Levitikus 11: sê die Bybel dat ’n vlermuis ’n voël is?

Levitikus 11: (13)“In die geval van diere met vlerke is die volgende soorte verbode en hulle mag dus nie geëet word nie: arende, lammervangers en visarende; (14)aasvoëls en valksoorte; (15)al die kraaisoorte; (16)volstruise, nagvalke, seemeeue en alle soorte roofvoëls; (17)uile, visvangers, ibisse, (18)flaminke, pelikane, swane, (19)ooievaars, al die reiersoorte, hoep-hoepe en vlermuise.

Bybelskeptici gebruik soms hierdie gedeelte om te redeneer dat die Bybel onakkuraat is omdat ’n vlermuis ’n voël genoem word (kyk Kommentaar op Jurie van den Heever se stellings op RSG (3 Mei 2015)).

In die 1953 vertaling staan: (13)En die volgende moet julle van die voëls vir ’n gruwel hou…

Die Strongnommer vir “voëls” in hierdie vers is:

[H5775]: “diere met vlerke” of “vlieënde diere”

Let op dat die 1983 vertaling ’n meer korrekte vertaling maak met die woorde “diere met vlerke“.

Indien hierdie definisie gebruik word, is dit nie verkeerd om die volstruis en die vlermuis saam met die ander voëls te noem nie.

Bronne

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui