Wanklank as NGK uit twee liedboeke bly sing

Kyk As ons Hom wil volg, moet ons na gays luister waarin Neels Jackson op hierdie brief reageer.

****

Wanklank as NGK uit twee liedboeke bly sing | Netwerk24

Deur Smuts Janse Van Rensburg, Oudtshoorn­

28 Oktober 2021

Die skrywes van Louis Smith (“Terug na die Bybel is enigste geestelike behoud”) en Neels Jackson (“Tyd dat dolerendes gay mense se verhale hoor”), albei op 25.10 in Volksblad , het betrekking.

Die grondslag van die twee strominge in die kerk word in hierdie twee skrywes gevind. In Smith se skrywe gaan dit om “luister na God”. In Jackson se skrywe gaan dit om “luister na ’n mens”. Vir Smith gaan dit om GODsdiens – God en sy eer en sy wil staan sentraal. Vir Jackson gaan dit om (die skyn van) godsdiens – die mens en sy wil en geluk staan sentraal.

J.S. Bach het in sy kantate no. 147 die melodie van die komposisie van Johann Schopp “Jesus, vreugde van my vreugde” baie bekend gemaak. In ’n godsdiens waarin die mens en sy eie geluk sentraal staan, lui die lewenslied “Ek, vreugde van my eie vreugde”. In plaas daarvan dat gesing word: “Jesus, bron van al my vreugde; Jesus, lig van my geloof”, word gesing: “Ek, bron van my eie vreugde; Ek, lig van my eie geloof.”

Die NG Kerk met sy ruim huis vir almal, sal moet besluit uit watter liedboek gesing word.

Solank uit twee liedboeke gesing word, kan dit ’n kakofonie afgee – disharmonie, wanklank en onheilsnote.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui