Wie is Danie Veldsman?

Danie Veldsman was ’n dosent aan die Universiteit van Pretoria. In Oktober 2014 het hy hoof van die Departement Dogmatiek en Christelike Etiek aan die Universiteit van Pretoria geword. Sy oom was die baie bekende dogmatikus, Prof Johan Heyns (1928-1994).

Hy was een van die lede van die kommissie wat Ferdie Mulder se klagtes teen Julian MüllerDirk Human en Jurie le Roux beoordeel het. Veldsman self ontken Jesus se letterlike opstanding. Hy het in 1993 al geskryf:

“Eksperimenteel sou ek as verklaring van die leë graf, wou beweer dat: (1) Die lyk van Jesus verwyder is na aanleiding van ’n sekere begrafnisgebruik van daardie tyd … die versamel van die beendere was ’n daad van die grootste piëteit en het as gebruik die eskatologiese hoop van die gemeenskap versterk. Sou hierdie nie moontlik as agtergrond kon dien vir die verwydering van die lyk nie?” (HTS 49/4, 1993: 995-996).

Hy het ook onder Adrio König se pen deurgeloop oor die opstandingskwessie (kyk Jesus se leë graf is die toetssteen, 8 Okt 2009).

Oor ’n Christelike universiteit is hy baie skepties (Aug 2012) en sê dit is niks anders nie as ’n “laertrek-mentaliteit” as Christene hulle op dié manier wil afsonder.

Kyk ook

1 thought on “Wie is Danie Veldsman?”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui