005a. Verbatim van die gesprek tussen dr. Daan van Wyk (jnr) en Ferdie Mulder. 9 Junie 2005. Van Selms lokaal. Teologiese Fakulteit. Universiteit van Pretoria. Persoonlike verbatim.

Mulder, F.S. 2005b. Komentaar Kuratorium Uitnodiging. Pretoria: Elektronies. Augustus 2005.

Mulder, F.S. 2006. The Resurrection of Jesus. Recent major figures in the debate. University of Pretoria. MTh dissertation under supervision of prof. dr. Jan van der Watt.

Müller, J. 1998. Geestelike Oorlogvoering Seminaar. SEVTO dagseminaar oor Geestelike Oorlogvoering. Universiteitsoord. My eie transkripsie van die video opname. Koepiereg: Sarel van der Merwe.15 Februarie 1998.

Müller, J. 2006. Opstanding. Lux-Verbi BM. Kaapstad.

Müller, P. 2001. ’n Nuwe Reformasie? INSIG. Junie 2001 uitgawe. www.insig.co.za (23 Maart 2005).

Naudé, E. 2005. “nuwe hervormers” christene? Kletskerk. 28 Oktober 2005. Plasing:44. www.kletskerk.co.za (21 Augustus 2007). NG Kerk se amptelike standpunt oor die Nuwe Hervorming. April 2003. Ons geloof bedreig. Lig. pp 4-5. “Hierdie keer publiseer ons ’n stuk oor die sogenaamde Nuwe Hervorming – ‘Ons geloof bedreig?’ – wat goedgekeur is deur die Algemene Sinodale Kommissie as die NG Kerk se standpunt oor die omstrede beweging”.

Nicol, W. in Van der Merwe, S. 2003. DVD: Nuwe strominge in die Teologie – Word die hart van die Evangelie uitgeruk? – Oos Transvaal sinode, Gespreksgeleentheid oor die Nuwe Hervorming. Skuilkrans NG Kerk. Pretoria. WTL Multimedia Produksies. Maart 2003.

Sanders, R.J. 2002. Alister McGrath, A Passion for Truth. Junie 2002. http://users.iglide.net/rjsanders/index.htm (2 November 2005).

Schweitzer, A. Transl. Montgomery, W. 1910 (1906). The Quest of the Historical Jesus. A Critical Study of its Progress from Reimarus to Wrede. From the First German Edition “Von Reimarus zu Wrede”. A. & C. Black, Ltd.

Spies, L. 2003. Verlang jy nog na die kerk? INSIG. Desember 2003 uitgawe. www.insig.co.za (17 September 2005).

Symington, J. 2007. Waarom opstanding steeds vir Christene geld. Die Burger, 5 April 2007.

Strauss, S. 2002. Sulke teoloë kan ander werk soek. Volksblad, 18 Junie 2002.

Theissen, G. & Merz, A. 1996. The Historical Jesus. A Comprehensive Guide. Minneapolis: Fortress Press. Uitspraak oor die leerdwaling ondersoek van prof. Julian Müller. 2006. Bevinding van die gevolmagtigde kommissie van ondersoek van die Ring van Pretoria-Oos met betrekking tot die klag van leerdwaling teen Professor JC (Julian) Müller. Gevolmagtigde ondersoekkommissie: dr. A.K. Le Roux (Pretoria NGK) – voorsitter, dr. N.E. Lamprecht (Pretoria-Oos NGK) – skriba, dr. D.P.

Veldsman (Pretoria NGK), ds. D.S.R. Du Toit (Waterkloof NGK) en ds. C. Jansen van Vuuren (Sesmylspruit NGK). www.ngkerk.org.za (Augustus 2006).

Van Aarde, A.G. 2004. INTERDISSIPLINÊRE MODULE: TEOLOGIESE HERMENEUTIEK. Studiemateriaal OTW [BTh] 451. Fakulteit Teologie. Universiteit van Pretoria.

Van Aarde, A.G. 2001. Fatherless in Galilee – Jesus as Child of God. Harrisburg: Trinity Press International.

Van der Watt, J.G., Joubert, S.J., Du Rand, J., König, A. 2001. Te Min Bly Oor. Die Kerkbode. 17 Augustus 2001.

Van der Watt, J.G. 2005. Huidige uitdagings vir die Ned Geref Kerk rakende fasette van Skrifgebruik. NGTT. Deel 46 nr 1&2. Universiteit Stellenbosch.

Van der Watt, J.G., Joubert, S.J. 2001. Belydenis afgelope 2000 jaar bevestig Jesus se opstanding. Volksblad. 8 Januarie 2001.

Van Harn, R.E. ed Hunsinger, G. 2004. Exploring and proclaiming the Apostles’ Creed. Eerdmans. Grand Rapids.

Van Niekerk, A. 2005. DIE DOOD VAN DOGMA. Rapport. 26 Junie. www.rapport.co.za (30 Junie 2005).

Veldsman, D.P. 1989. Etisering, personalisering, eksistentialisering van die geloofsbegrip. DD Proefskrif. Universiteit van Pretoria. (Histories-sistematiese ondersoek na die teologiese ontwerpe van Albrecht Ritschl, Wilhelm Hermann en Rudolf Bultmann met spesifieke toespitsing op die geloofs- en wetenskapsbegrip en met verwysing na die historiese samehang).

Veldsman, D.P. 1993.Opwekking van Jesus. HTS 49/4. Universiteit van Pretoria.

Veldsman, D.P. 2007. Om in Pretoria in 2007 God te ervaar en om oor God te dink en te praat: Deel I-III. www.teo.co.za (22 Februarie 2007).

Verhoor. 2006. Dissiplinêre verhoor van Ferdie Mulder by die Universiteit van Pretoria. 2-5 Oktober 2006. Getuies: proff. Julian Müller, Dirk Human en Jurie le Roux. Persoonlike rekord.

Wedderburn, A.J.M. 1999. Beyond Resurrection. London: SCM Press.

Wright, N.T. 2003. The Resurrection of the Son of God. Minneapolis: Fortress Press.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui