Wie is Willem Nicol?

altWillem Nicol is ’n kontroversiële teoloog van die NG Kerk.

Die volgende word van hom geskryf op sentrumvirspiritualiteit.co.za:

Willem Nicol is vryskut-predikant van die NG Kerk verbonde aan Stellastraatgemeente. [Waar James Kirkpatrick predikant is.] Willem was 33 jaar ’n studenteleraar van die NG Kerk in Pretoria. Hy het twee doktorsgrade, een in Nuwe Testament en die ander in Sistematiese Teologie. Hy het in 2006 uit diens van Universiteitsoord getree en is sedertdien steeds voltyds besig op die terrein van kontemplatiewe spiritualiteit. Hy is verantwoordelik vir die leiding van die weeklikse meditatiewe diens in Stellastraatgemeente, is kursusleier van die opleidingskursus in spirituele begeleiding, lei oral retreats, kursusse en ander byeenkomste en skryf as daar tyd oorbly. Hy doen reeds sedert 2006 spirituele begeleiding met ’n aantal mense en is passievol daaroor. Hy hou van ’n praktiese benadering waarin hy en sy begeleide naby kom aan die werklike situasies in die begeleide se lewe, steeds met die vraag hoe die HERE daarin is.

Jesus se liggaamlike opstanding

Nuwe Hervormers en dwaalleer 3/4 (10:44)

Uit Nuwe Strominge in die Teologie, deur Sarel van der Merwe

Tydens ’n openbare lesing in 2003 by die NG gemeente Skuilkrans waartydens die teologiese standpunte van die Nuwe Hervorming onder bespreking was, het Julian Müller ’n lesing gedoen. In die slotgedeelte van sy lesing, het hy tot die konklusie gekom dat daar nou veel meer ruimte moet wees vir verskeidenheid binne die kerk en klaarblyklik, as mens tussen die lyne lees, ook ruimte vir die verwerping van Jesus se letterlike opstanding. Dr. Willem Nicol, toe leraar by Universiteitsoord en ook ’n prominente teoloog van die Noordelike sinode, het ná professor Müller se lesing, klaarblyklik in aansluiting by professor Müller, beweer dat enige iemand nou welkom is om predikant in die NG Kerk te word, ook diegene wat Jesus se letterlike opstanding uit die dood (dus ook die leë graf) verwerp.
(Uit Mulder, Ferdie, Julie 2011, Opgestaan, bl. 20)

Hier is wat Willem Nicol gesê het tydens die openbare lesing in 2003 by die NG gemeente Skuilkrans:

Die tyd is eintlik verby dat jy mense in die kerk kan afsny. Dit is nou die ouens wat sê: “Ons glo nie meer in die letterlike opstanding van Jesus nie”. Jy kan hulle nie meer afsny nie. Daar is in elk geval baie sulkes in die NG Kerk. Jy sal móét kom by die posisie van Lutherane wat ek daar in Hamburg ondervra het. Ek kry een ou met baie snaakse gelowe en hy sê vir my dat hy ’n Lutheraanse vikaar is en dat hy ’n dominee gaan word. Toe vra ek vir hom: “Wie kan almal by julle wees?” Hy sê vir my: “Hoe bedoel jy: ‘Wie kan almal by ons wees?’ Almal wat wil!”

Vir meer oor Willem Nicol, kyk:

1 thought on “Wie is Willem Nicol?”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui