Moenie Bybel subjektief kritiseer

*******

Moenie Bybel subjektief kritiseer | Netwerk24

Daniel Louw, Secunda

20 Mei 2022

Dr. Jurie van den Heever (13.05) kritiseer die Bybel deur vier voorbeelde te noem waar die Bybel onwetenskaplike uitsprake maak. Dit is een ding om skepties oor die Bybel te wees, maar dit is ’n totaal ander ding om die Bybel subjektief te kritiseer.

Ek wil by een van hierdie uitsprake stilstaan: Hy sê die Bybel sien vlermuise as voëls. In Levitikus 11:13-19 (1953-vertaling) staan geskryf: “En die volgende moet julle van die voëls vir ’n gruwel hou . . . en die vlermuis.”

’n Vinnige soektog op die internet wys die Hebreeuse woord vir “voël”[1] beteken “om te vlieg” of “wat vlerke het”. Siende dat die volstruis ook in hierdie lys genoem word, is dit voor die hand liggend dat ’n mens dus “voëls” moet sien as “diere met vlerke”. Dit is juis waarom die 1983-vertaling praat van “diere met vlerke” in plaas van “voëls”.

Op soortgelyke manier kan die ander drie voorbeelde wat Van den Heever voorhou, ook weerlê word. ’n Mens het meer objektiwiteit verwag van ’n wetenskaplike.

Voetnotas

Die voetnota was nie deel van die artikel wat in die koerant geplaas was nie.

[1] ’n Mens moet byvoeg: “… die Hebreeuse woord vir “voël” binne hierdie konteks“. Die strongnommer wat vir “voël” gebruik word is H5775. Kyk ook Sê die Bybel in Levitikus dat ‘n vlermuis ‘n voël is?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui