Hoe lank was Noag op die ark?

Hoe lank was Noag op die ark?

Om hierdie vraag te beantwoord, word daar aanvaar dat Noag die maankalender gebruik het omdat God in Genesis 1:14 sê dat die son en maan as tekens moet dien om seisoene, dae en jare aan te dui.

Aangesien elke maansiklus sowat 29.5 dae duur, bestaan ‘n maanjaar uit 12 maande waarvan die helfte van die maande uit 29 dae bestaan en die ander helfte uit 30 dae bestaan. Dit gee ‘n jaar van 12 x 29.5 = 354 dae.

Gen 7: (11)Presies op die sewentiende dag van die tweede maand van die ses honderdste jaar van Noag het die fonteine van die groot waters oopgebreek.

As ons aanvaar dat die eerste maand uit 30 dae bestaan het, dan is hier 30 + 17 = 47 dae nadat Noag 600 jaar oud geword het.

Gen 8: (3)… Na honderd en vyftig dae het die water so gesak (4)dat die ark op die sewentiende van die sewende maand op die Araratberge tot rus gekom het.

As aanvaar word dat Noag in hierdie 150 dae met 30-dae maande gewerk het, dan is hierdie presies vyf maande, soos die teks sê.

Gen 8: (13)Op die eerste dag van die eerste maand van die ses honderd en eerste jaar van Noag was die water op die aarde heeltemal weggedroog. Noag het die luik van die ark oopgemaak en uitgekyk. Die hele aarde was droog.

Indien ‘n maand gemiddeld 29.5 dae lank was, was hierdie 355 dae na Noag 600 jaar oud geword het. 354 + 1 = 355 dae. Dus was Noag nou 355 – 47 = 308 dae op die ark.

Gen 8: (14)Op die sewe en twintigste van die tweede maand was die aarde droog, (15)en toe sê God vir Noag: (16)“Gaan uit die ark uit…

Hierdie was 354 + 29.5 + 27 = 411 dae nadat Noag 600 jaar oud geword het. Dus was hulle 411 – 55 = 364 dae op die ark voor hulle die ark verlaat het.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui