Wie is Frits Gaum?

Frits Gaum was voorheen nuusredakteur van Kerkbode. Hy is ook die pa van die omstrede gay-predikant, Laurie Gaum.

Frits was een van die vroeë stemme vir ’n NG Kerk wat sodomie / homoseksualiteit / gay-wees, sou normaliseer.

As redakteur van die Kerkbode het hy ontsettende invloed uitgeoefen deur nóóit Bybels standpunt in te neem teen hierdie sonde wat die HERE in sy heilige Woord ’n gruwel (Levitikus 18) noem nie.

Een van sy vroeë pogings om ’n krakie vir hierdie skewe-skandelikheid oop te stoot, was met sy “Geloofsverklaring 2000” wat op die draai van die tweede 1000 jaar, bekend gestel is. Daarin het hy onder punt 15 wat oor seksualiteit handel – onder andere die volgende deur gegee:

“Ons glo dat hoewel gelowiges verskil oor wat die Bybel oor homoseksualiteit sê, homoseksuele mense kan weet dat God hulle liefhet en dat daar vir hulle in die kring van gelowiges plek is”.

Onverrassend, was hy ook saam met ánder deel van die groepie pro-sodomie aktiviste wat die NG Kerk voor die hof gesleep het, oor die meer familie-vriendelike 2016 besluite, wat die gomorra-geneigde besluite van 2015 ter syde gestel het.

In Maart 2012 reik hy en die ateïs, George Claassen die boek God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles uit.

Op 16 Oktober 2016 reik hy die volgende boek uit: God op soek? : Oor geloof in ’n taai tyd

“Ek het ’n baie goeie antwoord by hom gekry (Desmond Tutu) . . . hy het gesê dis nie die enigste pad nie, maar dis ’n unieke pad na God.” ~ Frits Gaum

Hy is openlik ten gunste van homoseksuele verhoudings.

Hy maak ruimte daarvoor dat ongelowiges dalk ook hemel toe kan gaan. Dus is hy ’n universalis.

Oor Jona sê hy: “Jona was waarskynlik nie ’n historiese karakter nie”

Kyk ook die volgende artikels:

3 thoughts on “Wie is Frits Gaum?”

  1. Ons moet gay-mense liefhê soos enige ander persoon volgens die wet van die liefde.
    Die Here het ons lief, maar keur nie alles goed wat ons doen nie.
    Net so is daar sterk uitsprake in die Skrif teen gay seksuele verhoudings. Ons het gay-mense lief, maar die Here veroordeel gay seksuele verhoudings. Die onderskeiding is nie moeilik om te maak nie, maar word gewoonlik verswyg!
    Robert A Gagnon, ’n predikant van Presbiteriaanse kerk, het ’n baie insiggewende boek geskryf: The Bible and homosexual practice wat duidelike Skrifverklaring is. Aanlyn beskikbaar. Luister ook op Youtube na sy praatjie: Jesus, Scripture and the myth of new klnowledge arguments. Weet Dr Gaum hiervan?

  2. Dankie vir hierdie artikel. Indien moontlik, kyk uit vir my brief aan Rapport komende Sondag in antwoord op Gaum se artikel in Rapport Weekliks laas Sondag.
    Groete, Johan Weakley

  3. Ek stem nie saam met Gaum nie.Sonde is sonde ,en hy het nie die reg om sy siening op die NG Kerk af te dwing nie ,of nog minder op die lidmate, ek sal glad nie na hom of sy seun se preek luister nie, ek sal die 2 ignoreer ,hoor my ek is nie ‘n Farriseer nie,gaan bely jou sonde Dr,jy en jou seun,en breek met dit,want als want als van die VSA af kom gryp die Afrikaner (die boere)dalk het hy ‘n ds.geword vir die goue midde weg,en die charismatiese kerke looi die NG kerk oor sulke dom goed wat ous soos dr Gaum en kie doen.Ek sê my sê ,en ek sal ook glad nie n ‘anabaptis’ word deur sulke bollie wat die 2 aanvang nie,bekeer julle,of los die NG kerk ,of gaan eerder VSA toe daar kan dit beoefen word .Dit is my standpunt en opinie.Ek stel nie belang in julle debat nie,ek is nie beskikbaar nie, ek sê gaan doen wat julle moet doen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui